Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Profiel: Neville Alexander

    Naomi Maartens

    Hy lag hartlik toe ek hom vra wie hy is en wat in die lewe vir hom saakmaak. Ons sit vroegoggend in sy kantoor by die Universiteit van Kaapstad. Dan beantwoord hy my vraag.

    Oos-Kaapse boorling met ’n doktorsgraad in Duitsland. Hy kom uit Cradock in die Oos-Kaap. Hy was in ’n Rooms-Katolieke Horskool en het baie belang gestel in Duits. Hy het Duitse letterkunde bestudeer toe hy by die Universiteit van Kaapstad kom. Later het hy self Duitsland besoek om sy doktorsgraad te doen, onder leiding van Gerhard Hauptmann. Dit was in 1961. Twee jaar later, toe hy weer in die Kaap was, is hy tronk toe weens politieke anti-apartheid-bedrywighede. In 1974 het hy uit die tronk — op Robben-eiland — gekom. Hy was eers nog vir vyf jaar onder huisarres en kon eers in 1979 weer sy beroep beoefen.

    Vandaar af het hy sy pad teruggevind na taalkunde en -beplanning. Dit was vir hom ’n besondere belangstelling in die destydse Bantoe-onderrig om te sien hoeveel Xhosa-sprekendes probleme ondervind het met die formulering van sinne en essays op Engels. Dit het vir hom duidelik geword dat die land baie groot probleme sou ondervind as die intellektueles hiermee sukkel.

    Hy s hy het agtergekom dat daar inderwaarheid in hierdie land net twee tale gepraat word; hy en ’n paar ander het nog destyds in 1983 die National Language Project op die been gebring en sodoende probeer om di taalkwessie onder die aandag van Suid-Afrikaners te bring. Hy s dit was vir hom ’n kwessie dat taalbeplanning ontbreek het, veral onder swartmense. Onder Afrikaanssprekende blankes was dit ’n heel ander storie, s hy — hulle was baie beperk in hulle belangstelling, en ook polities baie sterk benvloed.

    Dit was eers rondom 1993 dat hy en Karel Prinsloo bymekaar uitgekom het. T eers — in die laat tagtiger- of vroe negentigerjare — het hulle besef dat hulle saam kan werk. Voor die onderhandelingsproses begin het, was daar alreeds ’n sekere mate van konsensus onder hulle met betrekking tot die taalbeleid en taalbeplanning. Van 1986 af het hy taalbeplanning en taalbeleid die middelpunt van sy werk gemaak.

    Passievol oor die onderwys

    Sy groot belangstelling is onderwys. Dit was vir hom die ideaal om toe te sien dat elke Suid-Afrikaanse kind sy of haar potensiaal bereik. Hy l veral klem hierop as hy dink hoe belangrik die geleenthede was wat hyself as kind gekry het. Hy dink te min Suid-Afrikaanse kinders kry daardie soort geleenthede. Hy gaan so ver om te s dat onderwys die middelpunt is van al sy belangstellings.

    Ek vra hom uit na sy linguistiek-agtergrond, uit hoofde van sy betrokkenheid by die Departement Linguistiek by die universiteit. Hy beskryf homself egter eerder as ’n taalsosioloog.

    “Ek stel eintlik maar baie min belang in teoretiese linguistiek,” s hy. “Ek het eerder ’n belangstelling in historiese linguistiek. ’n Belangrike aspek in die land op die oomblik, vir my, is taalbeplanning. Daar bestaan, volgens my, ’n wanbalans tussen ekonomiese beplanning en selfs kulturele beplanning in die algemeen. Wat Kurrikulum 2005 se beplanning betref, het ’n mens dt aan die een kant, maar dan het ’n mens ook ’n taalbeleid — en ’n skooltaalbeleid — aan die ander kant. Hierdie twee kwessies word apart van mekaar ontwikkel en ek voel dit behoort gentegreer te word. Dit kan tot groot probleme lei. So vir my is taalbeplanning een van die belangrikste aspekte van ons samelewing op die oomblik. Baie mense besef dit nie, want hulle reken dat taal iets is soos die lug wat ’n mens inasem. Vir baie lank moes ons vir mense gewys het hoe belangrik taal werklik is. Ds nou in die ekonomie en in die samelewing oor die algemeen.”

