Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Afrikaans in die Tsjeggiese Republiek en Oostenryk?

    Naomi Maartens

    Binne die grense van Suid-Afrika is daar heelwat Afrikaanssprekendes, maar proporsioneel tot die sprekers, drasties minder studente wat hul in die vak Afrikaans bekwaam. Werksmoontlikhede — plaaslik en internasionaal — vergroot nie meer logieserwys as ’n mens oor akademiese kennis van die taal beskik nie. Die huidige politieke klimaat bevorder ook nie ’n kultuur van eerstetaal-sensitiwiteit op alle vlakke van die Suid-Afrikaanse samelewing nie.

    Tog staan dr Abraham H de Vries een middag by sy huis in Kaapstad gereed met bladsye vol kontakpersone wat met Afrikaans in die buiteland gemoeid is, toe ek hom daarna vra.
    En prof Wium van Zyl vertrek in hierdie maand na die Universiteit van Warschau om by die Afrikaans Departement dŠŠr besoek af te lÍ.
    Ek verwag dalk ’n effense opflikkering van belangstelling in Afrikaans in lande soos Nederland en BelgiŽ, maar die landstreke op sy adreslys trek my aandag: Pole, TsjeggiŽ, Oostenryk, Duitsland — onder andere.
    “Lande van tradisionele Oos-Europa?” wonder ek hardop.
    “Die mense daar dink dalk anders,” antwoord Braam de Vries. “Sommige van hulle leer ’n taal suiwer uit belangstelling aan.”

    Groeiende buitelandse belangstelling

    Rina Loader, Afrikaans dosent in Wenen, wonder ook oor die redes vir die groeiende belangstelling in Afrikaans buite Suid-Afrika.

    “Die belangstelling in Europa rondom Afrikaans verstom my nog steeds,” skryf sy per e-pos. “In Engeland, Nederland, BelgiŽ, Duitsland, Oostenryk, Pole, die Tjeggiese Republiek en in Rusland word reeds ernstige aandag aan Afrikaans gegee. Die meeste kursusse gee ’n inleiding in die Afrikaanse taal en letterkunde en ’n oorsig ten opsigte van land en volkere. Ek weet dat daar binnekort ook in Denemarke met Afrikaans ’n aanvang geneem gaan word. Ek is verder uitgenooi om ’n kursus in Afrikaans in Budapest (Hongarye) te gaan aanbied.

    Verder trek adademici en belangstellendes in Afrikaans van dwarsoor die wÍreld elke tweede jaar saam by die EWAfrEM (sien Euro-Afrikaanse webblad — www.ned.univie.ac.at/Afrikaans/) en daar was ook in April die Afrikaanse Seminaar oor Afrikaanse Grammatika in Diepenbeek, BelgiŽ, wat deur lektore en studente van dwarsoor Europa bygewoon is. Vir volgende jaar word ’n seminaar in Afrikaanse letterkunde beplan en die EWAfrEM sal na verwagting in Amsterdam plaasvind.

    Die Afrikaanse gemeente in London is baie aktief. Vir meer inligting oor die stand van Afrikaans in Engeland, BelgiŽ en Nederland kan u met die tweede verteenwoordiger van die SBA in Leuven skakel. Sy is Ilze Bezuidenhout en sal u op hoogte kan bring van hoe dit met Afrikaans gesteld is (e-pos: ilze@org.be).

    In Parys floreer die Afrikaanse letterkunde — sien artikel op Euro-Afrikaans (EuroEuroforum). Daar is ook aktiewe Suid-Afrikaanse groepe in Switserland en Duitsland en ’n groeiende belangstelling in ItaliŽ.”


