Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Die onderstaande mediavrystelling oor die verslagtaal-kwessie in die parlement is op Maandag 10 Februarie eenparig deur ’n algemene ledevergadering van die Meertaligheidsaksiegroep aanvaar. Lede van die publiek wat hulle met die inhoud daarvan vereenselwig, kan hul naam, organisasie (indien van toepassing) en telefoonnommer aan Gerrit Brand deurgee by taal@linguasek.co.za of tel 021-8872713. Die verklaring sal binnekort by die parlement aan die Speaker oorhandig word.


MEDIAVRYSTELLING

DEUR DIE

Meertaligheidsaksiegroep

(10 Februarie 2003)


Nasionale parlement moet agteruitgang op taalgebied stuit

Ons, die ondergetekendes, is diep besorg oor die onlangse voorstel deur ons parlement se ReŽlskomitee dat Engels as die enigste taal van rekord van die parlement ingestel word, en die besluit van die Speaker van die parlement om hierdie moontlikheid verder te laat ondersoek.

’n Dergelike stap sal ’n aantasting van die letter en gees van die Grondwet wees, asook van die nasionale taalbeleid wat onlangs deur die Departement van Kuns en Kultuur bekendgestel en deur die kabinet goedgekeur is. Dit sal neerkom op ’n agteruitgang in taalbeleid op ’n tydstip dat vooruitgang in die rigting van veeltaligheid juis dringend nodig is. Die parlement as simbool en potensieel doeltreffende instrument van ons liberale demokrasie en die waardes — waaronder veeltaligheid — waarop dit gebaseer is, het ’n besondere verantwoordelikheid in diť verband.

Die voorstel van die ReŽlskomitee en die bereidheid van sommige parlementslede om dit selfs te oorweeg, spreek van ’n elitistiese onsensitiwiteit vir die ernstige maatskaplike gevolge van besluite oor die gebruik van tale in die openbare domein. Dit misken die feit dat taal gebruik kan word om toegang, deelname en geleenthede enersyds te beperk of andersyds uit te brei vir die meerderheid Suid-Afrikaners, wat arm en gemarginaliseerd is en nie Engels verstaan nie. Dit impliseer dat die meerderheid Suid-Afrikaners nůg belang daarby het, nůg die reg het om insae te verkry in die verrigtinge van die Nasionale Vergadering soos dit op skrif gestel is.

Die verweer dat so ’n reaksionÍre taalbeleid ’n blote “oorgangsmaatreŽl” sal wees, kan nie ernstig opgeneem word nie. In ’n progressiewe samelewing sal die oorgang altyd nader aan, eerder as verder weg van die ideaal plaasvind. In die geval van taalbeleid in Suid-Afrika beteken dit dat enige verandering van taalbeleid in enige openbare instansie altyd in die rigting van meer eerder as minder veeltaligheid moet wees.

Om op hierdie gebied ’n terugwaartse stap te neem in die naam van “kostebesparing” is om die wesenlike punt mis te kyk. In ’n veeltalige samelewing soos ons s’n is die gelykberegtiging van tale nie ’n opsionele bykomstigheid wat wel of nie bekostig kan word in geldelike opsig nie. Dit is ’n grondwetlike vereiste ter beskerming van ’n basiese mensereg en — soos die parlement self — ’n onmisbare demokratiese hoeksteen wat ons nie kan bekostig om te verswak of te ondermyn nie. Die soort berekenende logika wat menseregte en demokrasie in die naam van “kostebesparing” wil opoffer, hoort nie tuis in ons openbare instellings nie en moet vir eens en vir altyd uitgedryf word. Gegewe die feit dat die “koste van veeltaligheid” geensins ’n eenvoudige kwessie van finansies is nie en dat dit, selfs in geldelike opsig, veel minder is as wat die meeste mense besef, glo ons dat daardie argument nie aangevoer moet word as motivering vir ’n duidelik terugwaartse stap nie.

Ons doen dus ’n beroep op die ReŽlskomitee, die Speaker en die hele Nasionale Vergadering om die voorstel met alle fermheid tot hul beskikking te verwerp. Ons stel voor dat die verrigtinge van die parlement in ten minste twee, maar verkieslik al die amptelike tale op skrif gestel word, met die taal waarin die verrigtinge plaasgevind het, as een daarvan. In die bepaling van die tale van rekord moet die riglyne vir taalbeleid wat deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad uitgegee is, noukeurig gevolg word. Hierin moet die parlement die voorbeeld stel vir alle openbare instellings in Suid-Afrika.

Ons doen ook graag ’n beroep op alle parlementslede om toenemend al ons amptelike tale te gebruik wanneer hulle die parlement toespreek. As die leiers van ons land hulle vir hul eie tale skaam, hoe sal hulle dan die breŽ massa kan help om die kolonisering van die gees te bowe te kom? Om dit moontlik te maak, moet ’n permanente tolkdiens vir alle taalkombinasies opnuut by die parlement ingestel word.

Verder moet die slegs-Engels openbare kennisgewings in en om die parlement as ’n saak van dringendheid vervang word met kennisgewings in al die amptelike tale. Die parlement behoort nie aan ’n klein, Engels-vaardige elite nie, maar aan alle Suid-Afrikaners.

’n VEELTALIGE LAND MET ’n EENTALIGE REGERING KAN NIE ’n DEMOKRASIE GENOEM WORD NIE!

*

(Mediavrystelling eenparig aanvaar by ’n algemene ledevergadering van die Meertaligheidsaksiegroep op 10 Februarie 2003.)

Onderteken deur:

Neville Alexander
(Project for Alternative Education in Southern Africa, lid van die Wes-Kaapse Taalkomitee)

Piet Badenhorst
(Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge)

Carole Bloch
(Project for Alternative Education in Southern Africa)

Gerrit Brand
(Taalsekretariaat)

Pedro Dausab
(Nasionale Khoisan Raad)

Amanda de Stadler
(Vriende van Afrikaans, Stellenbosch)

Tsedi Dipholo
(Noluthando School for the Deaf)

Koos du Toit
(Tabema / Taalsekretariaat)

Charlyn Dyers
(Iilwimi Sentrum)

Sandile Gxilishe
(Toegepaste taalkundige [Engels: Applied linguist])

Annette Humphries-Heyns
(Dowe Federasie van die Wes-Kaap / Sign Language Project)

Liesel Hibbert
(Iilwimi)

Mhlobo Jadezweni
(Isiqhamo sikaPhalo)

Fayrooz Johnson
(Writer/journalist)

Monica Kirsten
(Taalpraktisyn)

Victor Khambule
(Vriende van Afrikaans, Soweto)

Wilna Liebenberg
(Suid-Afrikaanse Vertalersinstituut) Sandisiwe Mangcu
(Taalaktivis)

Dominique Mwepu
(Centre for Applied Language and Literacy Studies and Services in Africa)

Koos Oosthuysen
(Bybelvertaler)

Ncebakazi Saliwa
(Isiqhamo sikaPhalo)

Werner Scholtz
(Vryskut-taalpraktisyn)

Latifa Shabodien
(Al-Wagah Oasis for the Deaf)

Quintus van der Merwe
(Taalaktivis)

Andre van der Walt
(Taalsekretariaat)

Alet van Huyssteen
(Iilwimi Sentrum)

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.