Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Afrikaans as tersiÍre onderrigtaal

    Andrť Kotze

    Ek hanteer my kommentaar onder die hoofde wat voorgestel is (en hieronder vir gerief herhaal word):

    * Die praktiese problematiek om Afrikaans as medium van onderrig by tersiÍre instellings, as wetenskapstaal en as vaktaal in ’n veeltalige omgewing te bestuur.

    * Besigheid, Mark en Bestuur.

    Die besigheid van ’n tersiÍre instelling is om studente voor te berei om ’n beroep te beoefen. Die mark is studente (met hul borge / ouers) wat die potensiaal, kwalifikasies en middele het om universiteit by te woon. Die produk is gekwalifiseerde gegradueerdes wat onmiddelik geplaas kan word en spoedig doeltreffende werk in die arbeidsmark kan verrrig.
    Afrikaans (of enige tersiÍre onderrigtaal) is slegs ’n kommunikasiemedium om daardie produk te lewer. As die vermoede bestaan dat Afrikaans dit makliker sal maak om die produk te lewer, moet Afrikaans ’n kans gegun word. Tans is daar oŽnskynlik ’n begeerte by sekere studente / borge om Afrikaans as sodanige medium te gebruik. As Afrikaanse onderrig nie tot die gewenste produk lei nie, sal die studente / borge self die oorgang van Afrikaaans na Engels inisieer. Siende dat die infrastruktuur vir Afrikaanse onderrig reeds op sekere universiteite bestaan, behoort dit ’n gebruiksopsie te wees op daardie universiteite totdat die studente / borge self ’n alternatief vereis op grond van die feit dat die verlangde produk nie gelewer word nie.

    * Die strategie vir transformasie wat nodig is om toegang tot Afrikaanstalige instellings te verleen aan nie-Afrikaanssprekende studente (hoofsaaklik afkomstig uit voorheen gemarginaliseerde gemeenskappe).

    Afrikaans as onderrigtaal sal slegs bydra tot transformasie van voorheen gemarginaliseerdes as die betrokkenes meer tuis is in Afrikaans as in ander tale (spesifiek Engels). Uit strategiese oogpunt kan oorweeg word om ’n stelsel soortgelyk aan diť van tersiÍre instellings in die VSA te volg. Daar is skole van uiteenlopende aard: van kuns-ateljees, staatsworsmasjiene tot sport-akademies en sake-ondernemings. sulke diverse instellings dat, ’n basiese standaard-toets, soos die IST-toets toegepas moet word as keuringsnorm vir tersiÍre instellings. Dit verplig universiteite om in effek weer ’n standaard-matriek eerstejaarskursus aan te bied om studente op gelyke aanvangsvlak te kry. Daarom duur VSA voorgraadse studies normaalweg ’n minimum van vier jaar. In SA behoort die strategie soortgelyk te wees, nl om voorheen gemarginaliseerdes, saam met alle ander studente deur ’n standaard eerstejaarkursus te neem as voorbereiding vir graad- of tersiÍre studies. Afrikaans behoort myns insiens ten minste tydens daardie jaar as onderrigmedium gebruik word.

    ∑ Die rol en funksie van Afrikaans as tersiÍre onderrigtaal binne ’n milieu van globalisering van wetenskaplike kennis, tegnologiese ontwikkelings en veranderde beskouings oor die rol en struktuur van die universiteitswese.

    Dit is so dat Engels die oorheersende vaktaal-medium in die Informasie-Tegnologie (IT) wÍreld is. Desnieteenstaande het die Japanese en Sjinese meesters op die gebied geword via moedertaalonderrig. Indien Afrikaans nie as primÍre medium tov die nuwe milieu gebruik kan word nie, het Afrikaans waarskynlik ten minste ’n belangrike rol van familiarisering van sy gebruikers met die nuwe wÍreld. In plaas van oningewydes (insluitende voorheen gemarginaliseerdes) aan die diep kant van die nuwe tegnologiese vaktaal in te gooi, kan Afrikaans, slegs as kommunikasiemiddel, bekendstelling en oorgang vergemaklik.

    Slotopmerking oor demografiese oorwegings:

    * Dit sou dwaas wees om faktore soos demografie te ignoreer by oorweging waar Afrikaans as tersiÍre onderrigtaal toegepas behoort te word. Ek stel voor dat Afrikaans slegs by enkele geselekteerde inrigtings as onderrigtaal gebruik word — miskien slegs een uit elke provinsie waar die meerderheid of ’n aansienlike deel van die bevolking Afrikaanssprekend groot geword het. As die vereiste van fasilitering van transformasie tot voordeel van voorheen gemarginaliseerde Afrikaanses in ag geneem word, mag dit bv vir een universiteit elk uit die Wes-Kaap en die Noord-Kaap geld. Om manipulering van fasiliteite te voorkom, kan ’n ander praktyk uit die VSA-voorbeeld met vrug oorweeg word: dit is gebruiklik dat studente woonagtig in ’n staat (sg “in-state” studente, baie minder klasgeld betaal as diegene van elders (“out-of-state” studente).

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.