Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Taalsekretariaat kommentaar:
SOUTH AFRICAN LANGUAGES BILL
(Final draft 17 May 2000)

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • 1. Agtergrond

    1.1 Enige voorgestelde Taalwetgewing vir die Republiek van Suid-Afrika moet voldoen aan die bepalings van artikel 6 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996). Artikel 6 spel die taalnorme uit waaraan die statutÍre ordening van tale moet voldoen. Artikel 6 kan egter nie in isolasie geÔnterpreteer word nie, maar moet, soos elke ander bepaling in die Grondwet, ontleed word binne die konteks van die Grondwet as geheel. Dit beteken dat artikel 6 onder meer in die lig van die Aanhef tot die Grondwet, artikel 1, artikel 9 (die reg op gelykheid), artikel 10 (die reg op menswaardigheid), en artikel 35 (die reg op gelykheid voor die reg), geÔnterpreteer en vertolk moet word. Artikel 6 van die Grondwet skep die volgende regspligte waaraan die Staat en Provinsies moet voldoen:

      1.1.1 Die Staat moet praktiese en daadwerklike maatreŽls tref om die gebruik en status van die voorheen ingekorte inheemse tale te verhoog en die gebruik van diesulke tale te bevorder (artikel 6(2)).

      1.1.2 Die Staat en Provinsiale Wetgewers moet deur wetgewende en ander maatreŽls hul gebruik van die amptelike tale reŽl en moniteer. Alle amptelike tale moet gelykheid van aansien geniet en billik behandel word (artikel 6(4)).

      1.1.3 Die Staat moet deur wetgewing ’n Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad instel (artikel 6(5)).

      Deur artikel 6(1) word die volgende amptelike tale ingestel: Sesotho sa Leboa; Sesotho; Setswana; siSwati; Tshivenda; Xitsonga; Afrikaans; English; isiNdebele; isiXhosa; en isiZulu.

      Die gebruik van die amptelike tale deur die nasionale en provinsiale regerings word deur artikel 6(3)(a) en 6(3)(b) gereŽl.

      6(3(a) Die nasionale en provinsiale regerings kan enige bepaalde amptelike tale vir regeringsdoeleindes aanwend, met inagneming van gebruik, doenlikheid, koste, streeksomstandighede, en die ewewig van die behoeftes en voorkeure van die bevolking as geheel of in die betrokke provinsie; maar die nasionale regering en elke provinsiale regering moet minstens twee amptelike tale gebruik.

      6.3(b) Munisipaliteite moet die taalgebruike en voorkeure van hul inwoners in aanmerking neem.

    1.2 Die kommentaar op die voorgestelde wetsontwep is kommentaar as geheel en is nie ’n betoog dat die status, posisie of gebruik van ’n spesifieke taal benadeel word nie. Die uitgangspunt is dat taal ’n reg is, en dat die verbreding en bevordering van taalregte ’n uitbreiding van die demokrasie is.


    2. Ontleding van Kernbegrippe

    By die ontleding van die voorgestelde wetgewing of enige toekomstige wetgewing is dit nodig dat sekere kernbegrippe ontleed word.

    2.1 “Amptelike taal” beteken minstens die taal waarin die owerheid verplig is om te kommunikeer. Daar word algemeen aanvaar dat dit verwys na die tale waarin die owerheid sy sake doen, uitvoerend, wetgewend en regterlik.

    2.2 “Gelykheid van aansien geniet en billik behandel word”. Die huidige Grondwet herhaal nie die bepaling dat al elf amptelike tale gelyk is, soos bepaal in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika Wet 200 van 1993 (die tussentydse Grondwet) nie. Die term “gelykheid van aansien” word in die huidige Grondwet gebruik. Dit beteken nie dieselfde as gelyke behandeling nie. ’n Bepaling wat gelyke behandeling veronderstel (Art.137 van die Suid-Afrika Wet 1909), is in Swart, N.O. and Nicol N.O. v de Kock: Swart, N.O. and Nicol, N.O. v Garner and others 1951(3) SA589(A) te 600F-G soos volg vertolk:

      The words ‘shall be treated on a footing of equality’ seem to me to convey an instruction to the State in its legislative, executive and judicial spheres to treat both languages (toe Engels en Hollands) on a footing of equality.

