Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

IILWIMI SENTRUM

Sentrum vir Meertaligheid en Taalprofessies
Universiteit van die Wes-Kaap

JAARVERSLAG 2001

Inleiding

Suid-Afrika se eerste sentrum vir die bevordering van meertaligheid kan verslag doen oor sy derde suksesvolle bestaansjaar. Ons is in die besonder gelukkig om te kan verslag doen oor die sukses van ons skoolprojekte en die groei van die taaldienssentrum. Die personeelsituasie het gestabiliseer en ’n goeie verhouding is met befondsers opgebou.

Al Iilwimi se aktiwiteite benodig die goedkeuring van sy Bestuursraad:

Voorsitter: Prof Bertie Neethling
Hoof: Xhosa Departement, UWK

Onder-voorsitter: Prof Ampie Coetzee
Departement Afrikaans en Nederlands, UWK

Ex Officio: Dr Charlyn Dyers, Iilwimi Sentrum

Ander lede:

  • Prof Tony Parr, Dekaan, Kunsdepartement, UWK
  • Dr Liesel Hibbert, Departement Engels, UWK
  • Me Maria Olivier, Stigting Bevordering deur Afrikaans
  • Dr Prévot van der Merwe, Onderwysdepartement, UWK
  • Me Karin Chubb, Departement Uitlandse Tale, UWK
  • Mnr Paul Duncan, Departement Linguistiek, UWK
  • Prof Zubeida Desai, Departement Didaktiek, UWK
  • Mnr A van Gensen, Rektoraat, UWK
  • Mev A van Huyssteen, Departement Xhosa, UWK

    2001 Projekte

    1. Ondersteuning in die meertalige klaskamer
    A. Die Helderberg Projek: Die sentrum bied ’n deurlopende program aan vir onderwysers in 5 skole in die Helderbergkom, wat hulle help om probleme in die meertalige klaskamer die hoof te bied. Die program behels onder andere aspekte van:

  • Verskeidenheidsbestuur
  • Hulp mbt die formulering van ’n Taalbeleid
  • Verslagskrywing
  • Taalverwering: Afrikaans en Xhosa
  • Bystand met die nuwe Curriculum 2005
  • Meertalige materiaalproduksie
  • Die ontwerp en skep van ’n meertalige skooltydskrif

    Die Sentrum het die Fondasie en Intermediêre fases van die Helderberg-projekte in 2001 afgehandel, en het befondsing van die Taalsekretariaat om met die Senior Fase in 2002 ’n aanvang te neem. Die projekleier in 2001 was mnr AI Jacobs.

    B: Die Weskus-projek: ’n Soortgelyke program word vir onderwysers in 16 skole in die Weskusgebied aangebied. Die Fondasie en Intermediêre fases is in 2001 afgehandel, met befondsing van die Linthof Stigting in Nederland en Pepkor. Befondsing vir die Senior Fase in 2002 sal heel waarskynlik van die Wes-Kaapse Tale Komitee ontvang word. Die projekleier vir 2001 was mev Alet van Huyssteen.

    C: Die Kaapstad “Oral History”-projek: Die projek, wat in 2001 suksesvol afgehandel is, was gemik daarop om leerkragte en leerders in Senior Sekondêre skole in Gugulethu en Phillipi te ontwikkel en om geskiedkundige en taalvaardighede te verbeter. Die eindproduk van die projek is ’n tydskrif waarin die geskiedenis van Gugulethu, Phillipi en Nyanga opgeneem is, soos gesien deur die oë van die inwoners. Die tydskrif is hoofsaaklik in Xhosa, met kort opsommings in Engels en Afrikaans.

    Die Iilwimi Sentrum het ’n projek in November 1999 met ’n vergadering begin by Gugulethu Comprehensive wat die aard van die projek en die rol van die Sentrum identifiseer. Mnr Trevor van Louw, curriculum adviseur vir Geskiedenis in die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, het ’n sentrale rol gespeel daarin om die aanvanklike vergaderings te belê. Nadat die aanvanklike vergaderings afgehandel is, het die projek in Maart 2000 voortgegaan met ’n werkswinkel betreffende behoeftebepaling en taalbewusmaking wat deur die direkteur van die Iilwimi Sentrum, dr Christa van Louw, aangebied is. Al die ander werkswinkels in 2000 het gefokus op orale en gemeenskapsgeskiedenis, en is deur prof Jattie Bredenkamp van die Instituut van Geskiedkundige Navorsing by die UWK aangebied.

    In 2001, onder die leierskap van die nuwe direkteur van die Iilwimi Sentrum en projekleier, mev Nosisi Zantsi, het die fokus na aksie navorsing en materiaalproduksie verskuif. Die onderwerpe om nagevors te word is gefinaliseer. Addisionele werkswinkels aangaande navorsingstegnieke en verslagskrywing is aangebied en data-versamelingsinstrumente soos kameras, kassetspelers en notaboeke is by skole uitgedeel sodat die data insameling in alle erns ’n aanvang kon neem. Deelnemende skole het ook by Iilwimi aangesluit tydens Jeugdag-vieringe op Robbeneiland op 16 Junie 2001. Leerders het van die geleentheid gebruik gemaak om onderhoude te voer met eks-politieke gevangenes aangaande hulle ervarings en die geskiedenis van Suid-Afrika. Onderwysers was baie beïndruk deur die besoek omdat die inligting aangaande Robbeneiland direk skakel met hul sillabus.

