Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die probleem met die Afrikaner

Jonathan Jansen*

Net meer as 100 jaar gelede het n diepe angstigheid die republikeinse allerheiligste die stad Pretoria beetgepak. Juis hier is Kerkplein se balkonne volgepak terwyl Union Jacks regoor die stad gewapper het. Swart inwoners was ekstaties oor die moontlikheid van n beter bedeling as di wat hulle onder die Boere te beurt geval het. Britse onderdane het suurlemoene uitgedeel om die inkomende troepe te verfris. Johanna Brandt het die Vierkleur om haar hoed gebind terwyl sy gadegeslaan het wat sy beskryf het as the soul-sickening display of imperial patriotism. En n plaaslike inwoner het in haar dagboek aangeteken: This afternoon the troops marched in in thousands. It was a sight we will never forget. There seemed no end to them...Its all over. Pretoria belongs to England1

Minder as tien dae gelede het 500 Afrikanerstudente na die Administrasiegebou van die Universiteit van Pretoria gemarsjeer. Hulle het beweer dat hulle tradisies ondermyn word, dat Afrikaans gemarginaliseer word en dat onbevoegde buitestaanders (lees: swart mense) stadig besig was om bevoegde binnestaanders (lees: Afrikaners) te vervang. Hulle het lustig die apartheidslied, Die Stem, gesing terwyl n nie te onaansienlike getal werknemers by die administrasie so ewe vanaf die balkon by hulle ingeval het. Wat hierdie groep wit nasionaliste betref, behoort Pretoria aan die swartes en wil dit voorkom of daar geen einde is aan hulle nie. Dis nogeens alles verby.

Ek noem hierdie waarnemings enersyds om aan te toon dat Pretoria nog steeds n simbool is van n langdurige stryd tussen mense uit n diep verdeelde samelewing en andersyds om te suggereer dat vrae oor identiteit, mag en eienaarskap vandag net so lewend is as wat dit 105 jaar gelede was.

Dit is vir my baie moeilik om oor die Afrikaner (of, vir dieselfde prys, oor Zoeloe- of Kleurling-identiteit) te praat, want ek glo nie dat hierdie identiteite essensieel, permanent, universeel of onskuldig is nie. Effe anders gestel, ons praat hier van onlangse identiteite; hulle is polities gekonstrueer, hulle neem veelvuldige betekenisse aan en dit is onwaarskynlik dat hulle die verskyning van nuwe nasionale identiteite in Suid-Afrika, maar veral ook in die konteks van n geglobaliseerde wreld, sal oorleef.

n Mens hoef maar net die Afrikaanse pers op Sondae en op weeksdae te volg om n diepe angs by wit (en ook sommige swart) Afrikaanssprekendes te bespeur oor wie of wat n Afrikaner is ... n Afrikaan? n Eurokaan? n Suid-Afrika(a)n/er? Ons het hier te make met belangrike bakens van n identiteit onder die druk van verandering en, vir my, n baie belangrike geleentheid om die rassistiese mites van kolonialisme en apartheid te destabiliseer en ons gemeenskaplike menslikheid te herstel.

Maak egter geen fout nie. Dit gaan vir Suid-Afrikaners baie moeilik wees om af te sien van ons apartheidsidentiteite. Ek het dit terde besef toe ek onlangs besoek afgel het by die museum langs die Grondwetlike Hof in Hillbrow. Vier van die oorspronklike houers waarin kos aan gevangenes uitgedeel is, is daar uitgestal: n groot pot vir wit gevangenes, n effens kleiner een vir Indir-gevangenes, n nog kleiner een vir gekleurde gevangenes en dan die kleinste een vir swart gevangenes. Ek het toe verstaan hoe hierdie vals identiteite n konkrete, letterlike betekenis aangeneem het. Meer nog, ek het verstaan hoe die voorwendsel van n hor identiteit n wesenlike verskil kon maak ten opsigte van die ware essensie van oorlewing en welsyn met ander woorde, om genoeg te h om te eet. Dit help nie juis wanneer die nuwe amptenary steeds daarop aandring om mense in terme van hierdie verdelende identiteite te kategoriseer nie dit, elf jaar n die wettige beindiging van apartheid via die sensus, via gelyke-indiensnemingsvoorleggings, via die aanteken van eksamenuitslae.