    Die Grondwet bepaal ook nie dat toekomstige gelykheid die einddoel van amptelike taalbeleid moet wees nie. In plaas daarvan verg dit gelykheid van aansien en billike behandeling.

    2.3 Die kwalifikasies “gebruik, doenlikheid, koste, streeksomstandighede en die ewewig van die behoeftes en voorkeure van die bevolking in die geheel” skep die beginsel van die omstandighede waarvolgens tale ongelyk behandel kan word. Die bepaling in die Grondwet dat slegs twee of meer tale gebruik kan word, bevestig die beginsel van ongelykheid (onderskeid) tussen die elf amptelike tale. Wat die kwalifikasies dus doen, is om erkenning te verleen aan die werklikheid dat daar nie (onder meer weens die historiese agterstand van swart inheemse tale (verwys art. 6(2)) voldoen kan word aan die absolute gelykheid van al elf amptelike tale nie. Die kwalifikasies in artikel 6(3) genoem, verleen ’n buigsaamheid en soepelheid aan die praktiese implementering van amptelike tale. Die buigsaamheid en soepelheid word inhoud gegee deur faktore soos getalle van gebruikers van sekere tale, geletterdheid van die teikengemeenskap, asook demografiese en streeksfaktore. Sommige kommentators verwys na die buigsaamheid as “funksionele veeltaligheid”. Die kriteria gestel in die artikel verleen aan die owerhede en munisipaliteite ’n diskresionÍre bevoegdheid. Die keuses wat artikel 6(3)(a) en (b) veronderstel, moet immers met verwysing na objektiewe kriteria uitgeoefen word en kan nie maar na willekeur of arbitrÍr uitgeoefen word nie. Afhangende van die mate waarin ’n amptelike taal aan die kriteria voldoen, kan dit saakmakende juridies gefundeerde aansprake op erkenning as amptelike gebruikstaal in die streek, gebied of provinsie geniet. Die kriteria waarvolgens regerings en munisipaliteite taalkeuses maak, is daarop gemik om te verhoed dat tale gelykheid van aansien inboet en onbillik behandel word. Besluite met betrekking tot taalkeuses moet dus verantwoordbaar en deursigtig wees met verwysing na die kriteria wat in artikel 6(3)(a) en (b) aangetoon word. Daar kan selfs drie of vier tale wees wat in ’n gelyke mate aan die kriteria voldoen. Hierdie bepaling maak dit teoreties vir ’n owerheid moontlik om in twee naasliggende gebiede A en B, naas mekaar twee of meer amptelike tale te proklameer. Die feit dat amptelike tale as gevolg van hierdie kwalifikasies nie almal gelyke status het nie, maak egter nie hulle amptelike status betekenisloos nie. Dit beteken ook nie dat die ander amptelike tale se aansien en billike behandeling betekenisloos is nie. Die uitgeslote tale kan weer binne ’n ander jurisdiksiegebied een of meer van die amptelike tale wees.

    2.4 Die aanwending van sekere amptelike tale vir regeringsdoeleindes is volgens Rautenbach en Malherbe te 115 die aanwending van die amptelike tale vir alle regeringsaktiwiteite wat kommunikasie verg tussen regerings, beamptes en die publiek. Dit verwys minstens na wette, wetsontwerpe, notules en ander amptelike dokumente van wetgewers, kennisgewings en amptelike persvrystellings. Dit verwys ook na die administratiewe komponente van die betrokke regerings wat in die openbaar vergader. Rautenbach en Malherbe vertolk ook die gebruik van een amptelike taal as “ankertaal” deur die nasionale regering of die provinsiale regerings en daarmee saam die rotering van ander amptelike tale met die een “ankertaal”, as ongrondwetlik.

