Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Berig oor die eerste Algemene Jaarvergadering van die Meertaligheidsaksiegroep op 5 Junie 2003

Die Meertaligheidsaksiegroep (MAG) het op Donderdag 5 Junie sy eerste Algemene Jaarvergadering in die Senaatgebou van die Universiteit van Wes-Kaapland gehou. Voorsitter was prof Charlyn Dyers van die Iilwimi Sentrum wat die vergadering gereël en as gasheer opgetree het. Tolke het al die verrigtinge in Afrikaans, Engels, isiXhosa en Gebaretaal vertaal.

Die openingstoespraak is gelewer deur dr Neville Alexander van die Project for Alternative Education in Southern Africa (PRAESA). Hy het MAG as ’n “aktivistebeweging” getipeer. Onder die “dringende sake” waarmee die beweging gekonfronteer word, het hy beklemtoon dat taalbeleid ’n integrale deel moet wees van openbare beleid in die konteks van ’n oorgang van ’n “koloniale apartheidsamelewing” na ’n “nierassige, postkoloniale samelewing”. Hy het benadruk dat MAG “volledig binne die grondwet en die reg handel” en dat die organisasie, op so ’n stewige basis, nie moet huiwer “om op die offensief te gaan” as dit nodig mag blyk nie. Dit is juis diegene wat veeltaligheid teenstaan of probeer vertraag wat die Grondwet ondermyn.

Enkele ander hoofpunte wat hy belig het, was:

  • MAG wil “die status en sigbaarheid van gemarginaliseerde tale verhef” en “moedig mense aan om mekaar se tale te leer”. Elke Suid-Afrikaner moet daarna streef om “ten minste drie amptelike tale” te leer.

  • Die privaatsektor moet betrek word om die burgerlike samelewing in staat te stel om druk op die regering uit te oefen in verband met taalbeleid.

  • Moedertaalonderrig moet ’n prioriteitsfokusarea wees en MAG moet die boodskap uitdra dat “moedertaalonderrig niks met Bantoe-onderwys te doen het nie, maar ’n algemeen aanvaarde opvoedkundige beginsel węreldwyd is”.

  • Een van MAG se hoofdoelwitte is “skakeling” met die oog daarop om ’n “taalbeweging” op gang te bring wat “nie ’n etniese beweging is nie”, maar ’n “beweging vir veeltaligheid”.

    Dr Alexander het afgesluit deur te sę dat “die taak moeilik dog haalbaar is”, solank daar duidelikheid is oor “strategie, fokus, implementeringsplanne, tydrame en die bronne wat benodig word”. “Saam, nie apart nie” is die etos wat MAG dryf en wat mense van ’n wye verskeidenheid agtergronde en oortuigings in staat stel om “vir ’n gemeenskaplike doel te werk” rondom die saak van veeltaligheid.

    Dertig nuwe lidmaatskapsaansoeke is goedgekeur deur die kerngroep wat die stigtingsvergadering op 2 Desember 2002 bygewoon het.

    Die vergadering het verneem dat oudpresident Nelson Mandela, die skrywer en joernalis me Elinor Sisulu, en die hoof uitvoerende beampte van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad, prof Cynthia Marivate, ingestem het om as beskermers vir MAG op te tree. Die vergadering het hul beskermerskap met dank aanvaar.

    Die eerste bestuurskomitee is voorts verkies. Mnr Mhlobo Jadezweni van Isiqhamo sikaPhalo en die Departement Afrikatale aan die Universiteit Stellenbosch is as voorsitter verkies. Die ondervoorsitter is me Alet van Huyssteen van die Iilwimi Sentrum en die Wes-Kaapse Taalkomitee. Dr Gerrit Brand van die Taalsekretariaat en die Departement Filosofie aan die Universiteit Stellenbosch is as sekretaris verkies en me Annette Humphries Heyns van die Gebaretaal Projek as tesourier. Twee addisionele lede, me Zanele Mbude van PRAESA en Isiqhamo sikaPhalo, en mnr Pedro Dausab van die Nasionale Koisan Raad is ook verkies.

    Planne vir die publieke loodsing van MAG in Augustus is ook bespreek. Die nuwe Bestuurskomitee sal hierdie planne verder neem.

    Kontakinligting: Dr. Gerrit Brand, e-pos: taal@linguasek.co.za, tel 021-8872713.


    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.