Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hierdie bydrae maak deel uit van die geskiedkundige Afrikaanse Taalberaad (aangebied deur die NTLA) wat onlangs op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas in die komende weke van die lesings wat by hierdie beraad gegee is. Klik gerus hier vir die volledige program en lys van deelnemers.

Afrikaans en die sakewÍreld*

Anton Botha

 

1. Inleiding
Vir sakelui tel die kliŽnt telkens as prioriteit ter wille van behoud en uitbreiding van markaandeel. In Suid-Afrika is ongeveer 33 persent van die totale markplek uit huis uit Afrikaanssprekend. Alleen 'n dwaas sal die markaandeel misken en sakelui is nie dit nie!

Afrikaans is een van 11 erkende landstale, sodat sakelui met agting van hul mark ook meertaligheid as 'n bemarkingsmiddel sal wil gebruik. Die keuse vir (Afrikaanse) sakelui is dus nie Afrikaans ůf nie, maar Afrikaans ťn! Dus is die meeste sakepersone nie van nature taalstrewers nie, buiten meertaligheid. Die spreekwoord sÍ mos: "Soveel tale as jy kan, soveel male is jy man."

2. Bespreking
Die AHI se nismark is Afrikaanssprekend en ons het lede wat (aanvanklik) op die Afrikaanse mark gefokus is. Die AHI leef 'n stel lewenswaardes en beginsels uit wat eie is aan die Afrikaners, maar ook aantreklik vir Afrikaanses en ander medeburgers moet wees. Kontra die verkeerde toepassing in die verlede, is ons gebore demokrate (en dus sekerlik ook van nature dwarstrekkers). Behalwe as dit kom by kernsake, en dan laat ons ons maklik verenig agter so 'n belangrike saak, mits daar sterk leiers is wat dit verwoord. Dikwels het ons dan ook nog meer as een stroom oor sulke kernsake.

Afrikaans (en minderheidsregte) is sů 'n kernsaak wat die sterk potensiaal het om ons in alle rigtings te sleep voordat ons verenig agter twee of drie strome en leiers. Daar is diť wat gemaklik is met al die tale en nie juis sal opstaan vir Afrikaans nie; andere weer sal die verontregting van (gewaande) miskenning en verguising sterk aanvoel en daaroor in opstand kom; andere sal wil kalmeer met klem op ons diversiteit en inklusiwiteit, waarin ons krag lÍ. Daar is sekerlik nog meer moontlikhede. Feit is dat hulle almal die kliŽnte van sakelui is, en ongeag die plofkrag van die teenstrydighede is ons ingestel op die mark!

Die AHI is konstruktief en positief ingestel op die behoud en bevordering van Afrikaans in die sakewÍreld. Ons werk as organisasie op die beginsel dat ons aandag gee aan daardie sake waarvoor ons lede aptyt en energie het. Dusver het ons nie sulke inisiatief oor die bevordering van Afrikaans in eie geledere ervaar nie, waarskynlik omdat daar genoeg ander organisasies in die Afrikaanse taal- en kultuurkring is wat effektief geleenthede daartoe bied.

As ons let op die gebruik van taal in die sakewÍreld - direksiekamer, oor die toonbank, in korrespondensie - dan is dit sekerlik waar dat Engels 'n toenemende rol vervul. Wanneer die personeel egter informeel verkeer, vind mens meer dikwels dat Afrikaans ůf een of ander van die inheemse tale oorheers. Dit is opvallend dat die swart medeburgers soveel tale magtig is. Moontlik moet ons as ideaal stel dat elke Suid-Afrikaner, benewens die moedertaal, ook drie ander inheemse tale sal verstaan. Dit sal ons in staat stel om in respek teenoor mekaar ook eer aan mekaar te betoon.

Die ontstaan, bestaan en voortbestaan van die AHI is krities afhanklik van Afrikaans. Die Afrikaanse sakelewe is ons nismark wat in ons ledebasis, soos in Sakekamers, bediening en ondersteuning behoef ten bate van sake-ontwikkeling.

3. Slotsom
Die toekoms van Afrikaans in die sakewÍreld is belangrik afhanklik van die doelgerigte toewyding van Afrikaanssprekendes. Die AHI salueer elke persoon en organisasie wat hom/haar besig hou met die behoud en bevordering ook van Afrikaans in ons burgery.


* Toespraak by die opening van die Afrikaanse Taalberaad gereŽl deur die NTLA.


LitNet: 03 November 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.