Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Afrikaans in die “African Renaissance”

Wilma den Hartigh

Dr Hans Ester, dosent in Algemene Kunswetenskap aan die Katolieke Universiteit van Nijmegen, Nederland, het onlangs ’n eredoktoraat van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike HoŽr Onderwys ontvang vir die bevordering van Afrikaans in Europa. Dr Ester is die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituuut in Amsterdam. Hy is nie net ’n kenner op die gebied van Duitse en Afrikaanse letterkunde nie, maar toon ’n deeglike kennis van die Suid-Afrikaans-gebore digteres, Elisabeth Eybers, se gedigte.

Tydens ’n onlangse besoek aan die Universiteit van Rhodes in Grahamstad het dr Ester studente wat Afrikaans-Nederlands studeer, toegespreek oor die toekoms van Afrikaans in Suid-Afrika.

Afrikaanse letterkunde ondervind tans ’n dinamiese en ongekende herlewing en almal praat nou die taal. Die neiging het nie alleenlik posgevat in Afrikaanse rock-musiek nie, maar ook in poŽsie en ander letterkunde. Jongmense is nou trots op hulle taal en wil dit ook vir hulself toe-eien.

Afrikaans as moedertaal in Suid-Afrika het deur diep waters gegaan en baie Afrikaanssprekendes was van mening dat die taal besig is om uit te sterf. Volgens dr Ester het Afrikaans ’n gesonde toekoms. “Taal is deel van ’n ritueel van verryking en dien ook as ’n tipe emansipasie; letterkunde is bevrydend en laat ’n mens ander dinge sien, ander tale leer ken en maak nuwe wÍrelde oop.” Hy vind dit opvallend hoe sterk die wil van Suid-Afrikaners is om die beste van ons samelewing te maak. “Die mense hier stel werklik belang om gemeenskappe nie agter te laat nie, maar om eerder ’n goeie toekoms op te bou.”

Hy gesels graag oor Afrikaanse letterkunde, omdat dit so na aan sy hart lÍ. Volgens Hans Ester is Afrikaans nie afhanklik van offisiŽle ondersteuning nie. Die veranderinge wat op politieke vlak plaasgevind het en die vermindering van openbare erkenning van Afrikaans as taal het nie die taal geaffekteer nie; inteendeel, dit het ’n sterker beweging op die been gebring. “As iets wat na aan jou hart lÍ, bedreig word, gaan jy dit dinamies koester,” sÍ Ester.

Hy vergelyk Suid-Afrika se situasie met diť van Nederland. ’n Samelewing soos diť in Nederland, waarin alle struikelblokke uit die pad geruim word, kan nie funksioneer nie. Hy is van mening dat Suid-Afrikaners, en Afrikaans as taal, nou meer as ooit tevore produktief funksioneer. “Dit neem die angel uit die lewe uit en die impuls om gevare die hoof te bied, word afgestomp.” As gevolg van eksterne teenstand en ongunstige omstandighede is Suid-Afrikaners oor die algemeen meer kreatief met hul moedertaal.

Die voortbestaan van Afrikaans verg ’n intense bewuswording van daaglikse veranderinge en onsekerhede. Suid-Afrikaners het beslis hierdie veranderinge benut. “Afrikaans het ’n ander status in Suid-Afrika bereik. Die taal het ’n individuele identiteit ontwikkel, is lekker om te praat en is hoogs intiem,” sÍ dr Ester.

Letterkunde speel ’n belangrike rol in die algemene bewussyn van kulturele opvoeding. Hans Ester waarsku teen ’n nuwe generasie jongmense wat nie waardering vir boeke en letterkunde het nie. “Lees en letterkunde is ’n kreatiewe manier om die wÍreld om jou op te bou. Dit verryk jou blik en verskerp jou vermoŽ om goeie keuses in jou lewe te maak.” Afrikaanse letterkunde en taal kan konstruktief gebruik word om in tye van spanning ’n oplossing te bring.

“As jy wil kommunikeer oor die waardes en die aard van bestaan in die gemeenskap om jou, is jou moedertaal die enigste manier om dit alles te verstaan,” sÍ Hans Ester. Suid-Afrika is ’n samekoms van vele kulture, tale en tradisies. “Ek is oortuig daarvan dat hierdie land met sy gesonde selfbewussyn ’n positiewe uitwerking op die res van Afrika kan bewerkstellig,” sÍ dr Ester. Afrikaans gee aan iedereen die geleentheid om hulle bande met Suid-Afrika te verstewig. Suid-Afrikaners moet ’n positiewe houding oor die toekoms van Afrikaans in ons land inneem. Afrikaans as taal het ’n merkwaardige rol om te speel in Suid-Afrika se “African Renaissance”.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.