    Lianne Barnard, weer, is ’n Suid-Afrikaner wat Nederlandse letterkunde, literatuurwetenskap en Afrikaans in Olomouc, in die Tsjeggiese Republiek, doseer. Sy skryf oor Afrikaans in Europa:

    “As ek dink aan Afrikaans in Europa, kom die laaste versreŽls van Ingrid Jonker se gedig, Die kind, outomaties op my tong:

    die kind wat ’n man geword het trek deur die ganse Afrika
    die kind wat ’n reus geword het reis deur die hele wÍreld

    Ons reis nou die hele wÍreld deur met Afrikaans as ons paspoort. Afrikaans is reeds vyf jaar lank gevestig in Palacky Universiteit in Olomouc in die Tsjeggiese Republiek. Olomouc is in Sentraal-MorawiŽ, so drie uur se reis van Praag, geleŽ. Dit is na Praag die stad met die meeste gedenkwaardighede in die Tsjeggiese Republiek. Die universiteit is in die ou sentrale kern geleŽ en elke dag is ek bevoorreg om deur geskiedenis te stap, verby die gebou waar De la Fayette oorgegee het, verby die gebou waar Keiser Frans-Josef I gekroon is, en dan te werk in ’n universiteit wat 529 jaar oud is.

    Toe ek in Februarie 1998 in Olomouc aangekom het, was Afrikaans reeds twee jaar aan die gang by Palacky Universiteit onder die bekwame leiding van Dr Edna Deudney. Dr Deudney het ’n pragtige, kunstige verslag hieroor geskryf vir Karring, Herfs 1996.”

    Die beginjare

    Dit was nie alles maanskyn en rose nie. Die totstandkoming van ’n Afrikaans Departement is ’n groot werk, met ’n nederige begin: “My begin — ’n Zulu, ’n Pool en ’n Tsjeg,” beskryf Lianne Barnard die eerste jaar by Olomouc.

    “Dr Deudney moes in Januarie 1999 onverwags in Suid-Afrika bly en ek moes behalwe Nederlandse Letterkunde ook Afrikaanse doseer,” vertel sy verder. “Dit was vir my ’n vreemde begin, want in die klas vir Afrikaans vir Beginners was daar ’n Pool en ’n Zulu! Die Zulu was Thabani Mzolo wat vir ’n semester by Palacky Universiteit Engels kom studeer het. Die Pool was ’n uitruilstudent van Wroclav. Ek het ook ’n briljante Tsjeggiese musiekstudent gehad wat uiters geheimsinnig was oor die rede waarom sy Afrikaans wil leer. Sy het my baie gevra oor die uitspraak van woorde en ek dink ek het baie by haar geleer oor die onderrig van Afrikaans as ’n vreemde taal. Ondertussen het ook Dr Deudney se studente vir Afrikaanse Prosa oorgeneem. Ons het Fiela se Kind gelees.

    Aan die begin van die akademiese jaar van 1999/2000 het Dr Wilken Engelbrecht Afrikaans sterk aanbeveel by ons groot Nederlandse groep wat begin het met ’n Magister-kursus. Ek het toe 22 studente vir Afrikaans vir Beginners gehad. Natuurlik was daar allerlei botsings op die rooster en uiteindelik het ek dieselfde vak drie maal op verskillende tye aangebied. Ek het ook drie knap tweedejaarstudente gehad wat Afrikaanse Letterkunde en Taalkunde studeer het.

    April 2000 was ’n baie besige maand vir Afrikaans in Olomouc. Ek en twee studente, Eva Burdychova en Lucie Fryhiwirtova, het Dr Luc Renders se seminaar oor Afrikaanse Letterkunde in Hasselt bygewoon. Ons het baie geleer en ook die sosiale verkeer met ander liefhebbers van Afrikaans terdeŽ geniet. Dr Rasher van die Suid-Afrikaanse Ambassade in Praag het ook van my studente gevra om op te tree as vertalers en werkers by die Suid-Afrikaanse blomme-uitstalling by die jaarlikse Flora-uitstalling in Olomouc. Ek het ’n mini-kongres gereel oor akademiese samewerking rondom Suider-Afrika in die Tsjeggiese Republiek en my studente het ook daar gehelp.”

    En tog, met dieselfde verwondering waarmee ’n Suid-Afrikaner na ’n stad met die vreemdklinkende naam “Olomouc” kan kyk, wakker Afrikaans ’n tipe belangstelling in die student daar oor die land Suid-Afrika aan.”

