Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Weskaapse Taalkomitee-dinkskrum

    2 Oktober 2000 tot 5 Oktober 2000

    Onderwyssektor

    Probleme en taalkwessies wat tans ondervind word

    Opvoedkundiges het die volgende probleme vasgestel:

    • Die gebrek aan ’n leeskultuur by leerders, dra by tot ongeletterdheid. Veral op pre-primÍre vlak vind taalonderrig dikwels nie in die kind se moedertaal plaas nie. Kinders se taalvoorkeur word gewoonlik deur ouers bepaal. Ouers is egter dikwels oningelig oor die gevolge van tweedetaal oorheersing in die onderwys. Die negatiewe houding jeens die aanleer van Afrika-tale en die onverdraagsaamheid teenoor ander tale vererger die situasie.

    • Onderwysers word nie opgelei om meer as een taal te praat nie. Onopgeleide of swak opgeleide onderwysers kan ’n oorvol veeltalige klas nie hanteer nie. Taaldiversiteit is vir onderwysers vreemd omdat hulle opgelei word om eentalige klaskamersituasies te hanteer. Kommunikasieprobleme tuseen onderwser en kind ontstaan as gevolg hiervan. Desnieteenstaande is veeltalige onderwysers dikwels werkloos as gevolg van die tekort aan werksgeleenthede.

    • Engels/Afrikaans oorheers op vele terreine. Publikasies verskyn in Engels/Afrikaans. Dienslewering word in tale gelewer wat vir mense vreemd is. Selfs die regering gebruik ’n taal wat nie deur die massa gepraat word nie. Eentalige padtekens, plek- en straatname misken die regte van ander tale.

    • Leesstof word hoofsaaklik in Engels uitgegee en vererger die probleem. Daar is ’n groot tekort aan dokumentasie, hulpbronne, oorspronklike onderrigmateriaal en tegniese terminologie in Afrika-tale. Engels oorheers die drukkerswÍreld.

    • Swak vertalings en gebrekkige taalgebruik lei tot wanvertolkings. Onderwys in die swart woongebiede is van swakker gehalte as in die voormalige blanke en kleurlingskole. Leerlinge word boonop gestraf as die punte wat hulle vir ’n tweede taal behaal nie aan die verwagte vereistes voldoen nie. Die hoŽ druipsyfer wat uit die matriekuitslae blyk, word dikwels hieraan toegeskryf.

    • Die feit dat die onderwysmaatstawwe in Engels gemeet word, skep volgens opvoedkundiges probleme. Die feit dat Engels voorkeur bo alle ander tale geniet bring spanning mee. Afrika-tale kry geen erkenning op tersiÍre vlak nie. Daar is geen duidelike onderrigbeleid in tersiÍre inrigtings nie en geen onderskeid word tussen eerste en tweede tale getref nie. Wetgewing beklemtoon nie die gelykheid van tale nie.

    IDEALE OMSTANDIGHEDE

    Die volgende onderwyssituasie is volgens opvoedkundiges ideale omstandighede om in te werk:

    • Veeltaligheid word as ekonomiese bate beskou. ’n Goed befondste taalbedryf word ingerig sodat die beste onderwysers geÔdentifiseer en gefinansier word.

    • Taal is die instrument wat gebruik word om mense saam te snoer, geleenthede te skep en konflik te vermy. Alle inwoners praat en skryf in al drie tale.

    • Ten minste 2 tale word in die openbare lewe gebruik. Die regering ondersteun taalbeleid en gee uitvoering hieraan.

    • Leiers en politici bevorder die gebruik van hul moedertale en word rolmodelle.

    • Moedertaalonderrig word vir die massa tot op matriekvlak aangebied. Die matriekeksamen word in drie tale afgelÍ. Leerlinge kan kies in watter taal hulle eksamen wil aflÍ. Drietalige onderwysers voldoen aan die taalkundige behoeftes van leerlinge en alle vakke word veeltalig aangebied. Ouers word oor die waarde van veeltaligheid ingelig sodat hulle dit kan ondersteun. Ouers en skole werk saam om veeltaligheid te bevorder. Beter vaardighede in moedertale en tweede tale lei na ’n verbetering in die gehalte van onderwys in die swart woongebiede.

    • Biblioteke het genoeg boeke en ander hulpbronne in Afrika-tale. Daar is biblioteke in alle gemeenskappe en onderwysmateriaal, boeke, koerante, ens. word in Afrika-tale gepubliseer. Veeltalige tegniese woordelyste van alle vakgebiede stel sosiale, ekonomiese en politieke inligting in moedertale vry.

    • Opgeleide vertalers vertaal amptelike stukke, akademiese geskrifte, handboeke, literÍre tekste en mondelinge tradisies in alle Suid-Afrikaanse tale. Daar word erkenning aan moedertaalonderrig in die onderwys en ekonomie gegee.

    • ’n Skryfkultuur word vir gemarginaliseerde tale geskep.

