Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Afrikaans na 10 jaar van demokrasie

Ria Olivier

Goeie middag dames en here

Ek voel geeŽrd om een van die deelnemers te wees aan die gesprek vandag oor die stand van Afrikaans tien jaar na die aanbreek van demokrasie in ons land. My bydrae is geen filosofiese betoog nie, maar word aangebied vanuit ’n bemagtingshoek en is sterk geanker in die werk van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA). Ten eerste sal ek fokus op die grondwetlike voorsiening vir taalberegtiging, daarna op verwikkelinge op die taallandskap oor die afgelope tien jaar en derdens op bemagtigingsimperatiewe vir die toekoms.

Die Grondwet van demokratiese Suid-Afrika het ’n paradigmaverskuiwing verteenwoordig: vanaf ’n miskenning na die erkenning en bevordering van basiese menseregte, waaronder taalregte. Die dryfvere vir die erkenning van veeltaligheid was die besef dat dit op die lang termyn ekonomiese, sosiale en opvoedkundige voordele vir die sprekers van die tale inhou.

Die ontwikkelings- oftewel bemagtigingsoriŽntasie was onmiskenbaar. Al elf amptelike tale sou voortaan ingevolge grondwetlike bepalings as bemagtigingsinstrument vir die sprekers van hierdie tale kon dien. Die grondwet was immers gerig op ’n regstelling van bestaande ongelyke magsverhoudinge — sosiaal-ekonomies ťn talig. Wat sentraal gestaan het, was die strewe om die gaping tussen ryk en arm te verklein — geestelik en materieel, wat sou impliseer dat die gelykheidsdoelwit van die grondwet gerealiseer sou kon word.

Dit is nou tien jaar later en ek reflekteer graag.

Wanneer bestek opgeneem word van verwikkelinge op die taallandskap in Suid-Afrika, is dit duidelik dat bepaalde prestasies prestasies wel behaal is. Hieronder tel die daarstelling van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) om wag te hou oor taalsake, wetgewing en beleid vir die taalbeleid van openbare instellings, die daarstel van ’n Suid-Afrikaanse talewetsontwerp en die daarstelling van stappe vir die suksesvolle implementering van die beleid van die grondwetlike beleid van talegelykheid.

Maar dit is duidelik dat teorie en praktyk nie in alle gevalle ontmoet het nie en dat die bemagtigingsdoel van die grondwet daarom meermale nie gerealiseer het nie. Die feit dat Engels-eentaligheid met rasseskrede toegeneem het in die owerheids- en privaatsektor, en ook in wonings, is afdoende bewys dat die grondwetlike toekenning van ampteliketaalstatus nie vanselfsprekend ’n waarborg vir die toekenning van hoŽ funksies was nie. In plaas daarvan dat taalregte uitgebrei is, is dit erg verskraal. Afrikaans, wat reeds alle sosiolinguisties-beskrewe hoŽ funksies gehad het, is vir alle praktiese doeleindes saam met die ander Afrikatale gerelegeer tot laefunksiedomeine, met natuurlik die gepaardgaande ontmagtiging van die sprekers van hierdie tale.

In ’n persverklaring wat saamgeval het met Moedertaaldag 2004, laat die Meertaligheidsaksiegroep sig soos volg oor die uitwerking van hierdie ontmagtigende talesituasie op sprekers van die gedomineerde tale in Suid-Afrika. “Suid-Afrikaners wat nie die dominante taal beheers nie word in baie opsigte as tweedeklasburgers behandel. Taal word ’n merker, nie net van kulturele identiteit nie, maar ook van die sosio-ekonomiese en politieke posisie van die persoon wie se taal dit is.” Voeg daarby dat ’n persoon se status en intelligensie afhanklik gemaak van sy of haar vaardigheid in Engels!

Globalisering, asook die negatiewe taalhoudings ingegee deur geslagtelange ideologisering en kolonisering, is van die redes wat aangegee word vir die perpetuering van hierdie ontmagtigende talebestel, soos Van Louw (1999) dan ook tereg opmerk. Hierdie negatiewe taalhoudings, wat ’n erfenis is van ’n vorige taalbedeling is as volg: Afrikatale is ondergeskikte tale en word daarom negatief geŽvalueer. Afrikaans is ’n verdrukkerstaal as gevolg van die politieke bagasie van Apartheid. Engels is die taal van status, bevryding en opwaartse sosiale mobiliteit. Hierdie gegewe skep ’n verwronge beeld van die talige werklikheid, wat ’n ernstige probleem vir die realisering van die grondwetlike imperatief van veeltaligheid, gelykheid en bemagtiging skep. Ten einde sprekers te bemagtig om voluit te kan leef in hul eie tale is daar bepaalde bemagtigingsimperatiewe.