    Volgens Lianne Barnard:
    “Die Suid-Afrikaanse ambassade in Praag het ook ’n essay-wedstryd geborg. Jana RezkovŠ, die wenner en een van my studente, het ’n paar sinne Afrikaans in haar essay ingewerk. Hier is haar essay:

    South Africa - A country of contrasts

    There were two friends - a white one living in a center of modern hectic life, Johannesburg and a non-white one who was born in one of those peaceful and tranquil villages in the middle of incredibly beautiful countryside. They both wanted to see their homeplace from the highest peak possible.

    The white one, therefore, took a lift to get on the roof of one of the tallest skyscrapers in the center of the city. He could see people moving like ants, hurrying, running, bumping in each other. They were mostly people in suits with suitcases and most probably mobile phones - all those busy and successful bank managers and manageresses, financial workers, lawyers, businessmen and women and so on. The cars were squeezing in the traffic jam. The afternoon sunshine reflected from the shining labels and billboards and emphasized their colourfulness. The noise was incredible, he could even catch some fractions of English words and shouts.

    While he absorbed the vivacity of the modern life, his friend rested on the peak of the highest mountain in the park near his village. He could feel the close connection with nature. It was so calm, as if time had stopped. The only sound came from the waterfall in the mountains. The rich colour range fulfilled his eyes. The untouched scenery full of exotic flowers, trees and wild animals were dominant for this part of the south country of the sun. There was a bright sunflower field, and over there an ostrich farm. Not far away he could see old boabab trees. Herds of antelopes and elephants were resting in the sun. Just on the opposite side the snow still covered one mountain peak. Somewhere down at the estuary of the river his family with the rest of the villagers were preparing lunch without any rush just like any other day. He could imagine his mother saying: “ Waar is ons seun? Hy weet dat ek hom hier wil hÍ. Hy moet my help Ö. .” But the son just went to sleep like the elephants there in the bush.”


    Die aard van die kursus

    En Rina Loader in Wenen vertel oor die Afrikaans wat in Oostenryk aangebied word:

    “My kursus bied ’n inleiding tot die Afrikaanse grammatika (lees, skryf en praat) sowel as ’n oorsig oor die ontwikkelingsgeskiedenis en toekoms van Afrikaans. Dit word aangevul deur ’n inleiding in die Afrikaanse letterkunde. Ek gee ook ’n oorsig van die geskiedenis van Suid-Afrika asook ’n inleiding tot die kultuurgeskiedenis van die land. Die onderrigtaal is Afrikaans — in die begin gee ek kort opsommings in Duits om die studente wat geen kennis van Nederlands het, op te vang. Daar word dan ’n skriftelike sowel as ’n mondelinge eksamen afgeneem aan die einde van die semester.

    Van een semester per jaar het dit nou uitgebrei tot beide semesters en indien meer fondse daarvoor gevind kan word, kan dit uitgebou word tot ’n meervlakkige kursus.”

    Ek beplan ’n Afrikaans-Nederlandse kultuuraand vir 2002 in samewerking met die Nederlandiste van die Weense Universiteit.

    Interessant is ook die student wat ek begelei met haar IB (International Baccelaureate). Sy studeer aan die American International School of Vienna en doen haar matriek in Afrikaans. Dit sluit ’n uitgebreide letterkundige leerplan in.

    Hoe vergelyk die kursus met diť in die Tsjeggiese Republiek?
    “My tweedejaar-studente het verkies om Afrikaanse Taalkunde hierdie jaar te bestudeer en ek het vir my eie plesier Afrikaanse Letterkunde aan ’n Hongaarse uitruilstudent, Lazlo Papp aangebied. My studente, Jana RezkovŠ en Lenka HraěkovŠ, het weereens die seminaar in Hasselt bygewoon, die keer oor Afrikaanse Taalkunde.

