Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Voorstelle van die Taalsekretariaat aan die Taakgroep vir die Ontwikkeling van ’n Taalplan vir die Universiteit van Stellenbosch

Die volgende kommentaar en voorstelle is namens die Taalsekretariaat onderteken deur Andrť van der Walt, Gerrit Brand en Koos du Toit.

(Die missie van die Taalsekretariaat is die bevordering van Afrikaans en elke inheemse taal van Suid-Afrika as toereikende kommunikasiemiddel van sowel moedertaal- as niemoedertaalsprekers binne en buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika. Die Taalsekretariaat is ’n onafhanklike organisasie met sy eie administratiewe struktuur, personeel en befondsing. Kontakbesonderhede: Tel.: 021-8872713 / 8872736, faks: 021-8872710, e-pos: taal@linguasek.co.za, posadres: Heroldstraat 15, Stellenbosch 7600.)

A Kommentaar op die Taakgroep se opdrag en verwysingsraamwerk: Uitgangspunte van die Taalsekretariaat se voorstelle.


1. Die Taalsekretariaat verwelkom die besluit om ’n taalplan en taalbeleid vir die US daar te stel, aangesien die posisie van tale aan die Universiteit nie aan (potensieel destruktiewe) mark- en politieke kragte oorgelaat kan word nie.

2. Die besluit dat die Universiteit se huidige taalbeleid van November 1996 en Strategiese Raamwerk van Maart 2000, die Nasionale Plan vir HoŽr Onderwys van 2001, die US bestekopname van Junie 2002 en die mosie aanvaar deur die Raad op 24 Junie 2002 betreffende die daarstel van ’n taalbeleid, deur die Taakgroep in ag geneem moet word, word ook verwelkom.

3. Die Taalsekretariaat wil egter voorstel dat die riglyn vermeld in (2) nie deur die Taakgroep geÔnterpreteer word as sou die voorgestelde taalbeleid en -plan aan (sommige van) bogenoemde dokumente gebonde wees nie. In soverre bepaalde fasette van die inhoud van die betrokke dokumente (byvoorbeeld van die Nasionale Plan vir HoŽr Onderwys van 2001 — sien (4)) diskriminerend of andersins moontlik ongrondwetlik is, of die outonomie van die Universiteit aantas, kan dit nie as riglyn vir ’n taalbeleid- en plan dien nie.

4. In ooreenstemming met (3), stel die Taalsekretariaat voor dat die Universiteit nie gehoor gee aan taaleise van regeringsweŽ indien sodanige eise nie aan alle universiteite en technikons, insluitend die histories liberale en histories swart universiteite, gestel word nie. In hierdie verband moet daar veral gedink word aan die eis dat ‘strategiese kursusse’, soos die in die Gesondheidswetenskappe en Ingenieurswese, asook administratiewe dienste, ook in Engels aangebied word. Daar word reeds by die meeste ander fakulteite in diť vakrigtings vir Engelse onderrig voorsiening gemaak, maar nie vir Afrikaans of enige ander taal nie. Solank eksklusiewe eentaligheid by die Engelstalige universiteite geduld en deur die owerheid oogluikend toegelaat word, durf die histories Afrikaanse universiteite in die algemeen, en die US in die besonder, nie toe te gee aan taaleise wat ’n onregverdige werk- en finansiŽle las op die Universiteit lÍ nie. Die wesenselement van die eise is taaldiskriminasie ten koste van Afrikaans.

5. Voorstel (4) sluit nie uit dat die Universiteit self die inisiatief neem om, waar haalbaar en wenslik, kursusse of ander dienste in Xhosa, Engels of ’n ander taal beskikbaar te stel, soos reeds by die Universiteit gebeur (sien US bestekopname), nie. Ter sprake is bloot die beginsel dat, veral by die afwesigheid van ’n deurdagte, billike, eenvormige en grondwetlike onderwys-taalbeleid van regeringsweŽ, die Universiteit die reg voorbehou om ’n eie taalbeleid- en plan daar te stel.

