Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Energieke ontwikkelinge in Afrikaans

Jaap Steyn

— Taal se leefruimte: aksie slaag as owerheid dit weier

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • ’n Paar berigte oor prestasies en die groei van Afrikaans het die afgelope tyd in die media verskyn.

    Een daarvan is die geweldige toename in die getal bladsy-versoeke vir LitNet. Dit het gestyg van 16 000 in Augustus verlede jaar tot 115 259 in Augustus vanjaar.

    As elke leser so dertig keer per maand iets in LitNet lees, beteken dit sowat 38 000 tot 40 000 lesers, waarskynlik meer.

    Nie net die groei van LitNet (met Etienne van Heerden as uitvoerende redakteur) is merkwaardig nie, maar ook die verskeidenheid leesstof wat dit aanbied. Die grootste aantrekkingskrag is vir baie lesers seker die briewe. Hulle handel meer oor die onlangse verlede, politiek en landstoestand as oor literêre sake, maar die aanleiding is gewoonlik boeke of uitlatings van skrywers. Wat die aantal lesers en skrywers betref, is LitNet die suksesvolste literêre tydskrif wat Afrikaans nog gehad het.

    In LitNet verskyn op die oomblik ook die referate vir ’n Skrywersberaad. Een daarvan vestig die aandag op ’n ander prestasie, naamlik die voortreflike verskeidenheid en goeie gehalte van nuwe boeke wat in die laaste tyd verskyn het en aan kom is.

    Hannes van Zyl, hoofbestuurder van Tafelberg en ander Naspers-uitgewers, noem ’n aantal groot romans, ’n digbundel, nie-fiksie en twee poësiebloemlesings, Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte van Gerrit Komrij en Groot Verseboek 2000 van André P. Brink.

    Van Dalene Matthee se Pieternella van die Kaap is 45 000 eksemplare in agt weke aan die boekhandels verkoop.

    Van Zyl sê dat so ’n inventaris ’n klompie jare gelede as bevestiging en voorspelling van voorspoed gesien sou word. Vandag is ’n mens versigtiger. Ons moet nie te veel roem op die verlede en te oordrewe verslae wees oor onlangse teenslae nie, sê hy versigtig, maar: “daar is nog baie vreugde in die Afrikaanse boek’’.

    Nog ’n positiewe ontwikkeling is die groei van kykNET, die Afrikaanse kanaal van Multichoice. Dit is besig om een van die gewildste kanale vir intekenaars te word. Dis aan die gewildheid van kykNET te danke dat die SAUK nou begin het om weer meer volwasse programme aan te bied as die Fishy Fêshuns-Vetkoekpaleis tipe vermaak. Verlede week het ’n herhaling van Chris Barnard se uitstekende Onder draai die duiwel rond en die vorige week die Duitse Misdaad-reeks begin.

    Waaraan moet ’n mens die prestasies toeskryf? Prestasies is alleen moontlik as daar talentvolle mense is en hulle die geleenthede kry om te presteer.

    Party geleenthede soos dié wat kykNET, LitNet en die uitgewerye bied, moes private ondernemings self skep maar sommige geleenthede kan geen taalgroep self maak nie. In die howe, staatsdepartemente en ander openbare instellings moet die owerheid die leefruimte vir tale verskaf. Wanneer die owerheid dit weier, word taalaksies nodig.

    Die doel van die meeste taalaksies is om geleenthede vir taalgebruik te skep. Dit blyk uit wat gebeur het in die uitsaaibedryf. Die SAUK het Afrikaanse programme ses, sewe jaar gelede drasties begin inkort. Die koerante het kolomme vol klagtes, proteste en griewe geplaas iets wat die apologete van die bewind mateloos geïrriteer het.

    Derduisende televisie-eienaars het geweier om vir lisensies te betaal en party moes in die hof verskyn. ’n Taakgroep vir die bemagtiging van Afrikaanse televisiekykers (Tabema), is gestig wat dikwels met die SAUK gepraat het.

    Die aksies en klagtes het skynbaar nie veel gehelp nie. Skynbaar, want die skyn bedrieg. Dis onder meer aan Tabema se ywer te danke dat Afrikaanse programme weer in spits-kyktye as ’n blok saam vertoon word wat die SAUK se kykertalle laat groei het.

    Sonder die openbare protes en mislukte aksies sou almal onbewus of onseker gebly het van die kykers se taalhoudings en -voorkeure en sou niemand ’n waagstuk soos kykNET aangepak het nie. Sy welslae tot dusver het die onwillige, hardkoppige SAUK gedwing om sy Afrikaanse kykers iets meer aan te bied uit vrees dat hy te veel kykers en adverteerders kan verloor.

    Taalbewustheid het in die laaste dekade toegeneem. ’n Groot deel van die bevolking, nie net Afrikaners nie, het ontvanklik geraak vir maatreëls om Engels-eentaligheid teen te gaan.

    Dit kan mens aflei uit die bevinding in ’n onlangse Markdata-ondersoek dat slegs 12% van die respondente uit alle taalgroepe onderwys deur medium van net Engels wil hê, ook uit taalwetgewing wat voorberei word en reaksies op Pansat-uitsprake.

    Individuele talent en private inisiatief is deel van taalbevordering. Maar die waarde, direk en indirek, van klagtes, proteste en taalaksies het ook duidelik geblyk. Dit behoort taalaktiviste in hul strewe te sterk.

  • Hierdie artikel het op Dinsdag 19 September 2000 as deel van Jaap Steyn se gereelde rubriek in die Beeld verskyn. Dit word met die vriendelike vergunning van die koerant en die outeur geplaas.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.