Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bestel nou jou eksemplaar en praat saam!

Ons moet nou slim wees

Gerrit Brand

As jy nie sterk is nie, sÍ hulle, moet jy slim wees.

'n Mens sou hierdie gesegde lank kon analiseer en problematiseer. Gaan die teenstelling tussen sterk en slim wel op? Is intelligensie en die aanwending daarvan nie 'n vorm van mag nie? Is die pen nie magtiger as die swaard nie?

Meer nog: aangesien ek in hierdie skryfsel die oproep "Ons moet nou slim wees" rig aan 'n "ons" wat breedweg deur die taal Afrikaans gekonstitueer word - almal wat een of ander belang by Afrikaans het, of hulle nou swart of wit, eerste- of tweedetaalgebruikers, arm, ryk, regs, links, Afrikaners, Afrikaanses of wat ook al heet - omdat dŪt die "ons" is waaroor ek dit het, moet 'n mens dalk vra: "Maar wie sÍ 'ons' is niť sterk nie?"

Daar word dikwels oor veral Afrikaners se "magsverlies" gepraat, maar vir baie mense is dit glad nie so duidelik dat Afrikaners vandag sonder mag is nie. Hulle mag dalk sonder formele politieke gesag wees, maar hulle staan oor die algemeen ekonomies sterk in verhouding tot die meeste Suid-Afrikaners en beskik ook oor die soort kundigheid en wat die Franse denker Pierre Bordieu "kulturele kapitaal" noem om steeds 'n noemenswaardige invloed op die gang van sake in ons land te kan uitoefen. As iemand ontmagtig is - en dit is 'n ontmagtiging wat nie van 1994 stam nie - dan is dit Afrikaansgebruikers wat nie normaalweg "Afrikaners" genoem word nie: sogenaamde bruin Afrikaanssprekendes en die landelike swart bevolking wat dikwels nog eerder Afrikaans as Engels naas hul moedertale ken.

Hoe dit ook al sy - of ons nou sterk is of nie, en of slim iets anders as sterk is of nie - dit het tyd geword dat ons wat met Afrikaans gemoeid is, slim moet wees. In die verlede was ons naamlik te dikwels dom. Vandag sal die meeste van ons dit geredelik toegee.

As Boetman die vorige geslag Afrikanerleiers vir hul eiewyse domheid uitskel omdat die jongeres nou die wrang vrugte van daardie domheid moet pluk, dan vind sy woorde weerklank in die hart van menige Afrikaner. Onder nie-Afrikaner-meningsvormers word dikwels gesÍ dat die "bruin mense hulle tog net nie weer op sleeptou moet laat neem nie" - dit wil sÍ, dat die voorgeslagte goedgelowig en dus dom was. En Olga Sema van die ATKV in Soweto sÍ 'n keer vir my dat "ons mense dom was" toe hulle in die sewentigerjare Afrikaans wou weggooi - let wel, nie dom om teen taaldwang en apartheid in opstand te kom nie, maar dom om dit as 'n stryd teen Afrikaans te sien.

'n Ou-Testamentiese profeet het 'n keer gesÍ: "My volk sterf weens 'n gebrek aan insig." (Hy het nie na die tydskrif verwys nie.) In die geval van Afrikaanse mense - of hulle nou 'n "volk" is of nie - wil dit lyk asof iets soortgelyks geld: dit is deur ons eie domheid dat ons in ons huidige penarie beland het.

Oor wat die aard van die penarie presies is, kan ons lank debatteer, maar ek dink min Afrikaanse mense sou van my verskil as ek sÍ dat die toestand van ons taal deel daarvan is. Was dit Breyten Breytenbach wat gesÍ het hy "waak oor die lyk" van Afrikaans? Dit was al jare gelede, toe Afrikaans nog sterk deur staatsmag gesteun en op die meeste openbare terreine gedy het. Party mense sal sÍ dat die lyk nou al begin ontbind het - en ander (onder wie ek self) sal skerp daarvan verskil - maar die feit bly staan dat Afrikaans oor die laaste veertien jaar of so baie sogenaamde hoŽr funksies ingeboet het. Onder sekere lae van die Afrikaanse bevolking het bowendien ook taalverskuiwing begin intree deurdat Afrikaanse ouers met hul kinders Engels praat en hulle na Engelse skole stuur. En wat Afrikaans as tweede taal en brugtaal betref, wys Afrikaans-onderwysers in swart skole op die probleme wat hulle ervaar met 'n beleid wat slegs twee tale op skool verpligtend maak en die ernstige gebrek aan opleidingsgeleenthede en leermateriaal wat Afrikaans as vak in diť skole benadeel. Dat Afrikaans 'n dramatiese afskaling ondergaan, kan nie ontken word nie.

