Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Geborg deur die Taalsekretariaat

Die taalstryd in Suid-Afrika in die negentiende eeu


JC Steyn

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Waarom woed daar soms ’n taalstryd in meertalige state?

    ’n Taalstryd ontstaan partykeer in state waarin die regering aan een taal voorkeur gee terwyl dit ander tale benadeel. Die bevoorregte taal word die dominante taal van die staat. Diť taal is vir die owerheid superieur, en gelyke regte word nie aan die nie-dominante tale toegeken nie. Een van die gevolge van so ’n beleid — gewoonlik word dit ’n assimilasiebeleid genoem — is heel dikwels verskeie vorme van diskriminasie teen en onreg aan die gebruikers van die nie-dominante tale. ’n Tweede gevolg kan wees dat die nie- dominante taal of tale al hoe meer sprekers verloor en dit mettertyd kan uitsterf.

    Maar ’n taalstryd ontstaan nie altyd in sulke omstandighede nie. Die nie-dominante taalgroepe aanvaar soms die maatreŽls van die maghebbers geduldig, gedienstig en gedwee — miskien omdat hulle voel hul taal is minderwaardig of omdat hulle dit as onvermydelik beskou dat dit gaan uitsterf.

    ’n Voorwaarde vir ’n taalstryd is dat daar in die taalgemeenskap intellektuele is wat die toestand van diskriminasie en onreg nie kan verdra nie en daarin slaag om die bevolking te mobiliseer sodat diť ’n stryd om gelyke regte kan aanknoop. Dit, terloops, veronderstel weer dat die taalstryders oor koerante of ander massamedia beskik om hul standpunt aan die mense te stel.

    Die negentiende-eeuse Kaapkolonie is ’n goeie voorbeeld van ’n land waarin die maghebbers ’n assimilasiebeleid gevolg het. Die Britte het daarmee begin kort nŠ die verowering van die Kaap. Die dokument waarin die verengelsing van die Kolonie as oogmerk die duidelikste uiteengesit word, het op 6 Julie 1822 in Engels en Nederlands in die Kaapsche Courant verskyn.

    Letterlik vertaal lui die eerste sin van die lang proklamasie soos volg: “Nademaal dit vir die welvaart van hierdie volksplanting nodig geag is om die taal van die vaderland [dit wil sÍ Engeland] meer algemeen te laat versprei, en daar tans ’n tyd bepaal behoort te word waarin die Engelse taal uitsluitend gebesig sal word in alle geregtelike en amptelike aktes, handelinge en verrigtinge aldaar ...” Dit is nie ’n gewone afgeronde “volsin” nie, maar in elk geval bevat dit die kernelement van ’n assimilasiebeleid: uitsluitlik Engels moet vir amptelike sake gebesig word.

    Die res van die proklamasie het bepaal dat die geregshowe en landsbestuur van bepaalde datums af alleen in Engels sou geskied. Verder is Engelse onderwysers en predikante ingevoer om te help om Engels aan die gevestigde bevolking te leer.

    Die ingrypendste owerheidsmiddel vir assimilasie is altyd die onderwys. Die Kaapse maatreŽls was aanvanklik nie baie suksesvol nie, maar deur oordeelkundig te werk te gaan, het die owerheid omstreeks 1840 beheer oor die onderwys van Afrikaner leerlinge verkry. Die getal Afrikaanse leerlinge het toegeneem in die Engelse staatskole asook in private skole wat ’n subsidie ontvang het as hulle ook in Engels onderrig verskaf. NŠ 1865 het Nederlands as voertaal prakties uit die skole verdwyn. Die onderwyswet van daardie jaar het bepaal dat die onderrigmedium in sogenaamde eerste- en tweedeklasskole Engels moes wees, terwyl onderwys in derdeklasskole binne ’n jaar nŠ oprigting in diť taal moes plaasvind tensy dit onprakties is.

    Die gevolg van die stappe is dat die kennis van Engels toegeneem het. HH Ely, onderinspekteur van onderwys, skryf in 1865 in ’n verslag dat wat hom die meeste opgeval het, die wyse is waarop Engels veld gewen het in die plattelandse distrikte.

    Daar was min verset teen die verengelsingsproses. Die skryfster MER, wat gebore is in 1875 , beskryf in haar biografiese vertelling My beskeie deel hoe dit verloop het. Afrikaanse meisies het veral weens die onderwys en die aansien van Engels graag onder mekaar Engels gepraat. “Vanaf gedwonge Engels en strafbare moedertaal het ons meisies gekom tot gewillige en gladde hantering van Engels in die skool, op straat en onder mekaar. Nie die seuns nie. Engels praat was vir hulle ’n meisieagtige aanstellery. Die volgende stap was dat die dogters, as hulle trou, die ou huistaal wat hulle nog met hulle eie ouers moes praat, nie met hulle kinders gepraat het nie; ook nie meer na ou gewoonte die kinders na vaders- of moederskant laat heet het nie, maar ‘fancy names’ gegee en oneindige plesier daaraan gehad het. Hulle het ‘calling cards’ en ‘at home days’ ingestel.” Sy skryf ook dat goeie ouers na goeie onderwys vir hul kinders gesoek het wat loopbane toeganklik sou maak. En daarvoor was Engels onmisbaar.

    Name is verengels, veral van die dogters — maar ook die name van plase, huise en huisdiere; dis omtrent net osse wat verengelsing vrygespring het! Ouers en kinders, of kinders onderling, het van 1875 af toenemend in Engels met mekaar gekorrespondeer. Afrikaners het in gesprekke al meer Engelse uitdrukkings oorgeneem.

