Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Xhosa-taalverwerwing

    Naomi Maartens

    Basiese kursus vir die IntermediÍre Fase van die Helderbergkom-projek, Iilwimi Sentrum, Universiteit van Wes-Kaapland
    Aanbieder van Xhosa-komponent: Alet van Huyssteen

    “Kapstokke vir die geheue,” noem Alet van Huyssteen van Departement Xhosa by die Universiteit Wes-Kaapland (UWK) dit: die taalstrukture wat uitgelig word wanneer volwassenes wat onbekend is daarmee, ’n nuwe taal aanleer. In diť geval onderskeidelik isiXhosa en Afrikaans. “Hang elke dag net sewe nuwe woorde in jou kop op ...”

    Dit is ’n volgende fase in die Iilwimi Sentrum vir Veeltaligheid by die UWK se Helderbergkom-projek. Die onderwysers van die skole ACJ Packade, Umnqophiso, Danie Ackerman, Sir Lowry’s Pass en Somerset West Methodist, leer die tale praat wat hulle nie kan nie: die eerste twee skole ontvang onderrig in Afrikaans, die laaste drie genoem, in Xhosa.

    Die lokaal van onderriggewing wissel telkens; die projek word op rotasiebasis by die verskillende skole aangebied.

    Die Xhosa verwerwing bestaan uit tien onderafdelings in die uitdeelstukke wat die onderwysers ontvang:

    ’n inleiding,
    begroetings,
    klanke van Xhosa,
    woordeskat met betrekking op mense en dinge by die skool
    en by die huis,
    kennismaking,
    welstand en die weer,
    plek,
    opdragte
    en tyd.

    Saam met elke gedeelte ontvang die klas ook interessante inligting oor die kultuur van die Xhosa. Alet word bygestaan deur die assistente, Siyanda en Nkosana, wat help om te reageer op vrae wat die klas het.

    Die kursus is prakties van aard. Alet is duidelik vertroud met die klaskamersituasie en die tipe woordeskat in die uitdeelstukke is daar om die onderwysers in alledaagse situasies van nut te wees; daar is woordeskat en later dialoŽ, wat begin by elementÍre “goeiedag, leerling ... hoe gaan dit?”, en strek tot by vrae rondom praktiese afsprake in byvoorbeeld die personeelkamer: “Het julle vir die vergadering gekom?”

    Daar word telkens aan die onderwysers in die taalverwerwingskursus verduidelik waarom ’n sin op ’n sekere manier daar uitsien. In die Xhosa-kultuur, byvoorbeeld, sou ’n mens eerder beleefd versoek: “Kan dit wees (ingaba) dat julle vir ’n vergadering gekom het?” as wat ’n mens direk afskop met: “Het julle ... gekom?” Die vraag ontstaan hoe Xhosa vervoeg: is daar naamvalle; hoe steek die struktuur van die taal inmekaar?

    Die aanleerders van die nuwe taal gee ’n gesamentlike droŽ sluk as hulle verneem dat daar in die Xhosa-taal 15 naamwoordklasse voorkom. [Ter illustrasie: “Ngubani igama lakho?” (Wat is jou naam?) teenoor “Ngubani ifani yakho?” (Wat is jou van?).] Die verskil in naamwoordklasse blyk duidelik, omdat ’n mens in analogie tot Afrikaans sou verwag dat die woorde “naam” en “van” op dieselfde manier vervoeg. Wanneer die woorde nie met soveel gemak in die mond van die spreker kom lÍ as die taal waarmee hy grootgeword het nie, is die maklikste uitweg om te weier om die nuwe taal aan te leer.

    Tog is die doel van hierdie stuk of ses klasse nie om die taal Xhosa omvangryk onder die knie te kry nie. Hierdie lesings kan slegs ’n hulpmiddel wees. Die grootste leerskole vind plaas in die toepassing van die nuwe woorde en sinne in die klas of op straat.

    Alet se fokus val op dŪt wat ’n mens weer moed gee: die praktiese manier van dink van die Xhosa — heelwat woorde in die klaskamersituasie onleen hul ontstaan aan die Engels (papier = iphepha, kryt = itshokwe, uitveer = irabha, potlood = ipensile) as gevolg van die eerste kontak van mense soos sendelinge met die Xhosa-sprekers. En heelwat huishoudelike begrippe kom weer van die Afrikaans (tafel = itafile, stoel = isitulo), as gevolg van die Xhosa in sy hoedanigheid as werker — dikwels — in en om die huis van die Afrikaanssprekende. Die geskiedenis en die ontstaan van woorde is nie altyd romanties nie.

    ’n Plekkie soos Llwandle — die township net buite Somerset-Wes, waar die skole ACJ Packade en Umnqophiso geleŽ is — beteken letterlik “by die see” Dit sou kon dui op die praktiese manier van dink van die Xhosa-spreker. (Op die vraag waar die werkers gaan bly, was die antwoord sekerlik: “By die see.” En so is hul tuiste dan genoem.)

    Ons leer om te interpreteer en te vertaal volgens die konteks van die sin: die voorsetsel “e” word normaalweg gebruik om aan te dui waar die spreker woon: “Ndihlale eKapa” (ek bly in Kaapstad). Tog, as die spreker in ’n gebied woon of werk wat aan iemand behoort of behoort het, is die voorsetsel “kwa” van toepassing. [Dink hier aan die provinsie kwaZulu-Natal, of aan sinne soos “Uhlala kwaLanga” (jy woon in Langa), en “Uphangela kwaWoolworths” (hy werk in Woolworths).]

    Die oomblik wanneer ’n mens van hierdie dinge bewus word, word die aanleer van die taal effens vergemaklik. Die taal en die kultuur is uniek; ander nie-Xhosasprekers kan nog heelwat hiervan leer.

    Die onderwysers by die kursus stel vrae oor hoe om sekere opdragte of versoeke in Xhosa te verwoord en soms verskaf hierdie navrae vermaak vir die res van die kursusgangers; sommige van hierdie vrae laat die tolk effens bloos voor hy dit vertaal. Een ding is duidelik: almal worstel soms met universele probleme om hulself uit te druk in ’n taal wat hulle nie ken nie.

    Die Xhosa-verwerwingskursus word hierdie paar Maandaemiddae ’n samebindende faktor tussen die onderwysers wat dit bywoon — dalk presies soos Iilwimi dit beplan het. Die skole van die Helderberg het Afrikaanse, Engelse, Xhosa- en tot ’n mindere mate, selfs Sotho-kindertjies in hul klaskamers. Meertaligheid in die klas is ’n realiteit en die enigste manier om dit te laat werk is om pro-aktief op te tree. ’n Gelatenheid dat “ons mekaar nie verstaan nie”, bring die tipe verwydering wat die mense van Suid-Afrika vir jare alte goed geken het. Die teendeel is ook waar: die houding dat ons in staat is daartoe om mekaar se tale te verstaan — of ten minste moeite doen om na mekaar uit te reik op ’n geradbraakte manier — bou brŻe in Valsbaai, stil-stil en agter die rug van Tafelberg.

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.