    Eva Burduchova, wat reeds met Afrikaans by Dr Deudney begin het, het besluit om Afrikaans in haar Magisterskripsie in te werk. Haar tema is die vergelyking van Tsjeggiese, Nederlandse en Afrikaanse vaste frases en idiome oor diere. Ons is baie bly oor die hulp wat Dr Roodt en Dr Jac Conradie aan haar kon gee. Albei het boeke uit Suid-Afrika vir haar gebring.” Aldus Lianne Barnard.

    En waar is die bereidheid om betrokke te raak — en die liefde vir Afrikaans — gebore? Ek vra Rina Loader hieroor uit:

    “My liefde vir die Afrikaanse taal en letterkunde het ek eintlik saam met moedersmelk ingekry en verder is dit deur veral prof Elize Botha en prof Rena Pretorius aangevuur. My liefde vir die drama is gepoets deur Leonie Pienaar. Vir jare het ek my verdiep in die bevordering van kommunikasie deur middel van Afrikaans (en Engels) met behulp van kinderdrama in die Ateljee dellīArte in Pretoria. Dit was natuurlik die uitvloeisel van my eie optredes as kind — ’n liefde wat ek voortgesit het deur die organisasie rondom die Drama Afdeling van die Pretoriase Eisteddfod en die opleiding van onderwyseresse in Drama- en Spraakopleiding vir die Suid-Afrikanse Gilde vir Spraak- en Drama-onderwysers.

    Aan die begin van 1998 het ons gesin in Wenen aangeland. Groot was my eie verbasing toe ek, nŠ ’n onverwagte onderhoud met prof Herbert van Uffelen, hoof van die Nederlandiste verbonde aan die Germanistiese Instituut, moes begin met die beplanning van ’n nuwe Afrikaanse leerplan as deel van ’n leeropdrag vir studente in Nederlands.”

    Studentegetalle

    Studentegetalle, wil ek (tipies Suid-Afrikaner?) weet:
    Byna twintig in Olomouc; vyftien in Wenen — net in hierdie jaar.

    “Ek het hierdie jaar, 2001, 17 studente vir Afrikaans vir Beginners,” vertel Barnard uit TsjeggiŽ. “Die studente is in twee klasse verdeel. My derdejaar-student doen Afrikaanse Letterkunde en my vyfdejaar-student konsentreer op vertaling en taalgebruik. Ek reis ook twee keer ’n maand na Praag (op eie koste) waar ek Afrikaanse klasse gee aan Dr Skalnik se vyf studente. Dr Skalnik is ’n antropoloog wat Afrikaans geleer het terwyl hy by die Universiteit van Kaapstad gewerk het.

    Ons ontvang al hoe meer besoeke van Suid-Afrikaners aan Olomouc. Dr PH Roodt van die Universiteit van Pretoria was in November 2000 hier en het ’n uitstekende lesing oor ’n kortverhaal van PG du Plessis gehou. Dr Jac Conradie kon ongelukkig net een dag in Olomouc wees, maar sy lesing oor die ontwikkeling van Afrikaans en sy boek-geskenke word hoog waardeer. Daarby het die Burgemeester van Pretoria en ’n aantal raadslede ons studente as deel van hulle besoek aan TsjeggiŽ toegespreek in Oktober 1999. Liz Thompson van die Universiteit van Zululand het saam met Paul Whittaker van die Sentrum vir Vergelykende Kultuurwetenskap het ’n kongres met die tema Africa speaks to Europe in Mei 1999 gereŽl. Veskeie voordragte het ook ’n Afrikaanse tema gehad, soos Dr Marilet Sienaert se ‘Africa an identity in the Art and Poetry of Breyten Breytenbach’ en Dr Elsa Klopper se ‘Peter Blum bridging Africa and Europe’. Ook Jerzy Koch, onse Afrikaanse kenner in Pole, besoek ons gereeld. Ek onthou nog sy insiggewende lesing oor verskillende teoriee oor die ontstaan van Afrikaans in 1998 baie goed.”

