Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Internasionale Moedertaaldag na 10 jaar demokrasie in Suid-Afrika


Mediaverklaring 21 Februarie 2004: I-MAG (Meertaligheidsaksiegroep)

Op Saterdag 21 Februarie word Internasionale Moedertaaldag węreldwyd gevier. Hierdie dag is in 1999 deur Unesco ingestel om die węreldgemeenskap se aandag te vestig op die belang van moedertale en die bevordering van taalverskeidenheid.

In ons land sal Internasionale Moedertaaldag hierdie jaar ’n besondere betekenis hę in die tyd voor ons derde demokratiese verkiesing en na 10 jaar van demokrasie. Die Grondwet wat hierdie dekade van demokrasie onderlę, verhef in Artikel 6 taalregte tot fundamentele menseregte. Volgens die Grondwet beteken dit

  • dat die owerheid nie net in een taal met Suid-Afrikaners mag kommunikeer nie,

  • dat elke Suid-Afrikaner die taal van sy of haar keuse mag gebruik,

  • in ’n taal of tale van keuse onderrig mag word,

  • geregtig is op ’n verhoor in ’n taal wat hy of sy verstaan en

  • beskerm moet word teen diskriminasie op grond van taal.

    Die Republiek van Suid-Afrika het 11 amptelike tale wat op “gelyke respek” en “billike behandeling” geregtig is. Ook ons erfenistale en Gebaretaal moet beskerm en bemagtig word. Dit is die owerheid se taak om aan hierdie regte konkrete gestalte te gee.

    Na 10 jaar van demokrasie moet vordering in die transformasie van ons samelewing ook gemeet word aan die mate waartoe taalregte daadwerklik beslag gekry het. Dit is veral so omdat taal met alle ander aspekte van ons sosiale lewe verband hou. In Suid-Afrika kan ons nie toelaat dat taal as ’n obstruksie dien om mense van toegang, geleenthede of demokratiese deelname te weerhou nie.

    Oor die afgelope 10 jaar is ’n aantal belangrike prestasies reeds op taalgebied behaal. Die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) het tot stand gekom en doen belangrike werk om al die tale van ons land te bevorder. Verrigtinge in ons wetgewende vergaderings word in alle amptelike tale voltrek en gedokumenteer. Wetgewing en beleid reguleer die taalbeleid van verskeie openbare instellings. ’n Nasionale Taalbeleidsraamwerk is deur die kabinet aanvaar en ’n Suid-Afrikaanse Talewetsontwerp is reeds ter tafel gelę. Taalwerkers doen waardevolle werk op die gebiede van vertaling, tolking en terminologie-ontwikkeling.

    Die Meertaligheidsaksiegroep neem met waardering kennis van hierdie en ander positiewe ontwikkelings.

    Terselfdertyd moet gekonstateer word dat die openbare lewe in Suid-Afrika vandag nog steeds nie die land se ryk taalverskeidenheid weerspieël nie.

    Taalbeleidstukke en -wette word nie altyd ten volle geďmplementeer nie en die persepsie bestaan dat taalbeleid nie hoog op die politieke agenda figureer nie, onder andere omdat voldoende fondse nie altyd vir dié doel beskikbaar gestel word nie.

    Veral die erfenistale en Gebaretaal - die moedertale van baie Suid-Afrikaners - geniet weinig aandag.

    In die privaatsektor neem eentaligheid hand oor hand toe.

    Die meerderheid leerders in Suid-Afrika word deur ’n tweede of derde taal onderrig met skadelike gevolge vir hul intellektuele ontwikkeling en vermoë om die arbeidsmark te betree. Te min Suid-Afrikaners leer ook die tale van hul landgenote en moet daardeur die waardevolle sosiale bate van meertaligheid ontbeer.

    Die openbare diensuitsaaier behandel nie al ons tale gelykwaardig nie.

    In die howe word die inheemse Afrikatale ernstig verwaarloos.

    Die interne taalbeleid van verskeie openbare instansies diskrimineer teen die meerderheid van die bevolking en uitsprake deur PanSAT in hierdie verband word dikwels geďgnoreer.

    Die gevolg hiervan is dat taal dreig om toenemend ’n bydraende faktor te word in die voortbestaan van ’n ongelyke samelewing. Suid-Afrikaners wat nie die dominante taal beheers nie word in baie opsigte as tweedeklasburgers behandel. Taal word ’n merker, nie net van kulturele identiteit nie, maar ook van die sosio-ekonomiese en politieke posisie van die persoon wie se taal dit is.

    Die Meertaligheidsaksiegroep doen ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om in die tweede dekade van ons demokrasie mee te werk aan die progressiewe uitskakeling van hierdie probleme op taalgebied. Die owerheid moet met nuwe erns die taalproblematiek in ons land te lyf gaan en ’n bewussyn help vestig dat taalverskeidenheid nie ’n las is nie, maar ’n bate. Politici moet ook ’n voorbeeld stel deur in openbare verklarings en toesprake al die tale van ons mense te gebruik. Die privaatsektor moet hul geld sit waar die mense se monde is. Elke taal moet as ’n bemagtigingsmiddel ontgin word om die ongelykheid in ons samelewing uit te wis. En elke Suid-Afrikaner moet met vrymoedigheid sy of haar taal op elke lewensterrein gebruik en daarop aandring dat hul taalregte erken word.

    Ons vra ook dat Internasionale Moedertaaldag, indien nie as ’n openbare vakansiedag nie, dan op een of ander wyse voortaan prominent in Suid-Afrika gevier word.

    Laat Internasionale Moedertaaldag 2004 in die teken staan van ’n nuwe nasionale verbintenis tot die soort veeltalige samelewing wat in die Grondwet in die vooruitsig gestel word, want Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon!

    Uitgereik deur:

    — Mhlobo Jadezweni (voorsitter),

    — Alet van Huyssteen (ondervoorsitter),

    — Gerrit Brand (sekretaris),

    — Annette Humphries Heyns (tesourier),

    — Zanele Mbude-Shalu (lid van die bestuurskomitee)

    — Pedro Dausab (lid van die bestuurskomitee)

    — Werner Scholtz (mediaskakelbeampte)

    Namens die Meertaligheidsaksiegroep



    LitNet: 20 Februarie 2004

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.