Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Taal en transformasie van die regstelsel

VERKLARING
uitgereik deur die
MEERTALIGHEIDSAKSIEGROEP (I-MAG)
op 24 Januarie 2005


Klik hier vir die verkorte Engelse weergawe
Klik hier vir die verkorte isiXhosa weergawe

Die Meertaligheidsaksiegroep (i-MAG) neem kennis van die voortslepende debat oor taal in ons howe en die verwagte advies oor 'n duidelike beleid in hierdie verband deur 'n komitee van regters aan die Departement van Justisie.

Teen die agtergrond van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996) wat bepaal:

- Die amptelike tale van die Republiek is Sepedi, Sesotho, Setswana, siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, English, isiNdebele, isiXhosa en isiZulu [artikel 6(1)].

- Teen die agtergrond van die histories verminderde gebruik en status van die inheemse tale van ons mense, moet die staat praktiese en positiewe maatreŽls neem om die status van hierdie tale te verhoog en die gebruik daarvan te bevorder [artikel 6(2)].

- Die nasionale en provinsiale owerhede mag enige spesifieke amptelike tale vir regeringsdoeleindes gebruik, met inagneming van gebruik, doenbaarheid, koste, streeksomstandighede en die balans van die behoeftes en voorkeure van die bevolking as geheel of in die betrokke provinsie; maar die nasionale owerheid en elke provinsiale owerheid moet ten minste twee amptelike tale gebruik [artikel 6(3)(a)].

- Munisipaliteite moet die taalgebruik en -voorkeure van hul inwoners in ag neem [artikel 6(3)(b)].

- Die nasionale owerheid en provinsiale owerhede moet, deur wetlike en ander maatreŽls, hul gebruik van amptelike tale reguleer en moniteer. Sonder om afbreuk te doen aan die bepalings van artikel (2) moet alle amptelike tale gelyke respek geniet en billik behandel word [artikel 6(4)].

- Die staat mag nie, direk of indirek, onbillik diskrimineer teen enigiemand op grond van ... taal nie [artikel 9(3)].

- Elkeen het die reg om die taal ... van sy of haar keuse te gebruik, maar niemand wat hierdie regte uitoefen mag dit doen op 'n wyse wat in stryd is met enige bepaling van die Handves vir Menseregte nie [artikel 30].

- Elke aangeklaagde het die reg op 'n billike verhoor, wat insluit die reg om verhoor te word in 'n taal wat die aangeklaagde verstaan of, as dit nie prakties uitvoerbaar is nie, dat die verrigtinge in daardie taal getolk word [artikel 35(3)(k)].

- Waar [artikel 35] vereis dat inligting aan 'n persoon beskikbaar gestel word, moet daardie inligting verskaf word in 'n taal wat die persoon verstaan [artikel 35(4)].

In belang van die transformasie van ons regstelsel (in ooreenstemming met Artikel 9(2) van die Grondwet) met die oog op

- 'n meer diverse en verteenwoordigende regbank;

- meer toeganklike howe en 'n oper en meer verstaanbare regspraktyk;

- groter publieke betrokkenheid by en deelname aan regsprosesse; en

- 'n regstelsel wat meer in voeling is met inheemse kulturele en regstradisies sodat alle Suid-Afrikaners daarmee kan identifiseer.

Met verwysing na die Nasionale Taalbeleidsraamwerk (2002) wat bepaal:
- Elke owerheidstruktuur moet, by wyse van konsensus, ooreenkom op 'n werktaal of werktale (vir sowel intra- as interdepartementele kommunikasiedoeleindes); Op voorwaarde dat, waar prakties moontlik, niemand verhoed sal word om die taal of tale van sy of haar voorkeur te gebruik nie [artikel 2.4.6.1].

- Vir die doeleindes van amptelike korrespondensie moet die burger se voorkeurtaal gebruik word. Alle mondelinge kommunikasie moet plaasvind in die teikengehoor se amptelike taal van voorkeur [artikel 2.4.6.2].

