Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Taalkoerant 12 (Desember 2002)

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling


  • Sedert die uitreiking van die vorige Taalkoerant het baie dinge op die taalfront gebeur, en die Taalsekretariaat was soos altyd in die voorste linie Ö

    Projek suksesvol afgerond

    Die Helderberg Skoleprojek wat deur die Taalsekretariaat befonds en deur die Iilwimi Sentrum van die Universiteit van Wes-Kaapland uitgevoer is, is onlangs suksesvol afgerond. Diť projek het oor drie jaar gestrek en het behels die skoling van onderwysers met die oog op ’n meertalige onderrigsituasie asook ’n drietalige skoolblad waarin Afrikaans-, Xhosa- en Engelssprekende leerlinge aan meertaligheid blootgestel is. Tydens ’n praggeleentheid by die HoŽrskool Gordon in Somerset-Wes is die jongste uitgawe van die skoolblad aan onder meer die Taalsekretariaat oorhandig. Dr. Charlyn Dyers en dr. Liesl Hiebert het as sprekers by die geleentheid opgetree en beide het die hoop uitgespreek dat ’n opvolgprojek ook ’n werklikheid sal word.

    Die Taalsekretariaat sien uit na nog ’n jaar van vrugbare samewerking met die Iilwimi Sentrum.

    Veeltaligheidstoekenning

    Ons wil graag die Iilwimi Sentrum van harte gelukwens met die veeltaligheidsertifikaat wat deur PANSAT (die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad) aan hulle toegeken is. Hiermee kry die sentrum ’n stuk welverdiende amptelike erkenning vir die uitstekende werk wat hulle ter bevordering van veeltaligheid op talle terreine doen.

    Voorleggings deur die Taalsekretariaat

    In die afgelope maande is belangrike besluite oor taalbeleid op verskillende gebiede van die Suid-Afrikaanse samelewing geneem. Soos dit hoort in ’n demokrasie, het die publiek ook die geleentheid gehad om insette te lewer en die Taalsekretariaat het die geleentheid aangegryp om voorleggings aan die betrokke instansies te doen.

    Die rektor van die Universiteit Stellenbosch, prof. Chris Brink, het aan ’n taakgroep o.l.v. prof. Leon de Stadler die opdrag gegee om ’n nuwe taalbeleid en taalplan vir die Universiteit op te stel. Die Taalsekretariaat het op die ope uitnodiging van die taakgroep gereageer met ’n uitgebreide voorlegging waarin die behoud van Afrikaans as voertaal aan die Universiteit en die ontwikkeling van Xhosa as ontluikende wetenskapstaal vooropstaan. Na die publikasie van die eerste konsep is ’n tweede voorlegging met kommentaar en bykomende voorstelle by die taakgroep ingedien. Die jongste weergawe van die taalbeleid en -plan weerspieŽl baie van die Taalsekretariaat se voorstelle en is oor die algemeen positief ontvang, sowel deur die universiteitsgemeenskap as deur die media.

    Op nasionale vlak het die Taalsekretariaat ook voorstelle insake ’n taalbeleid vir die hoŽr onderwys aan die Departement van Onderwys voorgelÍ. In die voorlegging word verskillende modelle vir ’n onderwystaalbeleid geŽvalueer en ’n saak vir die sg. “Meertaligheidsmodel” uitgemaak. Hiervolgens moet alle openbare-onderwysinstellings, van die primÍre tot die tersiÍre vlak, verplig word om twee amptelike tale van hul keuse vir onderrig en amptelike kommunikasie te gebruik. Verder moet drie amptelike tale as verpligte skoolvakke ingestel word. Die Departement het, by monde van minister Kader Asmal, ontvangs van ons voorlegging met dank erken en die versekering gegee dat die Taalsekretariaat geken sal word in die ontwikkeling van ’n “implementeringstrategie ter bevordering van veeltaligheid”.

    Die nuwe nasionale taalbeleid vir hoŽr onderwys is intussen bekendgemaak en laat inderdaad ruimte vir veeltalige onderwys. Die Taalsekretariaat werk tans aan kommentaar op die beleid en bly steeds in gesprek met die Departement.

