Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die bevordering van veeltaligheid in die werkplek

Flip Buys, Hoofsekretaris van die MWU

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Die bevordering van veeltaligheid in die werkplek het die afgelope maande een van die fokuspunte geword in die taaldebat. Die MWU (Mynwerkersunie), as ’n oorwegend Afrikaanse vakbond, het ’n veldtog geloods ter bevordering van veeltaligheid in die werkplek wat onder meer behels die indien van klagtes by die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) teen werkgewers wat veeltaligheid misken en die formulering van ’n prakties uitvoerbare veeltaligheidsplan wat vandag bekend gestel sal word.

    Die MWU se uitgangspunt is om veeltaligheid te bevorder, nie nťt Afrikaans nie. Die feit is egter dat ons nie namens ander taalgemeenskappe kan praat nie en daarom op Afrikaans as taal van die meeste van ons lede fokus.

    Die stelling word dikwels gemaak dat Afrikaans se voortbestaan nie afhanklik is van die gebruik daarvan as besigheidstaal in werkplekke nie. Solank ons net aanhou om met mekaar Afrikaans te praat op sosiale vlak en op kunstefeeste sal diť taal floreer, word gesÍ.

    Hierdie stelling is natuurlik baie gerusstellend en baie Afrikaanssprekendes sal dit graag wil glo. Internasionale voorbeelde wys ongelukkig daarop dat daar geen gronde vir die standpunt bestaan nie.

    WÍreldwyd lei die oorheersing van Engels en enkele ander groot tale daartoe dat daar ’n duidelike afname in die aantal tale in die wÍreld is. Van die ongeveer 6 500 tale in die wÍreld word bykans die helfte ůf ernstig bedreig ůf is hulle op die punt om uitgewis te word. Taalkundiges raam dat gemiddeld een taal elke twee weke uitsterf.

    As niks hieraan gedoen word nie, word selfs voorspel dat hierdie proses uiteindelik daartoe kan lei dat 95% van die wÍreld se tale in onbruik sal verval. Dit is dus ’n illusie dat enige van die wÍreld se nie-dominante tale se voortbestaan as vanselfsprekend aanvaar kan word. Die wÍreldwye tendens waarvolgens enkele tale groei ten koste van ander, word grootliks bepaal deur die ekonomiese gebruikswaarde van tale.

    Waar ’n taal sy gebruikswaarde in die werkplek — en gevolglik die ekonomie — verloor, gebeur dit dat die taalgemeenskap om ekonomiese redes aanvanklik vir ’n oorgangstyd tweetalig word en daarna net die dominante taal aanneem. Hierdie proses word taalverskuiwing genoem.

    Hierdie proses van taaloorheersing het oor die wÍreld begin versprei toe Europese moonthede in die 16de en 17de eeu hul invloedsfere uitgebrei het. Die ekonomiese mag van koloniale tale was die doodskoot vir verskeie kleiner inheemse tale.

    In BrasiliŽ, byvoorbeeld, het 75% van die gebied se inheemse tale uitgesterf sedert die aankoms van die koloniseerders in 1500. Van die oorblywende 180 inheemse tale word net een steeds deur meer as 10 000 mense gepraat.

    Dieselfde het in AustraliŽ gebeur. Sedert 1788 het die inheemse tale in diť gebied afgeneem van 250 tot slegs twintig.

    Die huidige globaliseringsproses het meegebring dat hierdie taaloorheersing tans baie groter afmetings aanneem as tydens die koloniale tyd of enige ander tyd in die geskiedenis. Verbeterde kommunikasie en die krimping van die wÍreld lei daartoe dat die kompetisie tussen tale verhewig.

    Binne hierdie hoogs mededingende taalomgewing is ’n taal se enigste kans om te oorleef steeds die vermoŽ van so ’n taal om homself te handhaaf in die werkplek en gevolglik die ekonomie.

    Die omstandighede waarbinne hierdie taaloorheersingsproses plaasvind, verskil natuurlik van plek tot plek in die wÍreld. Daar is egter geen rede om te glo dat die omstandighede van Afrikaans en Suid-Afrika se ander inheemse tale so eiesoortig is dat hierdie proses hier anders sal verloop as beskermingsmaatreŽls nie getref word nie.

    Teenstander van die beskerming van taalregte argumenteer dat Afrikaans juis nou ’n bloeityd beleef ten spyte daarvan dat die taal sy posisie in die werkplek verloor. Hierdie argument hou nie rekening met die feit dat Afrikaans nog groot momentum het afkomstig vanuit die vorige taalbedeling nie.