- 'n Publikasieprogram van funksionele veeltaligheid deur nasionale staatsdepartemente in gevalle wat nie publikasie in al 11 amptelike tale vereis nie [artikel 2.4.6.3].

- Waar die doeltreffende en stabiele funksionering van regering op enige vlak die omvattende kommunikasie van inligting vereis, moet dit gepubliseer word in al 11 amptelike tale en, in die provinsies, in al die voorgeskrewe amptelike tale in die Provinsie [artikel 2.4.6.4.].

- In gevalle waar regeringsdokumente nie in al 11 amptelike tale beskikbaar gemaak sal word nie moet nasionale staatsdepartemente dokumente gelyktydig in ten minste 6 tale publiseer. Die seleksie van tale moet soos volg gedoen word:
  • Ten minste een uit die Ngunigroep (isiNdebele, isiXhosa, isiZulu en siSwati);
  • Ten minste een uit die Sothogroep (Sepedi, Sesotho en Setswana);
  • Tshivenda;
  • Xitsonga;
  • English; en
  • Afrikaans [artikel 2.4.6.5]
- 'n Rotasiebeginsel moet toegepas word in die seleksie van tale vir die publikasie van regeringsdokumente in die Nguni- en Sothogroepe [artikel 2.4.6.6].

Met inagneming van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad se Riglyne vir Taalbeplanning en Taalbeleidsontwikkeling (Maart 2001), met as Grondbeginsels (ß2)

- funksionele veeltaligheid;

- maatskaplike geregtigheid en gelyke toegang tot openbare dienste;

- taalvoorkeur(e), -gebruik en -vaardigheid van die teikengehoor;

- breŽ aanvaarding van linguÔstiese verskeidenheid;

- erkenning van taalregte;

- gereelde evaluering en hersiening (kort-, medium- en langtermyn);

- buigsaamheid;

- openheid, gewilligheid om taalverskeidenheid te ... fasiliteer; en

- verbintenis tot respektering van die taal en kultuur van ander.

Op grond waarvan die Hoofoogmerke van Taalbeleidsontwikkeling (ß4) aangedui word as onder meer

- die gebruik van minstens twee van die elf aangewese Suid-Afrikaanse tale in amptelike domeine;

- progressiewe uitskakeling van ongelykheid en gebrek aan gelykheid ten opsigte van inheemse tale;

- progressiewe uitskakeling van taalstruikelblokke in deelname aan politieke, kulturele, maatskaplike en ekonomiese lewe;

- doeltreffende kommunikasie in en tussen staatsdepartemente asook toegang tot dienste, hulpbronne, programme, inligting en kennis vir alle Suid-Afrikaners;

- [erkenning van] alle regeringstrukture ... as eiesoortig, maar onderling verbonde en onderling afhanklik; en

- [bevestiging] dat die grondwetlike taalverpligting 'n kernverpligting van die regering is, wat versigtige beplanning en stelselmatige implementering vereis.
Wat die Hoofkenmerke van Funksionele Veeltaligheid (ß5) aandui as
- oorlegpleging met die hoofbelanghebbers;

- rasionele ontleding van die resultate van die oorlegplegingsproses;

- 'n verbintenis daartoe om die voorgestelde beleid in praktyk te toets; en

- 'n verbintenis daartoe om die taalbeleid met verloop van tyd te hersien en te verfyn

met as "oorkoepelende beleid ... dat minstens twee maar verkieslik meer tale binne amptelike verband gebruik word".

En wat aanbeveel (ß5) "die keuse van minstens twee maar verkieslik drie tale (of vier, indien taalverskeidenheid dit noodsaak) ... gebaseer op 'n opname van die taalvoorkeure, - gebruik en -vaardigheid van die teikengehoor".

