Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • *TALO-speltoetser

    Dr Jaap Woestenburg

    Die verbintenis met dr. Jaap Woestenburg het via die ou Stigting vir Afrikaans ontstaan. Helena Liebenberg het as vryskut in Julie 1999 op ’n e-pos-navraag van hom aan Afrikaans Vandag, kwartaalblad van die Stigting, gereageer. Vanweë die aard van haar betrokkenheid by die Taalsekretariaat en heelwat korrespondensie oor sy werk by *TALO later, het hy inligting oor die Afrikaans-speltoetser, wat in Nederland ontwikkel word, aan haar gestuur. Die uiteinde was ’n uitgebreide artikel oor *TALO, met Woestenburg wat die Nederlands so ver moontlik “verafrikaans” en Liebenberg wat die geheel tot eindproduk versorg het.

    *****

    Die taal en die passende tegnologie van *TALO, wat in 1986 in Nederland gestig en ook daar gesetel is, spesialiseer in taal. Hierdie algehele betrokkenheid by taal lê ingebed in die naam van ons organisasie: *TALO is die rekonstruksie van ’n Germaanse oervorm, wat self nie oorgelewer is nie — vandaar die asterisk vooraan. Van die vorm *TALO, wat beteken “inkeping op ’n kerfstok”, stam ons woorde TAAL, TEL en VERTEL.

    Ons het die *TALO-woordskeidings- en -speltoetsingsprogramme soos beskou vanuit ’n psigologiese, kognitiewe en taalperspektief, bedink, ontwerp en uitgebou. Die stelsels is gebaseer op die basiseenhede van ’n taal, naamlik die onderliggende lettergrepe. Die stelsel is toepasbaar op elke alfabetiese taal binne die Indo-Europese taalfamilie. By die ontwerp van die stelsels het ons natuurlik voorsiening gemaak vir die probleme wat spruit uit die groot onderlinge verskille tussen die lettergreepverdeling van die onderskeie Europese tale. Ons het dit die taalmodel genoem, ’n beskrywing van die wesentlike elemente wat die taal bepaal en die trefsekerheid bevorder.

    Woordskeiding wat rekening hou met betekenis

    Ons het in 1986 die eerste woordskeidingsprogram vir WordPerfect ontwikkel en daarna die beginsels op die ander Europese tale toegepas. Ons het sedertdien 42 taalmodules ontwikkel, en ondersteun ook minderheids- en klein tale.

    Die woordskeidings, gebaseer op ’n taalmodel, verskil in belangrike mate van die Amerikaanse insig om elke taal sonder diepere kennis van die taal self te behandel. So ’n insiglose benadering lewer moeilikhede op vir die tipies Afrikaanse gebruik om onder sekere omstandighede nie die dubbele s in samestellings te gebruik nie. Ons skryf nie korings-skuur nie, maar koring-skuur ; tog is dit wel Afrikaans-spreker . Ons sal die samestelling nie skei as korings-kuur nie, selfs al bestaan die woord kuur . Die lettergrepe word dus deur betekenis bepaal.

    Speltoetsing wat rekening hou met betekenis

    Die speltoetser is eweneens gebaseer op die eenheid van die lettergreep en nie op afsonderlike willekeurige kombinasies van letters nie. Ons het ook nie die fout gemaak van die aanmaak van permutasies van woorde nie. So mag dus nie gesê word dat twee woorde vier nuwe kombinasies oplewer nie. Sommige van die kombinasies is leksikale onsin en dra nie by tot sinvolle aanwysings nie. Die kombinasies veroorsaak selfs foute. Ons kom hierop terug.

    Die kompleksiteit

    Vanweë die gemeenskaplike herkoms van al die Europese tale kan die beginsel in gelyke mate toegepas word op sowel Afrikaans as Nederlands. Die rede waarom Afrikaans nie aan die hand van die Engelse metode ontleed kan word nie, is tog duidelik. Anders as Engels word ons samestellings aaneengeskryf. Die grens tussen die samestellings word bepaal deur betekenisse en deur eie gewoonte sedert die ontwikkeling van die taal van Jan van Riebeeck.

    So sal die toetsing van registrasietoestel negatief wees en registreertoestel korrek, maar die Amerikaanse sagteware ken nie die woord des onderskeids nie en wil beide vorme aanvaar. Die leksikale betekenisverskille is wesentlik. ’n Voorbeeld uit Fins is Jumala (“God”) in die woord jumalakeskeinen wat gedeel moet word as jumala-keskeinen (“teosentries”). Jumalanilma beteken egter “dreigende weer” en is Gods besit oor die weer, te skei as jumalan-ilma en nie as jumala-nilma nie.

    Dit beteken dat kombinasies van woorde die verbode vrug is vir snelle oplossings van toetsing en skeiding, met ander woorde van foute.

    *TALO het sig daarom ten doel gestel om woordeboeke saam te stel met woorde wat eg gebruik word in die praktyk en baie volledig is. Dit beteken dat woordeboeke alle verbuigings en vorme van woorde besit, hoewel die aantal en kompleksiteit tussen tale verskil.

    Die grootste woordeboek is Sweeds met 1,4 miljoen woorde, gevolg deur Duits met 850 000 woorde. Nederlands (420 000 woorde) en Afrikaans (220 000 woorde) is kleiner, omdat die gebruik van die naamvalle ontbreek en omdat die werkwoorde in Afrikaans minder vorme ken. Die woordeboeke word reëlmatig uitgebrei met nuwe woorde. In die Europese gemeenskap is BSE (malbeessiekte) byvoorbeeld aktueel en as gevolg daarvan ontstaan nuutskeppings, iets wat ongetwyfeld ook in Suid-Afrika sal voorkom. Ons brei die woordeboeke dan ook reëlmatig uit.

