Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

NALN en die twaalf maande van 2001

Diens aan ’n uitbreidende gemeenskap

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) het ’n oorbesige suksesjaar agter die rug. Sela. En wat voorlÍ, is suiwer opwindend. Want te midde van die instandhouding van al die gevestigde funksies en dienste wat diť instelling die nasionale bate gemaak het wat dit is, moet die geskiedenis eendag uitwys dat hierdie jare die grondwerk gelewer het vir ’n belangrike tweede groeifase in die Museum se bestaan. Meer nog: dat inisiatiewe vanuit NALN in hierdie jare ’n uitkringende impak sou hÍ wat uiteindelik bepalend sou wees vir ’n verbeeldingryke inklusiewe en holistiese nuwe profiel ten opsigte van die bewaring en disseminasie van literÍre artefakte en inligting in al Suid(er)-Afrika se taalgemeenskappe. Die slotsom? NALN is vol planne en oorgehaal vir die volgende twaalf maande se uitdagings.

    Terugblik

    ’n Mens moet realisties wees: gegewe die beskikbare mannekrag, infrastruktuur en fondse kan die resultate van die jaar 2000 moeilik geŽwenaar word. Benewens die volhouding van al die normale werksaamhede en dienste soos die navorsings- en inligtingdiens, die ontvangs en hantering van museumbesoekers, die pro-aktiewe werwing en insamel van skenkings, die prosessering van die toevloei van nuwe materiaal van uiteenlopende aard, en dies meer is die jaar gekenmerk deur ’n buitengewoon hoŽ frekwensie van spesiale projekte en programme.

    Voorbeelde daarvan is:

    • die herdenking van die hoeksteenlegging van NALN se gebou 125 jaar gelede op 31 Mei 1875 (as "goewermentsgebou" van die destydse Republiek van die Oranje-Vrystaat);
    • die afronding en opening van ’n uitstalling oor die interaksie tussen die Anglo-Boereoorlog en die Afrikaanse letterkunde;
    • die amptelike oorhandiging van die omvangryke Peter Snyders-versameling (meublement, rekenaar en elektroniese toerusting, boeke, manuskripte en dokumente, ens.);
    • die amptelike ingebruikneming van NALN se Ketelkelder, ’n "alternatiewe" ruimte vir kabaret, voorlesingsprogramme, byeenkomste;
    • die inisiŽring van die I.D. du Plessis 100-projek, met huldigingsgeleenthede op Philipstown en in Kaapstad, asook in samewerking met die Technikon Vrystaat en andere die Sentrale I.D. du Plessis-huldigingsprogram by NALN;
    • die opening van ’n vergrote D.J. Opperman-uitstalling, wat saamgeval het met die bekendstelling van sy postume digbundel Sonklong oor Afrika;
    • die bekendstelling van boeke soos Vuur op die horison (Engela van Rooyen) en Orion (Deon Meyer);
    • ondersteuning aan die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) met hulle jaarlikse landwye skryfwedstryd Skrywers 2000, geborg deur Die Volksblad; en
    • in samewerking met die BSV, ’n slypskool vir voornemende skrywers.

    Beplanningsfilosofie vir 2001

    Dit is belangrik dat NALN strategies dink en beplan om sy unieke rol binne enersyds die inklusiewe Suid-Afrikaanse literÍre gemeenskap en andersyds die Afrikaanse kulturele bestel in kort-, medium- en langtermynkonteks te verseker en uit te bou.

    Oor meer as ’n kwarteeu is die instelling gevestig as ’n unieke nasionale bate. Maar dit is ook so dat hierdie ontwikkeling nog nie in alle opsigte die ideaal bereik het nie en dat NALN nog nie naastenby sy potensiaal as nasionale rolspeler op sy gebied gerealiseer het nie. Strategiese denke en beplanning is derhalwe nodig om hom oor die volgende sowat vyf jaar beter te posisioneer om hierdie potensiaal in die toekoms uit te leef.

    Veral is NALN - saam met NELM (die "National English Literary Museum" in Grahamstad, sy kollega-instelling vir die Engelse Suid-Afrikaanse letterkunde) en die Afrikaanse Taalmuseum in die Paarl - op grond van eerstehandse ervaring en idealistiese realisme in ’n uitsonderlike posisie om betekenisvolle bydraes tot die "herontwikkeling" of "herstrukturering" van sake op die gebied van taal- en letterkundige museums in Suid-Afrika te lewer. Hieruit kan ook ’n konstruktiewe bydrae tot die realisering van die grondwet se veeltaligheidsideaal spruit.

    Van hierdie oogmerke, benewens ander korter termyn- en reaktiewe projekte, moet 2001 se jaarprogram getuienis lewer. (Natuurlik bly dit riskant om oor sommige van die planne en voornemens tť spesifiek uitsprake te maak, omdat dit dikwels met eksterne faktore of omstandighede saamhang. Daarom word sekere projekte en aksies nog nie aan spesifieke datums gekoppel nie.)

