Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Waar staan Afrikaans na 10 jaar demokrasie?

Gerrit Brand

'Waar staan Afrikaans na 10 jaar demokrasie?'

Wat bedoel ons nou eintlik met di vraag?

Is dit dieselfde soort vraag as 'Hoe ry daai tjor van jou noudat hy so lekker opgetune is?'. Of eerder: 'Hoe voel jy na die noodoperasie?' Of dalk selfs: 'Hoe lyk Van der Merwe na die ongeluk?'

Watter verwagtinge en bekommernisse skuil agter die vraag? Of anders ges: Waar sou Afrikaans mt staan na 10 jaar demokrasie? Wat verwag ons nou eintlik dat die impak van demokrasie na 10 jaar op Afrikaans sal wees?

Om agter die kap van di byl te kom, moet ons dalk 'n bietjie stilstaan by die begrip 'demokrasie'. Dit is 'n veel gebruikte en erg verslete term, maar tog een waarsonder ons kennelik nie sommer kan klaarkom nie. Al raad is dan om telkens weer nuwe lewe in di woord te blaas deur op nuwe - of vergete - en moontlik verrassende maniere die betekenis daarvan uit te spel.

Nou weet ons dat, in Afrikaanse kringe, die woord 'demokrasie' nie altyd net 'n positiewe betekenis het nie. Dit word soms tussen sarkastiese aanhalingstekens geplaas - soos ook gebeur met ander woorde, byvoorbeeld 'nasiebou', 'renboognasie', 'transformasie' of 'regstellende aksie'. Vir baie Afrikaanssprekendes roep die woord 'demokrasie' beelde op van meerderheidsoorheersing, verswelging deur die massa, die stelselmatige vernietiging van alles wat lief en dierbaar is en gevolglik 'n gevoel van ontheemding en vervreemding.

Maar juis die aanhalingstekens - sigbaar of implisiet - verraai dat dit hier gaan, nie om 'n afwysing van die demokratiese ideaal as sodanig nie, maar eerder die persepsie dat dit wat as demokrasie deurgaan nie noodwendig die ware Jakob is nie. Met ander woorde, die afwysing van 'demokrasie' in di sin doen eintlik 'n beroep op wat as 'n suiwer begrip van demokrasie beskou word.

Daar is egter in die geskiedenis van die politieke denke ook voorbeelde van mense wat demokrasie sonder aanhalingstekens - dit wil s demokrasie self en nie net dit wat in hul o verkeerdelik as sodanig deurgaan nie - verwerp het. Plato is die bekendste voorbeeld. Volgens hom is dit netso dwaas om die regeertaak aan die onbekwame massa oor te laat as om 'n skip nie deur 'n bevare skeepskaptein nie, maar deur onervare dronkaards te laat bestuur. Uiteindelik is dit ook nie in die dronkaards se belang nie.

Iets van hierdie meer radikale antidemokratiese sentiment kom ook soms onder Afrikaanse mense voor, al word dit selde duidelik uitgespreek. En hier by ons kry dit 'n spesifieke kleur deurdat dit ook met opvattings oor 'ras' verweef is. In verband met Afrikaans kan ons hierdie manier van aankyk teen die demokrasie dalk verwoord as: 'Hoe kan ons die lot van ons geliefde taal aan die onverskillige hande van die meerderheid toevertrou?'

Dit val buite die fokus van my praatjie om die demokratiese regeringsvorm te probeer verdedig. Daarvoor sal nie net 'n aparte praatjie nie, maar sommer 'n hele klomp praatjies nodig wees. Buitendien het baie ander, meer bekwame mense dit al beter gedoen as wat ek sou kon regkry. Uitgaande van die wenslikheid van demokrasie, kan dit egter nuttig wees om in gedagte te hou dat die afwysing van demokrasie - met of sonder aanhalingstekens - ook van tyd tot tyd meespeel in die debat oor Afrikaans. Dit is nie net 'n debat oor hoe Afrikaans in demokratiese waters vaar nie, maar ook soms 'n debat oor of Afrikaans in die eerste plek in daardie waters hoort. En diegene wat 'n afkeer in die water het, wil nie altyd h dat ons dit moet agterkom nie.

Maar wat is demokrasie? Hierop is al baie antwoorde gegee. Kom ons kyk gou na 'n paar.

