Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Engels, alles Engels

Coen Botha

Moenie Ingels onderskat nie. Synde tussen die dawerende masjinerie van die industrie my potjie te krap, weet ek dit is “Engels, alles Engels”.

Al die handleidings, alom “manuals” genoem, is Engels. Die Duitsers en die Franse en die Japanners verskaf die tegnologie en vertaal dit in Engels sodat “almal” kan verstaan. Die Taiwannese vertaal dit in iets interessants wat na Engels lyk. Ons praat Engels met die Oostenrykers en die Amerikaners en die Belge wat ons help om die aanlegte te “commission”.

Daar is duisende tegniese terme, waarvoor daar weliswaar Afrikaanse terme bestaan of gemaak kan word, maar as jy probeer om suiwer Afrikaans te praat, verstaan die mense nie dat die “interlocks” op die “dummy bar” se progammering nie werk nie, wat veroorsaak dat die staalstring vashaak, wat daarom die “straightener” se “plummer blocks” losruk. Daarom meng ek lekker Engels en Afrikaans in my vloerkommunikasie en gooi so nou en dan ’n taallessie in, maar mens kan nie voorbly nie — die industrie gaan oor tyd en geld; die horlosies wat tyd en geld meet, is baas. Jy praat met industriewerkers wat moet produseer en onder druk verkeer, nie digters en filosowe nie.

Die tegniese dokumentasie vir ’n mediumgrootte-projek weeg sowat agt ton, met die dokumentasie vir die bestuur van die projek omtrent die helfte soveel, elke woord en simbool fyn geweeg en presies gedefinieer in Lingua technical, want dit is kontraktuele dokumente, waaraan groot geld en besighede se voortbestaan gekoppel is. Alle projekte verkeer onder intense skedule-druk, eweneens dan later ook onder produksiedruk. Die aandeelhouers wil hul wins hÍ, nie kultuur nie. Daar is nie tyd vir vertaal en semantiese debat nie. Met topbestuur en kontrakteurs kommunikeer jy dus in suiwer Engels. Buiten die feit dat daar on-Afrikaanses teenwoordig is, wat jou noop om Engels te besig, sal jou loopbaan sy gat sien as jy kultuurgerig in stede van aandeelhouergerig werk.

Die industrie en beleggers is (glo) die redding uit armoede en ellende, die gewers van werk en groei. Dit is ’n Engelse “redder”: die brondokumente waarop die industrie gebou word, is in die taal van Europa en Amerika geskryf (hoewel dit dalk oor vyftig jaar Mandaryns kan wees). Viva progress! Die kultuur wat die grootste bydrae tot ’n gemeenskap maak, stamp die grootste tjap op die milieu. Afrikaners kan dit gerus onthou.

boontoe


NOT FOUND