6. Wat die ideale soos vervat in die Strategiese Raamwerk van Maart 2002, binne welke konteks die Taakgroep moet werk, betref, wil die Taalsekretariaat graag die belang wat daarin aan kennis en uitnemendheid, diversiteit en toeganklikheid geheg word, onderstreep. Dit is die mening van die Taalsekretariaat dat, gegewe die universiteit se geografiese ligging en voedingsgebied (veral die Wes- en Noord-Kaap), ‘Afrikaans as vertrekpunt’ hierdie ideale net kan bevorder, terwyl die verdringing van Afrikaans op elkeen van hierdie gebiede die Universiteit net tot nadeel kan strek. Die Taalsekretariaat verwelkom die opdrag aan die Taakgroep dat die taalplan en die diversiteitsplan van die Universiteit mekaar wedersyds moet aanvul en ondersteun. Afrikaans moet gebruik word om diversiteit te bevorder en die toenemende diversiteit sal op sy beurt die posisie van Afrikaans aan die universiteit versterk deurdat dit die valse persepsie dat Afrikaans in die weg van groter diversiteit staan, sal ontkragtig. Dieselfde geld vir toeganklikheid, kennis en uitnemendheid.

7. Die Strategiese Raamwerk stel dit dat die Universiteit hom verbind om ‘taalvriendelik te wees, met Afrikaans as vertrekpunt’. Taalvriendelikheid, soos die Taalsekretariaat dit verstaan, het twee aspekte. Eerstens beteken dit om die taalvoorkeure en- demografie van daardie gemeenskappe aan wie ’n diens gelewer word, te respekteer, in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Grondwet. In die geval van die US kan ‘taalvriendelik’ en ‘Afrikaans as vertrekpunt’ dus as sinonieme beskou word. Die suggestie dat hierdie twee verbintenisse in spanning met mekaar verkeer en as sodanig ‘gebalanseer’ moet word, kan nie aanvaar word nie. Tweedens beteken taalvriendelikheid om verdraagsaam en behulpsaam te wees teenoor tale wat nog nie tot wetenskapstale ontwikkel het nie.

8. In die lig van bogenoemde, word die Strategiese Raamwerk se vooropstelling van Afrikaans as ‘voertaal en primÍre onderrigtaal’ van die Universiteit verwelkom. Die Taalsekretariaat wil die hoop uitspreek dat die Taakgroep ’n taalbeleid- en plan daar sal stel wat met hierdie beginsel in ooreenstemming is.

9. Die Taalsekretariaat verwelkom ook die voorneme van die Universiteit, soos in die Strategiese Raamwerk uiteengesit, om meertaligheid te bevorder. Veral ten opsigte van die inheemse Afrikatale, en met name Xhosa, het die Universiteit ’n besondere verantwoordelikheid in hierdie verband. Meertaligheid behoort deel te wees van die mondering van alle graduandi en personeel van die Universiteit. Die Taakgroep sal konkrete voorstelle moet maak oor hoe hierdie voorneme prakties tot uitvoering gebring kan word. Dit hou onder meer in dat nie slegs Engels ter sprake moet kom wanneer personeel en studente uit ander taalgemeenskappe geakkommodeer word nie, maar dat ook die moontlikheid van onderrig en administratiewe dienste in Xhosa ernstig oorweeg moet word. Verder moet dit deel van die taalbeleid- en plan wees om alle studente en personeel talig te bemagtig deur hulle meerdere tale te laat aanleer.

10. Die opdrag aan die Taakgroep dat duidelikheid die wagwoord moet wees in die formulering van die taalbeleid- en plan word ook verwelkom. Dit beteken dat daar spesifieke reŽls, regte en verpligtinge uitgespel moet word waaraan werknemers van die Universiteit gehou kan word en op grond waarvan personeel en studente aan die Universiteit hul regte kan opeis. Die beoogde gedragskode moet dus meer behels as die uitspel van waardes en breŽ riglyne. So nie, is die gevaar reŽel dat die gedragskode ’n dooie letter kan word, waaraan betrokkenes by die Universiteit hulle in die praktyk nie hoef te steur nie.

11. Die grondliggende uitgangspunt waaruit bogenoemde uitgangspunte voortvloei, is dat dit by die behoud en verdere ontwikkeling van Afrikaans en die ander amptelike tale aan die US nie in die eerste plek gaan oor die sektorale belange van ’n Suid-Afrikaanse minderheid (byvoorbeeld die Afrikaner of die Afrikaanse gemeenskap), die instandhouding van groepsidentiteit of die beskerming van ’n spesifieke kulturele erfenis ten koste van ander nie, maar veel eerder oor die Universiteit as dienaar van die wetenskap in belang van die omliggende gemeenskap en van al die inwoners van Suid-Afrika. Juis deur taalvriendelik — en dus Afrikaans-vriendelik — te bly, kan die Universiteit van Stellenbosch, gegewe sy ligging, die beste sy plek in die nasionale hoŽr onderwysstelsel inneem in die uitvoering van hierdie taak. Dit is dus van die grootste belang dat die Universiteit sy taalbeleid- en plan so sal ontwikkel dat daar rekening gehou word met die landwye onderwys-opset. Die taalbeleid- en plan moet nie slegs die onmiddellike behoeftes en uitdagings van die US probeer aanpak nie, maar moet riglyne neerlÍ waarvolgens enige universiteit in ’n veeltalige omgewing bedryf moet word.