    2.5 South African Languages Bill (Final Draft 17 May 2000)

    Die Taalsekretariaat het wyd gekonsulteer met betrekking tot die voorgestelde wetsontwerp (hierna “die Wetsontwerp”). Die Wetsontwerp is ook aan ’n senior advokaat van die Kaapse Balie voorgelÍ met die volgende opdrag:

      2.5.1 om die konstitusionele implikasies van die voorgestelde wetgewing aan die
      bepalings van die Grondwet te toets
      2.5.2 om verbandhoudende taalbepalings in die Grondwet te ondersoek, asook die Wet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, Wet 59 van 1995, en die Wysigingswet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, Wet 10 van 1999, met die oog op moontlike oorvleueling, en
      2.5.3 om die regsterminologie van die wetsontwerp te ondersoek en alternatiewe formulerings voor te stel om die hoogste mate van regssekerheid te skep (Bylaag “A”).

    Ek hanteer die sake in bogemelde volgorde.

    3. Konstitusionele Implikasies

    Die kern van die wetsontwerp word in artikel 5 soos volg verwoord:

      5(1) All official languages shall be used equitably and enjoy parity of esteem.
      (2) Without derogating from the provision in subsection (1) the national government must use not less than four languages for any given purpose as provided for in section 7(b), provided that these languages shall be selected by each organ of state from each of the four categories of official languages in subsection (3) on a rotational basis , except when it is reasonably necessary to follow an alternative policy in the interest of effective governance or communication.

      (3) The categories of languages referred to in subsection (2) are -

      1. the Nguni Group (isiNdebele, isiXhosa, isiZulu and siSwati)
      2. the Sotho group (Sepedi, Sesotho and Setswana)
      3. Tshivenda/Xitsonga
      4. Afrikaans/English.


      (4) Any alternative policy adopted in terms of subsection (2) shall comply with the provisions of section 6(3)(a) of the Constitution.

      (5) This policy shall be implemented -

      1. In legislative, executive and judicial functions of government in the national sphere taking into account all relevant factors, including usage, practicality and the balance of the needs and preferences of the population as a whole.
      2. In legislative, executive and judicial functions of government in the provincial and local spheres, provided that regional and local circumstances shall receive due recognition in addition to the factors referred to in paragraph (a).
      3. By institutions referred to in section 4(1)(b) where applicable and provided that the nature, aim and activities of such an institution receive due recognition in determining an appropriate language policy.


      (6) The Minister shall make use of his or her powers under section 12 to classify the communication, reports, records, documentation and legislative instruments to which this section, read with section 7(b) shall apply.

    Ek kwoteer verbatim die kommentaar van dr. Heunis S.C., die advokaat aangestel om Die Taalsekretariaat te adviseer.

      “134. Dit is vir my hoegenaamd nie duidelik wat die sleutelbepaling in die Wetsontwerp, te wete klousule 5(2) veronderstel is om te beteken nie. Ek het, soos ek sal aantoon, ’n bekommernis dat hierdie bepaling onbestaanbaar is met artikel 6(3) van die Grondwet.

      141.3 Afgesien van die feit dat ek nie weet wat artikel 5(2) veronderstel is om te beteken nie, sal dit waarskynlik ook onkonstitusioneel wees wees, aangesien dit poog om ’n alternatiewe grondslag vir die gebruik van amptelike tale daar te stel wat oŽnskynlik onbestaanbaar is met die bepalings van artikel 6(3)(a) van die Grondwet.

      141.4 Laasgenoemde feit word by implikasie erken deur klousule 5(2) se Ö. ‘except when it is reasonably necessary to follow an alternative policy in the interest of effective governance or communication’ wat volgens klousule 5(4) aan die bepalings van artikel 6(3) van die Grondwet moet voldoen.

      141.5 ’n Bepaling wat die nasionale regering verplig om minstens vier amptelike tale te gebruik, sal nie onkonstitusioneel wees nie, maar dan moet die nasionale regering met verwysing na die kriteria wat in klousule 6(3)(a) uiteengesit word, bepaal welke tale gebruik moet word.