    ’n "NALN" vir die Sesotho-letterkunde

    Hoe edel ook al, sal die ideaal van die gelykwaardige naasbestaan en ontwikkeling van ’n groot aantal tale in Suid-Afrika eers mťťr word as ink en lippetaal wanneer dit in die harte, ervaring en optrede van mense ’n werklikheid word. In hierdie proses kan die letterkundige museum as tipe instelling ’n bepaalde rol speel. Sů glo NALN, want die rol wat NALN in hierdie verband ten opsigte van Afrikaans vervul, is afdoende bewys daarvan.

    Omdat ’n museum die vermoŽ het om taalgegewes, wat gewoonlik abstrak en nie-visueel is, te koppel aan sigbare, tasbare dinge wat tot ’n breŽ publiek kan spreek, gee dit konkrete gestalte aan die dinamiek en prestasies van ’n taal en sy letterkunde. Deur die opbou van versamelings van uiteenlopende aard word die kwaliteit en kwantiteit van ’n taal en sy letterkunde ook sigbaar en tasbaar gemaak.

    Teen hierdie agtergrond het NALN oor die afgelope jare ’n visie ontwikkel wat baie groter as die instelling self en sy individuele toekoms is. Dit is naamlik die visie van ’n uiteindelike konstellasie van min of meer soortgelyke letterkundige instellings wat afsonderlik en gesamentlik die totale letterkundige erfenis van Suid(er)-Afrika sal nasoek, dokumenteer en bedien.

    Soortgelyk aan NALN en NELM moet daar dus ’n vergelykbare infrastruktuur vir al die ander inheemse tale se letterkundes - insluitende en veral die mondelinge letterkunde - ontwikkel word.

    NALN is van mening dat ’n gesentraliseerde "top down"-benadering nie die gewenste resultate gaan lewer nie (afgesien daarvan dat dit baie duur gaan wees). Veel eerder word bepleit dat gedesentraliseerde groeipunt-inisiatiewe aangemoedig word in sentra naby daardie betrokke taal en literÍre gemeenskap se demografiese swaartepunt. (Dit is waar die mondelinge letterkunde leef en die breŽ gemeenskap ten beste met so ’n instelling kan identifiseer.) Sowel NALN as NELM is geesdriftig en oorgehaal om sulke inisiatiewe met raad en daad, opleiding, voorligting, en dies meer by te staan. Hierdie projekte, hetsy museums in die ware sin van die woord of dokumentasiesentra in die een of ander formaat, kan wel van meet af aan elektronies skakel en sodoende aan ’n gemeenskaplike databasis van ’n inklusiewe en holistiese Suid(er)-Afrikaanse letterkunde bou.

    Om aan hierdie ideaal konkrete gestalte te begin gee, het NALN die inisiatief geneem vir die ontwikkeling van die Sesotho Letterkundige Museum - ’n voorlopige naam, afgekort as SLM. Die projek is formeel op NALN se agenda geplaas tydens 1998 se Saamdinkberaad NALN 2000. (As deel van NALN se destydse kwarteeubestaansviering het diť gemeenskapsberaad beoog om riglyne vir NALN se toekoms en transformasie uit te stippel.)

    Sedertdien is die wenslikheid en haalbaarheid van so ’n projek ondersoek, en in Februarie 1999 het die Vrystaatse Minister van Sport, Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie (onder wie se departement NALN ressorteer) in die Vrystaatse Wetgewer aangekondig dat sy departement ’n letterkundige museum vir Sesotho in die lewe gaan roep. ’n Netwerk van belanghebbendes en potensiŽle rolspelers is opgebou, en die kaarte lÍ vanjaar reg dat die stigting van diť museum ’n werklikheid kan word.

    Die eerste skenkings vir die beoogde SLM is ook reeds ontvang: die heel eerste op 1 Desember 1999, toe die skrywer Winston Mohapi ’n eksemplaar van sy roman Lehlaba la lephako (Hongerpyne) geskenk het. (Diť boek het verlede jaar die gesogte M-Net-boekprys vir Sesotho ontvang.)

    Om die stigting van die SLM verder voor te berei en te reklameer, gaan ’n bekendstellingsprogram rondom Lehlaba la lephako eersdaags (Saterdag, 3 Maart 2001) by NALN aangebied word. Die verdere proses om die nuwe museum te stig, sal daarna in oorleg met ’n gemeenskapsgefundeerde loodskomitee gefinaliseer word. Daar word beplan dat die formele stiging in die loop van vanjaar sal plaasvind.

    NALN "Online"

    Soos wat die SLM-projek ’n strewe verteenwoordig om binnelands en in Afrika-konteks aan ’n uitbreidende gemeenskap diens te lewer, wil NALN ook in die lig van die groeiende belangstelling wat daar elders in die wÍreld in die Afrikaanse taal en letterkunde ontwikkel, internasionaal aan ’n breŽr gemeenskap diens lewer.

    Twee opwindende projekte, waaroor meer besonderhede in die nabye toekoms bekend gemaak sal kan word, behels die toeganklikstelling van NALN se unieke databasisse op die internet. Op hierdie wyse sal studente, lesers en liefhebbers van die Afrikaanse letterkunde spoedig vanuit elke uithoek van die wÍreld direkte toegang tot NALN se inligting kry en interaktief soektogte op databasisse kan onderneem.