    Teen hierdie hele proses was daar dekades lank nie protes nie. Sowel die wit as bruin Afrikaanstaliges was nie politiek- of taalbewus genoeg nie. Daar was nog geen Afrikaanse nasionalisme nie — terwyl dit taalnasionaliste is wat weerstand bied teen die agteruitgang van hul taal.

    Die meeste Afrikaanstaliges is aanvanklik nie veel deur die verengelsingsmaatreŽls geraak nie. Hulle het selde met die owerheid in aanraking gekom en min het skoolopleiding gehad. Afrikaans is in groot mate deur die isolasie van die Afrikaanstaliges in die negentiende eeu gered.

    ’n Taalstryd het eers in die 1870erjare ontstaan as gevolg van die opkoms van Afrikaner nasionalisme in die Kaapkolonie. Daartoe het die optrede van Engeland in Transvaal bygedra. Engeland het Transvaal in 1877 geannekseer en nŠ vele proteste deur die Transvalers het die Transvaalse Vryheidsoorlog in 1880 uitgebreek. Dit het nŠ ’n paar maande geŽindig met die Britse nederlaag by Majuba.

    Teen daardie tyd was daar al ’n hele aantal politiek- en nasionaalbewuste Afrikaners in die Kaapkolonie wat nie kon berus in die benadeling van hul taal nie. ’n Groep onder leiding van ds SJ du Toit het ’n beweging begin om van Afrikaans ’n kultuurtaal te maak. Diť taalbeweging as sodanig is nie hier ter sake nie.

    Ter sake is egter die stryd wat aangeknoop is om aan Nederlands sekere regte te gee. Die Kaapse Sinode van die NG Kerk het gevra dat Nederlands ’n onderwystaal word en ’n kommissie is benoem wat twee petisies opgestel het: een vir die toelating van Nederlands op skool en die ander vir die erkenning van Nederlands in die parlement.

    In 1881 is ’n eerste poging aangewend om Nederlands as taal vir die parlement te erken. Ds WP de Villiers van Beaufort-Wes het ’n voorstel hieroor ingedien, maar dis teengestaan, selfs deur mense soos Cecil John Rhodes en John X Merriman. Cecil Gordon Sprigg het die voorstel sterk beveg. Hy wil die kwaad in die begin teŽgaan, het hy gesÍ. As Nederlands in die parlement toegelaat word, hoe sou mens die geregshowe Engels kan hou?

    Die volgende jaar het JH Hofmeyr weer ’n voorstel vir die erkenning van Nederlands ingedien en diť keer is die wet aangeneem met net twee teenstemme.

    Nog ’n wet het Nederlands ook toegelaat as taal van die geregshowe, maar in die praktyk was die vergunning tot die laerhowe beperk. Nederlands het beperkte regte gehad, en was nog glad nie ’n amptelike taal van die Kaapkolonie soos Engels nie. Dat die Afrikaner nasionaliste sukses kon behaal, was veral daaraan te danke dat hulle ’n taamlike getalsterke groep in die parlement was. Geen regering wou so ’n betreklike groot groep vervreem nie.

    Taalgriewe het bly voortbestaan. Hofmeyr het later self erken dat die hooggeroemde taalgelykheid van die Kaapkolonie net ’n fiksie was. Op ’n taalkongres in 1897 het talle mense hulle uitgelaat oor die taalverwaarlosing deur magistrate, inspekteurs van onderwys, spoorweg- en posbeamptes.

    Die Kaapse taalstryd het meer omvat as die stryd vir erkenning in die staatsapparaat. So het die voorstanders van sowel Afrikaans as Nederlands verskeie boeke, koerante en tydskrifte uitgegee. Koerante soos Die Afrikaanse Patriot en De Zuid-Afrikaan het leesstof verskaf en taalgetrouheid gepropageer. DF du Toit & Co van die Paarl het 81 000 boeke in Afrikaans en 93 650 in Nederlands gedruk, waarvan daar aan die begin van die twintigste eeu nog sowat 22 550 in voorraad was. Sowat 152 000 is dus versprei.

    In die Vrystaat en Transvaal was die toestand heelwat anders. Hierdie republieke is deur Afrikaners gestig in ’n tyd toe daar nog geen Afrikaanse beweging was nie. Nederlands, of soos die amptelike benamings in die grondwette was, “Hollands”, was die amptelike taal in Transvaal en die wettige hooftaal in die Vrystaat.

    Behalwe waar die amptenare of onderwysers Nederlanders was, was die taal wat die amptenare en onderwysers egter gebruik het, Afrikaans. Dit vertel verskeie mense wat in daardie tyd in Transvaal werksaam was. Dit is mense soos die taalvegter SJ du Toit en die skrywers MER, JHH de Waal en GR von Wielligh.

    Transvaal het tog ’n soort taalstryd gehad. Sommige van die Transvaalse “progressiewe” was gekant teen die oorheersende plek van Nederlands in die onderwys en het hulle beywer vir meer Engels — veral predikante van die NG Kerk en ander Kaapsgesindes. Hulle was van mening dat dit nie onnasionaal kan wees om vir die kinders ’n beter lewensbestaan te probeer verkry deur ’n groter komponent Engels op skool nie.

    Die taalhistorikus P.H. Zietsman skryf in Die taal is gans die volk dat die stryd van ’n groep Afrikaners vir meer Engels in Afrikanerskole seker ’n unieke verskynsel was tydens die Afrikaner se worsteljare om sy identiteit teen die voortrukkende Engelse taal en invloede te bewaar).

    Lees ook Steyn se essay: Die taalstryd na die Anglo-Boereoorlog

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.