      141.6 Ten spyte van die feit dat klousule 5(2) slegs na die nasionale regering verwys, verg klousule 5(5)(b) dat die beleid dat vier tale gebruik moet word, soos bedoel in klousule 5(2), ook op provinsiale en plaaslike vlak geÔmplementeer moet word. Wat provinsiale regerings betref, is dit eweneens nie bestaanbaar met die Grondwet nie.

      141.7 Konsultant word daarop gewys dat klousule 5(5)(a) en (b) verg dat die taalbeleid ook betrekking het op regssprekende funksies op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak.

      141.8 Aangesien subklousules (3), (4), (5) en (6) van klousule 5 nie van subklousule (2) geskei kan word nie, is hulle eweneens waarskynlik onkonstitusioneel.

      143.3 Die meeste van die bepalings van klousule 7 is te nou verweef met klousule 5(2) om konstitusioneel te kan oorleef.

      152. Klousule 5(2) kan ook nie van moontlike onkonstitusionaliteit gered word deur die bepaling dat daar van die model afgewyk kan word wanner dit redelikerwys nodig is om ’n alternatiewe beleid in belang van effektiewe regering of kommunikasie te volg nie, in welke geval so ’n alternatiewe beleid aan die vereistes van artikel 6(3)(a) van die Grondwet moet voldoen nie. Nasionale en provinsiale regerings moet met inagneming van al die kriteria wat uiteengesit word in artikel 6(3)(a) bepaal welke amptelike tale vir regeringsdoeleindes aangewend moet word. Dit sluit die bepaling van die minimum van twee amptelike tale, asook enige bykomende amptelike tale in.

      150. Aangesien die Wetsontwerp se uitgangspunt ’n werkswyse veronderstel wat myns insiens onbestaanbaar is met die vereistes van artikel 6(3)(a) van die Grondwet is dit fundamenteel gebrekkig en sal de novo daaroor besin moet word.

      151. Daarbenewens is dit hoegenaamd nie duidelik wat met klousule 5(2), oŽnskynlik die hart van die Wetsontwerp, bedoel word nie.”

    4. Oorvleueling met PANSAT

    Ek kwoteer verbatim die opinie van dr.Heunis:

      “133. Ter aanvang wys ek daarop dat dit hoegenaamd nie duidelik is waarom die bepalings van die Wetsontwerp (Voorgestelde South African Languages Bill (final draft May 2000) in ’n afsonderlike wetsontwerp opgeneem gaan word en waarom die Wet wat kragtens artikel 6(5) van die Grondwet vir die instelling van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad voorsiening maak, nie ook voorsiening kan maak vir die ander aangeleenthede wat volgens artikel 6 wetgewing vereis nie.

      138. (Klousule 2, voorgestelde Wetsontwerp.) As die doelstellings wat in hierdie klousule uiteengesit word, vergelyk word met die doelstellings in artikel 3 van die Wet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, No. 59 van 1995, is dit nie duidelik waarom dit nodig is vir twee afsonderlike Wette nie.

      144.1 Daar is ’n duidelike oorvleueling tussen die bepalings van hierdie klousule en artikel 6(5) van die Grondwet wat die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad met soortgelyke verantwoordelikhede betaak as wat klousule 8 vir die Minister in die vooruitsig stel.

      147.3 Aangesien die Wetsontwerp nie aan die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad enige pligte of bevoegdhede opdra nie, maak klousule 11(2)(b) van die Wetsontwerp gewoon nie sin nie.

      147.4 Dieselfde oorweging geld die bepalings van klousule 11(3)(g).

      147.5 Veral aangesien daar kwalik sprake in die Wetsontwerp is van die verlening van taalregte en daar nie voorsiening is vir aanbevelings, bevindings en besluite van die Suid-Afrikaanse Taalraad met betrekking tot die Wetsontwerp soos wat met klousule 11(2)(b) oŽnskynlik veronderstel nie, is hierdie klousule in sy geheel verwarrend en waarskynlik grootliks betekenisloos.”

    5. Administratief

    Ek wil vervolgens net na twee aspekte verwys wat die Wetsontwerp administratief onuitvoerbaar sal maak.