B Konkrete voorstelle in die lig van bogenoemde uitgangspunte.

1. Voorstelle met betrekking tot onderrig:

  1. Die Taalsekretariaat stel voor dat alle voorgraadse kursusse in Afrikaans aangebied word. Dit sluit nie uit nie dat sommige kursusse, wat slegs by Stellenbosch aangebied word, ook in Engels of Xhosa aangebied word nie, maar wel dat, ook in sulke gevalle, die kursus steeds in Afrikaans beskikbaar sal wees. Dit beteken verder dat kursusse wat tans slegs in Engels aangebied word, voortaan weer in Afrikaans beskikbaar sal wees. Die aanbieding van ’n kursus in ’n ander taal as Afrikaans moet met toestemming van die Senaat geskied en moet deeglik gemotiveer word.

  2. Nie-Afrikaanssprekende studente moet toegelaat word om in Engels vrae in die klas te stel, aan besprekings deel te neem, werkopdragte te skryf en vraestelle te beantwoord. In gevalle waar die dosent Xhosa vaardig is, kan op dieselfde manier daarvoor voorsiening gemaak word.

  3. Alle klasaantekeninge, e-leermateriaal, onderrigondersteuning, toetse en eksamens (vraestelle en skrifte), en kommunikasie met betrekking tot afstandsonderrig en nie-kurrikulÍre aktiwiteite moet in Afrikaans beskikbaar wees. Die taalplan moet voorsiening maak dat waar dit prakties moontlik is, leermateriaal in Xhosa en Engels beskikbaar sal wees.

  4. Hoewel werke (artikels, boeke ens.) in ander tale as Afrikaans (byvoorbeeld Engels) voorgeskryf kan en moet word, moet van studente verwag word om ten minste voorgeskrewe werke in Afrikaans te kan lees en gebruik. Die gebruik van Afrikaanse en Nederlandse publikasies as voorgeskrewe materiaal moet sterk aangemoedig word, maar uiteraard nie tot uitsluiting van ander tale nie.

  5. In die omgang met studente buite die lesingsaal moet daar van personeel verwag word om Afrikaans te kan gebruik. Afgesien van hierdie vereiste, kan dit oorgelaat word aan die voorkeur van die betrokke student en die taalrepertoire van die betrokke personeellid.

  6. Die universiteit se onderneming om Afrikaans as wetenskapstaal verder te ontwikkel, moet ook op nagraadse vlak deurgevoer word. Die persepsie mag nie ontwikkel dat Engels by verstek die taal van nagraadse studie is nie. Die Taalsekretaraat stel voor dat ’n getalsformule gevind word waarvolgens bepaal word of ’n spesifieke nagraadse kursus in Afrikaans of ’n ander taal, enkel- dubbel- of parallelmedium aangebied word. Nagraadse studente moet reeds by registrasie hul taalvoorkeur opgee met die oog daarop. Sodoende word verhoed dat studente in die klassituasie onder druk kom om hul taalregte prys te gee.

  7. Om te verseker dat bogenoemde volhoubaar is, moet vaardigheid in Afrikaans ’n vereiste wees vir alle personeel van die US, akademies sowel as administratief. Nuwe of bestaande personeel wat nie Afrikaans (voldoende) beheers nie, moet binne twee jaar hierdie tekort inhaal met behulp van ’n gratis taalkursus. Sonder hierdie maatreŽl is enige taalbeleid- en plan uit die staanspoor tot mislukkig verdoem.

  8. Om meertaligheid onder die US personeel te bevorder, moet daar van alle personeel, veral akademiese personeel, vereis word dat hulle ’n basiese vaardigheid in Xhosa ontwikkel. Ook hier kan die vereiste aan ’n sekere tydskema vanaf die oomblik van aanstelling gekoppel word. Daar kan ook oorweeg word om by die aanstelling van nuwe personeel voorkeur te verleen aan kandidate wat, naas Afrikaans en Engels, Xhosa magtig is. Die voorbeeld van die Universiteit van Potchefstroom, waar personeel die opdrag gekry het om Tswana te leer, kan hier in ag geneem word.

