Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Iilwimi Sentrum vir Veeltaligheid: Taalsekretariaat-betrokkenheid

    Naomi Maartens

    Helderberg-kom: die meertalige klaskamer

    Maandag, 23/04/2001, Fase I

    Een gewone Maandagmiddag gebeur daar iets baie uitsonderlik in die skool Umnqophiso net buite Somerset-Wes: ’n klompie uiteenlopende mense sit ’n proses aan die gang waar baie gesels en gedoen gaan word. Aldridge en Henry van die Iilwimi Sentrum vir Veeltaligheid is daar — en Ntoni is die tolk vir diegene wat slegs Xhosa magtig is. Personeellede van die skole Umnqophiso en van Danie Ackerman woon die werkswinkel by.

    1. Aldrigde se openingsvraag is: “Waarom doen mense dinge op ’n sekere manier?” Voordat ons uitkom by die tale wat ons praat, moet ons eers ’n denkverskuiwing maak.
    2. Aldridge deel ’n prentjie uit waarin daar tegelykertyd ’n jong ťn ’n ou vrou teenwoordig is. Alhoewel dit dieselfde prentjie is, kyk ons op verskillende maniere daarna. Ons stap elkeen rond met ’n prentjie in ons kop. Ek dink aan die buurt van die skool waar ons op hierdie oomblik sit, geleŽ is: tussen die verslete huisies stap die hoenders rond. Wasgoed wapper aan die drade en mense sit saam by vure en eet eenvoudige maaltye. “Ons kyk op verskillende maniere na die lewe” kry nuwe betekenis.
    3. Ons gesels oor die feit dat diversiteit basies beteken dat ons die verskille en ooreenkomste tussen mense moet herken, moet respekteer en selfs hoog moet aanskryf. Maar al waarvan ons in die media hoor, is dikwels opgeblase rassisme en sensasionele geweld. Ons is steeds produkte van ons verlede; dis tyd dat ons van die bagasie ontslae raak! Aldus Aldridge.
    4. Daar is drie eenvoudige stappe waar ons kan begin om sommige van hierdie kwessies te oorkom, verduidelik hy. Alles sentreer rondom die woordjie “oopmaak”:

      *    die deure — van geleenthede;
      *    ons harte en verstand — om verby die verskille te kyk;
      *    die sisteem — om vir die werk toegerus te word.

    Dan vertoon hy ’n video. ’n Onderwyseres in die sewentigerjare in die VSA wou aan haar (blanke) klas verduidelik wat met diskriminasie bedoel word. Sy het die klas een Dinsdagoggend vertel dat mense met blou oŽ beter is as mense met bruin oŽ. Almal wie se oŽ blou was, het daardie betrokke dag meer voordele geniet as diť met bruin oŽ: hulle speeltye was langer, as hulle die geringste positiewe daad verrig het, is hulle geprys (en die met bruin oŽ is openlik gekritiseer), hulle was die enigste kinders op die speelgrond se apparaat wat toegelaat is. NŠ die pouse het ’n seuntjie met bruin oŽ met ’n bloedneus by die klas opgedaag en toe die onderwyseres vra wat gebeur het, het hy gesÍ: “The other boy called me Brown Eyes.”

    Die volgende oggend, egter, het die onderwyseres presies die teenoorgestelde gedoen. Die kinders met bruin oŽ het daardie dag al die voorregte geniet. En die bewyse was daar dat hulle vťťl beter presteer het as die vorige dag.

    NŠ die video het ons ’n bespreking daaroor gehad. Sommiges het gesÍ dat dit ongelooflik is dat kinders met soveel ontsag luister na wat ’n onderwyser sÍ. Ander het gemeen dis ongelooflik om te sien hoe die bordjies skielik verhang word as bevoorregte kinders dit skielik nie as vanselfsprekend kan aanvaar dat die kleur van hul vel hul toekoms bepaal nie. En veral het ons besef dat mense swakker presteer as hulle nie na waarde geskat word nie. Mense styg uit as hulle positief benader word.

    Die finale aktiwiteit was dat ons in groepe verdeel is en bespreek het wat ons laat dink soos wat ons inderdaad dink: familie, opvoeding, skole, kerke, die samelewing, die regering ...

    Maar ons het dan nog glad nie by die kwessie van taal uitgekom nie! Tog is ons sensitief gemaak vir verskille, vir ooreenkomste, vir toekomstige gesprekvoering. Die akkertjie is geskoffel. Die proses is aan die gang gesit. Want dit moet deurentyd in gedagte gehou word: Rome is nie in ’n dag gebou nie.