Die eenvoudigste antwoord is om demokrasie met meerderheidsregering gelyk te stel. Daar waar die wil en belange van die meerderheid die deurslag gee, kan ons dan van demokrasie praat. Die heerskappy van 'n minderheid oor 'n meerderheid, soos onder apartheid gebeur het, is per definisie ondemokraties.

Maar wat van die tirannie van die meerderheid? Is 'n staat wat minderhede onderdruk demokraties solank dit die meerderheid se goedkeuring wegdra of tot hul voordeel strek? Hierdie soort kritiese vraag berus op 'n verstaan van demokrasie wat regte en vryhede - ook die van die individu en van minderhede - vooropstel. Demokrasie, word dan ges, is regering deur toestemming. Geen mens of groep mense het outomaties die reg om oor ander mense te regeer nie. Nie afkoms, stand, kleur, geslag, taal, getallesterkte of selfs bekwaamheid gee jou die reg om, sonder my instemming, oor my te besluit of omgekeerd nie. 'n Regering is legitiem vir sover hulle die mense se toestemming het om te regeer en die besluite wat hulle neem op die bevolking se instemming kan reken. Selfs as ek nie my sin kan kry nie omdat die meerderheid anders wil, geld die meerderheidsbesluit slegs as demokraties in soverre ek daartoe instem om my by di besluit neer te l. En dit sal net gebeur as die meerderheid genoeg beweegruimte vir my persoonlike vryheid laat en terselfdertyd genoegsaam rekening hou met die wense en belange van minderheidsgroepe.

Nou hiermee verbonde is die gedagte dat demokrasie verteenwoordigende regering is. Die toestemming wat ons gee, is toestemming aan iemand om namens ons te regeer. Verteenwoordigers praat en doen nie op hul eie gesag nie, maar op gesag van diegene wat hulle afgevaardig het om namens hulle op te tree. Demokrasie word dan gemeet aan die mate waartoe mense in die samelewing op regeringsvlak verteenwoordiging geniet.

Demokrasie kan ook inspraak beteken. Inspraak in die regering is die vermo om regeringsbesluite te kan benvloed. Dit is 'n begrip wat rekening daarmee wil hou dat nie almal altyd hul sin kan kry nie - dat volledige instemming deur almal 'n onbereikbare ideaal is - maar dat elkeen darem 'n mate van invloed op die regering kan h. As mense voel dat daar oor hulle heen regeer word - dat hulle niks kan doen om die gang van sake te benvloed nie - dan is daar nie sprake van demokrasie nie.

Die idee van demokrasie as deelname sluit hierby aan. Deelname is egter iets meer as inspraak. Waar inspraak 'n reg is waarvan jy jou kan bedien as jy wil, vereis deelname dat jy jou dan ook daadwerklik daarvan moet bedien. Dit is nie genoeg dat mense oor die vermo of geleentheid beskik om regeringsbesluite te benvloed nie, want solank hulle nie daardie kans aangryp nie, het demokrasie nog nie tot sy reg gekom nie. Demokrasie is 'n lewenswyse, 'n soort kultuur wat 'n samelewing kenmerk. In so 'n demokratiese bestel is almal bewustelik en aktief betrokke by sake wat die gemeenskap as geheel raak. Demokrasie het volgens di opvatting 'n intrinsieke waarde as 'n kollektiewe praktyk van samewerking en interaksie wat die hele gemeenskap betrek.

Van gemeenskap gepraat - daar is ook mense wat die ideaal van demokrasie veral in gemeenskapsverband verstaan. Op die makrovlak word die samelewing dan as 'n gemeenskap van gemeenskappe verstaan en binne die meer onmiddellike bereik van die individu word die plaaslike, kulturele, etniese of godsdienstige gemeenskap as die ruimte gesien waarin daadwerklike demokratiese deelname konkreet gestalte kan vind. Die lewenskragtigheid van gemeenskappe en die mate waartoe mense hulle in sulke gemeenskappe geborge voel, word dan die maatstaf vir demokrasie. Dit volg daaruit dat 'n demokratiese samelewing een is wat vir die verskillende gemeenskappe die vryheid gun - en hulle bemagtig - om as gemeenskappe voort te bestaan en te floreer.