Wat is hierdie imperatiewe? Hoe gemaak om talige bemagtiging te verseker? Natuurlik mag dit glad nie uit die oog verloor word nie dat die huidige ongelyke sosiaal-ekonomiese magsverhoudinge direk verband hou met die vorige posisies van tale. Om sosiaal-ekonomiese wanpraktyke reg te stel en bemagtiging te verseker, vereis die regstelling van tale se posisies, nie slegs in teorie nie, maar ook in die praktyk.

Indien die erkenning van tale egter nie sosiaal-ekonomiese magsimplikasies vir sprekers inhou nie, is die kanse egter skraal dat die posisies van tale noemenswaardig in die praktyk sal verander. Met ander woorde mense sal steeds ’n taal kies wat hulle meen toegang tot magstrukture bied — ongeag daarvan of hierdie keuse wat veronderstel is om hulle te bemagtig, hulle ironies genoeg, ontmagtig.

Die geleidelike kapitulering van die eie tale ten gunste van Engels kan ook toegeskryf word aan ’n gebrek aan demokratiese agente (waarvan Wally Morrow praat) in die Suid-Afrikaanse samelewing — mense wat nie slegs hul taalregte ken nie, maar sodanig psigies bevry is van vorige persepsies dat hulle hul regte opeis. Samuels (1995: 78) sien die “dekolonisering van die psige van die onderdrukte as ’n voortgesette stryd om mense te bevry van hierdie idees wat hul eie vordering strem. ’n Belangrike imperatief is dus om veral arm landgenote te oortuig van die opvoedkundige waarde van die eie taal. Op hierdie manier sou ’n ander soort breindrein gestuit kon word.

Die hantering van die psigiese struikelblokke vereis eerstens dat doelgerigte taalbewusmakingsprogramme ingespan word om 'n kritiese bewussyn van veeltaligheid by Suid-Afrikaners te skep vir die daarstelling van 'n demokratiese Suid-Afrika. Hiertoe kan taalinstansies, die media en onderwys 'n essensiŽle rol speel.

Die uitdaging is verder om onder sprekers van Afrikaans ’n groter bewustheid omtrent die waarde van die eie taal naas die ander te kweek. Mense moet daarvan bewus raak dat die boodskap van die beter lewe ook deur medium van die eie taal gedra kan word, in hierdie geval Afrikaans.

Want baie mense assosieer reeds die goeie en opwindende dinge slegs met Engels en sukkel om te verstaan dat die eie taal ’n kragtige instrument vir ontwikkeling is. Taalbewuste individue en organisasies het die taak om hierdie persepsie demonstratief as vals bewys sodat die verloop van jare nie dalk ’n waarheidsetiket daaraan heg nie. Dan kan dit die einde van moedertaalbewustheid en taalbevordering-benewens-Engels wees.

Maar hierdie waardetoevoeging sal nie net deur middel van ’n pratery kan gebeur nie. Dit sal in die praktyk tussen die mense sigbaar moet wees, letterlik tussen stof en sweet. Woorde sal daar wel ook moet wees, om byvoorbeeld sterk standpunte te stel teen enige vorm van taalbenadeling of eensydige imperiale bevoordeling van ’n enkele taal of ’n enkele groep taalgebruikers.

Maar praat alleen gaan nie die knoop deurhaak nie. Woorde moet aangevul word met dade. Want die afgelope tien jaar het getoon dat terwyl taaldebatte gevoer word, het die sprekersbasis weggekalwe soos gemanifesteer in die geleidelike oorskakeling na Engels onder veral bruin middelklassprekers van Afrikaans, maar onder laer sosio-ekonomiese groepe, soos die ervaring geleer het.

