Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • “Open, Sesame!”

    Naomi Maartens

    Sy belangstelling in inheemse tale het al kleintyd posgevat. Justus Christian Roux was op skool in die Wes-Transvaal — in die sestigerjare — en het benewens Afrikaans en Engels ook Duits en Noord-Sotho as matriekvakke gehad. Later, op die PUK, het hy Afrikaans en Nederlands, Noord-Sotho en Zulu as hoofvakke gekies.

    In 1969 skop hy as junior dosent in Afrika-tale af by die Universiteit van Potchefstroom, waar hy Tswana doseer. In 1972 verskuif hy na Stellenbosch, waar hy Tswana en Xhosa aanbied. Algaande word hy “genoodsaak om in die sustertale te werk,” vertel hy.

    Sy betrokkenheid by al die talryke tale het vir hom heel natuurlik gekom, voel hy. Maar met die intrapslag besef ’n mens dat hierdie man baie nederig is oor sy eie vermoŽns.

    Die effek wat dit op ’n mens het as ’n ander jou taal praat

    Hy gesels met my oor die groot waarde daarvan as mense mekaar se tale kan praat. Hy sÍ hy dink sommer byvoorbeeld daaraan watter effek dit op hom en sy vrou het as hulle Duitse bure soms moeite doen om een of twee sinne Afrikaans te praat. Dieselfde geld natuurlik vir sprekers van inheemse tale. Die vraag is nie of jy grammatikaal korrek kan praat nie, maar of jy jouself kan uitdruk in ’n ander taal. Mense is altyd bereid om mekaar te help. Die doel met kommunikasie is om gedagtes oor te dra, en solank as wat kommunikasie nie in die slag bly nie, is selfs gebrekkige taalvaardigheid `n bate.

    Maar waarom lÍ hy soveel klem op die tegnologie en ontwikkeling van die taal, wonder ek. Hy sÍ dat die mens se fassinasie met taal en tegnologie so ver terugdateer soos Verhale uit ’n duisend en een nagte, met Ali Baba wat gesÍ het: “Open, Sesame!”

    “In die verlede is daar in akademiese kringe heelwat klem gelÍ op die beskrywing en verklaring van taal en taal-verskynsels. Ons beweeg tans deels weg hiervan in `n poging om taal te implementeer op tegnologiese vlak — om met taal as medium interaktief met rekenaarsisteme om te kan gaan.?Ons leef in `n tegnologies-gedrewe eeu en tegnologie gaan toenemend alle vlakke van tussenmenslike interaksie en mens-masjien-interaksie beÔnvloed. Een van die groot uitdagings in die nuwe inligtingsera is juis om inligting so effektief as moontlik aan alle lede van die gemeenskap oor te dra.”

    Inligting in die moedertaal

    “In wese gaan dit daarom dat gepoog word om koppelvlakke met rekenaars al hoe meer gebruikersvriendelik te maak — die mees natuurlike vorm is uiteraard om menslike taal en spraak te benut om hierdie interaksie te vergemaklik. Natuurlike spraak gee so, byvoorbeeld, selfs vir die ongeletterde toegang tot inligting sonder dat hy of sy kan lees of skryf. Indien hierdie inligting verder in die taal van keuse (moedertaal, desnoods) van die gebruiker aangebied word, word waarde tot die kommunikasieproses toegevoeg en kom die taal ook tot sy reg  ...”

    Toepassing

    Toepassing op hierdie terrein klink soos wat ’n mens van ’n ware ruimte-eeu kan verwag:

  • Geoutomatiseerde telefoongebaseerde inligtingstelsels met toepassings in byvoorbeeld die bankwese, versekeringswese en vervoerwese (trein-, bus-, vliegtuigskedules, ens.) word hierdeur geraak.

  • Spraakgebaseerde inligtingskiosks (op enige denkbare terrein) wat druk verlig op skaars menslike hulpbronne.

    Roux lÍ klem op die feit dat die snelle ontwikkeling van rekenaartegnologie hierdie ontwikkeling moontlik gemaak het: Nuwe alliansies word geskep tussen taalkundiges, rekenaarwetenskaplikes en elektroniese ingenieurs. Daar is ontsaglike nuwe moontlikhede wat Taal- en Spraaktegnologie skep vir veral taalkundiges. Dit sluit potensieel nuwe werksmoontlikhede in (alhoewel die mark nog swak ontwikkel is in Suid-Afrika) — nie net meer die stereotipiese werke waaraan taalstudente gewoond geraak het nie.

