Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

  • Die Taalsekretariaat
  • Doelstelling
  • Afrikaans as medium van onderrig by tradisioneel Afrikaanstalige tersiÍre instellings

    Die minister van onderwys, prof. Kader Asmal het onlangs aangekondig dat ’n informele advieskomitee aangestel is om hom te adviseer aangaande Afrikaans as onderrigtaal by tradisioneel Afrikaanstalige inrigtings vir hoŽr onderwys. Die voorsitter van die komitee is prof. Jakes Gerwel, voormalige rektor van die Universiteit Wes-Kaapland.

    Die Taalsekretariaat het met prof. Gerwel ooreengekom dat ’n voorlegging deur die Taalsekretariaat gedoen sal word binne die bepalings van die opdrag van die komitee.

    Alle belanghebbende instansies en individue wat nog nie op georganiseerde wyse ’n voorlegging gedoen het nie, of beoog om ’n voordrag aan die Gerwel-komitee te lewer, word hiermee deur die Taalsekretariaat genooi om ’n memorandum wat sinkroniseer met onderstaande relevante standpunte in hierdie verband, aan ons te stuur. ’n Skrywe ter ondersteuning van die standpunte is ewe welkom.

    Die Taalsekretariaat stel dan ’n gedistilleerde voorlegging op uit al die materiaal en dra dit as ’n geÔntegreerde dokument aan die Gerwel-komitee voor. Die keerdatum vir die voorlegging aan die Taalsekretariaat is 25 Mei 2001.

    Afrikaans as medium van onderrig aan tersiÍre instellings is ’n saak van fundamentele belang in die ontwikkelingsgang van Afrikaans as ’n moderne taal met dieselfde hoŽr funksies as alle erkende internasionale tale. Dit is dus nie net noodsaaklik dat die standpunt van spesifieke instansies soos tersiÍre inrigtings aan die komitee oorgedra word nie. Dit is net so belangrik dat die hoeveelheid ondersteuning vir die standpunte duidelik aan die komitee uitgewys moet word. Vandaar die oproep deur middel van hierdie skrywe om vrymoedig u bydrae te stuur.

    Die doel van die memorandum sal nie wees om die wiel weer van vooraf uit te vind deur byvoorbeeld standpunt in te neem oor die belang van hoŽr onderrig in die sosio-ekonomiese lewe van die Afrikaanssprekende gemeenskap nie. Die bydraes moet derhalwe spesifiek afgestem wees op:

  • die praktiese problematiek om Afrikaans as medium van onderrig by tersiÍre instellings, as wetenskapstaal en as vaktaal in ’n veeltalige omgewing te bestuur

  • die strategie vir transformasie wat nodig is om toegang tot Afrikaanstalige instellings te verleen aan nie-Afrikaanssprekende studente (hoofsaaklik afkomstig uit voorheen gemarginaliseerde gemeenskappe)

  • die rol en funksie van Afrikaans as tersiÍre onderrigtaal binne ’n milieu van globalisering van wetenskaplike kennis, tegnologiese ontwikkelings en veranderde beskouings oor die rol en struktuur van die universiteitswese.

    A     Standpuntstelling

    Die Taalsekretariaat stel hom op die volgende uitgangspunte:

    Grondwetlik

    Die grondwet is die hoogste reg in die Republiek. Veeltaligheid in Suid-Afrika is grondwetlik verskans. Die amptelike tale moet gelykheid van aansien geniet en billik behandel word. Gelykheid van aansien beteken nie om gelyk behandel te word onder spesifieke omstandighede nie.

    Die staat mag nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen iemand op grond van taal diskrimineer nie.

    Elke Suid-Afrikaanse burger het die reg om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van sy keuse, waar daardie onderwys redelik doenlik is. Ten einde aan hierdie reg beslag te gee, is die staat grondwetlik verplig om alle billike onderwyspraktyke te eerbiedig.

    Ingevolge onderwyswetgewing het die minister van onderwys die reg om nŠ oorlegpleging, ’n nasionale onderwysbeleid te formuleer. Sodanige onderwysbeleid mag nie strydig wees met die bepalings in die grondwet nie.

    Opvoedkundig

    Dit is ’n internasionaal erkende beginsel dat moedertaalonderrig die mees gewenste vorm van kennis en kultuuroordrag is.

    Institusioneel

    Die outonomie van die beheerliggame van tersiÍre inrigtings moet erken word.

    Sosiaal maatskaplik

    Sedert die inwerkingtreding van die nuwe politieke orde in Suid-Afrika, is alle samelewingsverbande en -strukture onderhewig aan transformasie. Transformasie gaan in ’n mindere of meerdere mate met spanning gepaard. TersiÍre inrigtings wat veral die Afrikaanssprekende gemeenskap bedien, sal moet transformeer om te ontkom aan die voorheen bevoorregte milieu en om aan die eise van die nuwe politieke en maatskaplike orde te voldoen.

