Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vroue bemagtig deur taal

dr Charlyn Dyers

Direkteur, Iilwimi Sentrum vir Veeltaligheid en Taalprofessies
Universiteit van Wes-Kaapland


Wat het politici soos Cheryl Carolus, Patricia de Lille en Naledi Pandor, skrywer Antjie Krog, teoloog Christina Landman, en akademikus Margaret Orr, om maar ’n paar name te noem, gemeen? Antwoord: As hierdie vroue praat of skryf, word daar geluister en gelees — nie slegs omdat elkeen ’n stewige agtergrond en baie insig het in hul onderskeie rigtings nie, maar ook omdat elkeen jou boei en jou aandag behou deur hul keuse van woorde en manier van praat. Hulle is vroue wat talig bemagtig is en hul sÍ goed kan sÍ. Net soos Sheherezade van The Arabian Nights wat haar eie lewe gered het met haar wonderlike stories en manier van vertel, bring talle vroue ’n ommekeer in hul eie lewens en diť van ander deur hulself talig te bemagtig.

As direkteur van die Iilwimi Sentrum aan die UWK, Suid-Afrika se eerste sentrum vir die bevordering van veeltaligheid, is dit my groot voorreg om met baie sulke vroue kennis te maak. Tans is polisiekommissaris Zelda Holtzman besig by ons sentrum om haarself en 59 van haar kollegas verder te bemagtig deur Xhosa aan te leer. Hierdie lede van die SAPD doen dit nie slegs om ’n beter diens aan Xhosa-sprekendes in die Wes-Kaap te lewer nie, maar ook om as mense en as Suid-Afrikaners te kan groei, met insig in en begrip vir die Xhosa-kultuur. Daar ook ’n groep ongeletterde Xhosa-vroue by Delft-Suid se biblioteek wat in hul eie taal leer lees en skryf, maar ook funksioneel geletterd in Afrikaans wil word omdat niemand in die Wes-Kaap ten volle kan funksioneer sonder ’n begrip van Afrikaans nie. Een van hulle, me Anna Blaauw, is volkome magtig in die drie amptelike tale van die Wes-Kaap, en funksioneer ook nie-amptelik as tolk vir baie mense in haar gemeenskap. En nou leer sy lees en skryf in Xhosa, later in Afrikaans, en hopelik ook nog verder in Engels. Daar is ook diegene wat Vigs deur taal help bekamp, soos die ontslape sangeres Anneline Malebo, wat haar laaste kragte gebruik het om MIV-vigs onder haar gemeenskap se aandag te bring met haar sang en toesprake.

Dit is baie duidelik dat die vrou wat talig bemagtig is, groter persoonlike vryheid kan geniet en ook beter gebruik kan maak van alle geleenthede wat haar gebied word om haarself verder te bemagtig. Sulke vroue se invloed op die breŽr gemeenskap, en die positiewe beeld wat hulle aan ander minder-bemagtigde vroue uitstraal, kan nie onderskat word nie.

My kollega dr Liesel Hibbert, tans voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee, herinner my daaraan dat verdrukte vroue dikwels ’n interne taal of kode ontwikkel wat nie in hul eintlike taalgebruik weerspieŽl word nie. Hulle praat eintlik binnetoe, nie buitentoe nie. Wanneer sulke vroue deur verdere onderrig talig bemagtig word, is dit asof ’n vloedgolf van woorde vrygelaat word, want die lank onderdrukte gedagtes en begeertes borrel onophoudelik uit hul monde. Al die traumas waarmee hulle moes leef, al die drome wat so maklik verydel was, kry dan uiteindelik gestalte in die gesproke en geskrewe woord.

Die omgekeerde situasie is in al sy verskriklikheid ook waar — die vrou wat met fisieke en emosionele geweld moet leef, kan skaars die woorde vind om aan iemand te verduidelik wat haar aangedoen is. Die liggaamlik of verstandelik gestremde vrou se taalstryd is natuurlik ook veel feller — soos die dowe vrou in die Noord-Kaap wat verkrag was en wie se gebaretaal begroet is met die kru gelag van die polisie wat veronderstel was om haar te help.

Wanneer ongeletterde vroue leer lees en skryf, en syfervaardig wil word, bring dit dikwels ’n reuse-ommekeer in hul persoonlike lewens. Nie alleen het sulke vroue ’n groter begrip van hul wÍreld nie, maar kan hulle ook ’n groter mate van beheer oor die meeste aspekte van hul lewens uitoefen — al is dit ook net om beter inkopies vir die gesin te kan doen omdat hulle uiteindelik etikette en pryse op voedselsoorte in supermarkte kan uitken. Sulke vroue is ook beter in staat om op hul politieke en persoonlike regte aan te dring, omdat staatspamflette stadig maar seker begin sin maak.

Veeltalige vroue is ’n reuse-bate vir Suid-Afrika, aangesien hulle goed die behoefte verstaan om deur taalgrense te kan breek en te kan kommunikeer met sprekers van ander tale. ’n Groot deel van ons sentrum se werk is juis om veeltaligheid te bevorder onder laerskoolopvoeders, van wie die oorgrote meerderheid vroue is. Daar is min dinge wat soveel bevrediging gee as om ’n opvoeder te kan bemagtig om ook ’n diens te kan lewer aan leerders wat nie haar moedertaal kan praat nie. Al is dit ook net om “molo” (hallo), “unjani?” (hoe gaan dit?) en “hlala phantsi” (sit) te kan sÍ. Die anderstalige leerders van so ’n opvoeder is dan meer gewillig om laasgenoemde tegemoet te kom deur ook haar taal aan te leer.

Natuurlik kry die taalbemagtigde vrou ook dikwels die wind van voor. Daar is baie mans (en selfs vroue!) wat sulke vroue se monde sal wil snoer, en wat hul taalvryheid afkraak as voortvarendheid en selfs kruheid. Dink maar aan die dikwels fel kritiek op Patricia de Lille en Christina Landman, en die pogings wat aangewend was om Margaret Orr se mond te snoer in haar seksuele-teistering-saak by UNISA. Wanneer ’n man homself direk uitdruk, bevestig hy slegs sy manlikheid, eerlikheid en bondigheid. Maar as ’n vrou haar opinies eerlik en openlik stel, word sy dikwels as ’n feeks bestempel wat nie omgee watter uitwerking haar woorde op ander het nie. Dit verg baie krag en geloof in jouself as vrou om sulke kritiek te kan hanteer, want die meeste van ons word nog gesosialiseer volgens die Bybelse woorde van Paulus in sy eerste brief aan Timoteus:

Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva (Timoteus 1:11-13).

Gelukkig leef ons nie meer in die tye van Paulus nie. Ons het die appel van kennis geŽet, en ons tonge het losgekom. En ons vroue wat talig bemagtig is, moet uitreik na al die vroue van ons land wat nog deur taal moet groei.

Augustus 2002

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.