    Suid-Afrika nie die enigste land wat meertalig is nie

    Op sommige terreine het die Europese Unie met dieselfde probleme as Suid-Afrika te kampe, veral as dit by veeltaligheid kom. Die EU het oor die afgelope twee dekades miljoene Euro’s in die ontwikkeling van mensliketaal- en spraaktegnologie-toepassings belÍ, en dit het alreeds in `n groeiende bedryf verander.

    Hy wys my op die Europese webruimte ’n lys van die aktiwiteite waarmee hulle hul besighou — elke denkbare inligtingsverskaffende bron in al die tale onder die son word hierdeur geraak:

  • Cross-Language Information Retrieval and Organisation

  • Collaboration in Language and Speech Science and technology;

  • Improving Core Speech Recognition Technology;

  • Dialogues for the Home Machine Development;

  • Language Independent Querying for Information Discovery, ens.

    Die Suid-Afrikaanse regering is bewus van die noodsaaklikheid van ontwikkeling op die vlak van Human Language Technologies (HLT). Die Foresight-projek (1999) van die Departement Kuns, Kultuur, Wetenskap & Tegnologie (KKW&T), wat Dawn of the African Century heet, stel dit baie duidelik:

      High priority should be given to a significant level of research and technology investment in Human Language Technologies (p. 40).

    Spesifieke aksies is tans aan die gang tussen PANSAT en KKW&T om `n strategie te ontwikkel vir die implementering van Taal- en Spraaktegnologie-toepassings in die Suid-Afrikaanse konteks.

    NEFUS betrokke by talle projekte

    Ek vra hom uit oor al die ander projekte waarby hy ook betrokke is en hy sÍ dat die Departement Afrikatale, en by name die Navorsingseenheid vir Eksperimentele Fonologie (NEFUS) binne die Departement, alreeds vir minstens `n dekade betrokke is by navorsing oor aspekte van taal- en spraaktegnologie. Die belangrikste projek op die oomblik is die sogenaamde African Speech Technology (AST) projek ten bedrae van R9,07 miljoen wat ontvang is van die Innovasiefonds van die Departement KKW&T.

    Ander projekte handel oor die evaluering van taal- en spraaktegnologie-ontwikkeling wÍreldwyd en die implikasies wat dit vir ontwikkeling in Suider-Afrika inhou. ’n Goeie kennisbasis word ontwikkel om konsultasie aan belanghebbendes op hierdie terrein te verskaf. Hulle het wel enkele insette gemaak oor die rol van taaltegnologie in `n voorgestelde amptelike taalbeleid in Suid-Afrika tydens die Taalindaba in Durban in Mei 2000.

    Hy is positief genoeg om geen besondere probleme in sy werk te beklemtoon nie, maar noem dat dit wel `n bietjie frustrerend is dat besluitneming (veral op regeringsvlak) oor verdere ontwikkeling van Taal- en Spraaktegnologie in Suid-Afrika so stadig verloop. Mense besef nie altyd die belang daarvan om spoedig aan ’n aangeleentheid aandag te gee nie. In hierdie Inligtingsera word nuwe navorsing baie vinnig oud; en indien daar onnodiglik gesloer word met besluitneming, kan `n bepaalde saak binne ses maande as verouderd beskou word.

    Inheemse tale se regte was misken, besef Suid-Afrikaners

    Hy is onseker of daar ’n groter openheid onder Suid-Afrikaners oor ’n meeertalige samelewing bestaan. Daar begin wel `n besef by Engels- en Afrikaanssprekendes posvat dat die inheemse tale se regte misken was en daar is groter begrip vir die aansprake indien dit wel gemaak word.

    Daar Ūs wel ernstige aksie vanaf die Staat se kant om inderdaad meertaligheid te bevorder deur byvoorbeeld amptelike publikasies in die tale self te laat verskyn in ooreenstemming met die grondwet. Van tyd tot tyd word dit selfs skynbaar oorweeg om tegnologie ook in die Parlement in te span — byvoorbeeld, om masjienvertalingsisteme te ontwikkel. Sulke dinge gebeur egter nie oornag nie en nog heelwat beplanning is noodsaaklik, sowel as grootskaalse kapasiteitsbou.

    In skole is sy gedagte dat ’n Afrikataal verpligtend moet wees, maar met goeie taalrolmodelle (moedertaalsprekers) — so ook die geval met Engelse/Afrikaanse moedertaalsprekers wat die tale op skole aanbied.

    Op straat, sÍ hy, sal die gebruik van amptelike kennisgewings in die tale van die streek (padtekens, ens.) op sigself ook ’n groot rol kan speel.

    By universiteite is bevordering van meertaligheid moeilik implementeerbaar as gevolg van ’n agterstand met terminologie-ontwikkeling in Afrikatale.

