Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Hierdie bydrae maak deel uit van die geskiedkundige Afrikaanse Taalberaad (aangebied deur die NTLA) wat onlangs op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas in die komende weke van die lesings wat by hierdie beraad gegee is. Klik gerus hier vir die volledige program en lys van deelnemers.

Afrikaans en veeltaligheid1

Gerrit Brand

(Meertaligheidsaksiegroep / Multilingualism Action Group / Umbutho weeLwimi eziNinzi)

Hoekom moet Afrikaanssprekendes hulle oor veeltaligheid bekommer en nie net oor Afrikaans nie? Is dit billik om dit van hulle te verwag? Is dit realisties? Moet elke taalgemeenskap nie liewer verantwoordelikheid vir sy eie taal aanvaar vir sover hy behoefte daaraan het om di taal te bevorder nie?

Voordat 'n mens di vraag kan beantwoord - en dit is wat ek in hierdie bydrae wil probeer doen - moet daar eers 'n mate van duidelikheid wees oor wat met veeltaligheid bedoel word.

Veeltaligheid kan dui op 'n persoonlike vaardigheid: die vermo om meerdere tale te praat of te verstaan. Iemand wat Afrikaans, Engels, Duits en Sesotho kan praat, is byvoorbeeld veeltalig. Dit kan egter ook beteken dat meerdere tale vir bepaalde funksies of in bepaalde domeine gebruik word, byvoorbeeld vir administrasie in die staatsdiens of regspraak in die howe. Wanneer veeltaligheid as iets goed of wenslik voorgehou - en daarom bepleit of bevorder - word, is albei betekenisse van die woord gewoonlik daarby ingereken. Voorstanders van veeltaligheid wil graag sien dat mense ander tale naas hul moedertaal leer en gebruik. Hulle wil egter ook h dat daar in openbare instellings vir meer as een taal ruimte geskep word en dat meer as een taal vir belangrike funksies gebruik word.

As 'n mens veeltaligheid s verstaan, dan is dit meteens duidelik dat dit nooit 'n afgehandelde saak kan wees nie. Geen mens kan alle tale in die wreld bemeester nie en daar is 'n grens aan hoeveel tale vir 'n bepaalde funksie of in 'n bepaalde domein gebruik kan word. Veeltaligheid is dus 'n kwessie van meer of minder - 'n aspek wat dalk beter deur die woord meertaligheid weergegee word. Voorstanders van veeltaligheid of meertaligheid beywer hulle daarvoor dat meer tale deur meer mense vir meer funksies in meer domeine gebruik word.

Dit bring ons terug by die vraag: Hoekom moet Afrikaanssprekendes hulle vir hierdie "meer" beywer? Is die behoud van Afrikaans in die paar monde, funksies en domeine waar dit darem nog 'n prekêre vashouplek het nie al genoeg - of selfs te veel - van 'n uitdaging nie?

Ek dink dat daar meer as een goeie rede is hoekom Afrikaanssprekendes oor meer as net Afrikaans besorg moet wees. In die bre gesien is daar veral twee soorte redes hiervoor.

Ten eerste het Afrikaanssprekendes 'n belang by veeltaligheid omdat hulle 'n belang by Afrikaans het.

Ten tweede het hulle 'n belang by veeltaligheid omdat hulle mr as net Afrikaans is. Laat ek nader hierop ingaan.

Kom ons veronderstel vir 'n oomblik dat ons geen ander doel nastreef as die behoud en bevordering van Afrikaans nie. Hoekom sou ons ons dn met meer as net Afrikaans wou bemoei?