    Ook op die vlak van die uitsaaiwese het die taalkwessie aandag geniet. In ’n gesamentlike voorlegging aan die Portefeuljekomitee vir Kommunikasie oor die Wysigingswetsontwerp op die Uitsaaiwese het die Taalsekretariaat en Tabema (Taakgroep vir die Bemagtiging van Afrikaansgebruikers op Televisie) beklemtoon dat die SAUK as openbare diensuitsaaier reeds oor die nodige tegnologiese infrastruktuur en deskundigheid beskik om aan al ons tale reg te laat geskied. Die komitee het met groot belangstelling die mondelinge voorlegging deur prof. Koos du Toit en prof. Christo Viljoen aangehoor. In sy finale vorm maak die Wysigingswet dan ook voorsiening vir die monitering van taalbeleid-implementering by die SAUK deur die Onafhanklike Uitsaai-Owerheid.

    N.a.v. hul gesamentlike voorlegging is die Taalsekretariaat en Tabema deur dr. Vincent Maphai, voorsitter van die SAUK-Raad, na ’n taal-werksessie van die SAUK op 29 November uitgenooi. Met die oog daarop is opnuut voorstelle op skrif gestel. Die SAUK het hierdie voorstelle onder alle deelnemers aan die werksessie versprei. Vir die eerste keer kon ’n verskeidenheid belange-organisasies van aangesig tot aangesig met figure soos mnr. Peter Matlare, hoof uitvoerende direkteur van die SAUK, oor die implementering van taalbeleid op televisie in gesprek tree — en dit nogal deels in Afrikaans!

    Intussen sien ons uit na die verskyning van die nuwe nasionale talewet wat die gebruik van al ons amptelike tale op rotasiebasis deur die owerheid moet reguleer. Die Taalsekretariaat het reeds vroeŽr kommentaar op die konsepwet gelewer en vind dit veral verblydend dat president Mbeki, tydens ’n onlangse toespraak voor die Raad van Provinsies, van ses “taalblokke”, eerder as net vier, melding gemaak het. As dit so in die talewet opgeneem word, sal dit beteken dat Afrikaans en Engels, soos Venda en Tsonga, nie meer, soos in die konsepwet, as ’n enkele “taalblok” beskou word nie. Die belangrikste is egter dat daar ’n wet gaan kom waaraan die publiek die regeringsdepartemente voortaan kan hou.

    (Al die voorleggings van die Taalsekretariaat kan geraadpleeg word op LitNet se Taaldebat-ruimte by www.litnet.co.za.

    Die Meertaligheidsaksiegroep

    ’n Belangrike gebeurtenis op die taalfront is die formele stigting op 2 Desember van die Meertaligheidsaksiegroep, ’n inisiatief van die Wes-Kaapse Taalkomitee in samewerking met organisasies soos die Afrikanerbond, CALSSA (Centre for Applied Language Studies in SA), DEFSA (Dowe Vereniging van SA), Iilwimi, PRAESA (Project for Alternative Education in SA), die Khoisan Groep, die Taalsekretariaat, Tabema, die Vriende van Afrikaans en die Xhosa Aksiegroep. Hierdie organisasie sal amptelik geloods word tydens ’n openbare geleentheid op 1 Maart 2003, die naweek voor die aanvang van Veeltaligheidsweek. Lidmaatskap is oop vir alle organisasies en individue wat die doelstellings van die Aksiegroep — d.i. veeltaligheid — onderskryf.

    (Die konstitusie van die Meertaligheidsaksiegroep kan eersdaags gelees word op LitNet se Taaldebat-ruimte.)

    Ten slotte Ö

    Die jaar 2002 was ’n deurslaggewende jaar vir die taalpad wat Suid-Afrika in die toekoms moet loop. Verskeie hoŽ regeringsamptenare, waaronder die President, het hulle sterk ten gunste van veeltaligheid uitgespreek. Net so belangrik is die onvermoeide en dikwels onbesonge arbeid op voetsoolvlak van ’n wye verskeidenheid organisasies en individue wat hulle vir veeltaligheid beywer.

    Mag ons nooit ophou droom van ’n “nuwe Suid-Afrika” waarin elkeen van ons pragtige tale op elke denkbare terrein sy plek met waardigheid volstaan nie!

    Namens die Taalsekretariaat wens mnr. Andre van der Walt, prof. Koos du Toit en dr. Gerrit Brand u ’n baie geseŽnde Kersfees en ’n uiters voorspoedige nuwe jaar toe.

    Desember 2002

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.