    Waar leer ’n mens tale aan?

    “Waar moet ’n mens begin om Xhosa aan te leer — en van hoe groot belang is dit, sou u sÍ?”

    “Hoe vroeŽr hoe beter. Ongelukkig is dit nie altyd `n maklike proses vir volwassenes nie en is die staaksyfer van aanleerders van `n nuwe taal gewoonlik baie hoog. Mense verwag hulle gaan vinnig resultate sien as hulle ’n derde taal begin leer en dis nie die geval nie. ’n Mens kan wel ontsettend baie leer as jy op grondvlak met mense kommunikeer — al is dit aanvanklik net basies. Hulle sal graag help ook, as hulle van jou bereidwilligheid seker is.”

    Ek vra hom hoe hy sy rekenaarvaardighede, belangstelling in elektroniese ingenieurswese en liefde vir tale kombineer en hy sÍ dis alles ’n groot uitdaging.

    “Tale (ek is `n eksperimentele fonetikus) is so meervlakkig — interdissiplinÍr — en dit kom juis na vore wanneer jy taal- en taalgebruik rekenaarmatig wil simuleer. Dit wys net weer hoe `n komplekse wese die mens geskape is. As fonetikus is dit die universele karakter van menslike spraak, ongeag die taal waarin dit plaasvind, wat my fassineer.”

    Dis vir hom ’n frustrasie dat soveel studente die waarde van meertaligheid onderskat. Hy sÍ dit maak soveel nuwe deure oop en vriendskappe moontlik.

    “Hoe ver strek u betrokkenheid by die universiteite van Venda, Transkei en die Noorde? Hoe ervaar u die kontras in vergelyking met die universiteit van Stellenbosch?”

    Hy sÍ daar was ’n verskeidenheid kapasiteitsbouprojekte waarby NEFUS betrokke was en dit was veral deur die nagraadse studente wat dosente aldaar is, verder gevoer. Hy ervaar die kontras as groot — veral vanweŽ gebrek aan die nodige infrastrukture en biblioteekgeriewe aan die universiteite.

    ’n Projek wat brŻe bou soos wat die universiteite landwyd hande vat

    Ten slotte gee hy my ’n opsomming van een van die projekte waarop hulle hul toespits.

    Dit gaan om die African Speech Technology (AST) projek, oftewel “Promoting the development of the official languages of South Africa through language and speech technology applications,” soos die amptelike titel heet.

    Dit handel hier oor ’n projek waarin ’n indrukwekkende lys mense hulself verdiep: die Universiteite van Stellenbosch (Departemente Afrikatale en Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese) en die Universiteit van Pretoria (Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese), West Technology Holdings (Pty) Ltd en die Suid-Afrikaanse Stigting vir Taal- en Spraaktegnologie-ontwikkeling is konsortiumlede wat hierdie projek uitvoer. Personeel en studente van Unisa en die Universiteite van Potchefstroom, Natal en Qwa-Qwa is ook op verskillende wyses by die projek betrokke.

    Hulle uitgangspunt is gewoon dat indien die tale van Suid-Afrika nie op tegnologiese vlak ontwikkel word nie, hulle geen rol in die Inligtingsera te speel het nie. Vir hulle gaan dit daarom dat enige taal wat nie kan toetree tot die tegnologiese eeu nie, gewoon gemarginaliseer en uiteindelik irrelevant sal word.

    Die projek waarop hierdie mense hulle toespits, kan opgesom word met die volgende punte:

  • Die ontwikkeling van relevante en aktuele taal- en spraaktegnologie in Suid-Afrika.

  • Die ontwikkeling van ’n protipe geoutomatiseerde telefoongebaseerde veeltalige inligtingsonttrekking- en besprekingsfasiliteit.

  • Doelbewuste en sistematiese ontwikkeling van kundigheid op die gebied van taal- en spraaktegnologie met `n fokus op die inheemse tale van Suid-Afrika.

    Die prototipe wat ontwikkel word, sal `n persoon in staat stel om telefonies inligting te kan bekom en selfs `n plek in `n hotel te kan bespreek sonder enige menslike tussenganger. Hierdie transaksie sal in enige van vyf tale (Xhosa, Zulu, Engels, Afrikaans of Suid-Sotho) kan plaasvind, na gelang van die voorkeurtaal van die kliŽnt. Die stelsel is ten volle rekenaargebaseer en bevat `n outomatiese taal- en spraakherkenner asook `n spraakgenereerder wat `n antwoord aan die persoon in sy eie taal kan verskaf. Dit word verwag dat hierdie prototipe teen die einde van 2002 voltooi sal sal wees.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.