Die antwoord is dat Afrikaans nie in 'n lugleegte bestaan nie. In die sosiolinguistiek - die studie van faktore wat die wel en we van tale benvloed - word dikwels van ekologiese metafore gebruik gemaak om die dinamiek van die taalwerklikheid te beskryf. Tale word dan met organismes en taalverskeidenheid met biodiversiteit vergelyk. Nou weet ons mos dat die oorlewingskanse van 'n bedreigde dier of plant dikwels afhang van die toestand van sy habitat en sterk benvloed word deur die klimaat. Natuurbewaarders wat die Knysna-seeperdjie wil beskerm, kan nie net seeperdjies dokter nie, maar moet ook waak teen besoedeling of opdroging van die Knysna-meer - hulle moet hul met meer as net seeperdjies bemoei. Iets soortgelyk geld vir die oorlewingskanse - of dan ten minste vir die floreringskanse - van Afrikaans. As die omgewing nie geskik en die klimaat nie gunstig is nie, sal Afrikaans ook nie in lewenskragtigheid toeneem nie.

In 'n onstabiele oorgangstydperk soos di waarin ons ons tans nog bevind, is die gevaar nie denkbeeldig dat Afrikaans haar toenemend in 'n ongunstige klimaat bevind nie. Wat is die kanse dat ses miljoen Afrikaanssprekendes hul taal in die openbare lewe kan bly gebruik terwyl 39 miljoen in die rigting van Engels beweeg? Sal die Afrikaanse taaleilandjie dan nie maar mettertyd deur die eentaal-gety oorstroom word nie? In 'n dinamiese veelheid van tale kan Afrikaans, met goeie voetwerk, nog 'n nis vir haarself beding, maar as die hele samelewing 'n grys massa word wat in een rigting druk, is dit hoogs onwaarskynlik dat Afrikaanssprekendes in die teenoorgestelde rigting gaan bly trek.

Dink 'n bietjie hieraan:

- Hoekom sal mense lojaal aan Afrikaans bly as Engels die enigste taal is wat deure oopmaak in die arbeidsmark en die ekonomie?
- Hoekom sal anderstaliges vir Afrikaanssprekendes geleenthede in Afrikaans gun as hulle nie dieselfde geleenthede in hul eie tale kan geniet nie?
- Hoe lank sal Afrikaans staande bly as slegs Afrikaanssprekendes dit nog kan gebruik?
- Hoekom sal Sepedi- of Tshivendasprekendes Afrikaans leer - of selfs net akkommoderend teenoor Afrikaans wees - as Afrikaanssprekendes nie in hul tale ook belang stel nie?
- Hoekom moet Afrikaans as hoftaal behoue bly as die ander inheemse tale nie dieselfde voorreg het nie?
- Hoekom moet Afrikaans 'n betekenisvolle deel van die beskikbare kyktyd op die openbare diensuitsaaier behou as ander tale goedsmoeds deur die SAUK afgeskeep word?
- Hoekom mag Afrikaanssprekendes op skool en universiteit deur hul moedertaal onderrig word as anderstaliges daarsonder moet doen?
- Hoekom sal die staat en die privaatsektor geld en infrastruktuur aan Afrikaans beskikbaar stel en nie aan al die ander tale nie?
- Wat sal Afrikaanssprekendes f anderstaliges aan Afrikaans h as byna alle opvoeding, inligting en vermaak in elk geval in Engels beskikbaar is en in geen ander taal nie?

Tog is dit in wese wat ons verwag wanneer ons ons uitsluitlik oor Afrikaans bekommer. Ons vra dat Afrikaans spesiale behandeling moet geniet, dat Afrikaanssprekendes meer hulpbronne en geleenthede as ander tale kry, dat openbare infrastruktuur en fondse tot voordeel van Afrikaans aangewend word, maar nie vir ander tale nie. Hoe haalbaar is dit op die lang duur? In die proses werk ons dan aktief mee aan die skep van 'n situasie waar Afrikaans alleen staan in 'n uiters ongelyke stryd teen Engels, 'n wreldtaal wat vandag 'n posisie van mag en prestige beklee wat sonder weerga in die geskiedenis is. En nie net teen Engels nie, maar teen die hele res van ons landsbevolking wat Afrikaans dan toenemend as 'n "barrier to access" beskou en as sodanig tot die private sfeer wil verban. Erger nog: teen 'n groeiende deel van die Afrikaanssprekende bevolking self - swart n wit - wat toenemend na Engels aspireer en enige besorgdheid oor Afrikaans as hopeloos konserwatief en reaksionr beleef.

