Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Water en ligte in (ten minste) drie tale?

    Naomi Maartens

    Die Universiteit van die Vrystaat se Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging het op 25 April 2001 ’n seminaar aangebied oor Taalbestuur vir plaaslike regering in die Vrystaat. Vir ’n dag lank het verteenwoordigers van plaaslike regerings vanoor die hele land (hoofsaaklik vanuit die Vrystaat) byeengekom en gesels oor die hantering van taal in plaaslike owerhede. Die dag se program het as volg daar uitgesien:

    1. Verwelkoming namens die Universiteit van die Vrystaat, ds Kiepie Jaftha (Hoofbestuurder, Hulpbronne Bestuur);
    2. Die noodsaaklikheid van taalhantering vir munisipaliteit, dr Karen Calteaux (Assistent-direkteur mbt Taalstatus-beplanning, PANSAT);>
    3. Nuwe openbare bestuur tov taalkwessies in plaaslike owerhede, prof Koos Bekker (Programdirekteur van die Vrystaatse Universiteit se Publieke Bestuur);
    4. Die beleid en regsraamwerk vir meertaligheid, prof Hennie Strydom (Regsfakulteit, Universiteit van die Vrystaat);
    5. Die Wet op Munisipale Owerhede en die rol van taal — ’n perspektief vanaf die Departement Plaaslike Owerheid en Behuising, mnr LD Tsotetsi (Hoof van die Departement Plaaslike Owerheid en Behuising, Vrystaat);
    6. Rolspelers aan boord: die Sentrum vir burgerskap, opvoeding en konflikresolusie en ’n provinsiale taalinisiatief — met spesiale verwysing na plaaslike regering, mnr Jurie Smit (Direkteur van die Vrystaat Sentrum vir Burgerskap, Opvoeding en Konflikhantering);
    7. Die uitvoer van ’n taalondersoek vir plaaslike owerheid, me Landela Nyangintsimbi (Projekhanteerder, meertalige inligtingsontwikkeling projek);
    8. ’n Taalbeleid vir plaaslike owerheidstrukture, dr Theo du Plessis (Direkteur: Eenheid vir Taalfasilitering en -Bemagtiging);
    9. Die Plaaslike Regering Vertaling en Interpreteringsentrum se projek as voorbeeld van professionele taalfasilitering, dr Mabel Erasmus (Projekbestuurder: LOGTIS);
    10. Samevatting en vooruitskouings vir die toekoms.

    Lesing I

    PANSAT lÍ veral klem op artikels 6 en 155 van die Grondwet wat, as daar geen besware ingedien word noudat genoemde artikels in die Staatskoerant geadverteer word nie, later vanjaar geÔmplimenteer gaan word.

    BreŽ, konstitusionele norme met betrekking tot taalgebruik word as volg deur PANSAT geformuleer:

    Artikel 6(3)(a): The national government and provincial governments may use any particular official languages for the purposes of government, taking into account usage, practicality, expense, regional circumstances and the balance of the needs and preferences of the population as a whole or in the province concerned; but the national government and each provincial government must use at least two official languages.
    (b): Municipalities must take into account the language usage and preferences of their residents.

    The national government and provincial governments, by legislative and other measures, must regulate and monitor their use of official languages. Without detracting from the provisions of subsection (2), all official languages must enjoy party of esteem and must be treated equitably.

    Bogenoemde stel die vereistes daar vir konstitusionele toepassing op nasionale, provinsiale en plaaslike regerings.

    PANSAT sit konstitusionele norme met betrekking tot provinsiale en plaaslike regeringstrukture as volg uiteen:

    Artikel 155(4): The legislation referred to in subsection 3 must take into account the need to provide municipal services in an equitable and sustainable manner.
    Each provincial government must establish municipalities in its province in a manner consistent with the legislation enacted in terms of subsection (2) and (3) and, by legislative or other measures, must -
    provide for the monitoring and support of local government in the province; and
    promote the development of local government capacity to enable municipalities to perform their functions and manage their own affairs.

    Die huidige voorstel is ’n vier- tot sestalige model binne plaaslike regerings. Die vraag ontstaan nou hoe om dit toe te pas.

    ’n Belangrike vraag wat elke owerheidsamptenaar self sal moet beantwoord, is wŠŠrom meer as een taal.

    Die waarde van meertaligheid: is dit nodig om vir ’n verskeidenheid van tale voorsiening te maak (sodat die onderskeie tale nie in gedrang kom en in kompetisie met mekaar staan nie) en wat kry die munisipaliteite daaruit?