Die wysheid van Afrikaans se destydse "lykwag" was prolepties - hy het die dood van Afrikaans vooruitgrypend gekonstateer. Terwyl Afrikaans springlewendig was - oŽnskynlik in haar fleur - sÍ hy: "Ek waak oor die lyk Ö" Dit was omdat hy die domheid om hom gesien het vir wat dit was: onderdrukking in die naam van Afrikaans was lewensgevaarlik vir die taal.

Wonder bo wonder is die taal nog met ons vandag - nie net as omgangstaal nie, maar ook as 'n taal van openbare debat. As ons egter wil verhoed dat die taal nog verder afgeskaal word - dat 'n ietwat vertraagde sterwe dit tog mettertyd tref - sal ons 'n paar lesse uit die verlede moet leer. Vandaar my pleidooi: "Ons moet nou slim wees."

Waarin het die domheid van die voorgeslagte - die "sondes van die vaders", soos Andrť du Toit dit noem - presies gelÍ? Basies, meen ek, in kortsigtigheid. "Hoe kon ons ooit geglo het dat apartheid sal werk?" word dikwels deesdae gevra. Ek dink iets soortgelyks geld van die taal: "Hoe kon ons ooit gedink het dat ons Afrikaans sů kan help?"

Eerstens het wittes die taal vir hulself opgeŽis en dit toe in die rigting van die meer "blanke" variante gestandaardiseer. Die gevolg was 'n nasionalisme waarmee swart Afrikaanspraters nie kon identifiseer nie en 'n taal wat baie van hulle nouliks kon verstaan en vir seker nie kon praat nie. Tweedens het Afrikaners vir dekades ver by Engelssprekendes agtergebly in die verskaffing van goeie onderwysgeleenthede aan swartes. Dit het Engels en geleerdheid sinoniem in die oŽ van baie swart Suid-Afrikaners gemaak - Engels as "taal van aspirasie".

En toe die Afrikanerleiers uiteindelik wel op groot skaal onderwys aan swartes begin verskaf, toe wil hulle Afrikaans as onderrigmedium in bepaalde vakke afdwing - dit nogal ten spyte van die feit dat die meeste swart skole reeds sťlf Afrikaans as enigste of tweede onderrigmedium verkies het! Laasgenoemde voorkeur is deur die taaldwang van 1976 goed nekomgedraai. Voortaan was Afrikaans "die taal van die onderdrukker".

Toe het ons ook nog tot die bitter einde ons universiteite vir swart studente toegehou, met die gevolg dat hulle maar by Wits, UK en Rhodes gaan studeer het. Dit was asof die Nasionaliste 'n beplande stryd teen hul eie taal gevoer het! Sam Motole, 'n Afrikaans-onderwyser uit die Noordwes-provinsie, sÍ onlangs vir 'n kollega van my: "In 1976 wou ons nie Afrikaans leer nie en die boeke is in ons kele afgedruk; nou wil ons Afrikaans leer, maar daar is nie boeke nie."

Diť uitspraak gee 'n taamlik akkurate prentjie van die huidige situasie. Opnames toon dat Afrikaans 'n populÍre vak onder baie swart leerlinge is, maar hierdie kans word nie deur die Afrikaanse gemeenskap aangegryp nie. Die mense kom boeke en opleiding kort, maar niemand doen iets om hulle daarmee te help nie. Afrikaans word tans nog deur meer as die helfte van Suid-Afrikaners verstaan - dit vervul nog die funksie van 'n brugtaal. Hoe gaan diť syfer oor twintig jaar lyk as daar nie iets gedoen word om Afrikaans vir huidige en potensiŽle tweedetaalsprekers aantreklik en toeganklik te maak nie? Is dit slim om dit na te laat?

Uit 'n heel ander hoek bekyk: Afrikaansgebruikers kan relatief maklik Nederlands leer lees en verstaan (en omgekeerd), maar ons skoliere en studente wil nie meer nie. Wat doen ons onderwysinstellings hieraan? Maak ons die skoolkinders gewoond aan Nederlands? Moedig ons die gebruik van Nederlandse handboeke in ons tersiÍre inrigtings aan? Moenie glo nie. Ons volg eerder die weg van die minste weerstand. Gevolglik word Afrikaans se potensiaal as 'n taal van internasionale kommunikasie - of ten minste 'n poort daartoe - sommer uit die staanspoor in die kiem gesmoor. Is dŪt slim?