Die tweetaligheidsopset van die verlede is vir eens en vir altyd verby. Dit is - om weer 'n term uit die groen diskoers te leen - nie "volhoubaar" nie. Wie hul vir die behoud daarvan beywer, veg 'n reeds verlore stryd. In die plek daarvan sal een van twee moontlikhede gerealiseer word: vordering van twee- na meertaligheid f die teenoorgestelde - regressie na Engelse eentaligheid. Dit verg nie 'n genie om in te sien welke van di twee moontlikhede die gunstigste vir Afrikaans is nie.

Mense wat 'n belang by Afrikaans het, het - juis daarm en nie ten spyte of los daarvan nie - ook 'n belang by veeltaligheid, by mr as Afrikaans. Dit is, soos ek in 'n vroer bydrae2 reeds gesuggereer het, in Afrikaans se belang dat meer as net Afrikaanssprekendes Afrikaans moet gebruik, dat Afrikaanssprekendes meer as net Afrikaans (en Engels) moet kan gebruik en dat, naas Engels en Afrikaans, toenemend ook ander tale in openbare domeine en vir belangrike funksies gebruik word. Kortom, dit is in Afrikaans se belang dat meer tale deur meer mense vir meer funksies in meer domeine gebruik word. Alleen so kan 'n klimaat geskep word waarin Afrikaans gedy.
Afrikaanssprekendes was nog altyd strydlustig, maar dit is belangrik om 'n mens se gevegte goed te kies. Ter wille van Afrikaans moet ons die streep in die sand trek, nie tussen Afrikaans en Engels nie, maar tussen veeltaligheid en eentaligheid. In daardie stryd het ons nie net 'n gedugte teenstander nie, maar ook baie potensile bondgenote en - dalk nog belangriker - die morele ho grond.

Daar is, soos ek vroer ges het, ook nog 'n ander stel redes hoekom Afrikaanssprekendes hulle oor meer as net Afrikaans moet bekommer: Afrikaanssprekendes het nie belang by veeltaligheid net omdat hulle 'n belang by Afrikaans het nie, maar ook omdat hulle mr as net Afrikaans is. Mense wat Afrikaans praat, is immers ook Suid-Afrikaners. Daarmee probeer ek nie een of ander nasionalistiese romantiek optower, mense tot patriotisme en opoffering vir die vaderland oproep of 'n sakrale essensie van "Suid-Afrikanerskap" verbeel nie. Nee, ek gebruik die term Suid-Afrikaner om 'n verwikkelde netwerk van nasionaliteit, verblyfplek, ekonomiese interafhanklikheid, politieke interaksie, geskiedkundige verknoping en interkulturele kommunikasie en wankommunikasie te benoem. Afrikaansgebruikers is net soveel deel van hierdie veelvlakkige, meersinnige en multidimensionele Babel - hierdie "wye en droewe land" - as mense wat isiZulu, Xitsonga of Nama praat. Ons mag in alles en oor alles van mekaar verskil - sowel tussen as binne taalgemeenskappe - maar nie een van ons het belang daarby dat ons samelewing in 'n omvattende sin skade ly of dat die potensiaal waaroor ons land beskik, onverwesenlik bly nie. Ook uit di gesigspunt, meen ek, kan goeie redes aangevoer word hoekom veeltaligheid belangrik is.

In die eerste plek gaan dit om die erkenning van 'n fundamentele mensereg - die reg tot volle menswees in eie taal. 'n Mensereg is per definisie nie net my reg nie, maar ook elke ander mens se reg. Ek kan nie konsekwent iets vir ander misgun en vir myself as 'n mensereg opeis nie. By linguistiese menseregte behoort die vryheid om die taal of tale van keuse te kan gebruik, 'n vryheid wat slegs substansile betekenis het as dit, behalwe vir formele erkenning, ook deur strukture en maatrels konkreet gevestig word. Dit is byvoorbeeld sinloos om te s dat leerlinge en hul ouers die taal van onderrig op skool kan kies as daar in werklikheid net een taal beskikbaar is.

