Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Suid-Afrikaanse rugby het die spoor totaal byster geraak

Blou Bul Braampie


Die debakel rondom Kamp Staaldraad is vir my ’n duidelike bewys dat Suid-Afrikaanse rugby die spoor totaal byster geraak het. Die kaalboudkaskenades, waarvan ons nou ’n oordosis op televisie kry, onderstreep die feit dat SARFU van bo tot onder skoongemaak moet word.

Wat by die kamp gebeur het, is nie vir my so ’n groot issue nie, veral nie die naaktheid nie. Diegene wat in die binnekringe van rugby beweeg, weet dat die spelers nŠ die wedstryd gewoonlik ’n mediakonferensie en/of ’n onthaal moet bywoon. Derhalwe moet hulle na die wedstryd stort. Die spelers is dus gewoond om kaal voor mekaar rond te loop.

Ek was wel verbaas om te hoor dat die Bokke kaal is tydens hulle tugverhore. Ek weet nie wat die diepere betekenis of simboliek daarvan is nie, maar dit maak skynbaar vir Joost en die senior spelers sin. Ek wonder ook maar of die skuldiges dan sommer in die volle glorie van hulle naaktheid gestraf word en wat die straf behels.

As ek ons Springbokafrigter, die agbare Rudolf Strooihalm, se verduidelikings reg verstaan, was Kamp Staaldraad daarop gemik om die spelers terug aarde toe te bring. Ek kan verstaan dat die spelers na die aankondiging van die span op ’n wolkie rondgesweef het. Wat ek nie kan verstaan nie, is hoekom hulle onmiddellik na die aankondiging weer platgeslaan moes word. Ek sou gedink het dat die vreugde wat hulle oor hulle insluiting in die span ervaar het, groot motiveringswaarde sou hÍ. Hoekom nie op hierdie euforie kapitaliseer nie?

Dit bring my by my punt. Strooihalm het homself omring met al wat ’n kundige, kenner en kwasikenner is. Al wat ontbreek het, was ’n betroubare kommunikasie-adviseur en ’n top sportsielkundige. Indien hy hierdie persone aan sy sy gehad het, sou Kamp Staaldraad waarskynlik nie plaasgevind het nie, en al het dit plaasgevind, sou dit vir meer sinvolle aktiwiteite voorsiening gemaak het. ’n Betroubare kommunikasie-adviseur sou Strooihalm geadviseer het om liefs nie die aktiwiteite op beeld vas te lÍ nie.

Ek stem saam met diegene wat sÍ dat indien die Bokke die toernooi gewen het, Kamp Staaldraad waarskynlik voorgehou sou word as die sleutel tot sukses. Elke spannetjie van o/9 tot o/23 sou waarskynlik hulle eie Staaldraadkampe gehou het, en die Heijns-gogga wat die Bokke se kamp gereŽl het, sou in die geld geswem het.

’n Ander vraag is of herr Oberholzer (gebruiklikerwys) sy verantwoordelikheid oor die Staaldraadkwessie gaan ontduik. Nadat Silas Nkanuna, tien dae nadat die media die storie gebreek het, ook wakker geskrik het en ontken het dat hy geweet het wat presies by die kamp gaan gebeur, kan ’n mens verwag dat Oberholzer ook van volstruistaktiek gebruik gaan maak.

Gepraat van Silas Nkanuna, hy is deesdae tweede in bevel van WÍreldrugby - net onder Syd Millar. Ek wonder of iemand al vir ou Silas gesÍ het van sy verkiesing. Dit gaan darem ’n lollery afgee as ou Brian van Rooyen nou vir oom Silas van sy SARFU-troontjie afstoot.

Ten slotte: Ek sien geen Springbokke met kaal boude in die nagmerries wat ek die afgelope paar weke kry nie. Ek sien wel hoe Carlos Spencer deur ’n halfhartige Springbok-verdediging sny, hoe morge en morge oop veld na hom staar en hoe hy 40 meter hardloop sonder dat daar weer ’n Springbok in beeld te sien is. Ek droom hoe Leon McDonald oor die Bokke se doellyn skuur met Jorrie Muller om hom daar te verwelkom. Ek droom van ’n Bokspan wat met 50 punte op Twickenham deur die Engelse afgeransel word en van ’n afrigter wat beloof om in Perth wraak te neem. Ek word wakker met koue angssweet wat oor my gesig stroom. Dan besef ek: dit wat ek gedroom het, was ’n kykweer, en dit dring finaal tot my deur dat Springbokrugby vir die oomblik in sy moer in is.

28 November 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.