    • Empatie vir en ’n gewilligheid om ander tale aan te leer skep ’n multi-kulturele omgewing waarin alle tale gelyke status geniet. So ’n atmosfeer gee geleentheid aan bekwame werkers om vol vertroue hul vaardighede te gebruik sodat hulle tot die voorspoed van die land kan bydra.

    KREATIEWE OPLOSSINGS
    ‘Ride the rainbow, live the dream’

    • Opvoedkundiges stel voor dat onderwysers vir ten minste ’n week lank in ’n kaskamer toegesluit word en na ’n vreemde taal moet luister sodat hulle die uitwerking hiervan self kan ondervind. Geen selfone word natuurlik toegelaat nie!!!

    • ’n Veldtog om taalbewustheid aan te wakker en die stigma wat aan moedertaalonderrig kleef te verwyder, moet op die been gebring word. Xhosa moet nie net vir danse en kulturele vieringe gebruik word nie, maar moet in eie reg as taal erken word. Uitruilprogramme en ’n veldtog om Xhosa te bemark en aan die sakewÍreld bekend te stel moet gereŽl word.

    • Daar moet voorkeur aan Afrika-tale gegee word. Opvoedkundiges stel voor dat die aanleer van ander tale stapsgewys ingeskakel word. Bykomende tale moet op hoŽr vlak ontwikkel word en nie met ander tale kompeteer nie. Veeltaligheid kan deur vrywilligers bevorder word.

    • Opvoedkundiges stel voor dat die leerlinggetalle in klasse verminder word en dat ’n leeskultuur op skool en tuis ontwikkel word. Skole behoort moedertaalonderrig verpligtend te maak. Eksamens wat in Xhosa afgelÍ moet word moet geleidelik ingeskakel word. Onderrigmetodes moet aangepas word sodat leerlinge aan literatuur en lees gewoond raak. Taalonderrig behoort ook aandag te skenk aan die vermoŽ om te kommunikeer.

    • Daar moet vir pre-primÍre opvoeding voorsiening gemaak word (0-6 jariges se implementeringsplan moet bespoedig word). Universiteite, techikons en skole behoort die kulturele agtergrond van leerlinge in ag te neem. TersiÍre onderrig moet in alle Suid-Afrikaanse tale aangebied word en navorsing in die drie tale behoort aangemoedig te word. Ondersteunende hulpmiddels moet ook in drie tale gepubliseer word.

    • Opvoedkundiges is van mening dat onderwysopleiding en -ontwikkeling drasties verander moet word. Onderwysopleiding moet aangepas word en onderwysers moet van nuuts af opgelei word. Taalvaardigheid moet ’n vereiste wees vir ’n onderwyskwalifikasie. Onderwysers moet vir 3 maande lank uit die stelsel onttrek word om opleiding in die doeltaal te ondergaan. ’n Span deskundiges kan aangestel word om fasiliteerders op te lei. Veeltalige studente kan opgelei word om indiensopleidingsprogramme vir onderwysers te fasiliteer. Onderrig in multi-kulturele klaskamers moet ’n verpligtende vak vir onderwysopleiding wees.

    • Rekenaars moet geprogrammeer word om in drie tale gebruik te kan word. Die sakesektor moet aangemoedig word om drietalig te raak. Werksgeleenthede vir vertalers moet aangemoedig word en vertaalskole behoort ’n belangrike rol te speel. Fondse om boeke aan te koop en biblioteke te bou moet beskikbaar gestel word. Geld wat vir woekerdoeleindes gebruik word kan vir die bevordering van veeltaligheid aangewend word. Belastingkortings kan ook as aansporing dien om veeltaligheid te bevorder.

    • Dring aan op die implementering van ’n taalbeleid. Politici moet as rolmodel optree en moet taalkwessies op voetsoolvlak verstaan en respekteer. Die media kan aangespoor word om praktiese taallesse op televisie en die radio aan te bied. Drie-/veeltaligheid behoort ’n vereiste vir ’n politieke loopbaan te wees. StrafmaatreŽls vir eentaligheid moet ingestel word. Veeltaligheid moet ’n vereiste vir indiensneming en bevordering wees.

    • Multi-kulturele jeugprogramme soos jeugkampe of taaldae, byvoorbeeld ’n Xhosa/Afrikaans/Engels dag, word voorgestel. Afro-sentriese konsepte en multi-kulturele taalopleidingsprogramme moet deel van die onderwyskurrikulum vorm. Die taalkomitee behoort slypskole en taalbewustheidsveldtogte vir ouers, onderwysers en die regering te organiseer. Ouers moet ingesluit word by besluitnemingsprosesse in skole wanneer verandering ter sprake kom. Ouers behoort bewus gemaak te word van verandering in skole en taalbeleid in hulle eie taal. Onderwys begin tuis. Al werk die onderwyser hoe hard, ouers moet deelneem.

    • Opvoedkundiges beklemtoon dat doelstellings realisties moet wees.

    • Skole in die swart woongebiede mag nie deur leerlinge van die voormalige model C- of private skole ontwyk word nie. Hierdie probleem kan slegs aangespreek word deur al die probleme wat hierdie voorheen benadeelde skole se waarde aangetas het, aan te spreek.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.