    En:

    “Sedert 1999 is 32 studente aan Afrikaans en letterkunde asook die Suid-Afrikaanse kultuur, geskiedenis en wetenswaardighede in die land bekendgestel. Hierdie semester sit daar 11 studente in die klas waarvan 1 ’n Usbekistan is en reeds ’n wonderlike Afrikaans kan praat,” skryf Rina Loader.

    Afrikaans buite die klaskamer

    Op voetsoolvlak is die belangstelling in Afrikaans en Suid-Afrikaanse tale in albei hierdie lande voelbaar. Lianne Barnard het bewus geword van belangstelling in ’n taal soos Zulu in TsjeggiŽ.

    “Deur die bemiddeling van Liz Thompson het mnr Themba Langa ’n kort kursus van Zulu in November 2001 by ons universiteit aangebied. Ten spyte van baie kort kennisgewing en die feit dat die kursus geen punte getel het nie, was daar gemiddeld 15 studente wat Zulu wou leer. Ek onderhandel nou met die Suid-Afrikaanse Ambassade in Praag om finansiŽle ondersteuning te verleen aan ’n semesterkursus van Zulu. Ek beskou my rol by Palacky Universiteit in Olomouc nie net om Afrikaanse te bevorder nie, maar ook om kennis oor Suid-Afrikaanse kultuur en tale te versprei.”

    En Rina Loader ervaar ook hoedat die taal ’n middel word tot ’n groter doel van skakeling met Suid-Afrika in die buiteland:

    “Hier in Wenen word elke tweede Sondag van die maand ’n ekumeniese kerkdiens in Afrikaans gehou waar prof Jimmie Loader en dr Jan van Arkel al om die beurt preek. Op 11 November sal die universiteitstudente in Afrikaans die nagmaaldiens bywoon en daarna word hulle getrakteer op bobotie, geelrys, sagopoeding en baie Afrikaanse praatjies oor koeitjies en kalfies en dies meer. Sů word die studente dan hopelik eerstehands ingelei in die Suid-Afrikaanse kultuur. Twee keer per week word ook Bybelstudie gehou. Ook ondersteun die Afrikaanssprekende gemeente ’n voedingsprogram vir weeskinders in RoemeniŽ.

    In my vrye tyd verteenwoordig ek die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) in Sentraal en Oos-Europa. Een van my baie take in diť opsig is om kontakte uit te bou met mede-Suid-Afrikaners. Ek het dus intussen ’n skakelkomitee op die been gebring om nuwe aankomelinge in Wenen op te vang en te laat tuis voel. Ontdekkingsreise na naburige stede help om aanpassingsprobleme te minimaliseer.

    Op liefdadigheidsvlak doen Suid-Afrikaners ook hulle ding en probeer hullle fondse genereer vir Aidsslagoffers in Suid-Afrika.”

    Maar natuurlik is fondse en materiaal dikwels ’n kopseer.

    “Ons grootste probleem in Olomouc was die gebrek aan Afrikaanse boeke,” sÍ Lianne Barnard. “Die probleem is voorlopig opgelos deur die harde werk van Dr Deudney en die ruimhartige skenkings van die Stigting vir Afrikaans, Naspers en radio-luisteraars wat reageer het op Dr Deudney se oproep vir boeke vir Olomouc. Dr Deudney het al die boeke in reuse trommels vergader, op die skip gesit en dit na Olomouc versend. Ongelukkig was daar probleme by die doeane en moes die boeke by Theo Puttemans (nog ’n vriend van Afrikaans) se ouerhuis in BelgiŽ gestoor word. Uiteindelik is die boeke na Hasselt geneem deur Dr Wilmots, waar Luc Renders dit opgepas het. Dr Jerzy Koch het vriendelik gesÍ dat hy die drie tasse boeke in Olomouc sou besorg, maar toe hy sien dat dit Afrikaanse “tasse” (’n tas in Nederlands is ’n sak in Afrikaans) het hy gesug, maar tog uit sy liefde vir Afrikaans plek gemaak vir die boeke in sy motor. Die boeke is toe Pole toe. Dr Kiedron het die boeke toe in Olomouc besorg. Ek sÍ baie dankie aan almal. Ek het die boeke uitgesorteer en kopieŽ aan die Universiteit van Wroclav, ’n dosent in Krakov en ’n dosent in NoorweŽ besorg.”