Maar daar is nog n rede waarom ek skepties is oor hierdie veronderstelde inklusiewe of allesomvattende etiket, die Afrikaner. Afrikaners verteenwoordig meer as ooit tevore n ryklik diverse groep mense in terme van f ideologiese f politieke orintasie; in terme van ekonomiese en sosiale status; en in terme van godsdienstige of siviele verbintenis. Die immer lendelam aanname dat Afrikaners n kulturele en politiese monoliet is, veral op die kruin van Afrikaner-nasionalistiese regering, kan nie langer verdedig word nie. Ek sal waarskynlik nie so ver soos Chris Brink gaan en praat van Afrikaner-agnostisisme in my poging om hierdie veelvuldige en gefraktureerde identiteite te beskryf nie, maar sy observasie rakende n groeiende diversiteit binne hierdie groep Suid-Afrikaners is korrek.

Dit is dus belangrik om te verstaan dat my algemene opmerkings nie gekonstrueer moet word as veralgemeenbare aansprake rakende die gedrag van n groep mense nie in hierdie geval, Afrikaners.

Dit is een ding om die halsstarrigheid van hierdie gekonstrueerde identiteite te herken; dit is egter n heeltemal ander saak om te aanvaar dat die simbole van konfrontasie dit waarop hulle aanspraak maak, verteenwoordig. Een van die kragtigste simbole van n opkomende Afrikaner-nasionalisme n 1994 is die Afrikaanse taal. Dit was die een ding wat sowel sagte as harde wit nasionaliste gemobiliseer het om die aansprake van die Afrikaner te bevorder vanaf Afrikaansmedium skole tot Afrikaanse klasse aan voormalige Afrikaanse universiteite.

Maar die probleem is juis hierin gele. As ons hier besig was met n ernstige debat oor Afrikaans as n taal, kon die probleem sonder veel ophef gehanteer word. Die media, en nie slegs enkele analiste nie, het die tekens in hierdie opsig heeltemal verkeerd gelees. Die handhawing van Afrikaans is nie n stryd om taalregte nie; dit is n handige banier waaragter sekere persone die verlies van mag, die verlies van voorregte, asook die verlies van plek kan bekla.

Daar is n diep en tasbare bitterheid te bespeur by die giftiger element Afrikaner-nasionaliste oor wat in 1994 gebeur het. Hoewel ek reken dat die meerderheid Afrikaners in wisselende grade van akkommodasie die nuwe regime aanvaar het, tel hulle nie onder diegene wat die nasionalistiese agenda belig nie. Vir hierdie raserige en sigbare minderheid wit Afrikaners is die verlies van dominansie n onafgehandelde saak wat nie soseer in die vorm van vrugtelose sabotasie-kampanjes deur regse fanatici te voorskyn sal tree nie (hoewel hierdie aspek natuurlik nie ten volle uitgeskakel kan word nie). Dit sal eerder die vorm aanneem van intense openbare veldtogte rondom die een ding waaroor die regering sensitief voorkom die Afrikaanse taal. Kru gestel: die protes sal nie die bosagtige voorkoms aanneem van AWB-tipe aggressie nie, maar wel die skoongeskeerde gesig van kwasi-intellektuele oproermakers en hul manlike studentesurrogate.

Maar Afrikaners maak in hierdie opsig n reusefout deur iets ernstig te lees in die onskynlik ernstige pogings en bedoelings aan die kant van swart nasionalistiese politici om daadwerklik iets substansieel te doen om Afrikaans te bevorder of te beskerm. Dit is baie moeilik om die President se oproep by (van alle plekke) die onlangse Algemene Nasionale Raad van die ANC te verstaan, naamlik om aandag te gee aan Afrikaans buite-om die politieke behoefte daaraan om beskou te word as versoenend jeens n groep wat hul dominansie meer as n dekade gelede op so n dramatiese wyse verloor het. Toe die President hierdie oproep gemaak het, was ek geamuseer deur die skreeuende opskrifte wat in n Afrikaanse Sondagkoerant gevolg het, en waarin n lang lys voorskrifte aangebied is van moontlike maniere waarop hy sy mondelinge verbintenis kon implementeer.

