Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Waar staan Afrikaans na 10 jaar demokrasie?

Johann Rossouw

“Helena WP. Jissie, dis ’n cool registrasienommer”, sÍ Erna, terwyl sy effens sukkel om die veiligheidsgordel tussen haar vergrote borste deur te kry. “Het jy dit gekies?”

Actually, ja. Dink jy nie dis bietjie way-out nie?” giggel Helena, terwyl sy terugstoot en die neus van die rooi motor in die pad draai.

“Wat meen jy? Die kar is klaar so way-out,” antwoord Erna, en hulle lag altwee, die opwinding in hul stemme. “So, hoe voel dit om actually jou eie convertible te hÍ?”

“Nogal kinky. Stefan sÍ ek lyk baie sexy in die kar. Hy sÍ dit laat hom goed voel om vir sy vrou so iets te gee.”

Sure,” sÍ Erna, “maar dis mos ’n ding by CA’s. Hulle hou daarvan dat hulle vrouens die excitement het wat hulle self nie kan hÍ nie.”

“Ja, dis nogal weird, nť,” beaam Helena, terwyl sy die motor behendig, dog effens te vinnig deur die verkeersirkel van Dorpstraat na Meulstraat neem, maar dan weer haastig moet rem in die stadige verkeer. “Die enigste ding waaraan ek na ses maande nog steeds nie in Stellenbosch gewoond kan raak nie, is hierdie stadige traffic. In Jo’burg word jy miskien gehijack, maar ten minste sit die mense nie op die pad en slaap nie.”

“Jy’s so reg,” antwoord Erna. “Al woon ek my hele lewe hier, is ek nog steeds nie gewoond daaraan nie. Maar jy kan my nou-nou wys wat jou kar kan doen.” Weer lag hulle opgewonde.

“En wat van jou? Geniet jy nog jou nuwe boobs?”

Oh yes, baby. Selfs Mannie se ma is nou vriendeliker met my. Mannie sÍ hy dink dis omdat ek nou vir sy ma meer soos ’n Portugese meisie lyk. Whatever. En verder kan jy nie glo hoeveel deure vir ’n vrou oopgaan as haar bloes bult staan. Maar dis alweer tyd vir iets nuuts. Mannie sÍ as hy die nuwe deal kry, vat hy my op ’n pleasure cruise New York toe.”

“Wow, excellent. Ek’s so happy vir jou. Ek hoop die deal kom af. Luister, van deals gepraat, kan jy onthou waar daai jeweller in Canal Walk is?”

“Ja, dis mos daar naby die movies. Hoekom? Wil jy vir jou iets kry?”

“Nee, maar ek wil die setting van hierdie nuwe ring ’n bietjie kleiner maak. Die diamant is ’n bietjie swaar, en ek moet hom actually by omtrent elke robot regop draai.”

Hulle stop by die verkeerslig langs Kayamandi. ’n Rammelkas van ’n ou poeierblou bakkie, volgelaai met werkers, draai rokend verby hulle die dorp in. ’n Paar van die jongmans op die bakkie fluit en waai geesdriftig na die twee vrouens in die glansende rooi motor. Agter haar sonbril ignoreer Helena hulle, haar sagte wit hand wat fyn op die stuurwiel rus. Dan sÍ sy geÔrriteerd, “Dit kry jy natuurlik ook in hierdie kar. Die mense is mos niks gewoond nie. Sal ook seker nooit wees nie.”

“Ja, ook dit was nog altyd so op hierdie dorp,” beaam Erna. “En Mannie het soveel probleme met sy werkers.”

“Wag, genoeg daarvan,” wuif Helena ongeduldig wanneer die verkeerslig groen slaan. Sy skuif die vensters ’n entjie oop en sÍ, “Luister eers hierna.”

Die volgende oomblik voel Erna hoe sy teen die sagte leersitplek teruggedruk word soos wat die motor brullend vorentoe storm.

“Luister net hoe sexy klink hy,” lag Helena met gepoleerde gebit.