    Helderberg-kom: die meertalige klaskamer

    Maandag, 7 Mei 2001, Fase II

    Fase II van die Helderberg-projek word vanmiddag by die PrimÍre Skool Danie Ackerman aangebied. Dr Charlyn Dyers is aan die woord.

    Die waarde en belang van die verskillende taalbeleidsmodelle word onder die loep geneem. Die verskillende modelle word op die tafel geplaas:

    1. Die Segregasie-model
      Hierdie is ’n “probleem”-model. Meertaligheid word as ’n negatiewe blokkasie gesien, wat gesystap word deur taalgroepe te verdeel.
    2. Die Assimilasie-model
    3. Meertaligheid is ook ’n probleem volgens hierdie model. Eentaligheid is die ideaal (met selektiewe keuse van Afrikaans en Engels in Suid-Afrika).
    4. Die Integrasie-model
      Hier kan ’n onderskeid getref word tussen die Integrasie-model waar taal as ’n passiewe reg gesien word, of as ’n positiewe reg. In eersgenoemde geval is geen implementeringsplan vasgestel om die model te laat werk nie en in laasgenoemde word bykomstige meertalige opvoeding as ’n opsie gestel.
    5. Die Multi-kulturele/interkulturele model
      Volgens hierdie model word meeltaligheid as ’n waardevolle hulpbron gesien, waar inklusiwiteit en erkenning aan al die sprekers van die verskillende tale verleen word.

    Maar wat is meertaligheid? vra Charlyn Dyers. Sy haal vir Edwards aan, wat sÍ dat meertaligheid ontstaan “from the need to communicate across speech communities”. Die vraag in die hedendaagse Suid-Afrika is of Engels werklik die neutrale taal is waarin almal kan kommunikeer. Kan alle Suid-Afrikaners hulleself ten volle ekonomies, opvoedkundig en demokraties in Engels uitdruk?

    Ons gesels in groepe hieroor. Telkens bespreek ons die onderskeie modelle en hul voor- en nadele in die spesifieke groep. Agterna bespreek ons dit almal saam:

    Die Segregasie-model se voordele word beskou as:

    Dis makliker — vir onderwyser en kind; ’n mens voel gemaklik met die taal wat gepraat word; jy druk jouself omvangryk daarin uit; het selfvertroue. In die proses leer ’n mens een taal optimaal praat en is trots op jou taal.

    Nadele hieraan verbonde, is dat die model ’n negatiewe konnotasie het, weens Apartheid; die model etiketteer mense en plaas hul in kategorieŽ; dit promoveer rasse- en kultuurskeiding. Dit ontneem mense daarvan om ’n verdere taal te leer en ook van werksgeleenthede. Diť model kan ’n mens selfs selfsugtig en arrogant maak.

    Die Assimilasie-model se voordele word voorgehou as die feit dat onderrig is in die taal waarin opleiding ontvang is; beplanning is makliker; die eerste taal het ’n stewige fondasie; mense het selfvertroue in hul taal.

    Nadeligheid word beskryf as dat leerders nie ’n keuse het aangaande die taal van onderrig nie; belangstelling in studie neem af agv kommunikasieprobleem; afwesigheid by die skool neem toe; hulpbronne is slegs in onderigtaa; leerder se reg word ontneem; geen leerondersteuning vind plaas nie.

    Die Integrasie-model word bespreek en die groep besluit dat die voordele as die model nie gebruik word nie sou wees dat dit tyd spaar, minder onderwysers benodig, een teksboek voldoende is en die basiese beginsels van jou eie taal word geleer.

    Nadelig, daarenteen, is dat dit meer tyd in beslag sou neem, meer onderwysers benodig, meerdere teksboeke en dat die kind moet aanpas by ’n nuwe taal.

    Die multi-kulturele model begin die proses op die vlak waar die kind is. In Afrika word baie kinders dikwels behandel asof hulle vreemdelinge is, sÍ Charlyn Dyers. Onderwysers moet die kinders se taal aanleer om tot hulle deur te dring en vir effektiewe leerprosesse om ’n aanvang te neem. Iilwimi wil wegbreek van die probleemgesentreerde fokus en eerder kyk na taalverskeidenheid. Iilwimi sien taal as ’n reg. Taal is ’n hulpbron en die volgende beginsels word bespreek:

  • alle tale moet saam kan bestaan;
  • alle tale moet ontwikkel word;
  • alle tale moet gebruik word en
  • alle tale moet beskerm en gerespekteer word.

    Meertaligheid in hierdie land is in ieder geval grondwetlik vasgestel; die vraag is nou wat ons gesindheid en beleid ten opsigte hiervan is. Dit sal die wÍreld se verskil maak.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.