    5.1 Regulasies. In artikel 12 word verwys na die reg van die Minister om regulasies te maak wat dan ook in die Staatskoerant afgekondig sal word. Regulasies sal ook afgekondig moet word vir die “organs of state” vir die implementering van die nasionale taalbeleid , artikel 5, volgens die voorskrifte van artikel 7(b).

    Indien aanvaar word dat daar 40 “organs of state” sal wees waarop die wet van toepassing sal wees, en die beleidsvoorskrifte soos bedoel in 7(b), beteken dit dat elke keer as die rotasie verander, 240 regulasies uitgevaardig sal moet word. Die verdere probleem is dat as die regulasies afgekondig is, dit administratief haalbaar is om vir alle amptenare (sÍ daar is 400 000) te laat weet die taalbeleid het nou roteer en dat daar vir doeleindes van artikel 7(b) nou in ’n ander taal gekommunikeer word. Dieselfde proses word herhaal afhangende van die tydperk van rotasie.

    5.2 Op ’n rotasiebasis. Verwys na klousule 5(2). Afgesien van die feit dat die begrip “op ’n rotasiebasis” nie gedefinieer is nie, en ook nie hoe dikwels rotasie sal plaasvind en of dit aan tydperke gekoppel is al dan nie, is die basiese elementÍre vraag: Hoe word “intra- and inter-departemental oral communication in all spheres of government” geroteer? Om die problematiek van rotasie nog duideliker uit te spel, verwys ek na die interpretasie van prof. E.F.J. Malherbe, Dept. Publieke Reg, Randse Afrikaanse Universiteit:

      “My reaksie is dat dit (rotasie) verder die gelyktydige gebruik van die twee gekose tale impliseer ... Dit sal egter net rotasie kan insluit as dit billik toegepas word. Rotasie mag dus byvoorbeeld nie beteken dat een taal vir ’n maand en die volgende vir ’n dag of ’n week gebruik word nie. Daar behoort dus tydperke aan rotasie gekoppel te word. Dit mag ook nie wees dat een taal vir ’n omvattende projek gebruik word en die volgende taal vir ’n enkele persverklaring nie. Dit mag verder nie beteken dat een taal as ’n sogenaamde ankertaal beskou word wat deurlopend gebruik word en die ander maar so nou en dan aan die beurt kom nie. Nie een van die moontlikhede kan as billik beskou word vir doeleindes van die Grondwet nie.”

    Bogemelde administratiewe probleme dui net in een rigting: die maklikste uitweg gaan gekies word en dit is die gebruik van een taal, met beleefde buiginkies in die rigting van ander tale.

    A.T. van der Walt
    Uitvoerende Hoof
    Die Taalsekretariaat
    26 Junie 2000


    BYLAE “A”
    REGSTEGNIESE VOORSTELLE

    Ons verstrek hiermee die volgende regstegniese toevoegings of weglatings tot die South African Languages Bill (Final draft 17 May 2000) (hierna “die Wetsontwerp”) wat gebruik kan word in ’n volgende poging om uitvoering te gee aan Artikel 6 van die Grondwet.

    1. Ad “Preamble”

      1.1 Aangesien die begrip “Constitution” in klousule 1 van die Wetsontwerp gedefinieer word, moet daar in die eerste ongenommerde paragraaf van die “Preamble” nie na die “Constitution of the Republic of South Africa, 1996” verwys word nie, maar slegs na “Constitution”.

      1.2 In die derde reŽl van dieselfde paragraaf moet “of South Africa” eerder “for South Africa” wees.

      1.3 In die tweede ongenommerde paragraaf van die aanhef word verwys na die regsplig wat artikel 6(2) van die Grondwet op die staat plaas om praktiese en daadwerklike maatreŽls te tref om die gebruik en status van histories benadeelde inheemse tale te verhoog en hul gebruik te bevorder. Diť paragraaf verwys egter na “historically marginalised languages of South Africa”, terwyl dit verkieslik moet verwys na “historically marginalised indigenous languages of South Africa”.