    Hy het al by geleentheid verwys na die rol wat literatuur in die veranderende omstandighede in Suid-Afrika kan speel. En hy voel taal kan ’n groot verskil maak en ’n groot rol speel in die land op die oomblik. Die tale wat jy kan praat, toon jou eie vaardigheid — en ook jou respek vir andere.

    “Wanneer jy kan skuif van een taal na ’n ander, bepaal dit met wie jy praat,” s hy. “Of vir wie jy wil benvloed. Dan is dit nie net ’n teken van jou eie vaardigheid nie, maar ook ’n teken van respek — die feit dat jy nie net van mense verwag dat hulle jou taal moet praat nie, maar dat jy mense ook tegemoet gaan om te wys dat jy gewillig en bekwaam is om met hulle in hulle eie taal te praat. Ek dink die grootste dade van nasiebou is wanneer jy so iets kan doen. En wanneer ons almal dit kan doen, sal dit sommer menigvuldige bre bou tussen mense: individue, sowel as groepe. So in daardie opsig sou ek s dat taal, net soos literatuur, ’n baie groot waarde daarstel. En dat dit veral die menswaardigheid van Suid-Afrikaners ondersteun.”

    Hy sien sy rol in die land as polities georinteerd, maar ook groot op taalkundige gebied. Hy s dat hy baie gekant is teen kapitalistiese uitbuiting en die verdeling van mense en rassegroepe; hy dink daar’s nog te veel van di soort ding wat aangaan. Maar daar is wel ’n domein waar ons almal kan saampraat, voel hy — en die taal en taalpraktyk is juis so ’n domein. Natuurlik het mense ook verskillende opvattinge wat dit betref en daar is selfs antagonistiese opvattinge.

    As ons van demokrasie praat, moet ons van al die tale in die land praat.

    “Maar ons kan almal saamstem dat as ons van demokrasie praat, die meerderheid van Suid-Afrikaners vandag weet hoe belangrik dit is dat ons in ’n demokratiese bestel lewe. As ons van demokrasie praat, moet ons in die eerste instansie ook oor taal praat. Want as mense nie die taal kan praat wat die meeste van hulle besig nie, dan lewe hulle nie in ’n demokrasie nie. Dit wil s dat ons in ’n land soos Suid-Afrika moet investeer in meertaligheid om die demokrasie te kan verstewig. En ook om die individuele ontwikkeling van mense — en die ontluiking van hulle potensiaal, as ’t ware — te kan vergemaklik. Ek sien my rol veral daarin vervat dat ek een van weinige persone is wat mense met baie verskillende — selfs uitmekaar spattende — opvattinge kan saambring. En deur middel van redenasie en deur middel van ’n bre sig van dinge in Suid-Afrika, ook histories, vir mense te kan help dat hulle kan sien dat hulle regtig saam kan werk. Binne sekere perke, natuurlik. Ek dink dit is ’n belangrike posisie om te h.

