Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Dokumentontwerp in die korporatiewe omgewing

Mediaverklaring: US Taalsentrum

14 – 16 Augustus 2006

Wat is “dokumentontwerp”? Volgens ’n wêreldkenner in professionele kommunikasie, dr Karen Schriver (Pittsburgh, VSA), is dokumentontwerp die proses waarvolgens woorde en beelde op só ’n manier bymekaar gebring word dat dit aan die leser se verwagtinge en behoeftes voldoen. Met ander woorde, dokumentwerp handel oor daardie dinge wat ’n dokument laat werk.

Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum bied vanaf 14 tot 16 Augustus 2006 ’n slypskoolreeks, Dokumentontwerp in die korporatiewe omgewing, aan. Hierdie reeks is gemik op persone wat in die korporatiewe omgewing dokumente soos verslae, voorleggings en brosjures moet skep, sónder dat hulle die nodige opleiding daarin ontvang het. Die reeks poog om hierdie persone bewus te maak van die vaardighede wat nodig is om effektiewe en doeltreffende dokumente te kan skep.

Die slypskoolreeks bestaan uit drie afsonderlike sessies:

  • Beginsels van dokumentontwerp vir die korporatiewe omgewing  (14 Augustus) – Hierdie ankersessie van die slypskoolreeks sal aandag skenk aan die basiese, oorhoofse beginsels van dokumentontwerp vir alle tipes korportiewe dokumente. Alhoewel persone afsonderlik vir die drie sessies kan inskryf, word dit sterk aanbeveel dat hierdie ankersessie bygewoon word.
  • Brosjures vir die korporatiewe omgewing(15 Augustus) – Verskillende brosjures, as dokumente wat die beeld van jou instansie suksesvol na buite moet weerspieël, sal in hierdie sessie bespreek word.
  • Voorleggings vir die korporatiewe omgewing (16 Augustus) -  Voorleggings is dié dokumente wat ’n inkomste vir jou organisasie moet genereer. Hierdie sessie sal aandag skenk aan die dokumentontwerp van effektiewe voorleggings, asook die voorbereiding van ’n effektiewe Powerpoint-voorstelling (alhoewel lg nie die hooffokus sal wees nie).

Die koste van die slypskool is R900-00 vir Sessie 1 en R950-00 per dag vir Sessies 2 en 3. Hierdie koste sluit alle slypskoolmateriaal, teetydverversings en 'n ligte middagete in. Persone wat al drie sessies bywoon, kry 'n afslag van 10% op die totale prys. Die voertaal van die slypskoolreeks is Engels, maar Afrikaanssprekendes is welkom om in Afrikaans hulle vrae te stel en kommentaar te lewer.

Belangstellendes kan vir Maretha Joyce (e-pos: mjoyce@sun.ac.za of tel.nr. 021 808 2167) kontak. Die sluitingsdatum vir registrasie is 28 Julie 2006. Verdere inligting en die inskrywingsvorm is beskikbaar op die Taalsentrum se webwerf. Voorwaardes geld.

Let wel: Die Taalsentrum se kortkursusse is deur die Universiteit Stellenbosch geakkrediteer deur meganismes vir gehalteversekering wat deur die HEQC goedgekeur is, en voldoen aan SAQA wetgewing en vereistes.

LitNet: 25 Julie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.