Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hierdie bydrae maak deel uit van die geskiedkundige Afrikaanse Taalberaad (aangebied deur die NTLA) wat onlangs op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas in die komende weke van die lesings wat by hierdie beraad gegee is. Klik gerus hier vir die volledige program en lys van deelnemers.

Afrikaans en veeltaligheid in Suid-Afrika

Johann Rossouw

Die belangrikste rede waarom Afrikaans die verwysingspunt is wanneer daar oor veeltaligheid in Suid-Afrika gepraat word, is dat dit die enigste inheemse taal is wat vanaf 'n gesproke na 'n gedrukte en later uitgebeelde taal ontwikkel is. Die strategiese belang van Afrikaans vir veeltaligheid het dus nie soseer te doen met die taal se inherente waarde nie, maar meer met haar tegniese waarde.

Daar is geen voorbeeld van 'n taalstryd wat gevoer is sonder dat die taal nie ook gedruk was nie. As ons dus oor Afrikaans en veeltaligheid in Suid-Afrika wil praat, moet ons eers oor Afrikaans praat.

  • Wat Afrikaans betref, dan die volgende:
    1. Afrikaans sal geen noemenswaardige rol kan speel as hy nie tegelyk ontslae raak van sy politieke bagasie n sy winste as gedrukte taal behou nie, insluitende voldoende instellings van die gedrukte woord, soos sakeondernemings, skole, kerke, universiteite, wetenskapsbeoefening, 'n letterkunde en so meer.
    2. Die politieke bagasie van Afrikaans is met 1994 afgeskud, maar die dubbelsinnige politieke en ekonomiese nalatenskap van die taal is nie. Om di probleem op te los sal politieke en ekonomiese optrede nodig wees: politieke optrede in die sin van 'n nuwe gemeenskapsbeweging, ekonomiese optrede in die sin van om arm mense te help om ekonomies selfstandig te word.
    3. As die Afrikaner uit Afrikaans gehaal word, sal die taal sterf; as die taal se swart en bruin skakerings nie erken word nie, sal die taal stagneer. Of, anders gestel: die woord Afrikaans herinner ons daarin dat Afrika onder meer wit, bruin en swart insluit.
    4. Afrikaans kan nie die gyselaar wees van mense wat slegs 'n ekonomiese verhouding met hom wil handhaaf nie, of hulle nou wit en winsbejag is, en of hulle nou bruin en ewe winsbejag is. Dit wil nie natuurlik nie s dat om ekonomies te presteer verkeerd is nie - inteendeel.
    5. Afrikaners wat hul progressiwiteit probeer bewys deur hulself te ontken en skuldig te pleit, is die ekwivalent van bruinmense wat hul progressiwiteit probeer bewys deur Afrikaners verbitterd verdag te maak en terselfdertyd geen probleem het om Afrikaners se uitnodiging tot ruim-besoldigde maatskappydirekteurskappe te aanvaar nie. In beide gevalle het ons te doen met opportunisme van die eerste water, en hoe gouer die taaldebat nie langer, om watter rede ook al, aan sulke opportunisme uitgelewer word nie, hoe beter. Dit wil nie s dat Afrikaners die donker dele van hul verlede moet vergeet nie, of dat bruinmense wat in die verlede seergekry het, nooit weer die littekens van die ou wonde mag voel nie.
    6. As bemagtiging beteken dat individue skielik vinnig ryk word, beteken dit niks. As bemagtiging beteken dat gemeenskappe selfstandig gemaak word, beteken dit alles, maar dt gebeur nie oornag nie.
    7. As die gesprek oor taal verskraal word tot die twee woorde bemagtiging en handhawing, sal daar geen ander woorde in die taal oor wees nie.
    8. Die rede waarom die jongmense na wie almal so bekommerd soek in die taalgesprek, afwesig is, is dat hulle ouers afwesig is, en hulle ouers is afwesig omdat di weens 'n gebrek aan leierskap en 'n nuwe visie n apartheid in 'n nag van onsekerheid rondtas. En terloops, middeljarige joernaliste wat by elke moontlike geleentheid vir hul ouderdom om verskoning maak, stel net hulself in die verleentheid en gaan allermins die jongmense bendruk.
    9. Dit is belangrik dat die gesprek oor Afrikaanse identiteit voortgaan, maar hier moet ons versigtig wees. Ons moenie dink dat omdat woorde soos Afrikaner of bruin in die verlede 'n kunsmatige kleur weens politieke manipulasie gekry het, ons nou sommer eensklaps met ewe kunsmatige ekonomiese manipulasie 'n nuwe identiteit soos "Afrikaanses" uit die lug kan pluk nie. 'n Mens verander nie jou identiteit soos jou tandepasta nie, en jy behoort meer respek vir die vorming van identiteit te h as om sommer wild aan die bemark te gaan. In elk geval is dit opvallend dat die meeste meningsvormers wat skielik "Afrikaanses" is, self nog kwalik die ou Afrikanerlaer verlaat het, want dan sou hulle lankal gesien het dat jy vir swartmense en die res van die wreld 'n Afrikaner is en basta. Die eintlike vraag is nie of jy 'n Afrikaner is nie, maar hoe jy moeisaam en beskeie nuwe inhoud daaraan kan gee.