    2. Ad klousule 1

      2.1 Hierdie is die definisie-klousule.

      2.2 In gevalle waar die konsepte wat gedefinieer word in die meervoudsvorm beskryf word, word dit verkeerdelik gevolg deur die werkwoord “mean”. Dit moet nog steeds “means” wees.

      2.3 In klousule 1(ii) word “indigenous languages” gedefinieer as “the languages which, according to the historical record, originated in South Africa”.

      2.4 Die inheemse tale moet by name genoem word.

      2.5 Daar is al by geleentheid geargumenteer dat “daar bepaalde redes (is) waarom weggeskram word daarvan om die inheemse tale by die naam te noem. Een hiervan is dat Afrikaans die enigste Afro-Westerse taal onder hulle is en ’n aanduiding deur die term ‘inheems’ Ö polemies (is).

      2.6 Hierdie is egter ’n sirkelargument. Die antwoord op die vraag oor of ’n taal ’n inheemse taal is en as sodanig vir regstellende maatreŽls kwalifiseer, word nie bepaal deur of dit gebuk gegaan het onder historiese inkorting nie. WŠŠr die taal ontstaan het, is deurslaggewend met betrekking tot sy status as ’n inheemse taal al dan nie.

      2.7 Soos wat die definisie tans lees, is Afrikaans ’n inheemse taal ondanks die feit dat dit as gevolg van historiese redes ’n mindere aanspraak as ander inheemse tale mag hÍ op praktiese en daadwerklike maatreŽls om sy status te verhoog en gebruik te bevorder.

      2.8 Rautenbach & Malherbe laat hulle byvoorbeeld soos volg uit:

        “Afrikaans is an indigenous language, but it cannot be said that its use and status have been historically diminished. All official languages must nevertheless be developed in terms of s 6(5)(a)(i).”

      2.9 Aangesien dit objektief vasstelbaar is watter tale inheemse tale is en watter nie, is daar uit ’n regsoogpunt geen rede waarom die inheemse tale nie by name genoem kan word nie; inteendeel, dit sal regsekerheid bevorder indien hulle wel by name genoem word. Die verwysing na die “historical record” dien geen doel nie.

      2.10 Die verwysing na “of this Act” in klousule 1(iii) is oortollig en moet weggelaat word.

      2.11 Dit word aan die hand gedoen dat die definisie van “legislative instrument” in klousule 1(iv) soos volg behoort te lees:

        “‘legislative instrument’ means any act, law, ordinance, proclamation, regulation or other enactment that has the force of law which originates from an organ of state with legislative powers”.

      2.12 Die konsep “organ of state” in klousule 1(vii) moet verkieslik soos volg lees:

        “‘organ of state’ means a legislative or executive organ of state at any level of government and a department of state or administration in the national, provincial or local sphere of government”.

      2.13 Dit word aan die hand gedoen dat die definisie van “this Act” in klousule 1(x) soos volg moet lees:

        “‘this Act’ includes the regulations, language code of conduct and other mechanisms made in terms of section 12(1)”.

    3. Ad klousule 2

      3.1 Daar word voorgestel dat klousule 2(b) soos volg versterk word:

        (b) to enhance the status and promote the equitable use of the official languages of South Africa.

      3.2 Ter uitvoering van artikel 6(4) van die Grondwet, behoort die volgende verdere oogmerk van die Wetsontwerp aan die einde van klousule 2 bygevoeg te word:

        “(e) to provide mechanisms and procedures for the national and provincial governments and for organs of state to regulate and monitor their use of the official languages.”

    4. Ad klousule 3

      4.1 Volgens die verklarende memorandum stel klousule 3.1 beginselriglyne vas wat alle funksionarisse wat openbare funksies vervul, moet volg in die toepassing van taalspesifieke aksies, uitsluitende die Departement van Onderwys en die Departement van Justisie. Daar is egter niks in die bepaling wat daarop dui dat hierdie Departemente uitgesluit is nie en ook geen rede waarom hulle vir alle doeleindes uitgesluit moet wees nie.

