Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Los Angeles, 2 Maart 2003

Gerrit Brand
(Taalsekretariaat/Meertaligheidsaksiegroep)
Suid-Afrika

Beste Gerrit

Ek moet ekskuus vra. Ek is te besig en skryf baie vinnig. (Donderdag 6 Maart is die termyn vir myn aansoek by die Universiteit se Navorsingskommissie vir 2003-2004) Normaliter sou ik stadig en sorgvuldig skryf, alles in Bosman-Van der Merwe en Hiemstra opsoek en daarna een of twee van die Afrikaanstaliges wat ek in Los Angeles ken, skakel om hulle te vra om alles na te kyk.

Daar is inligtinge oor my en oor die kursusse wat ek gee op my Departement se webwerf: www.ucla.edu/germanic. Kies people en ook courses en current offerings.

OOR AFRIKAANS AAN DIE UCLA EN ROBERT S. KIRSNER

Afrikaans word al 40 jaar aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles gedoseer. Voordat ek in 1972 aangestel is, is dit deur ene Prof. Roertgen gedoseer.. In die begin van my Departement is Afrikaans gesien as ’n Germaanse taal soos Nederlands en Sweeds ens. In dié dae het die professore belangstelling gehad in die literatuur en in die tale. Hulle wou ’n volledige Departement van Germaanse Tale bou. (Hulle het toe ook Mw. Janet Hadda vir Jiddisj aangestel). Nou is dit ’n bietjie anders, vrees ek. Dis die mode (kulturele studies, gay studies ens). wat aan hierdie universiteit as belangrik beskou word. As “beskeide” linguis staan ek op die sylyn en glimlag ek geheimsinnig as ek na die “toneel” moet kyk. (Lesings oor Thomas Mann se seksualiteit of oor die soort Indiane wat verskyn het in die rolprente van die Wilde Weste, wat in die nie meer bestaande Duitse Demokratiese Republiek geproduseer is.)

Toe ek in Desember 1971 ’n onderhoud met Prof. Franz Bäuml gehad het om oor ’n moontlike betrekking as “Assistant Professor” aan aan UCLA, het hy skielik vir my gese^ “Well, you know Dutch so you should be able to also teach Afrikaans.” En ek het vinnig “yes” geantwoord, Ek het Afrikaans geleer deur boeke te lees en deur Afrikaanstalige navorsingsstudente aan die UCLA te vind wat vir my kon help.

My Afrikaanskursusse trek studente in Germanic Linguistics aan en ook studente in die Departement van Geskiedenis, waar my kollega William Worger kursusse oor Suid-Afrika se geskiednis gee. Vroeër, voordat apartheid opgehef is en Suid-Afrika ’n “normale land” geword het met “normale probleme, “ het Worger baie nagraadse studente gehad , wat hy aangemoedig het om by my Afrikaans te studeer. (’n mens kan Suid-Afrika nouliks leer ken as jy Afrikaans nie kan lees nie, né?) Maar nou is Suid-Afrika “uit die mode”.

Ek gee Afrikaans elke tweede of derde jaar. UCLA het ’n kwartaalsisteem. Afrikaans 105A en 105B is beginnerskursusse. In Afrikaans 135 lees ons gedigte en romans in Afrikaans, soos Sewe dae by die Silbersteins, Kennis van die Aand, Toorberg. . Ek begin in die herfskwartaal met 4-5 studente en eindig in die voorjaarkwartaal met 3-4. (Soos die geval met Nederlands is, laat sommige studente die kursus val sodra hulle merk dat die taal nie so maklik is as wat hulle gedink het nie).

Baie baie mense het my gehelp om Afrikaans te leer en doen dit nog steeds. Die belangrikste mense is Prof. Jacques van der Elst en Prof. Wannie Carstens van die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, Chris en Biebie van der Merwe aan die University of Cape Town, en Jacques Du Plessis van Brigham Young University.

Ofskoon my Nederlands baie beter as my Afrikaans is, hoop ek dat ek — wat Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde betref — nog Koning Eenoog in die Land van die Blindes mag bly speel. (Die blindes hier is mos baie blind!) Dis sendingswerk wat ek hier — omring deur onverskillige deskundiges op die gebied van die Duitse letterkunde — vir Nederlands en Afrikaans doen.. Maar af en toe stuur ek ’n e-pos vir Marja Kristel van die Internationale Vereniging voor Neerlandistiek en skryf ek “Marja, dankzij mij lopen er nu 6 mensen in Los Angeles rond die weten wie Louis Couperus was.” Vanjaar gee ek n ‘kursus “Literatuur in Afrikaans in Engelse vertaling” (Afrikaans 114: Sien aanhegting) en daar is ses voorgraadse Amerikaanse studente aan UCLA (met 30,000 studente) wat nou weet wie Uys Krige en Dirk Opperman en Ingrid Jonker en Etienne Leroux is.

Groete,
Bob



  • Wie sal ooit verwag dat Afrikaans in die dorpie Zlin ’n rol speel. Lees wat vertel Lianne Barnard vanuit die Tjeggiese Republiek by www.ned.univie.ac.at/afrikaans/euroforum/kaleidoskoop/reza.htm
  • Afrikaanse letterkunde trek deur Diepenbeek in België en vanjaar is dit weer Afrikaanse grammatika wat vir ’n rukkie daar sal gaan nesskop. Meer inligting by www.ned.univie.ac.at/afrikaans/euroforum/kaleidoskoop/verslag2002.htm

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.