Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Groep van 63 (Wes-Kaapland) se reaksie op die Universiteit van Stellenbosch se konsep-taalbeleidsdokument en -taalplan

Die Groep van 63 spreek hom ten sterkste uit teen die Universiteit van Stellenbosch se ondeurdagte konsep-taalbeleid en -plan, en meen dat dit die taalprobleme aan die Universiteit sal vererger eerder as oplos. Die berg het klaarblyklik ’n muis gebaar.

Die konsep skep die indruk dat dit die bestaande en onbevredigende taalsituasie aan die universiteit wil legitimeer eerder as om aandag te gee aan die werklike probleemkwessie — die geleidelike verengelsing van die universiteit op alle vlakke, ten spyte daarvan dat daar reeds twee Engelstalige universiteite in die Wes-Kaap is.

Dit is vir ons kommerwekkend dat die taaltaakgroep hom klaarblyklik nie gesteur het aan die talle konstruktiewe voorstelle uit die Afrikaanssprekende gemeenskap om ’n billike taalbedeling vir die universiteit te skep nie. In besonder is die sinvolle voorstelle van die Oorlegkomitee, wat wyd in die Afrikaanssprekende gemeenskap verwelkom is, nie in ag geneem nie.

Veral ontstellend is die totale gebrek aan enige verwysing na soortgelyke internasionale ondervinding. ’n Mens sou verwag dat ’n universiteit wat internasionale peil nastreef, soortgelyke situasies in die buiteland sou bestudeer om vas te stel hoe ander universiteite wat met taalkwessies gekonfronteer word, hierdie soort problematiek hanteer. Vergeefs soek ’n mens egter na tekens dat die posisie van bv Franstalige universiteite in Quebec en Switserland of Nederlandstalige universiteite in BelgiŽ bekyk is.

Problematies is ook die klaarblyklike aanname dat akademiese voortreflikheid nie sonder die oorheersende rol van Engels bereik kan word nie, met ’n verswyging van die feit dat talle Europese universiteite met sukses weerstand bied teen die globalistiese aandrang op Engels.

Dit verbaas dan ook nie dat daar in die plan klaarblyklik weinig begrip is vir die uiters kwesbare posisie van ’n kleiner taal soos Afrikaans wat in universiteitsverband moet meeding met ’n dominante wÍreldtaal soos Engels. Net so toon die konsep gebrekkige kennis van taalverplasing op ’n kampus. In teorie klink parallel- en dubbelmediumopsies billik en aanvaarbaar; in die praktyk lei dit op lang termyn tot die geleidelike uitskakeling van die kleiner taal, soos Jean Laponce in sy vergelykende studie van Kanada, BelgiŽ, Oos-Europa en die Sowjetunie aangetoon het en soos dit aan die Universiteit van Wes-Kaapland en die Universiteit van Port Elizabeth ondervind is.

Teen dieselfde agtergrond word die noue verband tussen tersiÍre-onderrigtaal, kultuur en taalgemeenskap geheel en al geÔgnoreer. Uit taalsosiologiese oogpunt sal die afskaffing van Afrikaans as nagraadse onderrig- en navorsingstaal aan die US ’n uiters negatiewe uitwerking hÍ op die langtermyn-handhaafbaarheid van Afrikaans, in die lig daarvan dat geen ander universiteit klaarblyklik verantwoordelikheid vir die taal wil aanvaar nie. Die taalplan posisioneer die US egter, deur middel van die andersins gesonde konsep van taaldiversiteit, in effek as ’n soort kunsmatig-taalneutrale entiteit en ontken sodoende die reŽle rol wat dit dekades lank gespeel het as oorwegend Afrikaanse instelling. Daardeur stel die US hom, ondanks die mooi geluide van “verbintenis tot die gebruik en voortgesette ontwikkeling van Afrikaans” om donateure te paai, tťťn die belange van die Afrikaanse taalgemeenskap .

Die Groep van 63 doen derhalwe ’n dringende beroep op die taaltaakspan om nie net opnuut te kyk na die kritiek wat uit talle oorde teen hul konsep uitgespreek is nie, maar ook om te kyk na hul eie gewete en die moraliteit van hul taalplan wat, as dit geÔmplementeer word, die deur open vir die strukturele aftakeling van die legitieme en grondwetlik gewaarborgde reg op tersiÍre moedertaalonderrig en die skep van nuwe onreg, met al die implikasies vir voortgesette stabiliteit wat daaruit voortvloei.

Peter Louw
Wes-Kaapse Werkgroep, Groep van 63

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.