Binne oomblikke jaag hulle teen ’n waansinnige snelheid. In die helder oggend sien Erna hoe die omgewing verander in flitse groen en bruin. Sy sien hoe Helena behaaglik teruglÍ in haar sitplek, haar sterk kakebeen en die wind wat deur haar blonde kartels speel. Sy voel die wind ook oor haar borste onder haar ligte somerrokkie. Sy sien die steentjies bo haar bruingebrande voet flits, daar waar haar gladgewakste kuit by haar enkel aansluit. Die beheer, die spoed, haar liggaam, haar beste vriendin. Spontaan gil sy van plesier. Helena lag, die fyn aartjies net-net groen sigbaar op haar lang, wit nek.

Die naderende oprit van die N1 dwing Helena om spoed te verminder. “Oe, dis major fun,” sÍ Erna, effens kortasem. As Helena die draai neem, sien Erna die verkiesingsplakkaat. Plotseling bars sy uit van die lag. Sy lag so hard dat Helena skrik. “Wat nou?” vra sy verdwaas, terwyl Erna steeds hard en onbedaarlik lag. Telkens wanneer dit lyk of sy haar lag onder beheer kry en kan verduidelik, lag sy van vooraf.

Na drie of vier probeerslae kan sy haarself tot bedaring bring en sÍ, “Het jy daardie poster van die ANC gesien?”

“Nee, waar?”

“In die draai, toe ons op die highway geklim het.”

“Ek glo dit nie,” sÍ Helena, die verontwaardiging hoorbaar in haar stem. “Hier gee ek jou die kick van jou lewe en jy kyk na ’n politieke poster! Ek bedoel, who cares about politics?!”

“Nee, nee, maar jy moet verstaan hoekom ek lag,” keer Erna. “Ek het self nie eintlik na die poster of for that matter enige ander poster gekyk nie, tot ek gister na my pa en sy vriend, oom Sampie, sit en luister het. Die twee ou proffies compete mos nou al jare lank oor wie actually die most liberal kan wees, daai Stellenbosch-ding, jy weet. Oom Sampie kry toe amper ’n oorval toe my pa sÍ hoekom hy nie weer vir die ANC gaan stem nie. My pa sÍ met bewende stem en ’n koekiekrummel op sy das, ’Sampie, ek weier om te stem vir iemand wat nie korrek kan skryf nie. Op hulle plakkaat staan ’n Volkskontrak om werk te skep en armoede te veg. Let wel, veg, en nie beveg nie. Mense wat so vrot skryf, en dit nogal in my taal, kan nie met mag vertrou word nie!’

‘Nee, kak, Koos, nou voer jy jou purisme te ver,’ sÍ oom Sampie toe baie upset. Hy’s nie net ’n liberal nie. Hy’s ook so ’n bietjie van ’n vuilbek. En toe’s die twee aan mekaar. En ek sit daar en ek dink dis unbelievable, oom Sampie is reg. I mean, taal gaan tog actually net oor communication. Solank ons mekaar verstaan, is alles tog OK. En politiek is irrelevant. En ek is anyway so moeg vir al hierdie Afrikaner anxiety.”

“Maar ek verstaan nog steeds nie hoekom jy nou-nou so gelag het nie,” sÍ Helena, effens minder skerp as flussies.

“Dis net dat toe ek daai poster sien, en my pa en oom Sampie, terwyl ons hier besig is met real stuff, en die koekiekrummel op sy das en sy slap oumanwange wat so bewe, toe kan ek nie help om te lag vir hoe far-fetched hulle hele discussion eintlik was nie. Dis die contrast, jy verstaan, die contrast tussen daai intellectual wanking en die reality van waarmee ons hier besig is.”

Helena lag nou self. Sy kyk bo-oor haar sonbril na Erna en sÍ, “Daai weird sense of humour van jou gaan jou nog eendag in die moeilikheid kry. Vergeet die ou ooms. Kom ons move!”

Daarmee verwissel sy seepglad na die vinnige baan en trap die petrolpedaal hard en diep.

Gelewer tydens die Woordfees, Stellenbosch, 13 Maart 2004

Lees ook Ria Olivier se bydrae tot die gesprek





LitNet: 26 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.