  9. Voornemende studente moet duidelik ingelig word oor bogenoemde reŽls met betrekking tot voorgraadse en nagraadse onderrig. Dit moet ook duidelik wees dat hierdie reŽls nie in oorleg tussen dosent en studente in ’n spesifieke kursus opsy geskuif kan word nie omdat sulke ad hoc besluite daardie studente wat wel op hul taalregte wil aandring in ’n onregverdige en onbenydenswaardige posisie plaas.

  10. Gratis taalkursusse moet ook beskikbaar gestel word aan studente wat hul vaardigheid in Afrikaans of Xhosa wil verbeter. Op diť manier moet nie-moedertaalsprekers van Afrikaans by die universiteit verwelkom en gesindhede teenoor Afrikaans verbeter word. Die eindpunt van die taalbeleid moet wees dat niemand by die US afstudeer sonder dat s/hy Afrikaans magtig is en ’n praktiese kennis van Xhosa het nie.

  11. Verder moet oorweging geskenk word aan die moontlikheid om nagraadse studente as tutors aan te stel. Hierby kan die voorbeeld van die Universiteit van Pretoria in ag geneem word. Die tutors moet dan ekstra begeleiding in Engels en/of Xhosa aanbied vir diegene wat Afrikaans nog nie na behore bemeester het nie. Tutoriale hulp aan agtergeblewe Afrikaanssprekende studente moet ook nie agterweŽ gelaat word nie.

  12. Die taalplan moet voorsiening daarvoor maak om bepaalde meertaligheidstandaarde as voorvereiste vir die verwerwing van ’n eerste graad te stel. Die ideaal moet wees dat elke graduandus van die US ten minste drie amptelike tale magtig is (waarvan Afrikaans een is). Daar kan byvoorbeeld verwag word dat studente in die loop van hul graadstudie geŽksamineer word om vas te stel of hulle ’n sekere (elementÍre) vaardigheid in twee ander tale as Afrikaans (byvoorbeeld Xhosa en Engels) verwerf het. Die keuse van tale kan aan elke student oorgelaat word. Xhosa-kursusse moet deur die Universiteit se taalsentrum aangebied word, terwyl die verwerwing en eksaminering van ander inheemse Afrikatale deur die betrokke departemente hanteer kan word. Veral in opleidingstrajekte waar kommunikasie en skakeling met die publiek sentraal staan, soos die gesondheidswetenskappe, die regte, die sielkunde, die opvoedkunde, die teologie ensomeer, is die tyd ryp vir sodanige vereistes. Hier kan die voorbeeld van die Universiteit van Kaapstad, waar studente in die gesondheidswetenskappe Xhosa- en Afrikaans moet leer as deel van hul opleiding, in ag geneem word.

  13. Die Taalsekretariaat verwelkom die totstandkoming van die Taalsentrum aan die US. Soortgelyke sentra is ook al goed gevestig by ander universiteite en lewer uiters positiewe resultate op. Hierdie Sentrum moet, naas die aanbied van taalkursusse, ook ander ondersteuningsdienste op aanvraag gratis aan die administratiewe personeel, studente en doserende personeel verskaf. Donateurskenkings moet spesifiek vir die Sentrum gewerf word.

2. Voorstelle met betrekking tot navorsing:

  1. Navorsingsgesprekke moet in Afrikaans plaasvind, behalwe in gevalle waar een of meer deelnemers nie Afrikaans magtig is nie, in welke geval ’n fluistertolkdiens beskikbaar moet wees.

  2. Navorsingsverslae moet in Afrikaans geskryf word, maar mag ook in een of meer ander tale vertaal en ingedien word.

  3. Die Taalsekretariaat stel voor dat daar sekere minimum vereistes aan alle akademiese personeel van die US gestel word wat betref publikasie in Afrikaans. Dit kan ’n aantal publikasies of ’n persentasie van gepubliseerde werk binne ’n sekere periode wees. Die uitgangspunt moet in elk geval wees dat elke akademikus aan die US gereeld in Afrikaans behoort te publiseer.

  4. Die Universiteit moet die Departement van Onderwys dringend versoek om nie voort te gaan met sy plan om slegs akademiese publikasies in Engels te subsidieer nie. Indien die stap wel geneem word, moet die Universiteit regsadvies inwin, aangesien so ’n stap waarskynlik ongrondwetlik is.

