Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Chris Brink se No lesser place: The taaldebat at Stellenbosch: Die FAK se standpunt

Prof Chris Brink voer deurgaans in sy boek oor die taalkwessie aan die Universiteit van Stellenbosch aan dat dit n ingewikkelde saak is wat nie met eenvoudige begrippe hanteer kan word nie.

Terselfdertyd beskuldig Brink onder meer die FAK daarvan dat laasgenoemde die saak vereenvoudig. Nog erger: volgens Brink sal die FAK se voorspraak vir Afrikaanse onderrig op voorgraadse vlak die US op die glybaan na n enklawe plaas waarin n verstikkende geslotenheid hoogty sal vier.

Maar klop dit met die werklikheid?

Brink het inderdaad n punt beet: die uitdaging waarvoor Afrikaans en die veelheid van tale in Suid-Afrika gestel word, is n ingewikkelde saak. As die verskillende partye die kompleksiteit van die saak sou erken, sou n reuse-tree na n vrugbare verstandhouding gegee kon word.

Ongelukkig is die saak selfs ingewikkelder as wat uit Brink se eie werkswyse blyk. Terwyl hy s dat die taalvraagstuk n komplekse aangeleentheid is, maak hy hom self aan erge vereenvoudigings skuldig. Daarmee ondermyn hy sy eie voorspraak vir die kompleksiteit van die saak. So huiwer Brink nie om n bedeling op Stellenbosch te bepleit wat, volgens die dominante mening in die taalsosiologie, nie anders kan nie as om in die simplisme van (Engelse) eentaligheid vas te val nie. Of wil Brink te kenne gee dat s n eentaligheid nie n dramatiese vereenvoudiging van n komplekse toestand sal verteenwoordig nie?

Ons verwys kortliks na enkele vereenvoudigings wat sowel die retoriek as die standpunte van Brink kenmerk, en stel daarna na die standpunt van die FAK.

1. In sy retoriek maak prof Brink self van simplistiese opposisies gebruik om n klaarblyklik ingewikkelde situasie te vereenvoudig.

So onderskei hy tussen diegene wat in hul houding jeens Afrikaans n rasionele benadering volg teenoor diegene wat n beroep op irrasionele politieke oortuigings doen; tussen diegene wat n vriendelike benadering jeens Afrikaans volg teenoor diegene wat n relgebonde, wettiese en vreesbevange benadering volg; tussen diegene wat wil sien dat Afrikaans op n skeppende wyse sal groei teenoor diegene wat slegs daarin belangstel om Afrikaans op n statiese wyse te handhaaf; tussen diegene wat ja vir nuwe uitdagings s en diegene wat n ou terugtrek-politiek beoefen; tussen diegene wat n oop en algemene benadering volg en diegene wat n geslote agenda volg; ensovoorts.

Dit is nie moeilik om te raai watter dinge Brink in sy benadering vir homself opeis en watter dinge hy aan sy opponente toeskryf nie. Volgens hom verteenwoordig hy die rasionele argument en sy opponente die irrasionele politiek; hyself verteenwoordig die vriendelike benadering, sy opponente die vreesbevange en relgebonde benadering; ensovoorts.

Wat Brink nie vir n sekonde in sy boek oorweeg nie, is dat hy in naam van openheid juis die ganse gesprek met di opposisies in die noutes injaag. Sy retoriek verdoem die gesprek by voorbaat tot die simplistiese opstel van uitsluitende opposisies. Van n skeppende bemiddeling tussen byvoorbeeld die noodsaak vir beskerming n die oopstelling van tale ook aan universiteite kan in di opposisionele denke geensins sprake wees nie. Maar is di bemiddeling nie juis vandag noodsaaklik as n mens oor die toekoms van ons tale dink nie? Wanneer tale slegs beskerm word, verstar hulle, maar wanneer hulle, soos wat Brink kennelik voorstaan, institusioneel onbeskermd gelaat word, loop hulle die risiko om in die private terug te gly en gewoon kombuistale te word. Albei is egter in die ingewikkelde werking van tale nodig sowel beskerming as oopstelling. Brink se f ... f-benadering weerhou hom daarvan om dit raak te sien.