    “Dit het natuurlik ook baie irriterende en frustrerende komponente, wanneer mense probeer om jou uit te buit vir doeleindes waarmee jy nie kan saamstem nie. Af en toe het ek al vir mense ges: ‘Kyk, ek stel nie in hierdie of daardie ding belang nie  ’ In daardie opsig is ek glad nie ’n nasionalis of selfs etnies georinteerd nie. Ek stel gewoon belang in meertaligheid en ek sal Afrikaans ondersteun en mense wat Afrikaans probeer bevorder uit liefde vir die taal. Solank as hulle nie iets teen ander tale het nie. Ek meen dat Engels homself op die oomblik kan help en daarom is die ondersteuning van Engels op die oomblik nie so ’n groot taak nie. Ek meen dat die aanleer van ’n taal soos Engels as tweede taal vir alle Suid-Afrikaners belangrik is — nie net vir Afrikaanssprekendes nie — en daarom voel ek dat die tegniese aspekte van die aanleer van ’n taal soos Engels ’n belangrike punt is. Maar dis natuurlik iets heeltemal anders as die bevordering van ’n taal soos Engels as ’n taal wat ’n mens moet liefh ensovoorts. Daarin stel ek nie belang nie.

    “Maar ek sal op dieselfde manier as wat ek Afrikaans sal ondersteun wat my moedertaal is, ook Xhosa- of Zulu-sprekers op dieselfde manier ondersteun. My uitgangspunt is dat ons tweetaligheid moet bevorder in ’n multikulturele samelewing. Ek dink die feit dat die huidige Minister van Kuns en Kultuur ’n sekere vertroue in my het, is iets belangrik. Ek dink terwyl dit so is, moet ek probeer om mense wat in taalbeplanning en -beleid belangstel, bymekaar te kry sodat ons op ’n demokratiese manier deur middel van konsultasie kan sien waar die problematiese aspekte l. En hoe ’n mens dit op die beste manier kan aanpak. Ek dink nie daar’s ’n towerstaffie nie, maar ek dink dat ’n mens deur demokratiese beraadslaging en gesprekvoering altyd die beste oplossing kan vind. Ek dink dat ’n mens deur middel van so iets die konflik tot ’n sekere mate — ’n ho mate, selfs — sou kon uitwis. En as ons dit kan regkry, sal ons ’n wonderwerk kan verrig en vir ander mense ’n model daarstel.”

    Moenie tale leer ten koste van ander tale nie

    Hy sou s dat taal vir die meeste jongmense inderdaad maar net ’n middel tot die doel van kommunikasie is. Veral onder die huidige generasie jongmense ervaar hy dat daar maar baie min identiteitsgevoel is. Die jongmense met wie hy persoonlik in aanraking kom, stel maar baie min in identiteitspolitiek belang. — alhoewel hulle almal — sonder uitsondering — hulle eie tale wil behou. Hy het nog nie een tegekom wat s dat hulle dink hulle moet eerder hul eie tale prysgee en liewers almal Engels besig nie. Trouens, die meeste mense het duidelikheid dat ons beide ons moedertaal en Engels moet leer. Dis waar baie Afrikaanssprekende blankes die fout begaan; hy dink nie ’n mens behoort Engels en Afrikaans gelyk te stel nie. Engels is ’n internasionale taal en Afrikaans is weer op ’n ander manier ’n belangrike taal. Dis ’n Afrika-taal en dis soos dit moet wees. Nou sou jy kon s dat Duits, byvoorbeeld, ’n baie belangrike taal in Europa is, of Spaans in Suid-Amerika. Maar dis nie internasionale tale soos Engels nie. En daarom, dink hy, is dit belangrik om te aanvaar dat ook die jeug Engels sal wil aanleer. Maar nie ten koste van hulle eie taal nie. Dis ’n probleem dat baie jongmense nie noukeurig en op ’n kundige vlak met hulle eie taal wil leer omgaan nie. Dis ’n probleem en ’n mens sal daarna moet kyk.