    Maar ten spyte van administratiewe kwessies en groeipyne, meen sy:

    “As ek terugkyk op die ontwikkeling van Afrikaans in Europa, dan is dit met dankbare verbasing oor verstommende groei wat in vyf jaar plaasgevind het. ’n Groot deel daarvan is te danke aan die visie van Drs Wilken Engelbrecht wat besef het dat Afrikaans ’n belangrike lid van die Germaanse tale is en vir Afrikaans ’n kamer gegee het in die ruimhartige huis van Nederlands in Olomouc.”

    En sy sluit ’n brief in wat sy van een van die studente in Praag gekry het. “Sulke entoesiasme is wonderlik,” voeg sy by:

    Dear Ms Barnard,

    We are all very thankfull and glad that you will teach us Afrikaans. In the Czech Republic there are not many possibilities to study this language, especially not with a native speaker. Thank you very much that you are willing to teach us, even though the distance and probably other troubles. Our school is situated in Celetna St (I am not sure about the number, but I will send you the exact address on Monday).

    It is very close to the underground station Mustek or Staromistske namisti. If you come by train to the main railway station the best is to take the underground from there to stop Muzeum (it is just 1stop, red line) and there change for the yellow line to get to Mustek. It is again just one stop. But if you do not mind, I think the best would be if I come to meet you to the station.

    Just let me know the exact time your train or bus is coming. We can set some sign to recognize each other and I can show you the easiest way to school and maybe a bit of Prague. Then we would have enough time to come to the school and start the lesson possibly at 10; 00. The length of the lesson depends on you. The classroom (No 238) is free all day and we are keen on studying Afrikaans. Last school year, when Mr Skalnik thought us, the lesson last from 1,5 hour to 2 hours. It depended on how busy or how tired he was.

    I might also tell you something about us. We would be about 4 students next week. The following weeks it might be a bit more people. All of us have studied Afrikaans at least a bit before, but our problem is that we have not had the lessons for a very long time, so we did not practise. At our lessons with Mr Skalnik we also did not speak a lot. We were reading articles and doing some excercises from the book “Teach yourself Afrikaans” (we finished at lesson 9 and most of us have copies of the book).

    We were learning vocabulary but we have difficulties with using the words in speaking or dialogues. So now we are at a state when we know the basic grammer and the basic vocabulary, but it is still not enough for a good conversation.

    However, all of us want to speak Afrikaans well so we promise to be very hard-working students. So again thank you for beeing our Afrikaans teacher and I hope to hear from you soon.

    Izakova Sylvia


    Sy heg ook ’n bekendstelling van die webtuiste Euro-Afrikaans aan:
    www.ned.univie.ac.at/Afrikaans/

    Besoek gerus diť nuwe webblad vir bedrywighede rondom Afrikaans in Europa

    In die blad kan u lees van:

  • Afrikaans in Suid-Afrika en NamibiŽ en hoe Afrikaans in ander dele van die wÍreld geglobaliseerd geraak het.
  • Europese universiteite en akademiese geleenthede waar Afrikaans ’n rol speel.
  • Buitelandse inisiatiewe van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.
  • Studiehulp, stories en ’n foto-album met foto’s uit die Afrikaanse argiewe.
  • Euroforum met ’n kaleidoskoop van akademiese en algemene inligting.
  • Die dagboek vol interessante gebeure rondom Suid-Afrika, Suid-Afrkaners en Afrikaans.

    U kan saam praat en u voorstelle en bydraes aan Rina Loader stuur.

    catharina.e.loader@univie.ac.at.

    Afrikaans skiet saad wÍreld-oor. Ons hoop om u mettertyd verder in te lig aangaande die bedrywighede elders in Europa.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.