Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Geborg deur die Taalsekretariaat

Kerk, volk en taal nŠ die Anglo-Boereoorlog en die Rebellie

Jaap Steyn

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Die taalstryd staan nie los van ander aktiwiteite wat Afrikaners nŠ die Anglo-Boereoorlog aangepak het nie. Hierdie aksies was gerig op hulp aan verarmde en noodlydende mense, maar indirek het ook die taal daarby baat gevind. Albei soorte aktiwiteite — hulpverlening en die taalstryd — was aspekte van Afrikanernasionalisme. Terloops moet ’n mens byvoeg dat daar talle definisies van nasionalisme is en dat dit dalk beter is om die na-oorlogse Afrikaanse volksgevoel as ’n volks- of etniese “beweging” te beskou.

    NP van Wyk Louw het die essensie van ’n etniese beweging of nasionalisme aangedui toe hy geskryf het dat ’n ware en bewuste nasionale gevoel net ontstaan waar enkeles ’n groot agterstand by hul volk gewaar. “Miskien is die ellende ekonomies. Duisende mense sien rondom hulle: armoede, hulpelose stryd, wanhoop; en hierteen begin hulle optree.” (Versamelde Prosa 2, 424).

    Hoe juis hierdie siening is, blyk uit ’n episode uit die lewe van genl JBM Hertzog. CM van den Heever skryf in sy biografie van diť groot taalstryder en politieke leier dat Hertzog nŠ die oorlog in die strate van Bloemfontein die verandering vanweŽ die “druk van die veroweraar” kon waarneem. “Hy kon merk hoe die minderwaardigheidsgevoel by sy mense aangroei. Stom en verdwaasd het baie hom aangekyk of hulle tamgeslane wesens is.” Een ervaring het hy nooit vergeet nie. Hy het by die Bloemfonteinse poskantoor ingestap en daar gesien hoe sy mense sukkel om geholpe te raak. “Nederig het hulle ‘die Generaal’ gegroet; daar was ’n donker smeking in hul oŽ. Hulle het na hom en ander Afrikanerleiers opgesien om raad, om hulp, om leiding. Diep in hom het die sterkste krag geroer wat daar in die mens is” (Genl JBM Hertzog, 190).

    Dit is nodig om eers uiteen te sit wat die posisie van die Transvaalse en Vrystaatse Afrikaners nŠ die oorlog was voordat ons let op die hulpaksies.

    Sowat 36 000 Afrikaners het in die oorlog omgekom — dit wil sÍ ongeveer 15% van die Afrikanerbevolking van sowat 100 000 uit die Vrystaat en 125 000 uit Transvaal in 1899. Die twee republieke was grondig verwoes. Die skrywers van ’n Britse verslag sÍ dat die land ’n woesteny was; The Times History of the War in South Africa gebruik die woorde “an absolute wilderness”. Volgens diť werk het daar feitlik geen plaashuis bly staan nie. In groot gebiede was feitlik al die vee doodgemaak. Behalwe ’n paar damme en stukke draadheining “the whole apparatus of rural civilization has practically been wiped out”. Dertigduisend plase is afgebrand. Van die een miljoen beeste in Transvaal was 200 000 oor; van 200 000 perde 50 000 en van die 1 500 000 skape en bokke 400 000.

    ’n Latere Britse premier, J Ramsay MacDonald, het nŠ ’n besoek in sy boek What I saw in South Africa, September and October, 1902 (ook in Afrikaans vertaal) die skade beskryf. Noord en wes van ’n lyn wat mens op die Vrystaatse kaart van Winburg tot Ficksburg kon trek, tot op die Transvaalse grens, was min huise buite die dorpe oor, en die dorpe self, soos Bethlehem, Reitz, Senekal en Vrede, was in alle stadiums van verwoesting.