      4.2 Klousule 3(1) kan versterk word deur die invoeging van ’n nuwe paragraaf aan die begin:

        (a) Language is recognised as an integral part of every person’s identity and thus their human dignity.”

      4.3 Die verwysing na “Sign Language/s” in klousule 3(1)(b) is onbevredigend.

      4.4 Dit is nie duidelik wat die frase “participation in language matters” in klousule 3(1)(e) beteken nie.

      4.5 Klousule 3(2)(c) moet verkieslik soos volg lees:

        “(c) Serve as guidelines with reference to which any organ of state must exercise any function in terms of this Act;”.

    5. Ad klousule 4

      5.1 Die verwysing in klousule 4(1)(b) na artikel 5(4)(c) moet ’n verwysing wees na artikel 5(5)(c).

      5.2 Klousule 4(2) moet verkieslik soos volg lees:

        “When interpreting a provision of this Act, any person, court, tribunal or forum shall prefer any reasonable interpretation consistent with the objects of the Constitution and of this Act.”

      5.3 Klousule 4(3) van die Wetsontwerp moet ook na provinsiale Grondwette verwys.

      5.4 Klousule 4(4)(i) en (ii) moet 4(4)(a) en (b) wees en daar moet ’n “or” tussen (a) en (b) wees. Aangesien die woorde “are limited or undermined” op beide paragrawe (a) en (b) betrekking het, moet dit links onder albei paragrawe kom en nie deel wees van (b) nie.

    6. Ad klousule 5

      6.1 Volgens die verklarende memorandum bepaal hierdie klousule dat alle amptelike tale gelykwaardig behandel moet word en gelyke aansien moet geniet. Dit is nie heeltemal korrek nie. Om hierdie resultaat te bewerkstellig, moet klousule 5(1) soos volg lees:

        “All official languages must be treated equitably and enjoy parity of esteem.”


    7. Ad klousule 6

      Die woord “fulfillment” in klousule 6(3) moet “fulfilment” wees.

    8. Ad klousule 7

      8.1 Aangesien daar nie ’n subklousule (2) is nie, moet daar ook nie ’n subklousule (1) wees nie. Dit blyk ook uit die feit dat klousule 5(2) en 5(6) na klousule 7(b) verwys en nie 7(1)(b) nie.

      8.2 Wat hierbo gesÍ is aangaande “fulfilment” geld ook die gebruik daarvan in klousule 7(a).

      8.3 Uit ’n wetsopstellingsoogpunt behoort klousule 7(e) soos volg te lees:

        “do all things incidental to or necessary for the proper exercise of the powers and performance of the functions referred to in paragraphs (a) to (d).”

    9. Ad klousule 8

      9.1 Daar is ’n onbevredigende verwysing na “Sign Language/s” in die inleidende deel van hierdie klousule.

    10. Ad klousule 9

      10.1 Dit word aan die hand gedoen dat die frase “in fulfilling any of the obligations imposed by this Act” eerder soos volg moet lees:

        “in exercising the powers and performing the functions imposed by this Act”.

      10.2 Klousule 9(b) moet verkieslik in subparagrawe verdeel word ten einde die onderwerpe van ooreenkomste behoorlik van mekaar te onderskei.

    11. Ad klousule 10

      11.1 Dit word aan die hand gedoen dat klousule 10(2)(b) eerder soos volg moet lees:

        “(b) The report shall stipulate the nature of language-related complaints received from the public and the action which was taken to address the complaints;”.

      11.2 Dit word aan die hand gedoen dat klousule 10(2)(c) eerder soos volg moet lees:

        “(c) elaborate on the problems encountered with the implementation of this Act and the steps which have been or are being taken to overcome such problems;”.

    12. Ad klousule 11

      12.1 Soos tans bewoord, stel klousule 11(1) in die vooruitsig dat ’n persoon namens of ten behoewe van sy of haar lede ’n aansoek vir ’n gepaste remedie kan loods.

      12.2 Klousule 11(2)(a) moet verkieslik soos volg lees:

        (a) the exercise of powers or the performance of functions in terms of this Act or the failure to exercise powers or perform functions in terms of this Act;”.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.