Ons Grondwet beskerm die reg van elke Suid-Afrikaner om in die taal van keuse onderrig te word. Dit beskerm ook die reg van gemeenskappe om hul taal en kultuur uit te leef. Verder bepaal dit dat elkeen die reg het om in 'n taal wat hy of sy verstaan verhoor te word en - in 'n meer algemene sin - die taal van sy of haar keuse te gebruik. Daarmee is taaldwang regtens uitgesluit. Die Grondwet bepaal verder dat daar net so min op grond van taal as op grond van ras, geslag, godsdiens, gestremdheid of seksuele orintasie teen iemand gediskrimineer mag word, dat die staat nie net in een taal met die publiek mag kommunikeer nie en dat beleid en wetgewing daargestel moet word om die status en gebruik van gemarginaliseerde tale te verhef. Artikel 6 stel dit dan ook duidelik dat die Republiek van Suid-Afrika 11 amptelike tale het wat op gelyke respek en billike behandeling geregtig is.

Oor die presiese interpretasie van die grondwetlike taalbepalings kan daar lank geredekawel word, maar een interpretasie is by voorbaat uitgesluit: die een waarvolgens al hierdie bepalings net mooi niks beteken nie, of - erger nog - beteken dat daar van tweetaligheid na eentaligheid eerder as meertaligheid beweeg moet word. Kortom, elke Suid-Afrikaner - ook Afrikaanssprekendes - wat belang heg aan die erkenning van basiese menseregte en vryhede en die oppergesag van die reg, het by implikasie ook belang by die vestiging van 'n veeltalige samelewing.

Die argument kan egter nie net op die vlak van regte bly vassteek nie. Dit gaan ook, soos ek in hierdie bydrae byna deurgaans probeer duidelik maak, oor belange. Dit is nie net dat ek die reg het om Afrikaans te gebruik en jou die reg gun om Engels of Gebaretaal te gebruik nie. Dit is natuurlik waar, maar dit is ook, afgesien van ons onderskeie regte, in jou belang dat ek Afrikaans kan gebruik - net soos dit in my belang is dat jy jou taal kan gebruik. Meer nog: dit is in ons al twee se belang om mekaar se tale so ver moontlik te leer en toe te sien dat al die tale van ons land billik en met gelyke respek behandel word.

Hoekom?

Ek gaan daarvan uit dat dit in alle Suid-Afrikaners se belang is dat ons die armoedeprobleem effektief te lyf moet gaan en die reusegaping tussen ryk en arm moet verklein. Faktore soos taalbevoordeling en -benadeling, wat die reeds gemarginaliseerdes verder marginaliseer en ongelykhede vergroot deur toegang tot geleenthede met 'n taalpas te versper, moet dus so ver moontlik uit die weg geruim word. In di verband werk taaldiskriminasie net so ontmagtigend as rassediskriminasie. Veeltaligheid kan en moet as 'n kragtige bemagtigingsinstrument ingespan word.

Wat dit betref, is daar geen spanning tussen 'n politiek van erkenning en 'n politiek van herverdeling en bemagtiging nie, want per slot van rekening gaan dit oor die erkenning n bemagtiging van armes en gemarginaliseerdes - miskenning en benadeling loop immers hand aan hand. Juis deur erkenning te gee aan die diverse taalvaardighede van laestatus-groepe en dit sodoende in kultuurkapitaal te omskep, word hulle bemagtig. As ons di erkenning agterwe laat en slegs die lingua franca van die elite respekteer, sal al ons pogings tot wesenlike herverdeling en bemagtiging ondoeltreffend wees.