  5. Die Universiteit, in samewerking met ander universiteite, moet publikasie-geleenthede in Afrikaans en die ander inheemse tale help skep en in stand hou. UniversitÍre en fakultÍre boekreekse en akademiese tydskrifte in Afrikaans en/of die ander inheemse tale, moet aangemoedig, gesubsidieer en deur die universiteit se infrastruktuur ondersteun word. Nuwe, goedkoop druk- en bind-tegnieke en die internet is enkele van die tegnologiese middele wat hierin deur die Universiteit benut kan word. Die Taalsentrum kan die diens verskaf.

  6. Die Universiteit kan jaarliks ’n akademiese publikasie in Afrikaans van een van sy personeellede bekroon.

  7. Die Taalsekretariaat stel voor dat die universiteit jaarliks ook ’n geldprys toeken vir die beste M-verhandeling en doktorale proefskrif in Afrikaans in elke fakulteit. Alternatiewelik kan die prys die vorm aanneem van ’n subsidie vir die publikasie van die bekroonde tesis of proefskrif as handelsuitgawe. Sodoende word ’n insentief aan studente verskaf om gevorderde navorsing in Afrikaans te doen. ’n Soortgelyke toekenning vir navorsing in Xhosa, ter wille van die bevordering van ’n meertalige akademie in Suid-Afrika, moet ook oorweeg word.

  8. By konferensies en ander geleenthede deur die US aangebied, moet rekening gehou word met die betrokke gehoor. Akademiese konferensies moet in beginsel veeltalig wees. Die uitgangspunt moet wees dat senior akademici meerdere Suid-Afrikaanse tale magtig is of kan verwerf en dat voordragte in alle amptelike tale daarom toelaatbaar is. Die US moet in elk geval nie enige akademiese konferensies hou waar die gebruik van Afrikaans ontoelaatbaar is nie.

3. Voorstelle met betrekking tot gemeenskapsdiens

  1. In sy diens aan die gemeenskap moet die US taalvriendelik optree. Vir projekte in die Wes-Kaap beteken dit dat gemeenskapsprojekte sover moontlik in Afrikaans, Xhosa en Engels uitgevoer moet word, in ooreenstemming met die provinsiale taalbeleid. Waar drietaligheid nie prakties moontlik is nie, moet voorkeur verleen word aan die taal van die teikengemeenskap. Waar die betrokke universiteitspersoneel nie ’n taal magtig is nie, moet tweetalige persone uit die teikengemeenskap in diens geneem word om ’n skakelfunksie te behartig. Die uitgangspunt moet deurgaans wees dat ekonomiese- en gemeenskapsontwikkeling die beste resultate oplewer as dit in die taal van die teikengemeenskap beplan en uitgevoer word. Hierdie oorwegings moet ’n rol speel by die beoordeling, prioretisering en finansiering van gemeenskapsprojekte.

  2. Deel van die Universiteit se gemeenskapsbetrokkenheid moet gerig wees op taalbemagtiging en die bevordering van veeltaligheid. Die Universiteit se Taalsentrum moet nie net die studente en personeel van die gemeenskap bedien nie, maar ook die algemene publiek en openbare instansies. Taalkundiges, opvoedkundiges en ander kan saamwerk om projekte te konsipieer waardeur veeltaligheid in die gemeenskap ingedra kan word. Geletterdheidsprojekte, volwasse opvoedingsprogramme ensomeer moet deurgaans in die moedertale geskied. Ook die ontwikkeling van terminologie in die inheemse tale en ander dergelike projekte kan in hierdie verband genoem word. Daar moet spesifiek in die taalplan voorsiening gemaak word vir dergelike gemeenskapsprojekte.

4. Voorstelle met betrekking tot korporatiewe identiteit

  1. Die Universiteit se logo, briefhoofde ens. (identiteitselemente) moet in Afrikaans wees, ook as dit skrywes in byvoorbeeld Engels betref. Hiermee word die boodskap uitgestuur dat Afrikaans by Stellenbosch sentraal staan as toegangsmedium en medium van diversiteit, kennis en uitnemendheid.

  2. Die hoofvoertaal op gradeplegtighede en dergelike geleenthede moet Afrikaans wees, met buigsaamheid ten opsigte van die addisionele gebruik van Xhosa en Engels.

  3. Openbare lesings en Forumlesings moet in Afrikaans wees, behalwe in gevalle waar die spreker nie Afrikaans magtig is nie. In sulke gevalle moet oorweeg word om tolkdienste te verskaf aan diegene wat behoefte daaraan het.