  • Wat Afrikaans en veeltaligheid in Suid-Afrika betref, die volgende:
    1. Om van taal in die eerste plek 'n staatsaangeleentheid te maak, selfs al is dit deur drome oor wat 'n nasionale taalstrategie vir Afrikaans en die ander tale vandag kan beteken, is die beste manier om dit nie net te verlam nie, maar ook in polities riskante vaarwaters te stuur. Kyk gerus na wat met Afrikaans na 1948 gebeur het. Taal is in die eerste plek 'n gemeenskapsaangeleentheid - kyk gerus hoe lewenskragtig Afrikaans voor 1948 was. Vir my bruin en swart broers wat vandag droom dat die staat hulle behoeftes gaan vervul, wil ek s: dis verstaanbaar dat julle so voel, want julle was na alles vir meer as drie honderd jaar aan die ontvangkant van hierdie koloniale staat. Maar kyk gerus tot watter laagtes het die Afrikaners as gevolg van staatsmag gedaal, asook hulle swart broers noord van die Limpopo n dekolonisasie. As ons werklik wil h die staat moet ons behoeftes vervul, moet ons begin deur ons gemeenskappe lewenskragtige rolspelers te maak wat die huidige koloniale staat kan aanpas by Afrika-toestande, sodat die staat nie maar net weer 'n keer deur 'n nuwe rasse-elite misbruik word nie.
    2. Nog 'n uitstekende manier om taalontwikkeling te verydel, is deur dit te depolitiseer. Mooi verto, vriendelikheid, kunstefeeste en dies meer lyk goed, maar verander bloedweinig aan die kruipende vereentaliging in Suid-Afrika. Slegs wanneer taal 'n instrument van gemeenskapsmag en ekonomiese opheffing is, sal dit ook ontwikkel.
    3. Alle drome van 'n veeltalige Suid-Afrika sal drome bly as ons ander Afrika-tale nie die voorbeeld van Afrikaans volg en tale van die gedrukte woord word nie. Dit sluit moedertaalonderrig vanaf graad 1 tot graad 12 in.
    4. Moedertaalonderrig vir almal sal nie gebeur as dit aan die huidige neokoloniale Afro-nasionalistiese Engelse regering oorgelaat word nie, aangesien dit nie by hulle oorheersingsagenda pas nie.
    5. Veeltaligheid sal nie 'n werklikheid word as dit nie baie deeglik en dringend uit die partypolitiek verwyder word nie, gegewe die feit dat die politieke party in postkoloniale Afrika eerder in diens van 'n staats- en korporatiewe elite as in diens van die gemeenskap staan.
    6. Veeltaligheid sal nie 'n werklikheid word as die stryd om die erkenning van verskillende identiteite nie gekombineer word met die stryd om klasse-uitbuiting te beindig nie. Hierdie gekombineerde stryd is die nuwe struggle van Afrikaner en Afrikaan.
    7. Afrikaans sal nie sy bydrae tot die ontwikkeling van ons ander Afrika-tale kan maak as dit allereers deur die staat of die korporasie geskied nie, in plaas van deur die gemeenskap.
    8. Eers as al ons mense in hul moedertale kan lees en skryf, sal hulle ware burgers kan wees. Demokrasie kan nie bestaan sonder ongeletterdheid nie, want geletterdheid, kritiese denke en die inperking van politieke en ekonomiese uitbuiting gaan hand aan hand.
    9. As ons veeltaligheid op hierdie manier benader, behoort ons die moed te h om te erken dat die huidige eentalige eenparty-orde mettertyd net so onverdraagsaam sal wees as wat die vorige eentalige eenparty-orde was.
    10. Volgens die Verenigde Nasies Ontwikkelingsprogram se pasuitgereikte Menslike-Ontwikkelingsverslag verstaan 85 persent van Afrika se mense een van 15 Afrika-tale. As hierdie tale oor die kunsmatige koloniale grense heen deur linguiste gestandaardiseer en in die skoolstelsel ingevoer kan word, kan ons Afrika werklik ontwikkel. Maar Afrika se huidige koloniaaltalige staatselites stel nie hierin belang nie: hulle sal net kla oor die kunsmatige koloniale grense wanneer di grense hul grypsug belemmer, maar wanneer dit hulle bevoordeel, swyg hulle daaroor in sewe tale (of elf).
    11. Afrika se toekoms sal veeltalig wees, of nie bestaan nie.



    LitNet: 30 November 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.