Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Afrikaans-debat: ’n volwassenheid benodig!

Jason Lloyd

Wie is die voorvegters van Afrikaans? Is dit Karen Zoid? Is dit die taalbulle? Die Afrikaners? Of dalk die bruin mense?

Max du Preez het in een van sy Rapport-rubrieke geargumenteer dat die Afrikaanse rock-sanger Karen Zoid meer doen vir Afrikaans as die taalbulle — Dan Roodt, Hermann Giliomee en Jaap Steyn — saam.

Oor Zoid se rol sal daar seker meningsverskil wees, maar wat van die taalbulle? Kan mense wat nog steeds die ideologie van die verlede indirek verdedig (al probeer hulle die teendeel bewys) regtig voorvegters van Afrikaans wees?

Neem maar nou net vir ’n ou soos Roodt. Hy het al gepleit vir ’n aparte Afrikaanse onderwys-ministerie en hy beweer Bantoe-onderwys onder apartheid was nie so sleg nie. Sy voorliefde vir aparte ontwikkeling is maar net ’n mooi woord vir rassediskriminasie.

Die filosoof Johann Rossouw reken kunstenaars (soos Zoid) en politieke stemme het almal ’n rol. En dan noem hy die Vryheidsfront (VF), MWU-Solidariteit en die Groep van 63 as “ou politieke stemme wat hulself getransformeer, hul rassebagasie afgeskud het en begin het met ’n poging om Afrikaanse belange inklusief binne en lojaal aan Suid-Afrika te verwoord.”

Maar hoe nou? ’n Mens kan nie een van bogenoemde (politieke) organisasies werklik veelrassig noem nie. ’n Paar swaeltjies maak mos nie die somer nie. So, hoe kan hulle Afrikaans inklusief bevorder?

Maar die amper infantiele debat oor wie die beste vegters vir Afrikaans is, gaan on nÍrens bring nie, al staan ons ook op ons koppe. Die vereiste van ’n suksesvolle debat oor Afrikaans is groter volwassenheid, bedaardheid en eenheid.

Eenheid? Nie so maklik nie. Veral nie as dit kom by die bruin mense se aandeel in Afrikaans nie.

Dit voel Šl of sommige wit Afrikaanssprekendes steeds nie die bruin mense se aandeel in Afrikaans erken nie. En tog het wyle Jan Rabie dikwels gesÍ Afrikaans is een van Suid-Afrika se trotse veelrassige prestasies. Dan noem hy iets wat baie belangrik is: “Gekleurdes is een van die mees inheemse, die mees Afrikaanse elemente van Afrikaans.”

Voordat rubriekskrywers soos Du Preez en Rossouw, die taalbulle, die sogenaamde getransformeerde organisasies en ander taalstryders hulle nie begin besig hou met die versoening van wit en bruin Afrikaanssprekendes nie, gaan ons nie skouer aan skouer ’n toekoms vir Afrikaans kan uitkap nie.

’n Gestry oor wie die meeste vir Afrikaans doen, belemmer die bedaarde en volwasse debat wat ons nodig het vir Afrikaans se voortbestaan. Afrikaans kan net gedy indien die sprekers van die taal mekaar as gelyke sprekers aanvaar en respekteer.

En die omstandighede is nie ongunstig nie. Daar is faktore wat meewerk om die tradisionele beeld van Afrikaans as draer van konserwatiewe denke en verstarde filosofie te verander tot een van ’n progressiewe en dinamiese taal van ’n groter en beter Suid-Afrika met groter eenheid tussen die mense van die land en ook tussen mede-Afrikaanssprekendes.

Talle swart intellektuele, soos pres Thabo Mbeki, oudpres Nelson Mandela, aartsbiskop Desmond Tutu en mnre Pallo Jordan en Matthews Phosa het ’n oop gemoed teenoor Afrikaans. Selfs die PAC begin openlik na die Afrikaners vry en erken dat Afrikaans onlosmaaklik deel is van Afrika.

Ook die ANC in die Wes-Kaap, waar bruin mense die meerderheid vorm, is besig om te verafrikaans, veral met die oog op diens aan die plattelandse bruin mense.

Daarby het talle bruin Afrikaanssprekendes op vele terreine ’n groot rol in die bevrydingstryd gespeel as kampvegters in die stryd teen verdrukking. Mense soos dr Allan Boesak, prof Jakes Gerwel en mnr Franklin Sonn tel onder diť mense.

’n Debat gaan egter nie die knoop deurhaak nie. Bruin mense gaan huiwerig bly oor die taalstryd solank dinge soos die volgende gebeur:

  • Daar is steeds heeltemal te veel tekens van die ideologie van Afrikaner-nasionalisme waarneembaar in die pogings van Afrikaner-taalwetenskaplikes om die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans blank te hou.

  • Met die val van die Afrikaner-establishment in 1994 is daar verskeie pogings aangewend om Afrikaans se toekoms te verseker. Talle gesprekke is met die nuwe ANC-regering gevoer — maar die afvaardigings het hoofsaaklik uit wit Afrikaanssprekendes bestaan.

  • Kunstefeeste soos Aardklop en die KKNK is in die lewe geroep om die Afrikaanse taal en kultuur te bevorder, maar die feeste is draers eerder van Mbeki se tweenasiekonsep as van eenheid tussen wit en bruin. Bruin produksies boer nog op die rand- en rimpelfees rond, eerder as op die hooffees.

    Die onlangse aanstelling van mnr David Piedt as voorsitter van die KKNK se feesdireksie gee hoop. Hopelik is dit nie net window-dressing nie, en kry hy dit reg om ’n einde aan die gebrek aan die inklusiwiteit te maak.

    Oor verlede jaar se KKNK het Heindrich Wyngaard, voormalige politieke nuusredakteur van die Burger, geskryf die grootste probleem van die fees is die denkwyse van die feesgangers. “Solank die KKNK nog deur hulle as ’n Afrikaner Boerefest beskou word, sal dit moeilik wees vir die bruinman om die fees ook as syne te verkoop.”

    Inderdaad, dit geld vir die hele breŽr kwessie van Afrikaans en die stryd vir die taal.

    Jason Lloyd is ’n senior student in joernalistiek aan die Port Elizabethse Technikon. Hy is ’n vryskutjoernalis en skryf kortverhale in sy vrye tyd.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.