Die ANC het geen voorneme om Afrikaans ernstig op te neem nie, en wel om twee redes. In die eerste plek: Afrikaners onderskat oor die algemeen totaal en al die diep-, diepgesetelde bitterheid wat steeds voortduur by swart inwoners suid van Pretoria oor die onderdrukkersrol van Afrikaans, by uitstek gedurende die 1970s. In die gemoed van gewone en magtige swart mense is Afrikaans en Afrikaners onlosmaaklik verbind ten spyte van argumente wat aangaande die diverse oorspronge van hierdie taal gemaak kan en behoort te word. In die tweede plek: dit is hoogs onwaarskynlik dat die ANC enigiets sal bel in n taal wat vir n groot deel van die vorige eeu oorheersing met Engels gedeel het, terwyl dit inderwaarheid geen betekenisvolle beleggings gemaak het in daardie ander tale wat vir eeue op groteske wyse afgeskeep is in terme van wetenskap en vakkundigheid nie. Afrikaans is dus selfs vir die regerende party n simboliese middel waardeur brer politieke doelwitte van verdraagsaamheid, indien nie versoening nie, bereik kan word.

Dit is egter belangrik om die onlangse eskalasie in openbare protes by aktiviste onder die Afrikanerminderheid te verstaan dringende ontmoetings wat deur die President in sy kantoor toegestaan word of met sy afgevaardigdes iewers in die bos en veral op universiteitskampusse in antwoord op die sluiting van plek en voorreg in die publieke domein. Politieke mag is effektief verlore. Afrikaners wend hulle nou tot die paar instellings wat oorgebly het waarbinne kultuur, taal, voorreg en witheid steeds gelaer kan word. Maak nie saak watter ander voordele sulke instellings mag inhou nie, hierdie ruimtes maak voorsiening vir die kweek van skeiding en uniekheid. Die instellings waarna ek verwys, is die kerk, rugby, openbare skole en universiteite.

Dit is duidelik dat die kerk en ander vorme van kulturele organisasie oorgebly het as die enigste vrywillige assosiasies waarbinne Afrikaners steeds kan opereer op wyses wat ander tipes mense effektief uitsluit, selfs wanneer Christelike, Afrikaanssprekende kulturele organisasies soos een prominente groepering uiteindelik instem om toegang tot nie-Christene te verleen, op voorwaarde dat die organisasie Christelik bly.

Ek moet nog uitmaak wat Afrikaners bedoel met die term Christelik. Wanneer Tukkie-studente van die Voortrekkerkoshuis (in Hatfield) n vlag hys wat proklameer dat hierdie koshuis (slegs) vir Manlike, wit, Afrikaners en Christene is begin ek verstaan waarom Christen vir talle (hoewel sekerlik nie vir alle nie) Afrikaners deel is van n pakket, iets wat onskeibaar is van witheid, afsonderlikheid, Afrikaans en die kerk. Dit is n ontstellende wanvoorstelling en verdraaiing van Christus se boodskap, n begrip van Christelikheid wat lankal geskei is van Skrifwaarhede ten einde n hardnekkige rasse-arrogansie te voed.

Maar die wit, hoofstroom Afrikaanse kerk bly een van die min plekke waar sulke rassemites nie slegs verdra word nie, maar inderdaad bevorder en gesen word, dikwels sonder dat dominees of selfs die gemeentes bewus is van die feit dat hul praktyke en diskoerse aanstoot gee. Ek het onlangs die begrafnisdiens van n dierbare kollega bygewoon in n Nederduitse Gereformeerde Kerk iewers in die weste van Pretoria, en in hierdie eksklusief wit gemeente het ek volkome ontuis gevoel. Maar die boodskap was warm, die diens was informeel en die mense vriendelik. Ek het egter net tuis genoeg begin voel in hierdie gemaklike ruimte om te rou oor ons kollektiewe verlies toe die dominee skielik en sonder waarskuwing n grap probeer maak het, een wat borduur was met rasse-paternalisme oor die Kleurlinge in Stellenbosch". Hierdie grap het n gelag onder die groot skare ontlok en die dominee het bloot voortgegaan met die diens asof niks gebeur het nie. Ja, dit is wat rasseskeiding n volgende geslag gelowiges kos.

