Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Glorie vir Bafana

Marcus Low

Na meer as ’n week is die Wêreldbeker goed onderweg en loop die spanning en drama hoog. Die twee gunstelinge het reeds verloor, Suid-Korea, Senegal en die VSA het dramatiese oorwinnings gehad, en die Bafana Bafana het uiteindelik begin wys van watter stoffering hulle gemaak is.

Ná Siyabonga Nomvete se doel in die vierde minuut het Suid-Afrika nie weer teruggekyk nie. Sibaya, Fortune, Zuma en Mokoena het die middelveld oorheers en talle kanse geskep. Die oorwinning van 1-0, wat maklik meer kon gewees het, was ons eerste in die finale rondes van die Wêreldbeker.

Gevolglik staan die Bafana ’n goeie kans om na die tweede ronde deur te dring. Slegs as Paraguay vir Slowenië wen, en ons teen Spanje verloor, sal ons dit nie maak nie.

Frankryk en Argentinië, wat voor die toernooi as die gunstelinge beskou is, gaan beide hul laaste wedstryd moet wen om deur te dring na die laaste ronde. Frankryk, wat teen Senegal verloor het en met Uruguay gelykop gespeel het, lyk rigtingloos sonder die beseerde Zinadine Zidane. Die Argentyne het goed gelyk teen Nigerië, maar is Vrydag geskok deur die Engelse.

David Beckham se strafdoel het die verskil gemaak. Die Engelse het ’n goeie dag gehad, maar ek twyfel of hulle verder sulke hoogtes gaan bereik. As ’n span met David Beckham as kaptein die Wêreldbeker wen, gooi ek my televisie in die swembad.

Die verskil tussen wen en verloor is dikwels baie klein. Italië, ook een van die gunstelinge, moes gewen het teen Kroasië. Twee doele is egter nie toegeken nie, en Italië het verloor. Voorspellings is duidelik grotendeels skote in die donker. My geld bly egter op Argentinië.

Die nuwe bal, wat glo 20 persent vinniger beweeg, het toe nie gelei tot baie meer doele nie. Iemand het vergeet om te noem dat die bal nie net ligter is nie, maar ook makliker styg. Dit verklaar die buitengewoon hoë aantal skote wat ver bo-oor die doelhok die skare in vlieg. Dinge raak nie noodwendig beter nie.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.