    Hy beskryf hoe die Vrystaatse dorp Lindley sinloos, maar volledig in ’n puinhoop verander is. “Voor die oorlog was Lindley ’n ArkadiŽ, toegeplant met bome; nou het dit sonder skaduwees teen die geel, verskroeide bult gelÍ.” Daarvandaan het hulle in drie dae 150 myl verder gery. “Die land was so verlate en woes soos die kant van die Sahara; byna die enigste beeste wat ons gesien het, was die karkasse wat langs die pad lÍ en verrot het; ons het slegs by een plaas verbygegaan wat onbeskadigd was.”

    Die hele Oos- en Wes-Transvaal was verwoes — die suidoostelike deel was afgebrand. In Noord-Transvaal het swartes blykbaar op groot skaal vernielings aangerig; “van die een end van die land na die ander, behalwe in sommige noordelike dele, is alles verwoes wat tot voedsel gemaak kon gewees het, beeste gedood, plaasgereedskap stukkend geslaan, damme gebreek en besproeiingswerke beskadig.” Verwoes — dit is die veelseggendste trefwoord in MacDonald se boek. G.D. Scholtz raam die skade wat die Britte aan private eiendom aangerig het by die £100 miljoen. Die nominale waarde is “slegs” R200 miljoen, maar die reŽle waarde, wat feitlik onmoontlik te bereken is vir bedrae voor 1910, is waarskynlik tussen R18 en R20 miljard.

    Op Vereeniging, waar die Boere die Britse vredesvoorwaardes in Mei 1902 bespreek het, het genl Louis Botha die mees onmiddellike probleem geÔdentifiseer: “Ons volk is op stoflike gebied totaal uitgeroei.” Op talle dorpe was daar nie kos te koop nie. ’n Nederlands-gebore joernalis, J Steinmeyer, skryf in Spykers met koppe: “Op een plek waar ek noodwendig enkele dae moes vertoef, het die vernaamste maaltye bestaan uit mieliepap en pampoen; die volgende dag was dit pampoen en mieliepap. DroŽbrood en swart koffie het die ander maaltye gevorm. En dan was daar lank nie altyd genoeg nie. Vleis was niks minder as ’n weelde-artikel nie.” Die oorlog het armoede vererger. “Die meerderheid van ons volk ly bittere armoede, en armes soek soms werk by swart mense,” het De Volksstem op 23 Julie 1904 geskryf.

    Vir die heropbou van die land wat die Britte so grondig verwoes het, moes hulle £3 miljoen as kompensasie betaal. Daaruit moes ook die hensoppers en joiners vergoed word! Dit was duidelik dat niemand ten volle vir sy verliese kompensasie sou kry nie. Genl Louis Botha het £20 000 geŽis en £900 is toegeken. Hy het die geld net so teruggestuur. Baie mense het byna niks uitgekry nie. Griewe oor kompensasie het ’n prikkel geword wat tot nuwe politieke aksie gelei het. Dit was van die hoofsake op Afrikanerkongresse in Pretoria en Brandfort in 1904.

    Die laaste besluit van die afgevaardigdes by Vereeniging was om genls Botha, Christiaan de Wet en Koos de la Rey na Europa te stuur om hulp vir die weduwees en wese te kry. NŠ besoeke aan Nederland, BelgiŽ, Parys en Berlyn is sowat £125 000 ontvang. Van belang was die hulp van Kaapse Afrikaners. Reeds in die oorlog is £62 778 vir gewondes, weduwees en wese uit die republieke ingesamel. Ook nŠ die oorlog het Kapenaars soveel gegee as waartoe hulle in staat was. Ds CD Bam van die Vrystaat het op 22 Oktober 1903 op die Kaapse NG Sinode gesÍ: “Duisende ponde, duisende stuks vee het van u na ons gekom om ons in ons lyding te help. Toe ons dierbare vroue, wat in die kampe opgesluit was, weggesterf het, het u, het u kerk, het die Moederkerk vir hulle gedoen wat in sy vermoŽ was.”