Die probleem met rugby, aan die ander kant, is dat die kwotastelsel die sport effektief getransformeer het tot n gaandeweg meer verteenwoordigende demografie, ten spyte van die infantiele gedrag van die spel se administrateurs. En namate meer Habanas en Mmametsas na vore tree en deur hul vertonings die mees gekoesterde leuens van die wit nasionaliste verwoes, sal daardie simpel vrae oor bevoegdheid of standaarde inderwaarheid verdamp.

Die probleem met universiteite is dat die dae toe Afrikaner-dominansie en voorreg volgehou kon word, eenvoudig gestel, getel is. Dit is nrens duideliker nie as by plekke soos die voormalige RAU, die voormalige UPE en die Universiteit van Pretoria. Die Universiteit van Pretoria, gele onder die waaksame oog van die Uniegebou, binne loopafstand van die meeste nasionale regeringsdepartemente, by die kruising van die grootste wreld-ambassades, en in die hart van die diplomatieke hoofstad op die kontinent Afrika, sal, as niks gedoen word nie, binne minder as n dekade n Engels-medium universiteit word. Dit is insiggewend dat die voorkeurtaal (die taal waarin die meeste van ons 40 000+ studente onderrig wil word), Engels is en hierby is n betekenisvolle basis Afrikaans-eerstetaalsprekendes ingesluit.

Na my mening sal hierdie uitkoms uiters betreurenswaardig wees en ek sal pogings steun om te verseker dat Afrikaans prominensie geniet let wel, nie dominansie nie! in die lewe en kultuur van hierdie formidabele instansie.

My probleem ontstaan wanneer die stryd om Afrikaans gekoppel word aan die strewe na Afrikaner-dominansie in die tradisies, seremonies en klaskamers van die universiteit. Dit raak n probleem wanneer die protagoniste van Afrikaans die terme van die debat probeer omraam as n politiek wraaksugtige respons tot Engels, of, meer pertinent, die Engelse. Soos een student se plakkaat verlede week lees: Slegs Engels is erger as Slegs Blankes.

Hierdie soort vensters op die gedrag van die taalprotagoniste ondersteun Mariana Kriel (n doktorale student aan die Londense Skool vir Ekonomie en Politieke Wetenskap) se siening dat dit steeds onmoontlik is om oor Afrikaans te praat sonder om oor Afrikaner-nasionalisme te praat. Wanneer dit gebeur, raak dit baie moeilik om die saak vir Afrikaans te bevorder op grond van sy ryk sosiale en literre nalatenskap, en sy potensiaal om bre oor kulture en gemeenskappe te bou. Die protagoniste verstaan nie dat wanneer dit gebeur, die stryd om Afrikaans effektief verlore is nie.

Die mees intense gevegte het hulle onlangs onder die vaandel van Afrikaans in wit skole uitgespeel. By die eerste blik wil dit voorkom of dit bloot gevegte is oor eksklusief Afrikaanse skole wat Engels wil uithou, terwyl die landswette ewe liberaal aangehaal word. Maar dit gaan bepaald nie om die uithou van Engels nie dit gaan om die uithou van swart studente. Daar is weliswaar Afrikaanse skole wat dubbelmediumskole geskep het wat die toelating van swart studente tot hul sterk akademiese kulture fasiliteer. Maar die oomblik dat hulle dit doen, haas middelklas- en selfs behoeftiger Afrikaners hulle na wat ek noem kontrapunt- (counterpoint) skole, dit wil s, daardie leliewit skole op die heuwel. Hierdie hoofde protesteer bitterlik; en selfs wanneer ons aantoon dat ons slaagpunte in matriek gehandhaaf word en dat daar trouens selfs daarop verbeter word, neem hierdie ouers steeds hul kinders uit ons skole.