    Die projek was suksesvol weens die gebondenheid en entoesiasme van die geskiedenisleerkragte en hul leerders. Die deelnemende senior sekondêre skole was Fezeka, Gugulethu Comprehensive, ID Mkhize, Sinethemba, Phakama, Nelson Mandela, Vuyiseka, en Oscar Mpetha. Groot befondsing van die projekte is van BP Suid-Afrika en die Wes-Kaapse Tale Komitee ontvang. Pepkor het ook die projek van 1999-2000 befonds.

    2. Gesinsgeletterdheid en “life-skills” projek

    In 2001 was daar ook die suksesvolle afhandeling van die Sentrum se gesinsgeletterdheidsprogram en “life-skills” projek by Siyabonga Wynplaas in die Wellington-distrik. Die projek is befonds deur KWV Devco, en deur mnr. Henry Horne gelei. Die projek is gemik op die bemagtiging van 35 plaaswerkers en hulle families op ’n wynplaas in die Wes-Kaap. Nadat die situasie-analise afgehandel is, is hier orale transkripsies opgeneem en ontwikkel in konteksgebaseerde en toeganklike leesmateriaal. Nie net die plaaswerkers nie, maar ook die voorskoolse en skoolgaande kinders is ondersteun om in doelwitte van geletterdheid en “life-skills” ontwikkeling te slaag. Heelwat van die werk hier sentreer rondom die begrip van werk op ’n wynplaas en die spesifieke vermoëns benodig om kwaliteitwyne te produseer. Maar “life skills” soos om ’n mens se inkomste te beheer, om te leer bestuur en gesondheidsorg is nie verwaarloos nie. Die projek is deeglik gemonitor sodat dit as model kan dien vir latere uitbreiding na ander wynplase.

    Iilwimi het befondsing van CHESP ontvang om studente by die UWK op te lei in geletterheid en “life-skills” hantering. Die studente sal geletterheidsklasse aanbied aan die gemeenskappe van Delft-Suid, Mfuleni en Bellville-Suid. Befondsing word ook gesoek vir ’n geletterdheidsprogram aan die Weskus. Iilwimi werk ook nóú saam met die nuutgevonde Vinyards Academy, en bied demonstrasies aan gedurende die Bekendstellingsweek in September by Jordan Wynmakers, Stellenbosch.

    3. Taaldienste

    Mev. Alet van Huyssteen het hierdie kardinale aspek van die sentrum seder Augustus 2001 gekoördineer. Die volgende dienste is gedurende die jaar aangebied:

  • Taalverwerwing: Vanaf 1 Februarie 2001 tot 30 April 2001 is kursusse in Afrikaans en Xhosa taalverwerwing aangebied aan Xhosa en Afrikaanse moedertaalsprekers wat by die Departement Waterwerke en Bosbou, Bellville, werksaam is. ’n Suksesvolle intensiewe beginnerskursus in Xhosa is ook by die UWK aangebied gedurende die Julie-vakansie. ’n Kursus in Besigheidsengels word by die Nyanga Gemeenskapsentrum vir post-matrikulante aangebied, en word befonds deur die Peace and Development Initiative van die Duitse regering. Etlike taalverwerwingskursusse word vir 2002 beplan, byvoorbeeld vir die Departement van Maatskaplike Werk in Wynberg en die Finansiële Afdeling van die UWK. Hierdie dienste word deur Iilwimi se kontraktuele werkers aangebied.

  • Vertaling: Hierdie jaar is stabiele groei gesien in etlike vertalingsopdragte soos deur die universiteit, besighede, die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en individue aan die Sentrum gestuur. Xhosa- en Engelse vertalings is deur Iilwimi kontraktuele werkers en lede van die Xhosa-departement (Skoolcor materiaal) gedoen, terwyl Afrikaanse vertalings op ’n vryskutbasis hanteer is. Addisionele redigering van vertalingstake is deur lede van die Xhosa Departement aangepak.

  • Redigering: ’n Aansienlike getal Meestersgraad mini-tesisse en een doktorale tesis is deur die Sentrum geredigeer en proefgelees, deur van vryskutpersone gebruik te maak. Redigering is ook geoden aan een belangrike publikasie wat nog in wording is.

  • Transkripsie: Personeel by die Sentrum en vryskut transkribeerders het ook navorsingsdata getranskribeer soos op oudiokassette opgeneem is.

  • Spesialiteitswerkswinkels: Twee Iilwimi personeellede het ook spanbou en diversiteitshantering werkswinkels vir die Departement Waterwerke en Bosbou in George aangebied.

    In 2002 hoop die Sentrum om hierdie dienste uit te brei en om tolke op te lei.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.