Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Afrikaans: 'n tuiste vir almal?

Dr Christa van Louw

Voorsitter: Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans

Baie hartlik dankie vir die uitnodiging om 'n bydrae te lewer by die Derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium.

Die onderwerp, spesifiek die vraagvorm: "Afrikaans: 'n tuiste vir almal?" sou my onmiddellik opval. Want 'n vraag impliseer 'n soeke na 'n antwoord of antwoorde; dit impliseer onsekerheid.

Wie vra die vraag en waarom word die vraag gevra?

Binne die konteks van die simposium: Swart Afrikaanse Skrywers, is dit na my mening die swart komponent van die Afrikaanssprekende gemeenskap wat die vraag vir mekŠŠr vra.

En toe is ek natuurlik onmiddellik op my agterpote: Is dit die diskoers van onsekerheid wat ek hoor, of is dit die tipiese UWK-styl: 'n kritiese besinning? - diskoers van sekerheid, met 'n kritiese inslag?

Wat my verder opgeval het van die onderwerp, is die sinspeling op ons premier, mnr Ebrahim Rasool, se visie vir die Wes-Kaap, naamlik die "tuiste-vir-almal"-konsep.

Die "tuiste-vir-almal"-konsep gaan in wese daarom om die Wes-Kaap in 'n ruimte te omskep waarbinne elkeen van ons, met ons andersheid, welkom is, waarbinne ons besondere waarde erken en benut sal word. 'n Ruimte waarbinne elkeen van ons veilig kan wees, beskerm kan wees, en tot ons volle potensiaal kan gedy. Met ander woorde: 'n nastreef van die gelykheidsdoelwit en daarom die regstel van sosiaal-ekonomiese wanpraktyke.

Die verwesenliking van die tuiste-vir-almal-ideaal stel egter groot uitdagings, want ons weet dat die vestiging, die staanmaak van die tuiste, 'n proses op sy eie is. Voordat dat daar byvoorbeeld sprake van 'n tuiste kan wees, moet daar eers 'n huis gebou word. En dan die kernvrae: Wie is die argitek van die woning? Wie kry die boukontrak? Wie verskaf die boumateriaal? Wie bepaal die plek? Wie dra die koste? En wie aanvaar die risiko?

Die antwoorde op diť vrae is bepalend in die seker maak dat die nuutgeboude huis omskep kan word in 'n tuiste. Kan die potensiŽle bewoners vreesloos tuiskom? Vind die boustyl, die argitektuur, by almal byval? Of is dit 'n onherkenbare, vreemde ruimte wat sommige onseker en bang laat om in te gaan?

Word daar rekening gehou met die toeganklikheidsfaktor? Staan dit dalk op 'n bult wat slegs deur 'n 4x4 bereik kan word? Is daar dalk twee stelle sleutels - een vir die voordeur en een vir die agterdeur?

As ons dan vanoggend probeer om die vraag te beantwoord of Afrikaans 'n tuiste vir almal is, dan wil ons eintlik bepaal in hoeverre Afrikaans die veilige hawe is waarvandaan almal kan floreer. Met ander woorde, is Afrikaans vir almal 'n instrument van bemagtiging?

Om terug te keer na die tuiste-metafoor. Dit is so dat Afrikaans verskillende argitekte gehad het, maar daar was diť een wat in staat was om die mark te kon oorheers, diť een wat kon bepaal wat aanneemlik sou wees, diť een wat die koste kon dra, diť een wat vir die boukontrak kon beding. Die uiteinde was dat Afrikaans wel twee stelle sleutels gehad het, dat die sonkamers met die uitsig vir sekeres gereserveer is, dat sommige van haar inwoners soos huurders hanteer was.

Die klimaatsveranderinge en die veranderende weersomstandighede van die vroeŽ negentigs sou almal dwing om seker te maak of die mure nog sterk staan. Die besef was tweeledig: die grondverskuiwings sou nie die fondasie, die mure van Afrikaans onaangeraak laat nie. Die krake was duidelik. Die verdere ontdekking was: in stede van 'n gelukkige samesyn het die vuil wasgoed van die familie binne die tuiste al meer en meer gedui op huismoleste. Diť situasie het diť tuiste allermins 'n gewilde kuierplek vir gaste van buite gemaak - ons is tog immers grootgemaak om nie in te meng in familie- of gesinstwiste nie.

Die vraag wat ons dus krities mee moet omgaan, hou verband met die aanspreek van die oorgeŽrfde interne probleme wat die familietwiste tot gevolg gehad het. Ons moet dit so hanteer dat ons verhoed dat ons kinders met die familie wil breek. Ons sal moet werk aan die beeld wat ons na buite straal. Ons sal moet sorg dra dat die beeld na buite aannneemlik en aanloklik is vir potensiŽle gaste, sodat diť tuiste as 'n aangename aandoenplek ervaar sal word.

Slegs dan sal familielede diť tuiste onbevange kan verlaat en ook tussen andere vreesloos en ongeÔnhibeerd tuis kan voel. 'n Mens kan maar net dink hoe wonderlik dit sou wees om vanuit die groter wÍreld gaste onbeskaamd huis toe te neem sonder die vrees dat huismoleste hul onwelkom sal laat.

As ons dan in die lig hiervan eerlik en opreg met die vraag moet omgaan, dan wil ek my verstout om te sÍ dat almal van ons terdeŽ bewus is van die situasie wat ek hier bo probeer skets het. Ons het daarom eintlik nie 'n keuse nie. Ons sal die grawe moet opneem en die huis gaan versterk, herrangskik, herorden. Ons sal ons huis in orde moet kry sodat ander graag daar wil aandoen, maar dit ook kan evalueer as 'n modeltuiste waarop voortgebou kan word.

Want die alternatief? Dit is amper te vreeslik om te artikuleer; dit is: gesinsmoord!

Ek dank u.


LitNet: 28 Oktober 2005

Wil jy reageer op hierdie bydrae? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.