En hoe voer ons die "stryd vir Afrikaans"? Afrikaanse taalstryders bewys graag lippediens aan die polities korrekte troop van "veeltaligheid", maar in die praktyk word Afrikaans as 'n sektorale belang benader. In die skole en universiteite stry ons vir die behoud van Afrikaans, maar nie vir die geleidelike instelling van ander Afrikatale naas Afrikaans nie. Waar ons dan wel toegeeflik is en "ander tale" akkommodeer, is daardie "ander tale" deurgaans Engels. Alle histories Afrikaanse universiteite gebruik meer of minder Engels, maar sover is dit nog net die Vrystaatse Universiteit wat 'n Afrikataal (Sesotho) - en dan maar baie beperk - probeer akkommodeer. Honderde van ons skole het sogenaamd "multikultureel" geword - dit wil sÍ Engels as tweede onderrigmedium ingevoer - maar ek het nog nie gehoor van 'n skool wat "dubbelmedium" in die sin van Afrikaans-isiZulu, Afrikaans-Sepedi of Afrikaans-Tshivenda is nie. En hoeveel van ons skole bied nog 'n Afrikataal as vak aan?

Buitendien wag skole se beheerrade telkens totdat die druk van swart ouers en leerlinge reeds op hulle is voordat hulle "ander tale" (sic) begin akkommodeer. Op daardie stadium is die idee van 'n Afrikataal moeilik om te verkoop. Diť wat (sover) nog die druk vryspring, bly doodluiters enkelmedium Afrikaans in die ydele verwagting dat die vloed nie gaan kom nie. Waar is die spreekwoordelike arkbouers onder ons?

Ons doen dus niks om veeltaligheid te bevorder nie, maar bly teen hoop in hoop dat Afrikaans stoksielalleen teen die vloed van Engels gaan bly staan. Intussen kan enige regdenkende mens insien dat die stryd van Afrikaans teen Engels 'n hopelose een is. Die stryd van veeltaligheid teen eentaligheid - hom kan ons dalk nog wen. Hoe slim is ons as ons dit vergeet?

Dit wil vir my lyk of die meeste van ons maar nog steeds net so dom soos die voorgeslagte is. Ons doen wat vir ons skyn in die onmiddellike belang van Afrikaans en Afrikaansgebruikers te wees - bou skanse en probeer hulle verdedig - sonder om vir 'n oomblik daaraan te dink dat ons tans die sade van die einste wrang vrugte wat ons by ons dwase voorgangers geŽrf het, opnuut in die grond plant. Gaan ons kinders dalk weer wrang vrugte pluk? Gaan ons oor twintig jaar met 'n taal sit wat net deur moedertaalsprekers (maar aansienlik minder van hulle) gepraat word, wat geen wÍreldwye sigbaarheid het nie, wat in bykans alle onderwysinstellings as onderrigmedium deur Engels verdring is, wat afgesonderd na asem moet snak omdat veeltaligheid toe nooit gerealiseer het nie? Hoe dom sal dŪt nie wees nie!

Die soort kortsigtigheid wat in die verlede tot soveel ellende gelei het - en nou dreig om dit weer van voor af te doen - is myns insiens te wyte aan 'n ander soort domheid waarteen figure uit die verlede, soos NP van Wyk Louw, gewaarsku het en waarop ook huidige kommentators soos Jakes Gerwel, Johann Rossouw en Johan Pienaar onlangs hul vinger gelÍ het: die gebrek aan 'n oop gesprek van hoŽ intellektuele gehalte in Afrikaans. Herman Wasserman wys onlangs daarop dat "alternatiewe" - en 'n mens sou kon byvoeg: "kritiese, denkende" - publikasies in Afrikaans na 1994 een na die ander in die stof gebyt het. Vrye Weekblad is die bekendste voorbeeld. In die tydskrifwÍreld het die meeste van ons al lank voor 1994 vergeet dat Huisgenoot eens op 'n tyd 'n intellektuele gespreksruimte was. Ander, jonger publikasies wat 'n dekade of wat gelede nog die funksie van 'n kritiese gespreksruimte vervul het, het intussen "lifestyle"-tydskrifte geword wat nie veel anders doen as om designer Afrikaners aan hul lesers voor te hou om hulle beter oor hulself te help voel nie. Die groot uitsondering op diť verstandsverduistering in die Afrikaanse media is die aanlynjoernaal LitNet. In die gedrukte media bly die gaping egter skrikwekkend groot.

Gelukkig wil dit lyk of daar nou iets aan diť saak gedoen kan word. Ek kan net so min soos ander mense die toekoms voorspel, maar ek wil in elk geval die hoop uitspreek dat die eerste uitgawe van Spilpunt 'n nuwe era vir Afrikaans sal inlui - 'n ontwaking van die gees, van kritiese denke, van oopkop gesprekke en vurige polemieke. Want alleen so sal Afrikaansgebruikers iets begin verstaan van die wÍreld waarin hulle hul bevind en die moontlikhede wat in hierdie wÍreld opgesluit lÍ - moontlikhede ook vir die taal waarin die dinkwerk gedoen gaan word. Kom ons maak hierdie ding werk!

Of anders gesÍ: Laat ons tog nou uiteindelik slim word Ö

  • Gerrit Brand is verbonde aan die Departement Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch en is op die redaksie van Spilpunt.




LitNet: 02 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.