Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hierdie bydrae maak deel uit van die geskiedkundige Afrikaanse Taalberaad (aangebied deur die NTLA) wat onlangs op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas in die komende weke van die lesings wat by hierdie beraad gegee is. Klik gerus hier vir die volledige program en lys van deelnemers.

Taalberaad1

Carel Boshoff IV

Kuns, kultuur en erfenis lyk na iets soos "die vrye uitinge van die taalgemeenskap". Iets soos die blomme of vrugte wat 'n plant voortbring, wat vir sommige gebruikers daarvan hoogstens dekoratiewe of geesteswaarde het, maar vir hulle op die grense van noodsaaklikheid lÍ. Vir die plant is sy blomme of vrugte egter nie marginaal nie, maar lewensnoodsaaklik, en die toestand daarvan spreek van die organisme se reaksie op sy omgewing. Daarom behoort ons hier nie net oor blomme en bye en vrugte te praat nie maar - by wyse van spreke - ook oor die weer. Ek wil vier punte stel.

1.
Vraagstukke van taal - dus van gemeenskap (want taal is gemeenskap en sonder gemeenskap is taal nie net onvolhoubaar nie, maar in werklikheid ondenkbaar), dus van identiteit, is altyd alreeds politieke en dikwels ook hoogs gepolitiseerde (wat nie dieselfde is nie) aangeleenthede. Daar is dus nie so 'n gevaar as dat Afrikaans "gepolitiseer" word nie, maar eerder dat te veel gebruikers die depolitisering daarvan verlang - met die gevolg dat hulle hulself in die proses ontwapen, en wanneer hulle dan wel in Afrikaans wil intree, die spreekwoordelike mes in 'n skietgeveg uitpluk. (Daar is natuurlik ook gevaar in 'n taal se betrokkenheid by 'n ernstige politieke magswanbalans in sy guns, maar tien jaar later is dit nie vir Afrikaans van deurslaggewende belang nie.)

Hiermee plaas ek my natuurlik lynreg teenoor prof Brink, wat die politieke dimensie, wat op die onderskeid tussen vriend en vyand berus, wil uitbestuur. Hierdie uitfasering, oftewel die globalisering van die liberale voorkeur vir administrasie eerder as politiek, is nie ideologies neutraal nie en strek tot iemand se voordeel. En dit is nie die kleiner tale nie.

Wat ons by die weer bring. Dit is waar dat globalisering soos die weer is, dat mens daaroor kan praat, maar dit nie kan verander nie - en dat daar ook nie noodwendig 'n sameswering daaragter lÍ nie. Maar dit is tog van belang om in te sien hoeveel van wat ons doen, ons as gevolg van en aan die hand van die weer doen - kleredrag, argitektuur, energiebenutting, ensovoorts. Dus, in die gees van die groot EN, laat ons kennis neem van die wÍreld soos dit is, EN laat ons besiel wees deur die wÍreld soos dit moet wees. (Eintlik 'n kostelike voorbeeld van die vals bewussyn wat deur globalisering gevoed word, dat in hierdie kenmerkend pragmatiese modus 2-samelewing niks so volop is as visiestellings nie.) Ek sien die ANC-jeugliga praat van "gedissiplineerd militant" - en die twee begrippe versterk mekaar. Ek dink ons moet praat van "prakties visioenÍr".

2.
Praat ons van taal, dan praat ons alreeds van sy gebruikers; praat ons van taalgebruikers, praat ons reeds van gemeenskap; praat ons van 'n taalgemeenskap, is die risiko van homogenisering en hegemonisering reeds op die loer.

Dit bring ons by 'n veelheid van gemeenskappe wat deur taal - en baie meer - gekenmerk word en wat meer of minder met mekaar gemeen het. Maar wat maak dit van ons almal wat oor Afrikaans entoesiasties is? Ek dink 'n Afrikaanse gemenebes - een van daardie ryk begrippe uit die republikeinse woordeskat wat saam met begrippe soos federalisme en subsidiariteit verstaan kan word. En moet u nie laat mislei omdat dit teoreties klink nie - dis 'n uiters praktiese punt vir 'n geslaagde taal- en talestrategie in Suid-Afrika.

3.
Daar is 'n kritieke behoefte aan 'n veelheid van doelmatige organisasies en strukture. Dit staan teenoor die aksioma wat betreklik onlangs nog in goeie geselskap aanvaar is - en in ander geselskap nog steeds heers - dat georganiseerdheid iets verteenwoordig wat kunsmatig en onwesenlik is en dat dit spontaneÔteit en skeppende energie demp. Nou weet ons almal dat daar so 'n risiko bestaan, maar na tien jaar van funksieverlies weet ons dat om die organisatoriese kant te misken of af te skeep, 'n waarborg vir mislukking is. Hierdie insig moet gepoluraliseer word.

4.
Taal en kapi-taal. In Spanje, in die streek Mondragon, is daar 'n ekonomiese opheffingsbeweging ('n voorbeeld van "etno-ontwikkeling") wat oor die afgelope vier of vyf dekades skouspelagtige sukses behaal het, maar met so goed as niks nie begin het. Een van die redes wat vir hulle sukses aangegee word, is dat hulle die heersende ekonomiese teorie, nl dat grondstowwe, arbeid en kapitaal gelyke faktore in die ekonomie sou wees, deurgesien het en besef het daar is 'n hiŽrargie: kapitaal beheer, arbeid praat terug en moet gevolglik verreken word, en grondstowwe kan skaamteloos benut en oorbenut word. Daarteenoor het hulle 'n benadering gevestig wat by grondstowwe begin en dit omskryf as dit wat jy tot jou beskikking het; arbeid is dit wat jy daarby toevoeg; en kapitaal is dit wat jy na afloop van die produksie en verbruik die moeite werd ag om oor te hou, om te spaar -geestelik sowel as materieel.

My toepassing is dat my taal, en in 'n mindere mate, maar wesenlik elke ander taal waartoe ek toegang het, en in beginsel elke taal wat iemand s'n is, geestelik gesproke 'n kapitale reserwe is. Die knoop lÍ natuurlik daarin dat hierdie geestelike kapitaal materiŽle en in die besonder monetÍre kapitaal nodig het om ontsluit te word.

Ek wil dus herhaal wat ek ook by die vorige byeenkoms gese het: dat 'n taalstrategie nie sonder 'n taalfonds kan slaag nie en dat dit 'n wesenlike deel van ons beplanning moet uitmaak.



1 Voordrag gelewer tydens die Afrikaanse Taalberaad van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad se Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans op 26 November 2004 te Stellenbosch.


LitNet: 15 December 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.