Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Moenie ons medelandsburgers benadeel nie!

Mediaverklaring deur die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans op 26 Junie 2004

Afrikaansgebruikers van alle kleure, stande en oortuigings het die afgelope week met ontsteltenis kennis geneem van die volgende uitlating in die parlement deur die Minister van Onderwys, me. Naledi Pandor:

"Our approach ... is to strengthen the teaching of English as a second language in all levels of schooling. The aim of this approach is to enable pupils to use English as a language of teaching and learning beyond the first three years of schooling." ("Ons benadering ... is om die onderrig van Engels as 'n tweede taal op alle vlakke van onderwys te versterk. Die doel van diť benadering is om leerlinge in staat te stel om Engels as 'n taal van leer en onderrig te gebruik na die eerste drie skooljare.")

Hierdie uitspraak impliseer dat die Departement van Onderwys daartoe verbind is om die ongelykhede van die verlede in stand te hou, te wete 'n onderwysstelsel waarin leerders met 'n Afrikataal as huistaal nie dieselfde regte, geleenthede en voorregte as Afrikaans- en Engelssprekende leerders gegun word nie. Laasgenoemde leerders kan tot in matriek- en selfs op tersiÍre vlak - deur hul huistaal onderrig ontvang, maar Afrikataalsprekers moet na die derde skooljaar eensklaps na 'n vreemde taal as onderrigmedium oorskakel. Ons vind dit moeilik om te verstaan dat die regering hierdie nalatenskap van kolonialisme en apartheid nie net onaangeraak laat nie, maar selfs in stand wil hou en sterker wil vestig. Dit kom neer op sistematiese en beleidsmatige diskriminasie teen diegene waarteen reeds in die verlede gediskrimineer is.

Die geskiedenis van Suid-Afrika bevat reeds een ongelukkige voorbeeld waar die afdwing van 'n taal tot groot stryd aanleiding gegee het en ons pleit is dat hierdie fout nie herhaal moet word nie in 'n land waar daar elf amptelike tale in die Grondwet erken word. Die reg op moedertaalonderwys is verskans in die Grondwet en die feit dat dit telkens weens gebrek aan owerheidsteun nie realiseer nie, is 'n hartseer saak vir sprekers van tale anders as Engels in Suid-Afrika. Die minister het juis op 23 Februarie 2004 tydens 'n meertaligheidskongres in die Parlement in Kaapstad die volgende gesÍ oor die voorkeurbehandeling van een taal bů ander tale in SA: "Any argument for a special status for Afrikaans or any other language is difficult to sustain in a democratic South Africa" en ook bygevoeg: "we cannot justify the neglect of any of the languages of South Africa, or the unfair promotion of one of them".

Volgens die Vereniging vir die Ontwikkeling van Onderwys in Afrika (ADEA) "strek die voordele van onderrig aan kinders deur hul moedertaal verder as akademiese sukses en sluit dit kulturele, emosionele, kognitiewe en sosio-sielkundige voordele in". Hierdie uitspraak verwoord 'n wÍreldwye konsensus onder onderwyskundiges en taalkenners. Afrikaanssprekendes ken die voordele van onderrig deur die huistaal uit eie ervaring. Ons vind dit daarom onaanvaarbaar dat ons, saam met Engelssprekendes, hierdie reg mag uitoefen terwyl dit nie vir die meerderheid van ons medeburgers gegun word nie.

Ons beklemtoon graag dat ons nie gekant is teen verbeterde onderrig van Engels as addisionele taal nie. Inteendeel, ons is sterk ten gunste daarvan dat die onderrig van al ons amptelike tale op skool versterk moet word. Huistaalonderrig en vaardigheid in Engels (en ander tale) sluit mekaar nie uit nie, soos menige Afrikaanssprekende kan getuig. As Engels egter onderrig word met die doel om Engelsmediumonderwys vir nie-Engelssprekendes te bevorder, soos die Minister laat blyk, dan moet ons ten sterkste protes aanteken. Afrikaans is in die verlede deur die skoolstelsel aan leerders opgedwing. Om nou dieselfde met Engels te doen, sal net so katastrofaal vir ons nasie wees.

Ons as Afrikaanssprekendes dring daarop aan dat die regte en voordele wat ons reeds geniet na alle Suid-Afrikaners uitgebrei word. Die Departement van Onderwys moet handboeke en kurrikulummateriaal in alle amptelike tale beskikbaar stel en dit vir matrieks moontlik maak om in enige amptelike taal eksamen te skryf. Ook leerders wat nog deur 'n ander taal as hul huistaal onderrig word - en dit sluit swart leerders in voormalige model C-skole in - moet leermateriaal in hul huistaal ontvang om sodoende die leerproses te vergemaklik. Onderwysers moet opgelei word om Afrikatale as onderrigmediums te gebruik en veeltalige klaskamers te hanteer en meertaligheid moet in die professie bevorder word.

Ons versoek verder dat, naas Engels, ook die onderrig van Afrikatale as addisionele tale aan Afrikaansmediumskole en die onderrig van ander amptelike tale aan voormalige swart skole, as 'n saak van dringendheid versterk word.

Die tyd is verby dat Afrikaans- en Engelssprekende Suid-Afrikaners voorkeurbehandeling ontvang terwyl die meerderheid as tweedeklasburgers behandel word ... of is dit?

Uitgereik deur:

Dr. Christa van Louw (voorsitter)
Prof. Wannie Carstens (ondervoorsitter)
Namens Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans


  • Read the English version of this press release
  • Click here to read i-MAG's reaction to Minister Pandor's stated position on Mother Tongue Education
  • Klik hier en lees i-MAG se reaksie op Minister Pandor se verklaarde standpunt oor Moedertaalonderrig



    LitNet: 30 Junie 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.