    Selfs die huidige geslag werkende jong Afrikaanssprekendes het opleiding in Afrikaans as medium ontvang met onder andere vroeŽre veronderstelling dat diť taal ook in die ekonomie gebruik kan word. Die feit dat Afrikaans nou uit die werkplek verdwyn, sal nie meebring dat hulle nou dadelik ophou om Afrikaans te wees nie.

    Hulle word vir ’n aanvanklike oorgangstyd vlot tweetalig -Engels by die werk en Afrikaans by die kunstefeeste. As die toekomstige geslagte Afrikaanssprekendes egter nie opgelei word met onder andere die oog op die gebruik van Afrikaans in die werkplek nie, sal hulle onafwendbaar soos elders in die wÍreld van tweetaligheid na Engelse eentaligheid beweeg.

    As vakbond is ons spesifiek bekommerd oor die feit dat prestasie-evaluering in Engels nie-Engelssprekende werknemers kan benadeel en selfs daartoe lei dat hulle hul werk kan verloor weens taaldiskriminasie. Prestasie-evaluering net in Engels lei daartoe dat werknemers nie volgens hul kundigheid en vermoŽ geŽvalueer word nie, maar volgens hul taalvaardigheid in Engels.

    Die voortgesette algemene gebruik van Afrikaans hang grootliks daarvan af of die huidige neiging tot Engels eentaligheid in die werkplek omgekeer kan word na ’n neiging tot veeltaligheid. In die lig hiervan het die MWU ’n drieledige strategie ontwikkel om veeltaligheid in die werkplek te bevorder.

    Die strategie behels: (1) die verkryging van die morele hoŽ grond deur goed gefundeerde argumente; (2) die ontwikkeling van ’n prakties uitvoerbare veeltaligheidsmodel wat deur werkgewers geÔmplementeer kan word as alternatief vir die huidige eentaligheidsmodel; en (3) stappe om te verseker dat hierdie veeltaligheidsmodel geÔmplementeer word deur sakereuse.

    As eerste fase ter verkryging van die morele hoŽ grond het die MWU klagtes aanhangig gemaak by Pansat teen verskeie werkgewers wat veeltaligheid misken. Na aanleiding van die MWU se klagtes het Pansat reeds uitgewys dat instansies soos Eskom, Telkom en die Departement van Openbare Werke se gebruik van net Engels ongrondwetlik is. Hierdie uitsprake wys dus dat die aansprake op veeltaligheid in die werkplek ’n gegronde eis is.

    Tweedens het die MWU kundiges in organisasiekommunikasie versoek om ’n taalmodel te onwikkel wat ’n balans vind tussen praktiese vereistes en die taalrealiteite van Suid-Afrika. Na vandag se bekendstelling van hierdie model sal werkgewers nie langer die verskoning kan gebruik dat hulle nie al elf tale kan akkommodeer en daarom net een taal gebruik nie.

    Hulle sal toegang hÍ tot voorstelle oor hoe om veeltaligheid binne streeks- en ander verbande te bevorder sonder om noodwendig altyd al elf tale te gebruik. Die MWU het nog nooit ’n elftaal-Babel-beleid voorgestel nie, maar is ook nie bereid om ’n eentaal-beleid te aanvaar nie.

    Die derde en uitdagendste fase van die MWU se strategie is die stappe wat gedoen moet word om te verseker dat die veeltaligheidsmodel geÔmplementeer word. Die onvermoŽ om grondwetlike bepalings oor veeltaligheid af te dwing, soos in die reeks voorbeelde waar werkgewers soos die staat, Poskantoor en Bloemfonteinse stadsraad bloot Pansat se uitsprake ignoreer, bring mee dat ook ander stappe gedoen moet word.

    Die MWU poog om sy posisie as vakbond en arbeidswetgewing te gebruik om toe te sien dat veeltaligheid geÔmplementeer word. Dit is egter ook nodig dat verbruikers begin standpunt inneem sodat dit ekonomiese sin maak vir besighede om veeltalig te wees.

    Hier word nie noodwendig na boikot-aksies verwys nie. ’n Positiewe aksie waar veeltalige besighede aktief ondersteun word deur voorstanders van veeltaligheid, kan net so effektief wees.

    Die MWU is reeds besig om gesprekke met ander rolspelers in die taalgemeenskap aan te knoop vir die skepping van ’n evalueringsraad wat sal beoordeel of besighede veeltalig is en dan stappe doen om die name van besighede wat wťl voldoen deur die Internet en ander media aan die koperspubliek deur te gee.

    Die sukses hiervan om veeltaligheid in die werkplek te bevorder, is van kritiese belang om vir Afrikaans en Suid-Afrika se ander inheemse tale ’n toekoms te verseker. Daarom sal ons graag wil saamwerk met sprekers van ander inheemse tale wat hulself deur middel van hul moedertaal wil bemagtig.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.