Ons het almal belang by volhoubare ekonomiese en tegnologiese ontwikkeling, groter produktiwiteit en die opbou van menslike kapitaal in die vorm van kundigheid. Dit kan egter net gebeur vir sover moderne tegnologie deur middel van mense se moedertale in die plaaslike kultuur geanker en met inheemse kennis gentegreer word. Ontwikkeling deur 'n vreemde taal kan nie deur die teikengemeenskappe verstaan en toegeien word nie. Beter kommunikasie en wedersydse begrip verhoog produktiwiteit in die werkplek en dit is welbekend dat onderwys en opleiding deur die moedertaal veel beter resultate lewer as onderrig deur 'n vreemde taal. Is dit aanvaarbaar dat die meerderheid leerlinge en studente in ons land tweederangse onderwys ontvang?

Ek gaan verder daarvan uit dat die demokratisering van ons samelewing - die skep van 'n "oop samelewing" - 'n nasionale prioriteit is waarby ook Afrikaanssprekendes belang het. Demokrasie vereis inspraak en deelname en 'n oop samelewing vereis deursigtigheid en die "oop gesprek". Wi die openbare gesprek kan volg en daaraan kan deelneem, word onder meer bepaal deur die tale wat die gespreksruimte mag betree. Wil ons werklik eerste- en tweedeklasburgers in Suid-Afrika h? 'n Veeltalige land met 'n eentalige regering kan nie 'n demokrasie genoem word nie.

Wat vir die owerheid geld, geld insgelyks vir die media. Wat help dit as die media "vry" is, maar die meeste mense het nie toegang daartoe nie? Is dit in ons as Suid-Afrikaners se belang dat slegs die Engelsvaardige elite ingelig en opgevoed word terwyl die massa net vermaak word? Het ons vrede met die bestaan van 'n soort "surplusbevolking" wat nie die voordele van volwaardige burgerskap geniet nie?

'n Onafhanklike, onpartydige en geloofwaardige regbank is in ons almal se belang. Hoe moet die meerderheid van die bevolking met ons howe identifiseer en vertroue daarin h as slegs Engels en Afrikaans - en mettertyd slegs Engels - in die regspraak gebruik word? Maak dit sin dat Engelssprekendes deur landdroste en regters in hul moedertaal aangespreek word terwyl die res slegs deur tolke verhoor kan word - en dit selfs in gevalle waar alle betrokkenes in die saak dieselfde moedertaal deel?

Laastens kan enige samelewing kerngesond wees slegs as daar, ondanks alle verskille en konflikte, 'n basiese modikum van wedersydse respek en begrip tussen mense is. So iets is slegs moontlik vir sover ons mekaar se tale leer verstaan en gebruik en in mekaar se kulturele erfgoed deel. Suid-Afrikaners moet deur 'n dinamiese en oorvleuelende pluraliteit van lewenskragtige gemeenskappe en belangegroepe aan mekaar verbonde bly en met mekaar kommunikeer. Oordrag van tradisies en waardes moet sowel binne as tussen gemeenskappe plaasvind - iets wat onmoontlik is as ons onderskeie tale nie ook as gemeenskaplike besit ervaar en as 'n nasionale bate bestuur word nie. In di oop, kosmopolitaanse sin moet die "eie", die plaaslike, die inheemse - in al sy verskeidenheid - vooropgestel word.

Afrikaans is 'n onlosmaaklike deel van hierdie land en hierdie kontinent. Daarom kan Afrikaans nie sonder die ander tale floreer nie en is dit in alle Suid-Afrikaners se belang dat Afrikaans - as deel van ons land se taalskat - behoue bly en floreer. Wie Afrikaans wil bevorder, moet ook met anderstaliges saamwerk om meertaligheid te bevorder. En wie die beste belange van Suid-Afrika verstaan en op die hart dra, sal deel wees van wat ons dalk durf die "Derde Taalbeweging" te noem - 'n beweging vir veeltaligheid wat gedra word deur meer as net Afrikaanssprekendes en wat streef na 'n samelewing waarin meer tale deur meer mense vir meer funksies in meer domeine gebruik word.






1 Voordrag gelewer tydens die Afrikaanse Taalberaad van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad se Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans op 26 November 2004 te Stellenbosch.
2 Sien my voordrag oor "Leemtes en behoeftes met betrekking tot Afrikaans".


LitNet: 30 November 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.