En ter wille van 'n doeltreffender en meer regverdige regstelsel en 'n regspraktyk wat die letter en gees van die Grondwet vergestalt.

Doen ons 'n ernstige beroep op die Departement van Justisie en die komitee van regters wat die Departement oor 'n taalbeleid vir die howe moet adviseer om die volgende as vertrekpunte en minimumvereistes vir so 'n beleid te aanvaar:

  1. Elk van die 11 amptelike tale mag vir alle funksies, insluitend uitsprake, argumente deur regsverteenwoordigers, hofstukke en getuienisaflegging, as kommunikasietaal in alle howe deur enigiemand gebruik word.

  2. Indien iemand wat by 'n saak betrokke is een van die gebruikte tale nie verstaan nie, moet 'n tolk vir diť persoon verskaf word.

  3. Uitsprake, argumente deur regsverteenwoordigers, hofstukke en getuienis word nie in Engels of Afrikaans (of enige ander taal) getolk of vertaal indien dit in 'n ander amptelike taal, wat alle betrokkenes by die saak verstaan, gegee word nie.

  4. Uitsprake wat gerapporteer word, moet in ten minste twee amptelike tale gepubliseer word, waarvan een die taal moet wees waarin die uitspraak gelewer is.

  5. In gevalle waar van 'n tolkdiens gebruik gemaak word, moet notules van die hofverrigtinge gehou word in die taal of tale waarin die verrigtinge plaasgevind het eerder as die taal of tale waarin dit getolk is.

  6. Inligting wat deur die hof aan iemand beskikbaar gestel moet word, moet verskaf word in 'n taal of tale wat die persoon verstaan.

  7. By die aanstelling, bevordering en plasing van regters, landdroste en staatsaanklaers word meertaligheid - dit wil sÍ kennis van meerdere amptelike tale - as 'n sterk aanbeveling hanteer en rekening gehou met die tale wat demografies sterk verteenwoordig is in die gebied waar die persoon werksaam sal wees.

  8. By die toewysing van sake word die vaardigheid of gebrek aan vaardigheid in 'n relevante taal of tale van die regter, landdros of staatsaanklaer in ag geneem.

  9. 'n Meertaligheidskomponent word in die opleiding van regspraktisyns en 'n meertaligheidsvereiste in die voorwaardes vir (nuwe) toetrede tot die regsberoep opgeneem.

  10. 'n Goed toegeruste en professionele taaleenheid word tot stand gebring om die howe behulpsaam te wees met die vertaling van hofverslae en hofstukke en die transkribering van notules asook die monitering en verfyning van taalbeleid in die howe.

  11. Meer en beter opleidings- en bevorderingsgeleenthede word vir hoftolke beskikbaar gestel; die aantal hoftolke word aansienlik uitgebrei en hul besoldiging verbeter.

  12. Beplanning word gedoen met die oog op die uiteindelike gebruik van alle amptelike tale as onderrigmediums in regsopleiding aan tersiÍre onderwysinstellings en die beskikbaarstelling van regsterminologie en studiemateriaal in alle amptelike tale.

  13. Groter akkommodering en benutting van taalverskeidenheid deur bogenoemde maatreŽls word as wesenlike onderdeel van regstellende aksie in die regsberoep en die transformasie van die regbank beskou en hanteer.

Ten slotte is dit van die allergrootste belang dat 'n inklusiewe en demokratiese proses van publieke oorlegpleging deurloop word alvorens enige ingrypende besluite oor taal in die howe geneem word.



Uitgereik deur:

Mhlobo Jadezweni (voorsitter),
Alet van Huyssteen (ondervoorsitter),
Annette Humphries-Heyns (tesourier),
Gerrit Brand (sekretaris),
Werner Scholtz (mediaskakelbeampte),
Pedro Dausab en
Zanele Mbude

namens die Meertaligheidsaksiegroep (i-MAG)


LitNet: 24 Januarie 2005

Wil jy reageer op hierdie persverklaring? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.