    Die mense het met alle mag gewerk om die skade te herstel. “Nog nooit tevore — en ook seker nie daarna nie — het duisende Afrikaners so geswoeg en geslaaf as van 1902 tot ongeveer 1906 nie,” skryf GD Scholtz. In ’n kort tyd het daar ’n nuwe Vrystaat en ’n nuwe Transvaal “soos twee fenikse uit die as en puin” ontstaan. (Scholtz gee in Die ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner, deel V, 1899-1910, ’n goeie oorsig van die verwoesting en die heropbouproses.)

    In die heropbou van die land het die Afrikaanse kerke ’n belangrike rol gespeel.

    Die oorlog het ongeveer 20 000 kinders ouerloos gelaat. Familie en vriende kon sommige van hulle grootmaak, maar baie van hulle het geen heenkome gehad nie. Binne enkele maande nŠ die oorlog het drie leraars van die NH of G Kerk van Transvaal (die destydse naam van die Transvaalse NG Kerk) weeshuise opgerig, naamlik ds AP Kriel van Langlaagte in September 1902, ds JM Louw van Boksburg in Oktober 1902 en ds AP Burger van Middelburg in November 1902. Laasgenoemde twee s’n is in 1904 en 1908 met ds Kriel se weeshuis verenig. Ds Kriel was een van vyf Transvaalse NG bittereinder-leraars. Hy was van 1893 predikant van Langlaagte en het toe al begin om wees- en hawelose kinders te versorg. Van 1896 af is hy bygestaan deur ’n Bolandse vrou, mej Maria Kloppers, maatskaplike werkster van die Vrouesendingbond.

    Toe ds Kriel in 1902 ’n klompie oorlogswese in sy pastorie opneem, het mej Kloppers hom gaan help. Die weeshuis is op 4 September 1902 geopen met sewe kinders. Voor die einde van die jaar was daar 92 en in September 1903 245. Meer huise en erwe is aangekoop en in 1913 selfs twee plase. Die kinderhuis het geen vaste inkomste gehad nie, maar het steeds die nodige middele gekry — in antwoord op gebede, soos ds Kriel dit gestel het. Soms het daar 3 pennies van ’n weduwee opgedaag, maar ook bedrae van £1 000 tot £3 000 — en daarbenewens ook kaste klere, vrugte, groente, gebak, meel, mielies en slagvee. Met ds Kriel se dood in 1928 was daar meer as 600 kinders in die tehuis, wat toe na die stigter genoem is.

    ’n Verteenwoordiger van The Transvaal Critic het in 1906 geskryf dat hy nog nooit ’n skoner en meer higiŽniese plek gesien het nie. “Die kinders bak brood, was klere, wit die mure, skrop die vloere. Hulle maak hul eie seep, hulle beplant die tuine met groente en vrugte. Hulle maak skoene, beddekens, klerekaste en sitbanke. Op honderd maniere word die kinders nuttige dinge geleer nadat hulle elke dag vier uur in die skool deurgebring het.”

    Aan ’n ander kerkman, dr Wm Nicol, het Kriel eenmaal gesÍ: “Ek dank die Here dat ek gehoorsaam was, maar vol geloof was ek ongetwyfeld nie. Telkens as ek vir myself sÍ dat ek moet glo, word ek bang. Maar as ek sommer in gehoorsaamheid die oŽ toemaak en my opdragte aanpak, sorg die Here dat alles regkom.”

    In die Vrystaat het weeshuise tot stand gekom op Winburg, Brandfort, Bethulie, Ladybrand en Bethlehem. Baie hulp vir die versorging van die wese in die Vrystaat en Transvaal het van Kaapse Afrikaners gekom. Die kerke het ook die armes probeer help. Die voorbeeld is gevolg van die Kaapse NG Kerk wat in 1898 ’n arbeidskolonie in Kakamas gestig het. So is Lagersdrift, Middelburg en Goedemoed aan die Oranjerivier gestig.

