Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Oproep om referate

Konferensie oor
Veeltaligheid en die media


aangebied deur
die Meertaligheidsaksiegroep ( i-Mag)
en die Taakgroep vir die Bemagtiging van
Afrikaansgebruikers op Televisie (Tabema)

Die doel met die konferensie is om rolspelers en belanghebbendes, sowel uit die akademie as uit die mediasektor self, saam te laat besin oor

  • hoe veeltaligheid die media in staat kan stel om hul rol in 'n demokratiese Suid-Afrika beter te speel en
  • hoe die media aangewend kan word om veeltaligheid te bevorder.

Met "die media" word bedoel sowel elektroniese as gedrukte media, waaronder koerante en tydskrifte, die internet, radio en televisie.

  1. Die basiese aannames met so 'n konferensie is die volgende:
    • Volle menswees in die taal(e) van voorkeur is kragtens die Grondwet en al die relevante wetgewing 'n basiese mensereg.
    • Die Openbare Diensuitsaaier het volgens wetgewing en sy eie korporatiewe kode 'n verpligting om die taal- en kulturele behoeftes van sy luisteraars en kykers te bevredig.
    • Suid-Afrika beskik oor die tegnologiese infrastrukture, die kundigheid en die ervaring om die bogenoemde reg prakties te verwesenlik.
    • Die elektroniese én gedrukte media het 'n wesenlike rol om te speel in die vestiging van 'n veeltalige samelewing.
    • Die grootste struikelblokke is wanpersepsies rondom die funksies van tale in die ontwikkeling van samelewings, asook, soos elders in die wêreld, politiekery rondom taal.
    • Daar is behoefte aan 'n hantering van hierdie onderwerpe volgens 'n agenda wat op die praktyk toegespits is in teenstelling tot bloot teoretiese analises.

  2. Die agenda van die beplande konferensie sal onderwerpe soos die volgende insluit:
    • Feite, fiksie en persepsies rondom meertaligheid in 'n geglobaliseerde wêreld, o.a. wat betref die koste van veeltaligheid versus die koste van eentaligheid, spesifiek m.b.t. die media.
    • Veeltaligheid en demokrasie in 'n ontwikkelende samelewing: die rol van die media (o.a. histories en sosiologies).
    • Gebruikersvriendelike en kommunikasiekundig effektiewe gebruik van tale deur die elektroniese en gedrukte media.
    • Tegnologie en veeltaligheid: Wat is prakties moontlik?
    • Taalprofessies en die media.
    • Taalverwarring en veeltaligheid.
    • Die praktyk van kommersialisering en die mandaat van die Openbare Diensuitsaaier (radio en TV) met verwysing na praktiese probleme soos kwantiteit versus kwaliteit/nis-uitsendings.
    • Bydraes van die kommersiële uitsaaiers om veeltaligheid te bevorder.
    • Gedrukte media in die inheemse tale/veeltalige media: moontlikhede en uitdagings.
    • Veeltaligheid en die internet.
    • Die bevordering van mediageletterdheid en die bou van 'n lesers-, kykers- en luisteraarspubliek.
    • "Standaardtale", streektale en gemeenskapstale in plaaslike en globale perspektief.
    • Die media as rolmodelle in 'n veeltalige samelewing.
    • Taal en die media as opvoeders, inligtingverskaffers en gespreksforums.
    • "Taalkwessies is magskwessies" (Noam Chomsky): die media as taalgebruikers en sosiopolitieke rolspelers.

  3. Deelname deur o.m. die volgende kategorieë persone word in die vooruitsig gestel:
    • Verteenwoordigers van die gedrukte en elektroniese media (redakteurs, joernaliste, bestuurders).
    • Verteenwoordigers van staatsinstansies wat met die media gemoeid is (ICASA, Departement van Kommunikasie, SAUK Raad, e.a.).
    • Internet-diensverskaffers.
    • Verteenwoordigers van openbare taalinstansies soos PANSAT en die Nasionale Taaldiens.
    • Verteenwoordigers van die uitgewersbedryf.
    • Taal- en mediadrukgroepe en ander siviele organisasies.
    • Akademici (kommunikasiekundiges, taalkundiges, sosioloë, historici ens.)

  4. Die konferensie sal aangebied word deur die Meertaligheidsaksiegroep (i-MAG) en Tabema, met die ondersteuning van o.m. Het Jan Marais Fonds en die Taalsekretariaat. Mediarolspelers en ander belanghebbendes sal ook vir finansiering genader word.

  5. Die gebruik van tolkdienste met die oog op 'n veeltalige konferensie word in die vooruitsig gestel.

  6. Die konferensie sal in Stellenbosch plaasvind, waarskynlik op 'n perseel van die Universiteit Stellenbosch.

AS U GRAAG 'N REFERAAT WIL LEWER, STUUR DAN ASSEBLIEF 'N PRéCIS NA DIE ADRES HIER ONDER (of klik hier om 'n e-pos te stuur)

Vir meer inligting, kontak prof JB (Koos) du Toit of Liesl van Kerwel by tel 021- 808 2418, faks 021-808 3556, of per e-pos by lek@sun.ac.za.

Aantekening
1. Vir meer inligting oor i-MAG en Tabema, gaan na www.imag.org.za.


  • Click here for the English version
  • Klik hier vir die isiXhosa weergawe



    LitNet: 15 September 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.