Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Daar’s nou meer vrae as antwoorde oor die Bokke

Blou Bul Braampie

Die Bokke se oefenwedstryd teen die Cheetahs het toe meer vrae as antwoorde opgelewer. Hoekom die Cheetahs nie die wedstryd met hulle gereelde skakelpaar van Tsimba en Powell begin het nie, weet niemand nie. Die twee is immers ’n arm man se weergawe van die All Blacks se Marshall en Spencer. Vir my sou die woelige Powell en die kreatiewe Tsimba die spul onsekere Bokke se kaarte nog verder deurmekaar gekrap het. Die stelling is bewys toe Powell die laaste 20 minute as plaasvervanger opgekom het.

Die vier drieë wat die Bokke afgestaan het, spreek boekdele. Dit was opmerklik dat hulle verdediging op sy gebrekkigste was wanneer die buite-agterspelers van die opponente die bal begin dra het. Dit voorspel niks goeds vir ’n moontlike botsing met die All Blacks in die kwarteindronde nie. En wie gaan die Engelse se Cohen en Robinson stuit?

Vir die Bokke het Werner Greeff, Joost en Juan Smit uitstekend vertoon. Koen en Matfield het bra gemiddeld gelyk, terwyl Breyton giftig vir die Cheetahs aangeval het. Ashwin Willemse was ook darem vol planne, al het hy niks van die bal te sien gekry nie. Vir die Cheetahs het plaasvervanger-haker David Britz, Powell asook die slotte, Boela du Plooy en Gerrie Britz, die Bokbestuur laat bloos. Britz het nie net ’n lynstaanbal of twee by die Bokke oorgeneem nie, maar ook soos ’n Trojaan verdedig. Sy reusewerk in die vaste los het ’n mens laat wonder hoe die keurders hom misgekyk het.

Die wedstryd het ongelukkig ook ’n hele paar ernstige vrae laat ontstaan. Eerstens was daar min aanduidings dat die vaste vyf hoegenaamd hulle man teen die wêreld se bestes gaan staan. Daarvoor het hulle veels te veel in die agterlyn piekniek gehou. Os Durandt het Bands by tye harde bene laat kou, terwyl John Smit, met die uitsondering van enkele dryfbewegings, na ’n passasier gelyk het. Durandt het boonop vir Big Joe van Niekerk na Little Joey laat lyk toe hy hom in een magtige stormloop soos ’n vrot vel uit die pad gehardloop het. Ek hoop die Bokbestuur besef vandag dat hulle vir Big Joe hoogstens as ’n impakspeler teen die “grotes” sal kan kies.

Ander Bokke wat nie die mas opgekom het nie, was Jorrie Muller en Christo Bezuidenhout, wat na Woensdagspringbokke gelyk het, en Boome en Sandton, wat totaal uit die prentjie uit was.

Om sake te vererger het die Bokke se residensiële skeidsregter, Tappe Henning, hule geen gunste bewys met sy hantering van die wedstryd nie. Die Bokke het in die losskrums met moord weggekom, terwyl die arme Cheetahs klokslag gestraf is. Die spanbestuur moet nie ná die toernooi oor die skeidsregters kom kerm nie. As hulle gaan volhard om Henning-reëls te speel, is dit net ’n kwessie van tyd voor hulle hulle Moses teëkom. Ek verwag dat Peter Marshall die Bokke goedgesind sal wees in die botsing teen die Engelse. Daarna sal die poppe begin dans.

Die ironie van die saak is dat ons met die gekose span sal moet saamleef ... Tensy die noodlot ingryp, gaan spelers soos Jean de Villiers en Gerrie Britz geen rol in die Bokke se heil speel nie. Uiteraard hoop almal dat die 30 spelers wat gekies is, ongeskonde by die toernooi uitkom. Dis immers die kans van ’n leeftyd en die lot het op hulle geval om Suid-Afrika se eer te gaan verdedig. Met net 23 dae oor voor die begin van die toernooi, lyk ons manne flou en verbeeldingloos. Dit het tyd geword dat ons afrigter, Rudolf Strooihalm, se meesterplan inskop.

’n Spesiale woord van gelukwensing aan al die WP-ondersteuners na die Bulle se loesing in die Kaap. Ek verseker julle Blou Bul Braampie bloei nog steeds blou na die pak slae. Die talente van Jean de Villiers het my Saterdagaand laat wakker lê. Moes die keurders nie maar vir die mannetjie plek gemaak het nie?

Die WP se skitterende oorwinning is die naweek verdwerg deur twee vrotsige skeidsregters. Shaun Veldsman het die Blou Bulle se o/20-span hulle wedstryd teen WP gekos toe hy ’n drie toegeken het wat nie ’n drie was nie. Hy het boonop ook versuim om die televisieskeidsregter te raadpleeg. ’n Soortgelyke fout het die Pumas die wedstryd teen die Leeus gekos. Die skeidsregter, Michael Katzenellenbogen, is nou al vir ’n hele paar jaar ons vrotste seniorskeidsregter. Dis gewoonlik die noordelike spanne wat die meeste onder die skeidsregters deurloop. Die onaantasbare fluitjieboeties sal weer ’n duisend verduidelikings hê. Ek glo lankal nie meer die klomp kak wat hulle in die Kaap oor skeidsregtersake kwytraak nie. En aanvaar nou maar: daar sal nie teen enige van die onbevoegdes opgetree word nie. Ik heb gezegd.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.