    Weeshuise is vanselfsprekend van groot waarde wanneer ’n taal in ’n oorlewingstryd verkeer. Die weeskinders kan grootgemaak word in die huistaal wat hulle by hul ouers geleer het, of anders in die dominante taal van die staat. Die oogmerk van die na-oorlogse weeshuise was hulp aan die weeskinders, maar dit het ook verseker dat die kinders in Afrikaans grootword. Soos GD Scholtz skryf, het die kinderhuis duisende Afrikaanse kinders “wat na siel en liggaam verlore kon geraak het” gered en vir die lewe gereed gemaak.

    Die Afrikaanse kerke was ook verantwoordelik vir die betreklike groot sukses wat die beweging vir eie skole in Transvaal gehad het. Die skole van die Christelik-Nasionale Onderwysbeweging (CNO) het naas Hollands ook Engels as vak en voertaal gebruik. Op diť skole is gewys in die essay “Die taalstryd nŠ die Anglo-Boereoorlog”.

    Veral nadat die NG Kerk sy steun gegee het, het diť skole in Transvaal uitgebrei. Die predikante was gesagsfigure wat groot invloed kon uitoefen in hul gemeenskappe. In diť tyd van groot armoede het gemeentes verbasende groot bedrae vir die CNO-skole bymekaargeskraap.

    Deur die ywer van die kerke, die Commissie voor de CNO, die Boereleiers, CNO-onderwysers en die koerante soos De Volksstem (later De Volkstem met een -s-) en Het Westen het daar sedert die einde van 1902 ’n netwerk CNO-skole in die dorpe en distrikte van Transvaal ontstaan. In 1904 was daar 172 CNO-skole met 286 onderwysers en 6 958 kinders in Transvaal, en in 1905 228 skole, 419 onderwysers en 9 335 kinders. In vergelyking met die staatskole was dit nie indrukwekkend nie. In Junie 1905 was daar 29 456 leerlinge in die staatskole. Maar die staatskole kon leerlinge trek met gratis onderwys, skoolboeke, losies en reistoelaes, terwyl die CNO-skole gewurg het weens die ouers se armoede.

    Nogtans was lord Alfred Milner en die Engelse pers ontstem oor die vordering van CNO. Die strewe “to preserve the ‘taal’ from extinction and maintain the burgher population as a separate people” was vir The Star tekens van ’n diepgewortelde politieke vooroordeel.

    Ook in die Vrystaat is in 1904 en 1905 ’n hele aantal CNO-skole onder beheer van kerkrade opgerig. Behalwe die gebrek aan skoolgeboue en gesukkel om onderwysers in die hande te kry, was die geldgebrek die Vrystaters se vernaamste probleem. Die staatskole het gratis onderwys, vrypasse en spoorwegkonsessies aangebied, waarvan die CNO-leerlinge uitgesluit is. Dit wil voorkom of die Vrystaat niks ontvang het van die ZAR-”erfgeld” wat uit Nederland na Transvaal gekanaliseer is nie. (Dit is Transvaalse geld wat in die oorlog na Nederland geneem en nŠ die oorlog met groot omsigtigheid teruggestuur is vir bepaalde projekte soos die CNO-skole.) Die Vrystaatse CNO-skole kon dit nie volhou nie, en in 1905 het verteenwoordigers van die kroonkolonie en die NG Kerk ooreengekom om die staats- en CNO-skole te verenig. Die voertaal sou Engels wees, maar ewe veel tyd sou aan Hollands en Engels as vak gaan.

    Die ooreenkoms was vernederend vir Hollands, het De Vriend geskryf. Pres MT Steyn en ’n taalstryder, ds W Postma, wou nie die ooreenkoms steun nie. Die Gereformeerde Kerk was sterk daarteen, en De Volksstem, die Transvaalse kerkblad De Vereeniging en die pers in Nederland het dit gekritiseer. Enkele NG gemeentes, soos Brandfort en Smithfield, was teen amalgamasie.

