Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die US-taaldebat

Christa van Zyl

Die meeste studente wat by Stellenbosch inskryf, weet dat di universiteit een van slegs twee in Suid-Afrika is (van 21) wat steeds Afrikaans as medium vooropstel. Volgens die onlangse taaloudit by die US is Afrikaans die eerste taal van 66% van die studente, n nog veel meer studente verstaan dit. Die US behoort dus vanselfsprekend Afrikaans-medium te wees. Die grondwet bepaal dat almal die reg het om in hul moedertaal onderrig te ontvang, waar prakties moontlik, en dat daar teen niemand gediskrimineer mag word op grond van taal en kultuur nie. Tog: as 60% Wes-Kaapse inwoners Afrikaanssprekend is, hoekom is daar reeds twee Engelse universiteite, en slegs een Afrikaanse universiteit?

Studente begin egter steeds meer dikwels by die US ervaar dat ’n minderheid bevoorreg word ten koste van die meerderheid se belange. As een persoon in die klas nie Afrikaans verstaan nie, word alles byvoorbeeld in Engels gegee. Dit gaan hierby glad nie om vakke wat slegs op Stellenbosch aangebied word nie — daar is Engels reeds lank die voertaal.

Ek (as derdejaarstudent) is self onlangs geforseer om ’n vraestel in Engels te beantwoord deurdat die hele kursus (insluitende die vraestel en die terminologie) slegs in Engels gegee is. Behalwe vir die feit dat vyftien minute van die uur wat ons gegee is, verlore gegaan het omdat die meeste Afrikaanstalige studente nie die vraag kon begryp nie, is die aangewese toekomstige werkkring vir baie van ons die Afrikaanstalige pers en advertensiebedryf. ’n Engelse koerant sal my moeilik aanstel, aangesien ek Afrikaanssprekend is. Maar ’n Afrikaanse koerant sal my ook nie wil aanstel nie, aangesien ek nie die Afrikaanse terminologie ken nie. Dit verminder dus die nut van my vak en graad.

Wat is dit, behalwe diskriminasie? As iemand nie bereid is om in Italiaans klas te h nie, gaan hulle nie na ’n Italiaanse universiteit nie. Hoekom moet dit anders wees vir Afrikaans? Begin eerder om ander universiteite se taalbeleide ten gunste van hul studente op te stel. In KwaZulu-Natal is die meerderheid inwoners byvoorbeeld Zoeloe-sprekend. Dus het hulle die reg op ’n Zoeloe-universiteit. Diversiteit behoort plek te skep vir vryheid van taal en kultuur, eerder as om vryheid weg te neem.

Moenie taalbeleide probeer verander wat reeds hul studente in ag neem nie. Dit is sinneloos en almal verloor op lang termyn. Daar is baie Engelse universiteite om van te kies, so hoekom nog een begin? Dit is ook dubbele standaarde dat Engelse universiteite tot niks verplig word nie.

Om voortdurend te wys op polities negatiewe assosiasies met Afrikaans is ’n vals argument. ’n Taal is nie eerstens polities nie. Indien dit was, sou Engels (die taal waarin talle gruweldade ook al gepleeg is) nooit so ’n groot aanhang gehad het nie. Hoekom moet Afrikaans en ander Suid-Afrikaanse tale dus benadeel word?

’n Dubbelmedium-universiteit klink vir baie na ’n logiese oplossing. Maar dit werk nie op die duur nie (soos bewys deur wat gebeur het by UPE en steeds meer ook in Bloemfontein), onder meer omdat dit ’n baie groter werklading vir dosente beteken.

Wetenskaplik is bewys dat mense beter uiting gee aan gevorderde en abstrakte gedagtes in hul moedertaal. Word dit ons ontneem, sal Stellenbosch se standaarde verlaag, tot nadeel van die hele Suid-Afrika.

Christa van Zyl is ’n Afrikaanse Stellenbosse student.

Hierdie brief het ook in Rapport van 18 Augustus 2002 verskyn

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.