    PANSAT se doelstellings met betrekking hiertoe, is:

    1. doeltreffendheid;
    2. effektiwiteit;
    3. ekonomiese voordeel agv meertaligheid.

    Dit is ’n wankonsep dat almal in die land vlot Engels magtig is. 51% van die bevolking het in ’n studie aangedui dat hulle minstens Engels “nie goed verstaan nie”. Die gedagte is om ook die artikels wat verband hou met taal te interpreteer binne die “gees” van die Grondwet en die Handves van Menseregte.

    PANSAT se voorstel is dat 0,1% van elke maatskappy se begroting voorsiening moet maak vir meertaligheid daarbinne. PANSAT sien taal as ’n reg en as ’n hulpbron.

    PANSAT se voorstel vir ’n realiseerbare taalmodel in munisipaliteite:

  • Ten minste drie tale binne die plaaslike owerheid.
  • Kommunikasie vanaf die plaaslike owerheid na die publiek — in die drie mees gebruikte tale van die streek.
  • Eksterne kommunikasie vanaf die publiek — voorkeur vanaf die publiek.
  • Intra- en intermunisipalitÍre kommunikasie: enige van die drie tale wat die meeste in die streek voorkom.
  • Elke plaaslike owerheid moet ’n beleid opstel rakende vertaling en interpretasie om aan die betrokke vereistes te voldoen.

    Ten slotte vra ek aan Calteaux: hoe afdwingbaar is PANSAT se regte? Sy sÍ dat die klem eerder val op mediasie, soos deur die huidige tydsgees van interpretasie van die Wet vereis. Sy sou graag die media se negatiewe terugvoer wou omkeer na ’n realistiese prentjie van dŪt wat PANSAT inderdaad vermag: die organisasie tree aktief op in die kommunikasie tussen privaat persone en tussen groter organisasies.

    Lesing II

    Prof Bekker vra heel eerste die volgende vrae:

    As ’n mens ’n emmer vol klippe pak, is dit dan vol?

    As ’n mens dit vol gruis pak, is dit dan vol?

    En vol sand?

    As ’n mens dan water byvoeg, is dit dan uiteindelik vol?

    Die punt van die verhaal is dat ’n mens Írens moet begin; taal binne ’n land is ’n proses en die mense se gesindhede verander nie oornag nie. Eers pak ’n mens met moeite ’n paar klippe in ’n emmer, voordat ’n mens uiteindelik ’n model vind wat almal se behoeftes pas.

    Ons kan nie na ’n saak kyk vanuit verskillende perspektiewe nie. As ons nie ’n rots in die emmer plaas nie, gaan ons dit nooit in die emmer kry nie. Taal moenie ůns stuur nie.

    Herontdek die geskiedenis en ontstaan van publieke bestuur en taal.

    Identifiseer die nuwe profiel van die nuwe munisipaliteit.

    Volgens Bekker.


    Lesing III

    Prof Hennie Strydom van die Vrystaatse Universiteit se regsfakulteit wat gehelp het met die opstel van die Suid-Afrikaanse Taalwet, sÍ diť Wet gaan tande hÍ.

    Die wetsontwerp maak voorsiening — en verplig die munisipaliteite, trouens — dat munisipaliteite minstens twee tale moet gebruik. Koste mag nie as verskoning gebruik word om aan een taal voorkeur te gee nie. Funksionele veeltaligheid moet bestaan. Prof Strydom verduidelik dat dit glad nie onbekostigbaar duur sal wees as ’n plaaslike munisipaliteit ’n persoon se brief of navraag in sy eie taal beantwoord nie. Dit is op hierdie vlak wat funksionele veeltaligheid kan begin; mense gebruik kostes veels te maklik as ’n verskoning.

    Die wetsontwerp bepaal dat alle regerings die vernaamste tale in sy gebied op ’n rotasiegrondslag moet gebruik en ’n lys moet opgestel word van dokumente wat gereeld gebruik word en in watter tale dit gebruik gaan word. Dit kan nie willekeurig gedoen word nie. Die lys moet sů saamgestel word dat die tale gelyke beregting het in die dokumente wat in daardie tale verskyn. Voorsiening word gemaak vir die verskillende profiele van verskillende gemeenskappe. Alle munisipaliteite hoef dus nie al 11 tale te gebruik nie, maar net die grootstes in hul gebiede.

    Enige afwyking van die wet sal net nŠ raadpleging met die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad kan gebeur. Munisipaliteite sal moet bewys lewer dat so ’n afwyking noodsaaklik is vir doeltreffende regering en kommunikasie. Selfs dan moet minstens twee tale gebruik word.