    B     Beredenering

    1. Transformasie

      Dit is so dat die Afrikaanstalige tersiÍre instellings sekere aanpassings ten opsigte van Afrikaans as onderrigmedium moet doen. Die wese van die transformasie is om toegang aan anderstalige studente by Afrikaanstalige instellings te gee. Transformasie beteken nie om die medium van onderrig van Afrikaans na Engels te verander nie.

      Die wese van Afrikaans as onderrigmedium is ’n funksionele benadering. Twee faktore is veral van belang vir Afrikaans as onderrigmedium, naamlik die taal van die gemeenskap wat bedien word en die metodiek van onderrig veral op voorgraadse vlak. Met metodiek van aanbieding word bedoel dubbelmedium- of parallelmedium-onderrig. Dubbelmedium-onderrig vergestalt die wese van veeltaligheid. Parallelmedium-onderrig is op die medium en lang termyn ’n glybaan na onderrig deur medium van Engels.

    2. Afrikaans as medium van onderrig

      Die twee uiterste pole van Afrikaans as onderrigtaal, naamlik ’n suiwer Afrikaanstalige instelling aan die een kant, of die transformasie van Afrikaanstalige instellings na suiwer Engelstalige instellings aan die ander kant, is op grond van die reeds gestelde uitgangspunte onaanvaarbaar.

      Die behoud van Afrikaans as medium van onderrig is vir die Afrikaanssprekende gemeenskap ’n bemagtigingstrategie, net soos die oordrag van kennis deur medium van Engels vir die anderstalige swart student ’n deurgang is na ’n wÍreld van geleenthede en ’n verbetering van die lewenstandaard.

      Die vakkundige kennis en terminologie wat oor jare heen by Afrikaanstalige instellings ontwikkel is, is ’n bate nie net vir Afrikaans nie, maar ook vir die nasionale en internasionale akademiese gemeenskap. Die standaard en gehalte van navorsing aan Afrikaanstalige instellings en hul bydrae tot internasionale akademiese kennis word wÍreldwyd erken.

    3. Gevolge van inkorting van Afrikaans as onderrigmedium

  • Op skoolvlak

    Taal is ’n organisme wat gewortel en gevoed word deur alle lewensverbande waar die taal leef. Die inkorting van Afrikaans op tersiÍre vlak kan nie in isolasie gesien en beoordeel word nie. Afrikaansmedium-onderrig op tersiÍre vlak is die ikoon vir skoliere in Afrikaans, wat aspireer om hulself verder te bekwaam op tersiÍre vlak. Hierdie skoliere is wit en bruin en swart. Die inkorting van Afrikaans as medium van onderrig aan tersiÍre instellings sal hierdie visie van Afrikaanssprekende skoliere om deur middel van Afrikaans verder onderrig te word, ernstig versteur. Die noodwendige gevolg hiervan sal wees dat Afrikaans as onderrigmedium op middelbare- en sekondÍreskoolvlak sal kwyn. Die motivering vir die deurlopende skoling in Afrikaans sal vervaag en die vakuum sal op skoolvlak deur Engelsmedium-onderrig gevul word.

  • Op die inheemse swart tale van Suid-Afrika

    Die voortbestaan van Afrikaans as onderrigmedium en onderrig in die inheemse swart tale is onlosmaaklik aan mekaar verbind. Afrikaans en Engels is tans die enigste twee tale met hoŽr funksies waardeur studente op tersiÍre vlak onderrig kan word. Namate Afrikaans as alternatiewe onderrigmedium op tersiÍre vlak ingekort word, sal dit deur Engels vervang word. Die noodwendige gevolg hiervan sal wees dat die opsie vir die inheemse swart tale om te ontwikkel tot hoŽr akademiese status nooit sal manifesteer nie.

    C     Slot

    Die uitdaging vir Afrikaans as onderrigmedium op tersiÍre vlak is om te transformeer. Die strategie vir transformasie is die handhawing van die delikate balans tussen die behoud van Afrikaans as onderrigmedium op tersiÍre vlak, en die toeganklikheid van anderstalige studente tot die inrigtings binne ’n funksionele onderrigstrategie en -model. Hierdie strategie moet eerstens deur die beheerliggame van die tersiÍre onderriginstellings self gereguleer word, sonder voorskriftelike inmenging van die regering. Oorweging sal ook verleen moet word aan twee aspekte in die formulering van ’n funksionele taalstrategie, naamlik meertaligheid as toelatingsvereistes en sonering van bepaalde tersiÍre instellings met ’n uitsluitlik Afrikaanstalige karakter.

    Bogemelde uiteensetting is onderhewig aan die wil en motivering by die Afrikaanssprekende gemeenskap om die visie van onderrig deur medium van Afrikaans in stand te hou. Dit is ’n grondwetlike aanspraak wat die Afrikaanstalige student nie ontneem kan word nie. Daarsonder sal die wese van die demokrasie in Suid-Afrika aangetas word.

    A.T. van der Walt
    Uitvoerende Trustee
    Die Taalsekretariaat
    Heroldstraat 15
    STELLENBOSCH
    7600

    Tel.: (021) 8872713
    Faks: (021) 8872710
    E-pos: taal@linguasek.co.za

    14 Mei 2001

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.