Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Taalkoerant 11 (Junie 2002)

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling


  • Die Taalsekretariaat sprei sy vlerke na die buiteland. In samewerking met Prof. Wium van Zyl en Dr. Abraham H. de Vries, is verskeie Afrikaanse boeke aan buitelandse universiteite wat Afrikaans doseer, geskenk.

    Die afgelope paar maande het die Taalsekretariaat ’n sterk verbintenis met die Afrikaans dosente van die universiteite van onder meer Amsterdam, Nijmegen, Wene, Leipzig, Wroclaw en Warskou gekweek. Persoonlike korrespondensie het gereeld plaasgevind en die Suid-Afrikaners hier plaaslik het soms ook ’n kykie gekry in die lewe van mense wat passievol voel oor ’n taal van ’n ver land, soos Suid-Afrika.

    Sommige van hierdie mense is Suid-Afrikaans gebore. Rina Loader van die Universiteit van Wene is een van hulle. Die Universiteit van Wene is die enigste universiteit in Oostenryk waar Afrikaans figureer. Daar word ’n kursus aangebied wat ’n inleiding verskaf in die Afrikaanse grammatika, spraakkuns en letterkunde. Ook word ’n oorsig gegee van die Afrikaanse taalontwikkeling, Suid-Afrikaanse kultuurgroepe en die geskiedenis van Suid-Afrika.

    In Amsterdam word die Afrikaanse leerstoel deur prof. Ena Jansen gevul. Hierdie leerstoel het na baie jare weer herleef danksy die inspanninge van mense soos dr. Hans Ester.

    Dr. Ester is verbonde aan die Katolieke Universiteit in Nijmegen, Nederland; hy is ook die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut op die Keizersgracht 141 in Amsterdam. Dr. Ester het pas ’n doktorsgraad honoris causa ontvang van die Potchefstroomse Universiteit vir CHO vir sy werk as akademikus en as brugbouer tussen Afrikaans en Nederlands oor vele jare. Hy staan ook aan die hoof van die beplanning waarvolgens Afrikaans van volgende jaar af ook aan hierdie universiteit aangebied sal word. Vanaf 1992 het dr. Ester aan die Universiteit van Amsterdam gesorg vir die instelling van Afrikaans as onderafdeling van moderne Nederlands.

    Professor Frans Hinskens bied Afrikaans (in die Nederlandse Departement) by die Universiteit van Leipzig aan. Die kursus hier is drieledig van aard: Afrikaans vir beginners 1 en 2, Taalkursus en kennis van land en volk en Afrikaans vir gevorderdes: kommunikasiekursus en letterkunde. (Professor Hinskens het onlangs laat weet dat die Afrikaans kursus in gevaar is omdat die begroting van die Departement Germanistiek, waaronder Nederlands val, waarskynlik ernstig besnoei gaan word. Hy nooi besorgdes uit om skrywes hieroor aan sy universiteit te rig. Vir meer inligting kan Professor Hinskens genader word by hinskens@rz.uni-leipzig.de.)

    En in Pole, by die Universiteit van Wroclaw, is Dr. Jerzy Koch die hoof van die Afdeling vir Moderne Nederlandse en Afrikaanse Literatuur. Daar word ook klasse in Afrikaans in Pole aangebied aan die A. Mickiewicz Universiteit, PoznŠn. Hiervoor is Prof. Dr. Koch ook verantwoordelik.

    In Warskou is daar ’n Departement Afrikaans en Nederlands (ja, so noem hulle dit!) onder die leiding van prof.dr. Zofia Klimazevska. Dr. Wium van Zyl, wat in 1992 op versoek die kursus daar begin het, het ook verlede jaar Afrikaans daar gedoseer. Prof. Klimaszevska doseer self Afrikaans naas haar Nederlandse verpligtinge. Sy is ook besig met ’n vergelykende studie van idiome in die twee tale. Mnr. Pieter Westra, ’n Suid-Afrikaner wat tans Engels by ’n privaatfirma in Warskou doseer, is deur prof. Van Zyl se bemiddeling aangestel om as moedertaalspreker Afrikaanse klasse saam met prof. Klimaszevska voort te sit in die Poolse hoofstad.

    Selfs in die koue St. Petersburg word Afrikaans deur prof. Igor Bratoes as deel van die Nederlandse kursus behandel.

    Uit ’n Suid-Afrikaanse perspektief bied die buiteland altyd soveel finansiŽle voordele. ’n Mens sou beswaarlik verwag dat ’n burger van ander dele van die wÍreld hom na hierdie land aan Afrika se suidpunt sou wend om gesprek oor kopsere. Tog — so verneem die Taalsekretariaat — bly die voorsiening van Afrikaanse boeke ’n probleem.

    Akademiese en literÍre stof is moeilik verkrygbaar en duur. Kannemeyer, Van Coller, Odendal, Aucamp, Brink, Langenhoven, Schoeman, Leroux Ö bekende name in Afrikaanse kringe; ook in aanvraag oorsee.

    Andrť van der Walt het met Prof. Van Zyl en Dr. De Vries onderhandel — wat albei gereeld genader word om die buiteland in doserende hoedanigheid te besoek — en die Taalsekretariaat het ’n ruim skenking gemaak. Hiermee kon boeke aangekoop word vir verskeie van hierdie universiteite. En hierdeur word die voortbestaan van Afrikaans ook buite die grense van Suid-Afrika bevorder.

    (Lees in die volgende Taalkoerant onder meer ook oor Afrikaans in sulke onwaarskynlike plekke soos KaliforniŽ en Japan Ö)

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.