    Kombinasies, wat lei tot lukrake nuutskeppings

    Amerikaanse speltoetsingsprogramme maak ontledings van samestellings en nuutskeppings. Die programme probeer toets of die basiselemente van dié woorde bestaan. As die basiswoorde bestaan, word die onbekende woord as korrek aanvaar. Of anders word ’n lys voorstelle gemaak. Die lys voorstelle wat afgelei is van kombinasies, is veelal onsinnig. Soms word vergeet om spasies te laat, byvoorbeeld decalculators, en kry dan die Nederlandse alternatiewe dencalculators (van denneboom), dekcalculators (dek van ’n skip) odecalculators (’n liefdesode), theecalculators (tee).

    Die volgende soort fout is ook tiperend: ’n Nederlandse joernalis het gepraat van “tulpenmanie”, wat toe deur die beroemde sagteware aanvaar is. Nou word dié voorbeeld in Nederlands as tulpomanie geskryf. Vir Afrikaans is die benadering toevallig juis tulp(e)manie, maar ons sal skryf Turkomanne en nie Turkemanne nie. Die belang word verder onderstreep deur ’n vergissing as tulp-mania in die Landbouweekblad van Januarie vanjaar.

    Die probleme van die kombinasies word oor die algemeen groter namate die woordlengte toeneem, byvoorbeeld:

    bosluisontwikkelingsinhibeerder
    enkelrigtingberoepsopleidingskolleges
    hoëronderwysbestuursinligtingstelsel
    katoenpluismeulenaarsvereniging
    melkbeesprestasietoetsadvieskomitee.

    Die oplossings om lang woorde altyd te aanvaar en te swyg, kan ons nie begryp nie.

    Ons het egter daarna gestreef om omvattende woordeboeke saam te stel, wat ten minste die vraag beantwoord hoe gespel sal word met gelyksoortige woorde as voorbeeld. Die probleme met samestellings het die gewoonte laat ontstaan om koppeltekens te gebruik as onderbrekingsteken aan die einde van ’n geskrewe reël ( katoenpluis-meulenaarsvereniging of katoen-pluismeulenaarsvereniging), na gelang van waar die Amerikaanse sagteware ’n skeidingsfout gemaak het. Dié gebruik onderstreep die waarde wat ons heg aan volledige woordeboeke en die hoë noukeurigheid van woordskeidingstelsels. Noukeurigheid maak die tussenvoegings van koppeltekens oorbodig. Die probleem het ons ook in ander tale gekonstateer, en stylboeke van koerante probeer oorbodige tekens nou vermy ( Stijlboek NRC Handelsblad, 2000).

    In druk en geskrif

    Ons speltoetsings- en woordskeidings-XTensions vir die grafiese program QuarkXPress het een van die belangrikste toepassings geword. Ons het die toepassings ontwikkel tesame met Techno Design, ’n firma wat spesialiseer in die druk- en publikasiewêreld. ’n Belangrik aspek was die sukses wat behaal is in die hervorming van die spelreëls vir Nederlands, Duits en Frans. Ten opsigte van Noors is daar ook ’n hervorming aangekondig. Veral die XTension het veel bygedra tot oplossings vir die drukkers- en uitgewersbedryf.

    Soos te verwagte, het die hervorming van die spelreëls nie sonder verwarring ontstaan nie. In Nederland het die Taalunie (die regeringsinstansie) en Van Dale (’n outoriteit op leksikografiese gebied) elk sy eie reëls saamgestel. In Duitsland is die nuwe spelreëls eers na ’n uitspraak deur die Hoogste Hof (das Verfassungsgericht) aanvaar. Die koerante en nuusdienste het egter hul eie reëls saamgestel. In die lig daarvan het ons dus verskillende woordeboeke saamgestel.

    Vir Suid-Afrika kom die taal-XTension met beide hooftale. Ons het nie vergeet van die belang/invloed van Engels nie, maar hoop om Afrikaans sodoende te bevorder, omdat ons gemerk het dat weinig sagtewareprogramme Afrikaans verstaan. Ons wil die drukkerswêreld aanmoedig om die taal-XTensions eers ’n maand lank te beproef.

    *TALO het onlangs die speltoetsing uitgebrei na kombinasies van woorde, woordgroepe of rangskikkings. Die nuwe stelstel is bedoel vir koerante en ander instellings wat ’n eie stylboek elk na eie wens wil gebruik.

    Ons het vir Afrikaans voorbeelde van die moontlikhede aangegee. So kan die hoofletter in onder andere plaasname byvoorbeeld gekontroleer word: Frans se Kraal, asook in Eerste Straat, Drie Werve; of as ’n joernalis Grand Slam-titel skryf en die koerant wil dit Grand-Slam-titel spel.

    Maar ook die foutiewe gebruik van ou naamvalle kan vasgestel word: ten behoewe van, nie te behoewe van nie.

    Natuurlik is die gebruik van leksikale rangskikkings van besondere belang, omdat die betekenisse bepaal hoe daar gespel word.

    Vir Windows kan die Euro Speller 3.0 per e-pos by info@talo.nl aangevra word. Die voorbeeld-woordskeidingsprogram “die Euro Hyphenator” en Euro Speller 2.2 kan afgelaai word van http://www.talo.nl/download en die QuarkXPress XTensions is geplaas op die webtuiste van ons mede-ontwikkelaar by http://www.techno-design.com. Dit is verder moontlik om spesiale uitgawes te ontwikkel in samewerking met Afrikaanse bedrywe.

    Ons probeer om Afrikaans op hierdie wyse in woord en daad te ondersteun. Ons sou ook graag persoonlik met u wou kennis maak.

    *TALO b.v., Lijsterlaan 379, Bussum, NL
    e-mail: jaapw@talo.nl

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.