    Twee van Bloemfontein se bekendste skole het ontstaan as gevolg van die voortsetting van die taalstryd. Die Gereformeerde Kerk het CNO voortgesit en ds Postma het in Augustus 1905 in Bloemfontein die Vrije Christelike School gestig. Dis aanvanklik in die kerkgebou van die Gereformeerde gemeente gehuisves. Daaruit het die Sentrale Laer- en HoŽrskool voortgekom, wat in die 1960’s die grootste Vrystaatse skool sou word.

    Die teenkanting teen die Engelse gees van die meisieskool Eunice het daartoe gelei dat ’n groep Afrikaners onder leiding van pres MT Steyn in Augustus 1907 die Christelike en Nasionale Meisieskool Oranje gestig het.

    ’n Mens kan vermoed dat hierdie optrede van die Afrikaanse kerke, veral dan die NG Kerk wat die grootste was, ook gevolge vir die verhouding tussen die kerk en die volk gehad het. ’n Kerk wat onverskillig sou staan teenoor die nood van sy lidmate is verlore. Die Afrikaanse kerke het die lidmate bygestaan in hul tyd van nood, en dit het die gesag van diť kerke versterk en hul aansien vergroot. Iets soortgelyks het in die negentiende en twintigste eeu in Pole gebeur tydens die onderdrukking van die Poolse volk deur verskeie groot state. Hitler en Stalin het die Poolse kerk vergeefs tot niet probeer maak. Dit blyk daaruit dat die grootste getal mense wat nog op ’n byeenkoms was, naamlik drie en ’n half miljoen, in 1976 opgedaag het toe pous Johannes Paulus die Poolse stad Tsjestotskowa besoek het.

    Die heropbouproses was net afgehandel toe ’n nuwe geldelike ramp ’n groot aantal Afrikaners van die Vrystaat en Transvaal tref.

    Dit was ’n gevolg van die mislukte Rebellie van 1914 waaraan hoofsaaklik Vrystaters en Wes-Transvalers deelgeneem het. Rebelle het goedere wat hulle nodig gehad het by winkels en op plase opgekommandeer en kwitansies uitgereik omdat hulle die geld later wou terugbetaal. Die eisers het soms met die kwitansies geknoei. Verder het regeringsmagte ook geweldige skade aan eiendom van Rebelle aangerig, waarvoor laasgenoemde nie vergoed is nie. J. van Melle gee in sy bekende roman Bart Nel ’n besonder werklikheidsgetroue beeld van die opkommandering, skuldeisers en verlies van grond om die skulde te betaal.

    Die Regering het besluit dat die Rebelle self die skade moes vergoed, anders as wat die Britse regering nŠ die Ierse Paasopstand van 1916 gedoen het. Daar het die regering die skade vergoed wat deur die Ierse rebelle aangerig is.

    Die Noord- en Oos-Vrystaat is die meeste deur die Rebellie geraak en dŠŠr het vroeg in 1915 ’n gedagte ontstaan “om oor en weer die een die ander by te staan”. So het die Helpmekaar in daardie jaar tot stand gekom. Skuld is tussen distrikte verdeel, en die takke het geld waarvoor hulle getakseer is, byeen gebring met onder meer basaars en verkopings. In die Vrystaat moes geweldige bedrae geÔn word, en aan die begin van 1917 het dit bekend geraak dat die Vrystaters nog £110 000 skuld. (Die nominale waarde is R220 000, maar die reŽle waarde meer as R20 000 000.) Daarop het die Kaaplandse Helpmekaar in Julie 1917 besluit om ’n fonds te stig om die skuld te probeer delg voor die sperdatum op 10 November 1917, wat later “Afrikanerdag” gedoop is.

