Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Eenvormige taalbeleid nodig

Gerrit Brand
Taalsekretariaat, Stellenbosch

Emosies het hoog geloop. Die taaldebat was prominent in botsings tussen mnr Kader Asmal en Afrikaanse drukgroepe.

Die taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch het ook onder skoot gekom. In diť onverkwiklike getwis (tussen “wildehonde” en “bendes” enersyds en “Treurnichts” en “Milners” andersyds) het veral twee sake in die slag gebly: aandag aan die grondliggende beginsels wat ter sprake is, en die soeke na konstruktiewe maniere om die taalproblematiek doeltreffend en bevredigend op te los — nie net by die US nie, maar in tersiÍre onderwys landwyd.

Dis duidelik dat die huidige voorstelle van die Departement van Onderwys nie voldoen aan die taalnorme soos vervat in die Grondwet nie. Deur parallel- en dubbelmedium-onderrig slegs op Afrikaanse universiteite af te dwing, word teen die dosente en studente van diť instansies en die breŽ Afrikaanse gemeenskap gediskrimineer. Hier dink ons veral aan voorheen benadeelde Afrikaanssprekendes, die ťťn groep in die land met die laagste vlak van toetrede tot hoŽr onderwys.

Daar is net twee maniere vir die Departement om aan die verwyt van onregverdige diskriminasie te ontkom: ůf die eis dat die histories Afrikaanse instellings verder moet verengels, word teruggetrek, ůf die eis vir meertalige onderrig word ook aan Engelstalige universiteite gestel. So nie, sal meertaligheid net ’n oorgangsmaatreŽl tot Engelse eentaligheid wees.

Die rektor van die US, prof Chris Brink, met die uitgesproke steun van die universiteitsraad, het al herhaaldelik laat blyk dat hul universiteit vasbeslote is om ’n Afrikaanse karakter te behou, maar dan nie ten koste van toeganklikheid en diversiteit nie. Daarom het hulle kapsie gemaak teen die betrokke taalvoorskrifte.

Hierdie standpunt kan slegs waar gemaak word as dit binne die breŽr verband van tersiÍre onderwys gedoen word. Histories Afrikaanse instellings durf nie toegee voordat daar ’n duidelike verbintenis van die kant van die regering is om ’n eenvormige, niediskriminerende en grondwetvriendelike taalbeleid vir die onderwys daar te stel nie.

Die Burger, Briewe, Vrydag 5 Julie 2002

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.