2. Die mees opvallende vereenvoudiging waarmee Brink werk, hou egter met sy uitgangspunte verband. As die ou nasionalistiese projek onder Afrikaners slegs n oog vir die eie groep gehad het, slaan Brink bollemakiesie en sien hy filosofies slegs die individu raak. So word die ou verbintenis tot die geslote nasionalisme met n eensydige liberale individualisme vervang. Daarmee vorder ons egter nie n duit in die poging om die verwikkeldheid van die saak te hanteer en n verstandhouding tussen die veelheid van belange aan die US tot stand te bring nie.

Op n teoretiese vlak tree dieselfde benoudheid na vore wanneer Brink bewustelik vr die algemene en tn die partikuliere kies. Met n houding wat grens aan n skokkende ongergdheid jeens die institusionele voortbestaan van Afrikaans word so opnuut n stuk eensydigheid in die argument ingebou.

Wanneer slegs die partikuliere beklemtoon word, word geweld teen die individu en haar regte gepleeg. Dit is Brink se punt. Maar die teenoorgestelde is ook waar: wanneer slegs die algemene beklemtoon word, word geweld teen partikuliere gemeenskappe gepleeg. Laasgenoemde gebeur deurgaans in Brink se werk.

Die geheim is tog om ook aan ons universiteite deur di f ... f-benadering te breek en aan beide te dink, sowel die algemene as die partikuliere. Brink stuur in sy werk dogmaties by di insig verby.

Op n konkrete vlak tree die vereenvoudigings van Brink die skerpste na vore waar hy sy argument rondom Afrikaans bykans in totale isolasie van die historiese, sosiolinguistiese en politieke kragte ontwikkel. So wend hy geen poging aan om die geleidelike sosiale en politieke marginalisering van universitre Afrikaans die afgelope dekade te begryp of hoegenaamd n konkrete institusionele antwoord daarop te gee nie. Dit bly by vae beloftes en goeie voornemens jeens Afrikaans. Hoe di voornemens institusioneel beliggaam moet word, bly vir die leser van sy werk n raaisel.

3. Die FAK steun die standpunt dat die Suid-Afrikaanse universiteitswese tot die ideaal van die uitbouing van kritiese denke en kennis verbind is. Di ideaal kan om vanselfsprekende redes nie in isolasie nagestrewe word nie, maar slegs in noue verbintenis met die internasionale akademiese gemeenskap.

Maar beteken dit, soos wat Brink deurgaans in die nabootsing van volledig ongegronde skrikpraatjies rondom isolasie s, dat die eie taal n hindernis vir internasionale akademiese deelname is?

Die FAK s dat die partikuliere aard van universiteite wreldwyd dikwels die voorwaarde vir universiteite is om hoegenaamd n kritiese bydrae tot die internasionale intellektuele lewe te maak. Sonder die eie partikulariteit wat in die internasionale gesprek tussen akademici medebetrek word, versand die kritiese gesprek dikwels tot die uitruil van gemeensplasighede en n blote bevestiging van le en hol frases.

Dit is in die kritiese dialoog tussen verskillende wrelde, en nie in die ontmoeting van dieselfde (Engelstalige) wreld met homself nie, dat die sinvolle in die akademie gebeur. Wat die internasionale akademiese gemeenskap wil weet, is wat ons vanuit ons partikulariteit tot die gesprek kan bydra, en nie of ons nog meer van dieselfde kan s nie.

Die talige uniekheid van universiteite is daarom nie n hindernis om op n sinvolle wyse aan die internasionale akademiese lewe deel te neem nie, maar juis n voorwaarde daarvoor. Die US het die unieke geleentheid om as n universiteit met n Afrikaanse grondslag inhoud aan di uitdaging te gee

Danie Goosen
Voorsitter

Direkteure: Prof DP Goosen (voorsitter), mnr RD Henwood (ondervoorsitter), prof F Bredenkamp, prof P Duvenage, mnr JP Palm, mnr PF Potgieter, dr D Prinsloo, dr CH Stander, mnr WP van Ryneveld, mnr HC de Wet (besturende direkteur).


LitNet: 28 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.