Die Ghanese filosoof Kwasi Wiredu sien demokrasie as die soeke na konsensus. Ten minste, hy meen dat dit die soort demokratiese ideaal is wat reeds in die prekoloniale tydvak onder gemeenskappe in Afrika as norm gegeld het. 'Konsensuele demokrasie' staan vir hom teenoor die nogal kompetitiewe - en selfs vyandige - Westerse verstaan van demokrasie. Ware demokrasie, meen hy, is nie die spreekwoordelike oorlog van almal teen almal (met ander middele) nie, maar die uitpraat en deurpraat van onskynlik botsende belange in die hoop om te ontdek dat, in die laaste instansie, ons belange dieselfde is: 'The elders sit under the tree, and talk until they agree.' Konsensus is nie dieselfde as gedwonge konformisme en enersdenkendheid nie. Inteendeel, dwang is die teenoorgestelde van konsensus, die uitkoms van hulle wat nie meer tot 'n vergelyk wil kom nie.

Gelykheid is ook 'n woord wat dikwels met demokrasie verbind word. Immers, as sommige se instemming meer saak maak as ander s'n; as party mense beter verteenwoordig is of meer inspraak geniet as ander; as bepaalde individue of groepe meer aktief as ander aan die politieke spel deelneem; of as een gemeenskap bo 'n ander bevoordeel word; dan is daar van demokrasie geen sprake nie. Diskriminasie is dus die dood in die pot vir demokrasie.

Wat interessant is van al hierdie begrippe, is dat nie een van hulle - behalwe miskien die growwe meerderheidsmodel - 'n f-f kriterium vir demokrasie aanl nie. Demokrasie is 'n kwessie van meer of minder. Selfs 'n meerderheid kan groter of kleiner wees. Die mate waartoe 'n regering se bewind instemming by die bevolking vind, is 'n kwessie van grade; hoe sterk en hoe goed jy verteenwoordig word, insgelyks. 'n Mens kan meer of minder inspraak in 'n saak h - selfs 'n totalitre staat laat 'n mate daarvan toe en selfs in die mees demokratiese van alle samelewings is daar 'n perk aan hoe ver ek regeringsbesluite kan benvloed. Ook deelname kan wissel in grade van intensiteit en omvang van betrokkenheid. Gemeenskappe kan in vryheid en lewenskragtigheid toe- of afneem. Konsensus bly, selfs by Wiredu, 'n regulatiewe ideaal waarna ons bly streef - juis omdat dit nie afgedwing kan word nie. En sosiale gelykheid is nooit absoluut nie.

Ek wonder of dit toevallig is dat, soos 'demokrasie', ook 'veeltaligheid' 'n graduele term is. Veeltaligheid kan gedefinieer word as 'meer mense wat meer tale in meer domeine vir meer funksies gebruik'. Die 'meer' in hierdie definisie dui daarop dat veeltaligheid nooit vir eens en vir altyd gemplementeer of bereik kan word nie. Daar is altyd ruimte vir verbetering, vir nog-meer-taligheid. Dit is die antwoord op die absurde argument dat, omdat ons nie onmiddellik al elf tale vir alles kan gebruik nie, ons dan maar liewer net een moet gebruik. Vandaar dat die Grondwet die regering verplig om in 'ten minste twee tale' met die publiek te kommunikeer. En die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad se riglyne vir taalbeleid in openbare instellings stel voor dat vir elke funksie 'ten minste twee, maar verkieslik drie of meer tale' gebruik word. Die idee is dat soveel moontlik mense soveel moontlik tale op soveel moontlik plekke vir soveel moontlik dinge gebruik. Veeltaligheid is nie iets wat ingestel word nie, maar eerder iets wat uitgebou, vermeerder, ontwikkel of sterker gevestig word - net soos demokrasie.

Is dit waar die verband tussen veeltaligheid en demokrasie ophou - by die feit dat albei in hor of laer konsentrasies 'n samelewing kan deursuur? Ek dink nie so nie. Dit is my oortuiging dat politiek in die algemeen - en demokrasie in besonder - kommunikatief en daarom talig bemiddel word.

Hoe kan die meerderheid se wil geld as die meerderheid stemloos is en die tale van die meerderheid onsigbaar? Is dit nie 'n vorm van minderheidsoorheersing nie? In Suid-Afrika is elke minderheidstaal 'n deel van die meerderheid aangesien ons geen ware meerderheidstaal het nie - laasgenoemde is naamlik weer iets anders as 'n dominante taal. En dis juis waar die knoop l.