    Strydom het gesÍ daar kan nie oor doeltreffende regering gepraat word as ’n taal gebruik word waarin die meeste mense nie onderleg is en die nuances verstaan nie. Hy het daarop gewys dat ook die Grondwet voorsiening vir meertaligheid maak. Ten einde die meertaligheid afdwingbaar te maak, word remedies voorgestel in terme van artikels 11 (1) — (3). Voorts, indien ’n munisipaliteit in die toekoms — nadat artikel 6 geÔmplementeer is — sou besluit om nie gehoor te gee aan meertaligheid nie, is die betrokke munisipaliteit skuldig aan ’n oortreding en strafbaar voor die regering. Die Grondwet is immers die hoogste gesag en die munisipaliteite is verplig om daaraan gehoor te gee.

    Die Grondwet bepaal ook die regering moet stappe doen om gelykheid tussen tale te bewerkstellig. Strydom het gesÍ rade moet die koste op lang termyn bepaal as hulle nie veeltaligheid wil toepas nie. Dit sluit in die moontlikheid van konflik, en die gehalte van onderwys wat in gedrang kan kom. Daar moet ’n politieke verbintenis wees om gelykheid tussen tale te bewerkstellig.

    Lesing IV

    Regerings moet die taalvoorkeure van hul burgers in ag neem, met veeltalige regerings as uiteindelike doelwit. Individuele veeltaligheid is ’n persoonlike keuse, het mnr LD Tsotetsi van die Departement van plaaslike regering in die Vrystaat gesÍ.

    Hy het gesÍ die wet op munisipale strukture maak voorsiening vir gemeenskapsbetrokkenheid. Dit behels dat die gemeenskap by die besluitnemingsproses van plaaslike regerings betrek moet word.

    Die Grondwet bepaal dat munisipaliteite die taalgebruik en -voorkeure van hul inwoners in ag moet neem. Dit is die regerings wat veeltalig moet wees, nie die inwoners nie. Dienslewering deur die regering in die taal van ’n mens se keuse is iets wat as vanselfsprekend beskou behoort te word. Dit moet die normale stand van sake wees, nie ’n guns nie. Deur diens in die taal van die inwoners se keuse te lewer, blyk ’n eenvoudige verbintenis te wees — om die publiek te verstaan en deur die publiek verstaan te word.

    In die opstel van ’n taalbeleid moet verskeie faktore oorweeg word. Dit sluit in die noodsaaklikheid om inheemse tale te bevorder, taalgebruik en -voorkeure van inwoners, die praktiese en koste van die gebruik van ’n bepaalde taal of tale, die oorheersende taal in koerante in die gebied, die reg van elkeen om die taal van sy keuse te gebruik en die ekonomiese en doeltreffende gebruik van hulpbronne.

    Lesing V

    Elke Suid-Afrikaner het die plig om ’n mensliker gemeenskap te skep en aan selfs die onbelangrikste en swakste mens kans te gee om gehoor te word. En hoe beter kan ’n mens gehoor word as deur sy eie taal? Sů het mnr Jurie Smit, direkteur van die Vrystaatse Sentrum vir Burgerskaponderrig en Konflikoplossing gesÍ.

    Smit het gesÍ in Suid-Afrika bestaan baie behoeftes. Die moontlikheid bestaan dat selfs “beskermers” van menseregte by van die ander behoeftes betrokke raak omdat daar soveel is. Die Grondwet spel diť behoeftes en regte uit en dui ook aan wat die verskillende vlakke van regering se verantwoordelikhede is. Nogtans moet basiese behoeftes soos kos, klere, blyplek, water en veiligheid nie afgeskeep word wanneer menseregte bevorder word nie.

    Smit het gesÍ ’n opname van die sentrum saam met die UV se regsfakuliteit in 1998 het aan die lig gebring net 12,9% van die destydse plaaslike regerings in die Vrystaat wat taalbeleide het, maak voorsiening vir die gebruik van al drie streektale deur tolkdienste. Meer as die helfte het aangedui hulle het geen geskrewe taalbeleid nie en 95% het aangedui diť kwessie geniet geen aandag nie. Byna 94% van allle plaaslike regerings in die Vrystaat het geen voorsiening vir die bevordering van Afrika-tale gemaak nie. Smit het gesÍ hieruit blyk dit plaaslike regerings vertolk nie die hele taalklousule van die Grondwet nie, maar net selektief. Die aard en doelstelling van die klousule word glo nie verstaan nie.