    Sy voorstelle aan die Taalsekretariaat is die volgende:

    “Ek dink die vaardighede in die Taalsekretariaat moet versprei word, deur middel van werkswinkels en aanbiedinge: hoe stel ’n mens ’n databasis op, byvoorbeeld. Ek dink tegniese vaardighede wat die bevordering van ander tale kan help verstewig, is die soort vrae wat die Taalsekretariaat vir homself behoort te vra. Ek dink die taalliggame en -komitees behoort te s dat hulle sekere vaardighede het en as julle belangstel, is ons heeltemal bereid om saam met julle te werk. Ons kan help om sulke samewerking te befonds of om te help fondse insamel of om te kyk na die WAT en te sien watter tegniese vaardighede moet aangebied word vir al die mense in Suid-Afrika. Dis nie net oor regstellende aksie nie; dit wys ook dat mense wat wel onder apartheid sekere voordele ontvang het, bereid is om daardie voordele in die ander mense van Suid-Afrika te investeer. Ek dink dit sou die korrekte benadering wees, soos ek dit verstaan.”

    Veeltaligheid is een van Suid-Afrika se unieke kenmerke

    Ons praat oor die afdwingbaarheid van taalwaghonde, soos PANSAT, se regte en hy s hy dink daar behoort geen twyfel te bestaan dat dit afgedwing behoort te kan word nie. Dis ’n konstitusionele — ’n grondwetlike — vereiste dat dit moet gebeur. En daarom dink hy dat die regering, veral die taalwaghonde — PANSAT en ander komitees — moet toesien dat dit wel afgedwing word. Al is daar sekere ekonomiese probleme aan verbonde, kan ons nie net uit ’n ekonomiese hoek die taalkwessie benader nie. Dit sal ’n baie groot fout wees — en een van Suid-Afrika se unieke kenmerke is reeds die veeltaligheid. Dit moet behou word.

    Ons leef in ’n multikulturele en baie vloeibare samelewing, s hy, en hy dink ons moet dit so lank as moontlik so hou, sodat dit later van tyd — as daar dan wel ’n patroon duidelik word in die Suid-Afrikaanse samelewing — iets sal wees wat die hoogste konsensus sal h.

    “Ek is heeltemal gekant teen die refikasie van kulture, want ek dink dis ’n heeltemal verkeerde benadering. Ek dink ’n mens moet aanvaar dat in ’n land soos Suid-Afrika, alles saamvloei — selfs in die vermenging van tale — wat ek nou nie heeltemal voorstaan nie — maar in elk geval, ’n mens sien hoe kulturele gebruike van mense saamvloei en iets nuuts is. En ek dink dis soos dit moet wees, vir ’n tyd lank. ’n Mens moenie te gou probeer om dinge af te kap nie. ’n Mens hoef nie dinge te vinnig te verstewig en te verewig nie, want dit was een van die groot probleme wat onder apartheid ondervind is — afgesien nou van die ander probleme van Apartheid.”

    Hy dink die feit dat Suid-Afrikaners gekenmerk word deur die feit dat hulle spesifieke tale kan gebruik, is een van die kenmerke van ’n multikulturele samelewing. Hy sou reken die ideaal is om met een van sy kollegas wat Xhosa-sprekend is, Xhosa te kon praat — ensovoorts.

    “Of as ons almal voel om Engels te praat, dan maak ons so. Dis Suid-Afrika. As jy in Duitsland is, praat almal Duits.”

    Taalgevoel behoort nie tot separatistiese nasionalisme te lei nie

    Sy boodskap is ten slotte: “Ek sou s ons moet waak daarteen dat taalgevoel en taalemosie tot ’n soort van ’n separatistiese nasionalisme lei. Dis een van die groot gevare — daar’s altyd in enige taalbeweging die gevaar — dat politieke opportuniste daardie gevoel wil mobiliseer om meer politieke mag te kry. Ons het daardie les al twee of drie keer in Suid-Afrika se geskiedenis geleer en ons moet daarteen waak. Ons moet die volgende as uitgangspunt neem: dis m taal di en ek wil my taal bevorder, maar as deel van ’n hele ensemble van tale. Nie teen daardie of daardie taal nie, maar as deel van daardie ensemble. En waar ek die vaardighede het wat die sprekers van ander tale kan bevorder of tot voordeel van hulle kan wees, sal ek bereid wees om dit aan te bied of hulle taal te bevoordeel.”

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.