Kan ek my instemming tot iets verleen as ek nie verstaan waaroor dit gaan nie? In die mediese etiek geld die beginsel van ingeligte toestemming en in die reg word 'n kontrak ongeldig as bewys kan word dat een party met valse voorwendsels die ander tot ondertekening mislei het. As ek nie weet wat politici s of doen nie, hoe kan ek dan daarmee saamstem of verskil? Onkunde is geen verskoning nie, s hulle, maar wat as onkunde onvermydelik is?

Kan iemand my verteenwoordig - namens my praat - as hy of sy nie my taal praat nie? Hoe sal ek in elk geval weet as ek nie verstaan wat hy of sy s nie?

Kan ek sonder spraak inspraak geniet?

En wat van deelname? Hoe neem jy deel aan 'n gesprek in 'n vreemde taal? En hoe neem jy deel aan 'n aktiwiteit as jy dit moet doen in 'n taal wat jy nie praat nie? Hoe goed kan jy dit doen as jy die taal gebrekkig praat?

Wat gemeenskappe betref: Taal is nie sonder 'n gemeenskap denkbaar nie - is die omgekeerde dan wel? Kan ek deel van 'n gemeenskap voel as ek nie hulle taal beheers nie? En kan gemeenskappe hul grense verruim, hul horisonne verskuif - gemeenskaplikhede verken - as hulle nie mekaar se tale respekteer nie? Aan hoeveel gemeenskappe kan ek behoort as ek net een of twee tale praat? Is respek vir gemeenskappe wie se tale jy minag nie so iets soos 'n vierkantige sirkel nie?

Hoe sal mense konsensus vind as hulle nie kan saampraat nie? 'Samesprekings' is 'n mooi word, maar vir iemand wat nie Afrikaans verstaan nie beteken dit niks. As die oudstes onder die boom sit met 'n bek vol tande, sal hulle nie maar later na hul knopkieries moet gryp om die geskil te besleg nie?

En hoe gaan jy teen tale diskrimineer sonder om hul sprekers ook aan diskriminasie bloot te stel? Wat is die verskil tussen 'Slegs blankes', 'Europeans only' en 'English only'? Is sosiale gelykheid sonder taalgelykheid denkbaar? Is dit toevallig dat hulle wat in Engels kan regkom - soos die meeste van ons hier - oor die algemeen bleker en/of ryker is as die wat daarmee sukkel?

Waar sou Afrikaans na 10 jaar demokrasie moet staan?

In 'n demokratiese samelewing sal Afrikaans - nes elke ander taal met 'n noemenswaardige aantal sprekers - deur 'n groot verskeidenheid mense, swart en wit, eerste- en tweedetaalsprekers, op die meeste openbare lewensterreine in 'n swetterjoel registers vir allerlei belangrike funksies gebruik word. Dit sal Afrikaans doen sonder dat sy daarmee ander tale uit dieselfde domeine weghou of verdring. Afrikaanssprekendes sal die vrymoedigheid h om hul taal op enige tyd en plek teenoor enigiemand te gebruik in die wete dat die kans goed is dat daardie persoon ook Afrikaans verstaan, maar ook met die bereidheid om na 'n ander taal oor te slaan as dit blyk nie so te wees nie. Taalverwisseling sal boonop maklik wees omdat Afrikaanssprekendes almal twee of meer ander amptelike tale ook goed sal beheers. Afrikaans sal, soos ander tale, vir haar sprekers 'n aanwins wees deur vir hulle deure oop te maak na werkgeleenthede, kennis, erkenning en invloed. Afrikaans sal een van die standhoudende systrome wees wat invloei in die Groot Rivier, die nasionale kultuur wat my medespreker Neville Alexander, in sy boek An ordinary country, met die beeld van die 'Garieb-nasie' illustreer. En soos die ander systrome, sal Afrikaans nie net die Garieb voed nie, maar ook deur 'n terugspoel-effek vanuit die bruisende hoofstroom benvloeding ondergaan.

Taalkwessies, s Noam Chomsky, is magskwessies. Vandaar dat ons by die Meertaligheidsaksiegroep in 'n verklaring oor die taalbeleid in die parlement die stelling maak: ''n Veeltalige land met 'n eentalige regering kan nie 'n demokrasie genoem word nie.'

Die vraag was: 'Waar staan Afrikaans na 10 jaar demokrasie?' Ek stel voor dat ons die vraag eerder omdraai om te lui: 'Hoe staan dit, 10 jaar na apartheid, met ons demokrasie?'

Antwoorde in enige taal is welkom.



LitNet: 28 September 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.