    Lesing VII

    Dr Theo du Plessis, hoof van die Eenheid vir Taalfasilitering en -Bemagtiging wat die seminaar aangebied het, het gesÍ nadat die vorige stadsraad van Welkom ’n taalbeleid ingestel het waarin vir al die streektale voorsiening gemaak is, het betaling vir dienste verbeter. Hy het gesÍ dit wys dit hoef nie duurder te wees om veeltaligheid te bevorder nie. Van die stadsraadslede op die seminaar het egter gesÍ hulle kon nog geen bewys kry daar is ’n verband tussen taalgebruik en betaling vir dienste nie.

    Du Plessis het gesÍ dit is onsinnig om ’n debat te voer oor watter taal of tale ons probleem gaan oplos. Die moontlikheid bestaan nie eens om net in Engels op te tree nie. Die debat moet gaan oor hoeveel tale gebruik moet word.

    Artikel 6 van die Grondwet is baie belangrik, meen Du Plessis. Die Grondwet is die hoogste gesag in die land en daardie artikel is net so belangrik soos elke ander een in die geheel. (Grondwetlik sal daar altyd ten minste twee moet wees, maar artikel 6 praat ook van die moontlikheid van 4 tot 6 tale binne onderskeie plaaslike owerhede.)

    In die bespreking was die groep dit eens dat ’n verband bestaan tussen mense se lojaliteit aan die plaaslike regering en die akkommodering van tale. Die groep het ook saamgestem dat die weglating van Afrikaans op Bloemfontein se munisipale rekeninge nie bygedra het tot die bevordering van Afrika-tale nie, soos deur die Grondwet vereis. Die munisipaliteit van Mangaung (die groter Bloemfontein) gaan intussen voort met sy ondersoek na die taalvoorkeur van inwoners van die munisipale gebied. Diť ondersoek is begin nadat die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) die stadsraad van Bloemfontein oor sy Engelse rekeninge gekapittel het. Die ondersoek is eers gelaat weens die plaaslike verkiesing en die samesmelting van Bloemfontein se munisipaliteit met diť van Botshabelo en Thaba Nchu. Die ondersoek is egter steeds ’n voorkeur van die Mangaung-munisipaliteit, het ’n woordvoerder gesÍ.

    Munisipaliteite moet op skrif (deursigtig) hul taalbeleid stel. Dit sit dadelik die proses van afdwingbaarheid aan die gang, voordat artikel 6 “finaal” word.

    Wat gaan dit munisipaliteite kos as hulle NIE meertaligheid implementeer nie? Dis een van die vrae waarop hy die aandag vestig.

    As jy in byvoorbeeld jou eie taal belas word (in die vorm van rekeninge), betaal mense hul rekeninge eerder of vinniger (soos onlangs in die Vrystaatse stad Welkom gebeur het).

    Die fokus moet dus vir die regering val op die wins wat hulle daaruit kan kry.

    Die Volksblad het verslag gedoen oor die seminaar wat in Bloemfontein gehou is. Hier is uittreksels daaruit, soos wat dit in die koerant verskyn het op 28 April 2001: Andrť Botha doen verslag en verleen toestemming dat die uittreksel kan verskyn: “EEN boodskap wat duidelik op die seminaar na vore gekom het, is dat Engels as enigste taal nie ’n maklike uitweg is om die dilemmas van veeltaligheid te oorkom nie.

    Die Grondwet is ondubbelsinnig oor taal: Al 11 tale is gelyk en moet sů behandel word.

    Ook die nuwe Suid-Afrikaanse Taalwet laat geen ruimte om net Engels te gebruik nie. Die streektale moet gelyke beregtiging kry, en hiervan kan net afgewyk word as bewys kan word dat dit ter wille van doeltreffende regering en kommunikasie noodsaaklik is. Dit is ook nie ’n besluit wat ’n owerheid op sy eie kan neem nie, dit moet in oorleg met die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) gedoen word. En selfs dan is eentaligheid nie ’n moontlikheid nie, minstens twee tale moet gebruik word.

    Daarom dat dr Theo du Plessis, hoof van die eenheid, opgemerk het dit is onsinnig om enigsins ’n debat te voer oor of Engels as enigste taal gebruik kan word.

    Maar daar is ’n ander, veel belangriker rede waarom eentaligheid eenvoudig nie ’n goeie idee is nie. Dit is omdat daar geen taal is wat die lingua franca van Suid-Afrika is nie — ook nie Engels nie. En soos mnr LD Tsotetsi van die departement van plaaslike regering opgemerk het, dit is die regering se plig om veeltalig te wees, nie die mense s’n nie. Dit is mense se eie keuse of hulle veeltalig wil wees.”

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.