    De Burger het met talle hoofartikels en lesersbriewe groot belangstelling gewek. Mnr Jakob Elisa de Villiers van die Paarl het op 29 Augustus 1917 in ’n brief aan die blad geskryf dat hy bereid is om £500 (reŽle waarde R91 000) tot die fonds by te dra as daar oor die hele land nog 500 mense gevind kan word wat elk £100 (reŽle waarde R18 200) sal gee. Baie het getwyfel of dit moontlik was, maar die honderd ponde het ingestroom. Sommige mense het saam ’n £100 gegee en hul bydraes is erken onder name soos “Die Jong Ongetrouwde Boertjies” van Trompsburg, “Jonge Boer Seuns” van Wellington, “Moeders en Dochters” van verskeie plekke en “Leden Joodse Inwoners” van Heilbron. Leerlinge van ’n Stellenbosse skool het ’n tyd lank een maal per week sonder ontbyt gebly en die geld wat dit sou gekos het, aan die fonds geskenk. Paarlse skoolseuns het hul rugbyonthaal opgeoffer en ooreengekom om ’n kwartaal lank droŽ brood te eet. Toe ’n paar mense hiervan hoor, het hulle aangebied om die leerlinge ’n paar keer van botter te voorsien. Die seuns het die aanbod gretig aangeneem, maar verlof gekry om die botter vir die fonds te verkoop.

    Die honderdponders het vinnig ingestroom — op 16 November was daar 1 361. Op Afrikanerdag was die oorskot £60 000. Die Vrystaat het 621 honderdponders gelewer, Kaapland 546, Transvaal 167, Natal 25 en RhodesiŽ 2. Onder die distrikte het Malmesbury voorgeloop met 75, daarna Bethlehem 54, Stellenbosch 53, Paarl 52, Smithfield 42, Boshof 35, Bloemfontein 33 en Heilbron 31.

    Wat bygedra het tot die sukses, is oproepe van die Afrikaanse kerke, koerante en politici, veral van die Nasionale Party. Maar ook De Volkstem, wat ’n ondersteuner was van die regerende Suid-Afrikaanse Party en dus sterk anti-Rebelgesind, het die veldtog gesteun.

    Die Helpmekaar, asook advertensieboikotte van Engelse firmas teen De Burger en De Volkstem, het Afrikanernasionaliste ook ekonomies bewus gemaak. Veral die boikotbeweging teen De Burger het die solidariteitsgevoel en offervaardigheid versterk. Verontwaardigde lesers het kolomme vol daaroor geskryf. ’n Vrou het na die koerantkantoor gekom met al haar en haar man se spaargeld as bydrae om die boikot te bestry. De Burger kon standhou en in September 1917 het die Nasionale Pers Die Volksblad in Bloemfontein oorgeneem.

    Die welslae van die Helpmekaarbeweging het Afrikaners laat besef dat hulle ondanks die algemene armoede heelwat geld het. A MacDowell, ’n gebore Skot met ’n Afrikaanse vrou, het met sy kennis van die bank- en versekeringswese die moontlike sukses vir ’n Afrikaanse versekeringsmaatskappy in 1917 ingesien en met Afrikaners daaroor gepraat. Die plan was om dit buite die politiek te hou, maar genl Botha het botweg geweier om iets daarmee te doen te hÍ. Net Nasionaliste het toe voortgegaan. In November het C.G. Fichardt, F.H. Dormehl, A.F.J. Benning, W.A. Hofmeyr, C.R. Louw, P.A. Malan en MacDowell in Kaapstad ’n Afrikaanse versekeringsmaatskappy gestig. Op 21 Januarie 1918 het die voorlopige direksie die naam Suid-Afrikaanse Nasionale Trust en Assuransie Maatskappy (Santam) aanvaar. Dit is op 21 Maart 1918 geregistreer.

    Santam sou behalwe trustwerk alle soorte versekering onderneem, maar daar is besef dat so iets tot probleme kan lei. ’n Ondersoek het die moontlikhede vir ’n lewensversekeringsmaatskappy uitgewys. Op 8 Junie 1918 is die Suid-Afrikaanse Nasionale Lewensassuransie- Maatskappy (Sanlam) geregistreer met ’n uitgereikte kapitaal van £25 000. Omdat Fred Dormehl, die bestuurder, en ander direkteure ook Nasionaliste was, is politieke aanvalle op hulle gedoen. Daar was ook ’n hardnekkige opvatting dat die Afrikaner geen sakeman is en in die sakewÍreld niks kan uitrig nie. Vandag is Sanlam een van die grootste maatskappye in die land.

