Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Taalbrief aan Die Burger

André P Brink, Tom Dreyer en Etienne van Heerden, Kaapstad, skryf:

As romansiers wat drie skryfgenerasies verteenwoordig, maak ons sterk beswaar teen die US se voornemens om op derdejaarsvlak onderrig binne een klaskamer in twee tale aan te bied.

Uit jare se ervaring in doseerlokale weet ons dat 'n klasreeks wat in beide Engels en Afrikaans aangebied word, weliswaar 'n idealistiese idee is, maar helaas in die praktyk sal beteken dat die posisie van die minderheidstaal geërodeer sal word.

Ons is oortuig daarvan dat Afrikaans uiteindelik die spit sal afbyt.

Dit is belangrik dat minstens een universiteit in die Wes-Kaap-streek Afrikaans vir sy rekening neem. Binne die konteks van veeltaligheid sou een van die ander drie kampusse dit kon oorweeg om Xhosa uit te bou.

Ons is dankbaar vir Engels as kontaktaal in hierdie land. Engels het die grense van Suid-Afrika na die buiteland oopgemaak en Suid-Afrikaners gehelp om mekaar beter te begryp. En doen dit steeds.

Dit beteken egter nie dat ons 'n taal wat net in ons land gepraat word, moet verwaarloos en afskaal nie. Afrikaans se krag en sofistikasie op die gebiede van die medisyne, die reg, die literatuurwetenskap en so meer moet eerder verder uitgebou word en as voorbeeld dien vir die ander Afrika-tale in ons land.

Afrikaans het buitendien diep wortels in die grond van onderdrukte en minder bevoorregte mense in hierdie land sedert die invoer van die eerste slawe en die vroegste kontak met inheemse Suid-Afrikaners.

Ons skaar ons nie by diegene wat taal as metafoor of voorwendsel aanwend om aan die politieke mag van die verlede vas te klou nie. Ons sien die voorreg om in 'n eie taal te leef, te werk en te skryf eerder as bemagtiging binne 'n land waar vele identiteite vry uitgeleef behoort te word. Ons wil graag sien dat ook die sprekers van ander Suid-Afrikaanse tale op soortgelyke wyse bemagtiging sal ervaar.

In 'n tyd waarin die klein (die plaaslike of lokale) węreldwyd in geding tree met die groot (die internasionale), ontwikkel allerlei positiewe nuwe energieë wat met die term glocal (local + global) beskryf kan word.

Ons moet in die uitleef van ons identiteite binne so 'n glocal węreld bly aandring op die waarde van plaaslike tale, kulture en skeppingskrag. As die digitale media as voorbeeld kan dien: syfers toon dat Engels se sny van die webkoek (aantal webwerwe) van 75 persent in 1988 tot 50 persent in 2003 gedaal het.

Afrikaans, Xhosa, Sotho en so meer is dus nie al tale waarin mense van oor die wye węreld heen hulself tans probeer uitleef nie. Dis niks vreemds nie. Dis nie verouderd of stiksienig nie. Dis eerder kreatief en bemagtigend.

As 'n land soos ons s'n die skynbaar onmoontlike kon regkry om 'n bloedige rewolusie te vermy, as inisiatiewe soos oorgrens-natuurparke uit ons geledere kan kom, kan ons sekerlik ook in vrede 'n taalekologiese ruimte skep waarin alle tale tot hul reg kom.

As die US hierdie simboliese stap, wat so 'n negatiewe boodskap oor veeltaligheid uitsein, doen, sal daar ná die drie skrywersgenerasies wat deur ons drie verteenwoordig word, nie nog 'n vierde een wees wat 'n roman in Afrikaans sal skryf nie.

Die US begin 'n eroderingsproses wat gaan uitspeel in die lesinglokaal, die uitgeebedryf, die boekwinkelsektor, die mediawęreld, ons leeskultuur, die professionele praktyk, praatgewoontes en, les bes, die leefgewoontes van Suid-Afrikaners.


LitNet: 14 Oktober 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SęNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.