    Hierdie projek gaan hand aan hand met - en spruit deels voort uit - ’n ewe opwindende internasionale samewerkingsprojek, wat deur prof. W.A.M. Carstens van die Skool vir Tale en Kunste aan die PU vir CHO gefasiliteer is. Dit kom daarop neer dat NALN met sy unieke databasisse oor die Afrikaanse taal en letterkunde ’n sleutelspeler kan word om Afrikaans sy regmatige plek naas Nederlands, Vlaams en Fries te laat inneem in die standaardbibliografieŽ wat deur die Bureau voor de Bibliografie van de Neerlandistiek (BBN) in Den Haag saamgestel word.

    Skrywershuldigings

    Vanjaar word die geboorte van Eitemal (W.J. du P. Erlank) ’n honderd jaar gelede op 22 Junie 1901 in ’n konsentrasiekamp naby Wolmaransstad herdenk, terwyl aandag ook vroegtydig gefokus moet word op die herdenking vroeg volgende jaar van C.M. van den Heever se geboorte op 27 Februarie 1902 in die konsentrasiekamp by Norvalspont.

    Die huldiging van die skrywer Arthur Fula is ’n projek waaraan NALN graag ’n besonder hoŽ profiel wil verleen. Met die publikasie van JŰhannie giet die beeld in 1954 het Fula die eerste swart persoon geword wat ’n roman in Afrikaans gepubliseer het. Die projek om aan Fula erkenning vir sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde te gee, is reeds twee jaar gelede onderneem. ’n Borsbeeld wat as deel van die beoogde program onthul sal word, is ook reeds gemaak. Maar weens omstandighede buite die Museum se beheer kon die deurvoering van die projek nie vroeŽr geskeduleer word nie. Daar word voorsien dat dit ’n besondere hoogtepunt op vanjaar se program sal wees.

    Her-aktivering van die Oom Lokomotief-studiebeurs

    As uitvloeisel van 1975 se Vrystaatse Taalfees in Bloemfontein, deel van die voorspel tot die taalfeesvieringe rondom die onthulling van die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl, is ’n NALN-beursfonds destyds in die lewe geroep. Dit is vernoem na D.F. du Toit, D.P.sn., lid van die Genootskap van Regte Afrikaners, wat onder die skuilnaam "Oom Lokomotief" redakteur van Die Afrikaanse Patriot was en diť erenaam daarna lewenslank behou het.

    Die Oom Lokomotief-studiebeurs het weens tegniese redes en sy beskeie geldwaarde mettertyd dormant geraak. Na aanleiding van die kwarteeu-herdenking van 1975 se feesvieringe verlede jaar is besluit om die beursfonds te heraktiveer. Met behulp van die Stigting NALN word beoog om ’n meer substansiŽle beurs, wat ook ’n groter prestige-waarde sal hÍ, daar te stel.

    Kinderliteratuur

    NALN beskik oor ’n versameling materiaal omtrent die Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur wat nÍrens geŽwenaar word nie. Ter uitbreiding van die dokumentasie van hierdie genres is ’n spesiale projek rondom die skrywers en illustreerders van Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur die afgelope twee jaar aangevoor. Vanjaar bereik diť projek die fase van aktiewe insameling van relevante materiaal, as voorbereiding vir ’n substansiŽle uitstalling oor kinderliteratuur.

    Mini-simposium oor outeursreg

    As een van NALN se bydraes tot viering van die "Internasionale dag van die boek en outeursreg" op 23 April vanjaar, word beoog om ’n mini-simposium oor outeursreg aan te bied.

    Ander projekte

    Ondervinding het al geleer dat ’n beduidende persentasie van NALN se "sigbare" aktiwiteite soos letterkundige programme, boekbekendstellings, e.d.m. algaande deur die loop van die jaar gemunt word.

    In baie gevalle word dit aangebied op inisiatief van en in samewerking met uitgewers, boekhandelaars, kultuurorganisasies of verenigings soos die Suid-Afrikaanse Kinderboekforum en die baie aktiewe Bloemfonteinse Skrywersvere-niging (BSV). So sal NALN vanjaar weer eens betrokke wees by die BSV en Die Volksblad se jaarlikse landwye skryfwedstryd, Skrywers 2001 (inligting sal binne enkele weke onder meer by NALN beskikbaar wees).

    Te midde van die voorafgenoemde aktiwiteite, gaan NALN voort om die Nasionale Musiek- en Toneelmuseum, wat uit sy vroeŽre afdelings vir musiek- en toneel ontwikkel, na die beste van omstandighede en hulpbronne te bedryf. Ook op hierdie gebied is daar verskeie projekte wat beoog word - veral wat die uitbou van die musiek- en toneelversamelings betref.

    Enige verdere inligting omtrent NALN en sy werksaamhede sal met graagte aan belangstellendes verskaf word.

    Enige verdere inligting omtrent NALN en sy werksaamhede sal met graagte aan belangstellendes verskaf word deur die kurator, mnr. Otto Liebenberg by:

    NALN
    Privaatsak X20543
    9300 Bloemfontein
    Tel.: (051) 405-4013

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.