    1918 is ook die jaar waarin die KoŲperatieve Wijnbouwers Vereniging van Zuid-Afrika Beperkt, die KWV, opgerig is. Dit het gevolg op die mislukking van verskeie maatskappye en verenigings wat die wynboere se belange moes behartig. Die KWV is op 8 Januarie 1918 as maatskappy geregistreer.

    Dit alles het Afrikaans bevorder omdat die taal daarmee ekonomiese waarde verkry het en daarby sy woordeskat kon ontwikkel. Sanlam se prospektusse, polisse, briewe en leesstof is in sowel Afrikaans as Engels opgestel, en daarvoor moes Afrikaanse versekeringsterme geskep word.

    Ook andersins het die groei van nasionalisme die taalbewustheid versterk. Op Helpmekaar-byeenkomste is dikwels oor die taal gepraat. Op die Vroue-Helpmekaarkongres op Bethulie in April 1916 het ’n groot deel van die voorsittersrede oor die taalstryd gehandel. Die Transvaalse Helpmekaar het op sy stigting besluit dat Afrikaans sy amptelike taal is.

    Dit is in diť tyd dat die Nasionale Party die politieke party geword het wat hom vir die bevordering van Afrikaans in die staatsapparaat beywer het.

    Tog het selfs diť party vreemde terugslae beleef. In die NP-tak Noorder-Paarl waar SJ du Toit 35 jaar tevore predikant was, is ’n voorstel dat die notule in Afrikaans gehou word, teruggetrek omdat die skrywer nie daarvoor kans gesien het nie en Nederlands wou skryf. Toe Gordon Tomlinson in 1916 voorstel dat Afrikaans die amptelike taal van die Vrystaatse NP word, het genl Hertzog effens teŽgestribbel en gesÍ dat sy Afrikaans swak is en dat die grondwet van Hollands praat en nie Afrikaans nie! Die voorstel is tog onder toejuiging aanvaar. Die Kaaplandse en Transvaalse NP het in 1917 gevolg met Afrikaans.

    ’n Mens kan vra waarom het juis die Nasionale Party die stryder vir Afrikaans geword? Die ou Suid-Afrikaanse Party, die “Sappe “, het ’n groot Engelse komponent gehad en sy leiers, genls. Louis Botha en Jan Smuts, kon dit nie waag om hulle aanstoot te gee nie. Baie van diť ouerige Engelssprekendes was nog van mening dat Engels die enigste landstaal moes wees. Die grondwetlike bepaling oor taalgelykheid is so swak uitgevoer dat daar voortdurend klagtes was, ook in Afrikaanse blaaie wat die Regering gesteun het, soos De Volkstem.

    Aan die ander kant was die Nasionale Party die party wat hom daarvoor beywer het dat die grondwetlike bepalings ook daadwerklik uitgevoer word.

    ’n Invloedryke groep Afrikanernasionaliste was bowendien oortuig dat daar ’n tydperk begin het waarin die Afrikanervolk hom met sy taal, letterkunde, kuns en wetenskap kon uitleef tot sy volle potensiaal, ’n tydperk wat ’n ware renaissance in die lewe van die Afrikaner gaan bring. Hierdie jong idealiste kon maklik ondersteuners word van die nuwe dinamiese party onder ’n leier (genl Hertzog) wat roem verwerf het as die groot stryder vir gelyke taalregte. Al die belangrikste Vrystaatse en Kaapse voorstanders van Afrikaans, soos JHH de Waal en DF Malherbe, het die NP gesteun, asook CJ Langenhoven, wat eers “Sap” was en ook anti-Rebel.

    Die taalstryd, die stryd om emansipasie van die Afrikaners en die politieke stryd was nou met mekaar verweef. Dit was in die omstandighede verstaanbaar, hoewel daarby nie sonder gevaar vir die toekoms nie.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.