Ek praat, by wyse van beklemtoning, van skole waarin daar n baie sterk akademiese kultuur bestaan en waar daar n baie sterk konsentrasie van Afrikaans neffens Engels in die skoolkurrikulum bestaan. Dit sou selfs vir die mees geharde taalprotagonis baie moeilik wees om te redeneer dat ouers bloot van Engels af wegvlug; waarvan hulle ook weghol, is die sosiale en intellektuele benadeling van hul kinders, is die onsmaaklikheid van rasse-integrasie en die verlies van rasse-eksklusiwiteit. Dit is hoe eenvoudig en hoe kompleks dit is.

Waarheen gaan ons van hier af?

Watter strategie ook al gekies word hetsy polities of opvoedkundig dit is belangrik om nie Afrikaans uit te sonder as die hoofprobleem wat die Suid-Afrikaanse gemeenskap en instellings konfronteer nie. Ek herhaal: hierdie is ni die primre dilemma waarrondom n hernieude nasionalisme geloods word nie.

Die eerste stap is om n positiewe ingesteldheid jeens veeltaligheid te koester wat die rykheid en diversiteit van al ons tale sal bevorder. Deur die debat aan die voormalige Afrikaanse universiteite af te water tot n Afrikaans-Engelse tweestryd laat ons nie net sinlose Boereoorlog-vyandighede herleef nie, ons verbrou ook die geleentheid om hiervan n taaldebat eerder as n bedekte politieke debat te maak.

Die tweede stap is om in elk geval, so ver moontlik, n positiewe omgewing te skep waarbinne dit moontlik gemaak word vir studente om toegang te h tot onderrig in hul moedertaal, insluitend Afrikaans. Maar daar dit onwaarskynlik is dat die staat die bron van nuwe toegangsroetes gaan wees, mt sulke toegang deur instellings self verskaf word, f direk, f deur eksterne of private bydraes. Sodoende kan in twee praktiese behoeftes binne die voormalige Afrikaanse universiteite voorsien word: die behoefte aan meer Afrikaansvaardige onderwysers en dosente, en die behoefte aan die vertaling en duplisering van materiaal in Afrikaans.

Die derde stap is om die werklike materile vrese en besorgdhede onder Afrikaners aan te spreek. Soos ek elders aangetoon het, demonstreer die effektiewe uitsluiting van jong Afrikaners, en jong mans in die besonder, van owerheidsektordienste n gebrek aan basiese welwillendheid en meelewing en verhoog dit die risiko van politieke vervreemding in ons jong demokrasie. Simboliese gebare rondom Afrikaans het weinig waarde; die staat het n plig om na alle landsburgers om te sien en hulle in te sluit in terme van werksekerheid.

Die vierde stap is om deur ons lewe as onderwysers en leiers in watter dissiplines ook al, die kwaliteite van respek, openheid, dialoog, betrokkenheid by en toegewydheid aan alle mense te betoon; wanneer n mens dit doen, hoef jy nie te bekommerd te wees oor die risiko van taalvervreemding nie. Ek weet uit ondervinding dat wanneer mense weet jy werk vir hulle, dat jy aan hulle toegewyd is, dat jy namens hulle lei, word vooroordeel weggekalwe en begin jy bou aan n wedersydse begrip van die toekoms.

N vyf jaar in Pretoria is ek nou van een ding oortuig: die oorgrote meerderheid van Afrikaners in ons land is ordentlike mense, opgewonde oor ons nuwe demokrasie, met n sterk toewyding aan opvoeding. Ja, hulle worstel met die taal en die vinnige tempo van verandering; ja, hulle is dikwels ongemaklik in hul omgang met ander landsburgers op n billike en gelyke grondslag; ja, hulle vind dit soms moeilik om te aanvaar dat die ander-rassige aanstelling vaardiger is; en ja, hulle gly soms terug in negatiwiteit.

Maar is dit nie waar van almal van ons nie?

1.Ek het hierdie notas, met inbegrip van al die aanhalings in die eerste paragraaf, saamgestel uit Bridget Dieron (2000) se fassinerende boek, Pretoria at War, 1899-1900, gepubliseer deur Protea Boekhuis, Pretoria.

Prof. Jansen is dekaan van die fakulteit Opvoedkunde aan die UP.




LitNet: 12 September 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.