  4. Die Jaarboek moet ten minste in Afrikaans uitgegee word. IdealitÍr moet dit drietalig uitgegee word.

5. Voorstelle met betrekking tot die US se teenwoordigheid op die web

  1. Die Universiteit se webwerf moet volledig drietalig wees. Die “eerste ontmoeting” moet egter in Afrikaans wees.

  2. Ook webwerwe van die afsonderlike departemente, sentra, institute, afdelings ens. moet drietalig wees, met Afrikaans as taal van die “eerste ontmoeting”.

6. Voorstelle met betrekking tot administrasie en bestuur

  1. Interne mondelinge kommunikasie in die administrasie- en bestuursafdelings van die universiteit kan aan personeel oorgelaat word, mits vaardigheid in Afrikaans ’n voorvereiste vir aanstelling is.

  2. Interne (beleids- en ander) dokumente moet te alle tye in Afrikaans wees.

  3. Mondelinge kommunikasie (ekstern) kan, in die mate waartoe die betrokkenes se taalrepertoire dit toelaat, in die voorkeurtaal van die buite-persoon of -instansie geskied, met dien verstande dat daar altyd deur buite-persone op Afrikaans aangedring kan word.

  4. Vorms en inligtingsdokumente (jaarboeke, belangrike beleidsdokumente ens.) moet sover moontlik drietalig uitegegee word, maar altyd ten minste in Afrikaans.

  5. Bemarkingsmateriaal moet talig afgestem wees op die verskillende gemeenskappe waarvoor dit bedoel is en moet verkieslik landwyd in al die amptelike tale beskikbaar wees. Persverklarings en ander eenvormige kommunikasies na buite moet verkieslik drietalig wees, maar altyd ten minste in Afrikaans. Die gebruik van ander tale as Afrikaans moet nie die wanindruk skep dat Afrikaans as onderrigtaal by die US onderhandelbaar is nie, maar eerder dat die US bereid is om voornemende studente en personeel by te staan in die verwerwing van Afrikaans.

  6. Verslae (byvoorbeeld jaarverslae) moet altyd ten minste in Afrikaans ingedien word.

  7. By vergaderings moet Afrikaans as voertaal die uitgangspunt wees. In gevalle waar persone teenwoordig is wat nie Afrikaans beheers nie (byvoorbeeld pas aangestelde dosente wat nog nie Afrikaans verwerf het nie), kan uitsonderings toegelaat word. In sulke gevalle moet die gebruik van ’n fluistertolkdiens ook oorweeg word. Die voorbeeld van die Vrystaatse Universiteit kan hier in ag geneem word.

7. Finale opmerkings

Die Taalsekretariaat spreek die hoop uit dat bogenoemde voorstelle ’n beskeie bydrae sal lewer tot die eind-produk waarop die Taakgroep mik. Daar bestaan breŽ vertroue dat die rektor en die Raad van die universiteit, asook die Taakgroep, dit ernstig bedoel met die behoud en ontwikkeling van Afrikaans aan die US as medium van toeganklikheid, diversiteit, kennis en uitnemendheid en die bevordering van meertaligheid in die akademie en die breŽr gemeenskap, sowel in die Wes-Kaap as in die res van die land. Dit sal vereis dat die Taakgroep en die Universiteit innoverende en selfs waaghalsige stappe moet neem om voor te loop op taalgebied, eerder as om bloot so lank moontlik teen die eentaligheidstroom weerstand te bied.

Die US moet bewys dat die koestering van al ons tale op elke terrein van die openbare lewe, met name in die akademie, nie ’n masker is waaronder sektorale groepsbelange gedien word of eksklusiwiteit in stand gehou word nie, maar dat juis taalvriendelikheid ’n sleutelbydrae kan lewer in die groot taak van transformasie, demokratisering en ontwikkeling waarin alle onderwysinstansies ’n belangrike rol te speel het. Laat dit die US se strewe wees om op taalgebied — en daarom ook op die gebiede van toeganklikheid, diversiteit, kennis en uitnemendheid — ’n model te word waaraan ander universiteite in die land gemeet word. Die sentrale beginsel waarop die model gebaseer moet word is dat dit wat as taalbeleid vir die US geld, deurgetrek moet kan word as taalbeleid by alle hoŽr onderwysinstellings.


Geteken op 3 September 2002 te Stellenbosch, deur


Andre van der Walt

Gerrit Brand

Koos du Toit

(namens die Taalsekretariaat)

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.