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans streef daarna om alle sprekers van Afrikaans met woord en daad te bemagtig om binne ons moderne, veeltalige demokrasie voluit in Afrikaans te leef. Afrikaans word aangewend om daadwerklik waarde toe te voeg tot tot die lewe van alle mense wat geheel en al, of gedeeltelik, of net af en toe deur Afrikaans moet leef en bewustelik tot bemagtigingsmedium verhef op alle lewensterreine wat hierbo by implikasie histories aan Engels toegewys is.

’n Taal se waarde word immers bepaal deur die waarde wat daardeur toegevoeg kan word aan die lewens van mense. Die tempo en eise van ons tyd kan nie tale akkommodeer ter wille van ’n heroÔese geskiedenis of bloot indrukwekkende literÍre prestasies nie, ja diť ook wel deeglik, maar as die taal nie konsekwent bydra tot die lewensbevordering van mense nie, is dit te betwyfel of dit ’n beduidende rol kan speel in ’n land soos Suid-Afrika met sy spesifieke historiese en kontemporÍre opset.

’n Uitdaging vir alle sprekers van Afrikaans, veral diegene wat reeds hoŽ prestasievlakke behaal het, is om individueel en as kollektief daadwerklik te help gestalte gee aan hierdie noodsaaklike toegevoegde funksie van Afrikaans, nl. die funksie van bemagtiging.

Indien Afrikaans en die ander Afrikatale ’n sterk toekomsrol wil speel, sal dit betrokke moet raak by opheffingsprogramme - hetsy op die laagste vlakke van funksionele ongeletterdheid of die hoŽr vlakke van skolastiese en tersiÍre opleiding. Hierdeur sal Afrikaans en ander Afrika-tale ’n demokratiese Afrika-relevansie kry wat noodsaaklik is indien dit ’n sterk toekomsrol wil speel, nie net in Suid-Afrika nie, maar uiteindelik ook binne ’n groter Afrika-konteks soos wat bv. deur Nepad in die vooruitsig gestel word.

Wat vir Afrikaans geld, geld ook ook vir die ander gedomineerde tale. Ek is dit met Gerrit Brand eens dat elke taal as ’n bemagtigingsmiddel ontgin word om die ongelykheid in ons samelewing uit te wis en bemagtiging van die sprekers van alle tale ten goede te wees. Ek voorsien 'n Stigting vir Bemagtiging deur isiXhosa, deur isiVenda, ens. en natuurlik ook ’n Nasionale Strategie vir elk van die ander Afrikatale.

En nou wil ek graag vir u aanhaal uit die reaksie wat die SBA van jong Afrikaanssprekers ontvang het na ons taalbewusmakings- en bemagtigingsprogramme:

Jocelyn January, HoŽrskool Malibu: “Die SBA-slypskool is ’n goeie plan om jong Afrikaanse leerders in die Wes-Kaap te bemagtig in Afrikaans.”

Zandrť Hendricks, ook van Malibu: “Afrikaans rocks.”

Evelen Arnoldus, HoŽrskool Rusthof: “Ek was bietjie teŽsinnig om die slypskole by te woon, maar nou het ek geen wroeging meer nie, want ek het baie geleer oor my moedertaal en oor hoe ek dit afgeskeep het.”

Javegro Ockhuis, HoŽrskool Gordon: “Ek voel dat die slypskole nie net tot graad 11 beperk moet word nie, maar dat leerders vanaf graad 8 daaraan blootgestel moet word — sodat Afrikaans meer beoefen sal word deur die jongeres.”

Chevan Williams, HoŽrskool Rusthof: Die slypskole het my sienswyse oor Afrikaans verander.”

Om af te sluit, net dit: Sal dit dan nie die toppunt van ironie wees as hoŽfunksieruimtes nie gereed gemaak is om hierdie bemagtigde jong sprekers van Afrikaans en diť van die ander Afrikatale te laat gedy nie? As ek op hierdie tien jaar terugkyk, wil dit voorkom asof dit juis hoŽfunksieruimtes is wat psigies verkneg is. Al sodanige instansies staan nou voor die uitdaging om hierdie psigiese verknegting af te skud en hul ruimtes voor te berei vir jong demokratiese agente wat hul taalregte sal opeis.

Gelewer tydens die Woordfees, Stellenbosch, 13 Maart 2004

Lees ook Johann Rossouw se bydrae tot die gesprek





LitNet: 26 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.